Stof tot nadenke

Vertrou op die Here en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid.

Ps. 37: 320

Die Psalmdigter wys daarop dat ons moet waak oor betroubaarheid. Kan ons as mense egter betroubaar wees? Selfs Salomo het gereken dat geen man betroubaar is nie. Kan ons deur ons lewe hoegenaamd poog om betroubaar te wees?

Baie mense verklaar hulle lojaliteit, maar ‘n werklike betroubare man – wie sal hom vind?” (Spr. 20: 620)

Dit blyk tog moontlik te wees, aangesien God self o.a. vir Moses, Samuel en Elia as betroubaar bevind het. Hy het direk aan Moses verskyn en met hom gepraat. Die hele volk van Israel was bewus daarvan dat Samuel betroubaar as profeet van die Here was, en ook Elia is as betroubaar bevind in sy werk vir die Here.

Met my dienskneg Moses is dit anders. In my hele huishouding is hy betroubaar. Van aangesig tot aangesig praat Ek met hom, in ‘n verskyning, nie in raaisels nie;…” (Num. 12: 7-820);
Die hele Israel, van Dan tot Berseba, het geweet dat Samuel betroubaar was as ‘n profeet van die Here.” (1 Sam. 3: 2020);
Daarop sê die vrou vir Elia: “Nou is ek daarvan oortuig dat u ‘n man van God is en dat die woord van die HERE uit u mond betroubaar is.” (1 Kon. 17: 2420)

Verder vind ons dat die Bybel betroubaar is. Al die wette en beslissings soos in die Woord van God opgeteken word as betroubaar aanvaar. Die betroubaarheid strek tot in ewigheid! Dit is eindeloos.

Die wese van u woord is betroubaarheid, en elkeen van u regverdige beslissings is vir ewig.” (Ps. 119: 16020);
Want die woord van die Here is reg, en al sy werk is betroubaar.” (Ps. 33: 4);
“U bepalings is baie betroubaar; vir u huis is heiligheid gepas, HERE, tot in lengte van dae.” (Ps. 93: 520)

Of ons oud of jonk is, ryk of arm; elkeen van ons is belangrik vir God, en kan streef na betroubaarheid in alle opsigte. Ons weet dat ons betroubaarheid kan bereik, deurdat die Heilige Gees ons altyd bystaan en leiding gee. Ons kan wegvlug van die verkeerde dinge. Ons kan in alles eerlik en opreg wees, deur die krag van die Heilige Gees. Laat mense ons onthou vir ons betroubaarheid!

Laat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in betroubaarheid, in reinheid.” (1 Tim. 4: 1220);
Maar dis nie al nie: Ons beroem ons ook op ons verdrukking, omdat ons weet verdrukking bewerkstellig volharding, en volharding lei tot betroubaarheid, en betroubaarheid tot hoop. En die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” (Rom. 5: 3-520);
Maar jy, o man van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na geregtigheid, godvresendheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid. Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.” (1 Tim. 6: 11-1220)

Die aanhaling van Cliff Richards ‘Hoe meer ons God vertrou, hoe meer betroubaar vind ons Hom.’ vat baie goed saam hoe gelowiges, wat ‘n pad met God stap, Hom beleef. Daar is geen einde aan Sy liefde, genade en leiding nie. Sonder ons betroubare God, Jesus Christus, Sy Seun en die Heilige Gees sou ons nie eers bestaan het nie. Ons kan net in nederigheid ons verootmoedig om ons dankbaarheid te leef deur betroubaar in geloof, woord en daad te wees.

Die werk van sy hande is betroubaar en reg. Betroubaar is al sy opdragte.” (Ps. 111: 7-820);
“Maar U, HERE, is naby, en al u gebooie is betroubaar. Uit u bepalings weet ek lank reeds dat U dit vir ewig gevestig het.” (Ps. 119: 151-15220);
Want deur Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle digters gesê het, “Ons is ook van sy geslag’” (Hand. 17: 2820);
Toe U ontsagwekkende dade gedoen het wat ons nie verwag het nie, het U afgedaal; vanweë u teenwoordigheid het die berge gebewe. Van die vroegste tye af het niemand dit gehoor nie, daarvan verneem nie, het geen oog ‘n god gesien nie, buiten U, wat optree vir diè wat op Hom wag.” (Jes. 64: 3-420)