Skep asem vir vandag: 17 Desember 2025

17 Desember

Ek hoop so dat jy in verwondering sal staan oor God se vreemde optrede. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Die vreemde werklikheid

Teks: “Elkana het twee vroue gehad… Peninna het kinders gehad, Hanna nie.”( 1 Sam. 1:2 – Die Boodskap)

  • Elkana was vir die kinderlose Hanna liewer as vir Peninna. Hanna was die randfiguur – die een wat bespot is.
  • en tog, die Here gebruik vreemde dinge om groot dinge te doen.
  • Hierdie liefdesverhaal is die begin van een van die grootste profete van Israel – Samuel.
  • As jy soms eenkant voel, God gebruik eenkant-mense om wonderwerke te verrig – wees net beskikbaar?

Gebed

Liewe Vader, ek is beskikbaar sodat U deur my groot dinge kan doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.