Skep asem vir vandag: 25 Desember 2025 (Kersdag)

25 Desember (Kersdag)

My wens en gebed is dat jy vandag die onbeskryflike geskenk van Jesus se liefde ten volle sal ontvang. Hier is God se Kersboodskap vandag net vir jou.

Tema: Die grootste geskenk

Teks: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16)

  • God het Sy kosbaarste geskenk gegee – Sy Seun – ons Verlosser en Redder!
  • Kersfees handel nie oor geskenke onder die boom nie, maar oor die Geskenk in die krip, ons Redder Jesus Christus.
  • Stop vandag te midde van die fees en ontvang bewustelik Jesus se liefde vir jou.
  • Die beste geskenk wat jy kan gee is om Jesus se liefde ook aan ander te wys en oor te dra.
  • Vertel ten minste vir een persoon persoonlik van God se reddende liefde in Jesus Christus.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die onbeskryflike geskenk van Jesus se geboorte. Help my om hierdie liefde daagliks te ontvang en uit te deel.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.