28 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan wat ware verbintenis in die huwelik beteken. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Tot die einde toe saam in my huwelik
Teks: “Ek sal gaan met Ma, waar Ma ook al heen gaan” (Rut 1:16 – Die Boodskap)
- Rut het besluit om alles agter te laat en ‘n nuwe lewe saam met Naomi te begin.
- Dit is dieselfde beginsel in die huwelik – twee mense kom saam en begin ‘n nuwe lewe.
- Bou aan jou huwelik en help ander net so om ook aan hulle huwelike te bou.
- Verbind jouself geheel-en-al aan jou huweliksmaat in woord en daad, ongeag omstandighede.
Gebed:
Liewe Vader, help my om tot die einde toe aan my huweliksmaat verbind te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


