Afkondigings 11-18 Januarie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 11 Januarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 1:23 & 28:16-20.
  • Die tema van die prediking is: Die Nuwejaars-waarborg.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Woensdag 14 Januarie 2026 :

  • Skole Open.
Kooroefening NGK Groot-Brakrivier
Kooroefening NGK Groot-Brakrivier

Sondag 18 Januarie 2026 :

  • Erediens om 09:00.
  • Bevestiging en Intreepreek – Ds Leon Cronje.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese begin. Ouers moet asseblief ’n registrasievorm kom voltooi by die kerksaal voor die erediens.
  • Spesiale offer vir Paarl-Skool vir neuraal gestremde kinders by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Nuwe Lidmate 2026:

Andrew & Sally Kelsey van Welkom: Blok 08A (Groenkloof)

Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae Week 2 van 2026 NGK Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 2 van 2026 NGK Groot-Brakrivier

Sterftes 2025/2026:

23 Desember 2025 – Piérre Theron – Blok 17 (Pienaarstrand)

1 Januarie 2026 – Sanita van Rensburg – Blok 08 (Groenkloof)

1 Januarie 2026 – Niclas Potgieter – Blok 09 (Agter Polisiestasie)

4 Januarie 2026 – Pierre Jordaan – Blok 23 (Groenkloof Reebok)

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons wil vir elkeen ‘n baie geseënde 2026 toewens en glo dat die fees-en vakansietyd saam met familie en vriende verfrissend was en dat die nuwe jaar met ywer en toewyding aangepak kan word.

Al die aktiwiteite begin weer in die volgende twee weke en as daar iemand is wat iewers by die Getuienisbediening betrokke wil raak, stuur asseblief ‘n WhatsApp na Emile Hurter –   Kontak Ons   of Kobus Huysamen –   Kontak Ons   en ons skakel terug.

Die uitreikdatums vir die Wolwedans Boodskap, sop en brood uitreike is 14 & 28 Januarie 2026 en ons eerste vergadering van die jaar is geskeduleer vir 26 Januarie 2026.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier

Omgeebediening :

Ons wil vir elkeen baie dankie sê vir jul betrokkenheid gedurende 2025, ons het veral ’n goeie lot koffie flesse ontvang en kon die mensies ordentlik daarmee bederf. Dankie vir julle ruim en oop omgee-harte!

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –   Kontak Ons  .

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –    Kontak Ons   / Riëtte Jansen van Rensburg –   Kontak Ons  

Almanakke 2026

Die almanakke vir 2026 is beskikbaar. Gemeentelede wat nog nie ‘n kalender ontvang het nie is welkom om dit asseblief gedurende kantoorure te kom afhaal.

Boknommer Veranderinge NGK Groot-Brakrivier
Boknommer Veranderinge NGK Groot-Brakrivier

Blokbyeenkomste :

Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 21 Januarie 2026 om 18:00 (indien anders aangedui). Ons versoek graag die blokleier/ouderling/diaken van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die hul blok se byeenkoms, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.

Bybelstudiegroepe 2026

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.

Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel gerus die kontakpersoon soos hieronder aangedui.

DAGTYDPLEKKONTAK- PERSOON(
Maandag16:30Lokaal 6Aletia Nortje  Kontak Ons  
Dinsdag10:00Tergniet/ReebokhoogteMarita Erasmus  Kontak Ons  
Dinsdag10:00Reebok (Vroue groep)Marietjie Smit  Kontak Ons  
Dinsdag10:00Reebok (Manne groep)Koos van Zyl  Kontak Ons  
  Groenkloof Biblioteek (GK Inwoners)(Inligting sal volg)  Kontak Ons  
Dinsdag15:00ReebokhoogteIlse du Toit  Kontak Ons  
Woensdag07:00Lokaal 6 (Manne groep)Jurie Vermeulen  Kontak Ons  
Woensdag10:00Lokaal 6 (Vroue groep)Laetetia Basson  Kontak Ons  
Donderdag09:00Tergniet (Vroue groep)Carin van Ginkel  Kontak Ons  

Rek en strek oefEninge vir seniors :

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal. 

Ons eerste sessie begin Dinsdag 20 Januarie 2026. Nuwe lede is baie welkom.

Kontakpersoon: Piet Snyman –   Kontak Ons  .

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

“Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier…’” (Jes. 35:3-4 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se bediening onder Moslems

FEBA se bediening bereik miljoene Moslems in Afrika en Eurasië, en hoewel daar groot sukses is, is daar ook struikelblokke. Een daarvan is ’n tekort aan kerke waar Christene uit ’n Moslem-agtergrond welkom voel. ’n Tweede hindernis is dat sommige kerke so bang is vir vervolging dat hulle nie nuwe lede wil verwelkom nie.

Ons gebed vir die week:Bid dat God meer kerke vir gelowiges met ‘n Moslem-agtergrond sal oprig en dat Hy kerke die moed sal gee om saam met FEBA te werk, om dissipels van nuwe gelowiges te maak.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 11 Januarie 2026

  1. Erediensbediening:
    Die skakel na die YouTube Erediens van 11 Januarie, gelei deur Dr Frans Hancke, is beskikbaar.
  2. Bybelstudiereeks:
    a) ‘n Volledige Epifanie reeks is beskikbaar op die webtuiste.
    b) Die 2026 ‘Skep asem vir vandag’, is weer beskikbaar en is ‘n goeie begin vir elke
    dag.
    c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Ootmoed en Dankbaarheid”
  3. Gemeentenuus:
    a) Al die inligting van die Wêreldbiddag vir Vroue van 6 Maart is beskikbaar.
    b) Die Gebedsgids vir Januarie 2026 is op die webtuiste.
    c) Daar is heerlike geestelike musiek op die Webtuiste te vind.
  4. Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier