31 Desember (Oujaarsdag)
My wens en gebed is dat jy sal leer om in die komende jaar fyn te luister na die wil van die Here God. Hier is God se Boodskap vir die laaste dag in hierdie jaar.
Tema: Stel jou fyn in vir die Here se stem
Teks: “Die Woord van die Here was skaars in die tyd. Die Here het met niemand gepraat nie”. (1 Sam. 3:1 – Die Boodskap)
- Die Here het weens ongehoorsaamheid min met die mense gepraat.
- Die Here praat met ons deur die Bybel en Sy Gees. Hy sal in die volgende jaar ook deur Sy Woord en Gees met jou praat
- Luister fyn voordat jy iets doen – soek eers Sy wil.
- Moenie self besluit nie, laat Hy besluit wat jy moet doen.
- Stap vandag en in die volgende jaar, agter die Here aan.
- Wees dan gelukkig. Leef in vrede. Vertrou Hom. Geniet die jaar wat kom.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat ek U wil in die volgende jaar kan hoor – praat met my.
In Jesus se Naam.
Amen..
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


