Sondag 24 Augustus 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:10-17.
- Die tema van die prediking is: Bevryding!
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
KERKRAADSVERKIESING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 19 Augustus 2025 is die volgende persoon as diaken verkies:
Voorsitter Ondersteuningsbediening: Riana Briers.
Woensdag 27 Augustus 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 31 Augustus 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- Bybelsondag.
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Sterftes 2025:
15 Augustus – Jeanne Weideman : Wyk 04C
17 Augustus – Drienie Botha : Wyk 6B
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Bedieninge
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert!
Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n aand vol pret, stories en lekker lag te wees. Indien jy belangstel om deel te neem, kan jy die kerkkantoor kontak. Sien jou daar.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 3 & 17 September.

Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is tans ’n behoefte aan ‘n tweedehandse yskas in ‘n goeie werkende toestand, ‘n tweedehandse boekrak vir geestelike boeke, sopbakkies, kleinbordjies, koppies & pierings, eetlepels, bottermesse, teelepels (so 15 van elk), 4-5 tafeldoeke, handdoeke, waslappe, seep, wol, hekelgare en speletjies.
Ons benodig ook asseblief 3 tweedehandse selfone in ‘n werkende toestand vir ons Wolwedans uitreik werkers. Indien u het om te skenk kan u dit asb tydens kantoorure by die kerkkantoor afgee of kontak vir Aletia – 084 783 1308 om dit by u af te haal.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se vervolgdes
In Februarie is een van FEBA se aanbieders in ’n vyandige streek in Suidoos-Asië weens sy geloof vermoor. Reg oor die wêreld ervaar vervolgde gelowiges nie net fisiese gevaar nie, maar ook afsondering en eensaamheid. Baie kan nie met medegelowiges vergader of hulle geloof in die openbaar deel nie. Vir diesulkes kan ’n stem op die radio ’n metgesel word. FEBA se sosiale mediakanale bied ’n geleentheid om in veiligheid met medegelowiges te kommunikeer.
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se vervolgde personeel en luisteraars in hul geloof en hoop sal versterk.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 24 Augustus 2025
1. Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 24 Augustus, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Getuienisbediening:
- Die Oekraïne nuus van Michele is beskikbaar.
- Hulp benodig vir Kinderkrans (Jeugkerk)
Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n wonderlike begin vir elke dag.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Kritiek en Krisisse”
Gemeentenuus:
- Bybelblokkiesraaisel 27 is reeds beskikbaar om aanlyn te speel.
- Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

















