27 Desember
My wens en gebed is dat jy vandag die onbeskryflike geskenk van Jesus se liefde ten volle sal ontvang. Lees die Woord van God vandag.
Tema: Leef met mentorskap
Teks: “… maar die seuntjie, Samuel, het agter gebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp”. (1 Sam. 2:11 – Die Boodskap)
- Eli was Samuel se mentor wat hom geleer het wat dit beteken om ‘n goeie priester te wees.
- God stuur mense oor jou pad om rigting te bring.
- Soms is jy die mentor, ander kere het jy een nodig.
- Aanvaar mentorskap – dit maak die lewe ‘n beter plek.
- Aanvaar mentorskap – dit maak jou lewe net makliker.
- Aanvaar mentorskap – dit sal jou gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader, gee my die gawe om mentorskap in my lewe aan te gryp.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


