Stof tot nadenke: Die Teenwoordigheid van God

Ek mag leef in die teenwoordigheid van die HERE, in die land van die lewendes.

Ps.116: 920

Soos die Psalmdigter in Ps. 116: 920 so mooi stel, kan ons in hierdie lewe in die teenwoordigheid van God lewe. Dit is vir ons moontlik gemaak deur die genade van God wat Jesus Christus as mens na hierdie wêreld gestuur het. Ons is so pas deur die herinnering aan die koms van Christus, en ons staan in die begin van ‘n nuwe jaar. Die aanhaling van Amelia Anderson verwoord dit so mooi: ‘In die donkerste uur skyn God se lig dikwels die helderste en is sy genade genoeg om ons deur te dra na ‘n nuwe môre.’ Die lig van Jesus Christus het die duisternis laat verdwyn. Dit is nie ‘n fabel nie, maar deur die mense wat dit beleef het aangeteken.

Ons het ons immers nie op vindingryke fabels verlaat toe ons die kragtige teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus aan julle bekend gemaak het nie. Inteendeel, ons was ooggetuies van sy ontsagwekkende grootsheid.” (2 Pet. 1: 1620)

Ons moet net gedurig die nabyheid en teenwoordigheid van God opsoek; deur stil gesprekke, gebed en die soeke na die Waarheid van God en Sy liefde vir ons as mens. Broer Lawrence se aanhaling: ‘As ek ‘n prediker was, sou ek die teenwoordigheid van God bo enigiets anders gepredik het. Ek streef daarna om slegs in sy heilige teenwoordigheid uit te styg en doen dit deur doodeenvoudig my aandag en ‘n liefdevolle blik konstant op Hom te rig. Dit kan ek ‘n ware teenwoordigheid van God noem, of om dit beter te stel, ‘n geheime gesprek, stil en gereeld, tussen my siel en God.’ laat dit so maklik klink. Tog verseker God ons dat Hy ons sal bewaar, en sodoende kan ons die lig van Jesus Christus laat skyn.

Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.” (Ps. 105: 420);
Ek, die HERE, het jou geroep met die oog op geregtigheid; Ek sal jou hand vasgryp, jou bewaar en jou bestem tot ‘n verbond vir die volk, tot ‘n lig vir die nasies –” (Jes. 42: 620)

Christus, die Immanuel, het vir ons kom demonstreer hoe ons moet lewe. Hoe ons almal om ons moet behandel, respekteer en konsidereer. Hoe ander belangriker as onsself moet wees. God het self in ons teenwoordigheid inbeweeg en is nader aan ons as onsself, soos die aanhaling van Augustinus so goed stel: ‘God is nader aan ons as wat ons aan onsself is’. Volgens Leon Bloy is ‘Spontane lewensblyheid die onmiskenbare teken van God se teenwoordigheid.’ Dit kan deel van ons lewe wees as ons God vra dat die Heilige Gees deel van ons lewe sal wees en beheer neem.

Daarom sal my Heer self vir julle ‘n teken gee: Kyk die jong vrou is swanger en gaan ‘n seun in die wêreld bring. Sy sal Hom Immanuel noem”” (Jes. 7: 1420);
“”Kyk die maagd sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem” – wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons’.” (Matt. 1: 2320);
Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”” (Joh. 8: 1220);
So lank as wat Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.” (Joh. 9: 520);
As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!” (Luk 11: 1320)