25 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal kies wat die beste vir ander mense is, nie net vir jouself nie. Hier is God se Boodskap vir vandag.
Tema: Dink aan ander mense
Teks: “Mag die Here julle met Sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans” (Rut 1:8 – Die Boodskap)
- Naomi het nie aan haarself gedink nie, maar aan haar skoondogters.
- Dikwels soek jy na dit wat vir jou gemaklik is, nie wat vir ander die beste is nie.
- Voor jy vandag kies en besluit, dink na oor wat die beste keuse vir ander rondom jou is.
- Maak daardie keuse wat ander sal bevoordeel, selfs al kos dit jou iets.
- Jy sal sien hoe gelukkig dit jou maak as jy so leef.
Gebed
Liewe Vader, help my om so te kies dat ek dit wat vir ander mense goed is, sal doen.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


