Skep asem vir vandag: 26 Desember 2025

26 Desember

Ek hoop so dat jy sal aanleer om jou beloftes te hou. Hier is God se Woord aan jou vandag.

Tema: Beloftes gemaak, beloftes uitgevoer

Teks: “… Dan sal hy vir altyd daar bly… hulle het die kind na Eli toe gevat… Samuel het toe daar by die altaar op sy knieë gaan staan”. (1 Sam. 1:22, 25, 28 – Die Boodskap)

  • Hanna het haar belofte aan God gehou en Samuel na die tempel gebring.
  • Geloftes en beloftes wat jy maak, moet nagekom word.
  • Die ondernemings wat jy aan die Here en ander mense maak, moet jy uitvoer.
  • Jou woord is jou eer – hou dit.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om uit te voer wat ek onderneem het te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.