29 Maart
EK bid vir jou dat jy alle mense met respek en menswaardigheid sal hanteer. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Hanteer jou opponente altyd respekvol.
Teks: “Hy self het verbygegaan tot heel voor en toe hy nader na sy broer toe kom, het hy sewe keer diep gebuig. ” (Gén 33:3 )
- God se guns en goedheid is jou grootste bate.
- Raak net vir ‘n oomblik stil en dink aan God se groot liefde vir jou.
- Bewys aan ander mense soortgelyke goedheid, guns, liefde en respek.
- Betoon so ook aan jou vyande en opponente eerbied en respek. Hulle is ook die beeld van God.
- Respek en liefde vra nie veel nie, maar dit bou verhoudinge en neem spanning weg.
Gebed
Liewe Vader. Gee my die geloofsmoed om aan alle mense liefde en respek te bewys.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

