Dinsdag, 18 November 2025, het die Ondersteuningsbediening, van die NG Kerk Groot-Brakrivier, in same werking met Seeds of Hope, ‘n heerlike Musikale Herinnering gereël.
Francois en Elizabeth Fourie het opgetree met Konsert Tema: “Wil jy dans Carina” en die groep mense saamgesleur deur die lewe. Van jonk wees, met drome…tot by die ouderdom waarin baie van ons vandag lewe. Ons is op humoristiese wyse deur hierdie wonderlike sangpaar, deur die verhaal van hulle lewe, geneem. Dit was regtig ‘n onvergeetlike belewenis, met lekker lag, maar ook soms ‘n hartseer traan in die oog.
Die oggend was ‘n jaar afsluitings funksie, met ‘n heerlike kerskoekies geskenkpakkie En is afgesluit met koffie en tee.
Baie dankie aan die Ondersteuningsbediening, onder leiding van Riana Briers met haar span, en die 10 vroue van Seeds of Hope, wat dit so goed georganiseer het.
















