“Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.”
Ps.51: 1983
Ootmoed/Nederigheid
Ootmoed is nie ‘n woord wat ons meer baie in vandag se taalgebruik hoor nie. Hoe verootmoedig ons ons voor God. Nederigheid is ‘n goeie sinoniem vir ootmoed. Daarom is die belofte van die Here wat deur Sefanja gemaak is aan die Israeliete so toepaslik. Ons moet in alle nederigheid voor God in sagmoedigheid afstand doen van alle morele besoedeling en die kwaad wat gedy. Om nederig te wees lei tot eer, soos Salomo in Spreuke dit ‘n paar keer beskryf. Die aanhaling van Bunyan beskryf die nederige se benadering tot geloof baie mooi: ‘Hy wat lê, hoef nie bang te wees vir val nie, hy wat platgeslaan is, ook nie vir trots nie. Hy wat nederig van hart is, sal altyd God hê as sy Rots.’Hoogmoed is nie opbouend nie!
Teksverse:
“Ek sal in jou laat oorbly net dié wat nederig en ootmoedig is en vertrou op die Naam van die Here.” (Sef. 3: 1220);
“Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.” (Jak. 1: 2183);
“Ontsag vir die Here is ‘n vermaning tot wysheid, en nederigheid gaan eer vooraf.” (Spr. 15: 3320);
“Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer.” (Spr. 18: 1220);
“Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” (Spr. 29: 2320)
Genadegawes
Die genade gawes van die Vader, is die vrug van die Gees en word duidelik in mense raak gesien wat deur die Heilige Gees lewe. Daar is ‘n rustigheid en ‘n kalmte in hulle wat ‘n ander mens kan oortuig en motiveer om ook daarna te streef om so te wees. Daar is so dikwels die behoefte om as ‘n wyse mens geïen te word. Dit alles is net moontlik deur die geloof in Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heillige Gees in ‘n mens se lewe.
Teksverse:
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” (Gal. 5: 22-2320);
“Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.” (Jak. 3: 1320);
“In Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.” (Kol. 2: 720)
Dankbaarheid
In Kolossense word daar aangedui dat wanneer ons vas glo in Jesus Christus, word ons met dankbaarheid gevul. Die aanhaling van Henry Ward Beecher: ‘Hoogmoed maak dankbaarheid dood, maar nederigheid is die grond waarin dankbaarheid spontaan groei. ‘n Hoogmoedige man is selde ‘n dankbare man, want hy dink nooit dat hy so baie kan kry soos wat hy verdien nie.’, verwoord baie goed hoe moeilik dit is om dankbaar te wees wanneer mens hoogmoedig is.
Dis wanneer ons dankbaar is dat ons God kan loof en prys soos wat Hom toekom, en waarmee ons ons dankbaarheid hoorbaar kan maak, soos CS Lewis so goed stel: ‘Dankbaarheid en lof is geestesgesondheid wat hoorbaar gemaak is.’ Max Lucado meen: ‘Dankbaarheid is om die regte perspektief te hê. Dit is wanneer ons dankbaar is vir wat ons het, en nie hunker na wat ons nie het nie.’ Daar is ook geen lekkerder ding as om dankbaarheid te ervaar nie, soos Moeder Teresa dit so goed gestel het: ‘Dankbaarheid skep ‘n glimlag en word ‘n gawe.’ Laat ons ‘n dankbare lewe in nederigheid gaan leef.
Teksvers:
“Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdam in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. En wat julle ookel sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God deur Hom.” (Kol. 3: 16-1720)
Gebed:
Here ons vra om die genadegawe van nederigheid en dankbaarheid van U te ontvang. Amen


