Flam 506 Wees stil my hart en luiser (Soos Trane) Kunstenaar: Brandpunt

Flam 506 Wees stil my hart en luiser (Soos Trane) - Jana Nieuwenhuizen NGK Groot-Brakrivier

Kunstenaar: Brandpunt
Album: Kom nader
Skrywer (melodie): Ian en Jana Nieuwenhuizen
Skrywer (lirieke): Ian en Jana Nieuwenhuizen

Lees gerus ook: ’n Genadige Welkom vir die Vermoeides: Van Epifanie Lig tot Aswoensdag Stof

NA U KRUIS KOM EK O HEER – Beverly Minnies

NA U KRUIS KOM EK O HEER - Bevelene Minnies

NA U KRUIS KOM EK O HEER ·

Bevelene Minnies

Die Goue Ouwes

℗ Bevelene Minnies

Vrygestel op: 2021-05-14

Lees gerus ook: ’n Genadige Welkom vir die Vermoeides: Van Epifanie Lig tot Aswoensdag Stof

Genade – Bert Botha

GENADE - Bert Botha NGK Groot-Brakrivier

Wêreldbiddag vir Vroue 6 Maart 2026 – Nigerië: “Kom, Ek sal julle rus gee!”

artwork 2026 rest for the weary by gift amarachi ottah WDPIC 2026

Kom, Ek sal julle rus gee”

Matteus 11:28-30 
6 Maart 2026

  

Agtergrond Wêreldbiddag vir vroue 2026: Nigerië

Geïnspireer deur Matteus 11:28-30, rig die Nigeriese komitee vir die 2026 Wêreldbiddag ‘n wêreldwye uitnodiging om vertroosting in God te vind. Hulle verwoord ‘n diepgaande begrip van rus, geraam deur die lens van hedendaagse laste soos sistemiese onderdrukking, vervolging en wanhoop. Hierdie perspektief beweeg verder as fisiese verligting om ‘n rus te bevorder wat genees en transformeer deur genade en gemeenskaplike sorg.

Diep gewortel in die Nigeriese kultuur, gebruik die viering resonante simbole; die kalbasbak word byvoorbeeld ‘n metafoor vir hoe God voorsien in beide ons tasbare en geestelike honger. Die bydraes van hierdie vroue verweef plaaslike wysheid met ‘n universele oproep om ons swaarste laste neer te lê, daar waar God ons in ons moegheid ontmoet.

Lees meer “Wêreldbiddag vir Vroue 6 Maart 2026 – Nigerië: “Kom, Ek sal julle rus gee!””

Skep asem vir vandag: 31 Maart 2025

31 Maart

Ek bid dat jy sal sien hoeveel goedheid en guns die Here vir jou gee. Hier is vandag se boodskap aan jou.

Tema: Sien die werk van God raak

Teks: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.” (Gen 33:5)

  • Soms is die lewe hard, maar die Here tree tot alle vlakke van die lewe toe.
  • Wanneer God betrokke is, stop alles wat verkeerd gaan.
  • Die Here beskerm jou in alle omstandighede – jou hele lewe: gesondheid, familie, vriende, werk, finansies, gemeente sowel selfs ook die land en wêreld se politiek.
  • Sy beskermende hand oor jou, maak jou gelukkig, dit gee vir jou vrede en sekuriteit.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U in alles vir my genoeg gee.
In  Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Enigste Pad

Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Joh. 14: 6

Ons almal is baie bekend met die die gebed van Koos du Plessis wat noem : “…elke afdraai paadjie ken ek…”. Wie van ons het nog nie so gevoel nie. Elkeen van ons het al so dikwels daardie afdraaipaadjie geneem, in stede van op die regte pad te bly. Daar is so baie keuses om te maak wanneer ons by daardie kruispaaie kom, waar die verleidings en die versoekings van hierdie aarde vir ons so aanloklik lyk, dat ons besluit om tog net vir ‘n kort wyle op daardie afdraaipaadjie te wandel. Maar telkens wys God ons daarop dat daar net een weg.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Enigste Pad”

Skep asem vir vandag: 30 Maart 2025

30 Maart

My wens is dat jy sal leer dat liefde en respek jou verhoudings met ander mense bou. Hier is ‘n Boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Respek bring versoening

Teks: “Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels. Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil. ” (Gén 33:4)

  • As jy iemand met respek hanteer sal dit hom / haar oorweldig.
  • Jy is God se ambassadeur wat Sy vrede aan alle mense oordra (2 Kor 5:20).
  • Jy is God se ambassadeur om aan alle mense te vertel dat ons moet versoen.
  • Vandag moet jy na mense uitreik, versoen en vrede maak sodat jy ‘n beter en vrye mens kan word.
  • Dit is wat God van jou vra (2 Kor 6:1)

Gebed

Liewe Vader. Gee my die genade om ‘n vredemaker te wees.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 30 Maart tot 6 April 2025

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 30 Maart 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei, asook aan die familie en vriende van die doop ouers: Thinus & Rina Janse van Rensburg (seuntjie – Xander).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:6-9 (1983-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: ‘n Vyeboom en kompos.
  • Vyfde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Magdalenahuis by die deure.
  • Tee sal bedien word in die sysaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Lees meer “Afkondigings 30 Maart tot 6 April 2025”

Skep asem vir vandag: 29 Maart 2025

29 Maart

EK bid vir jou dat jy alle mense met respek en menswaardigheid sal hanteer. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Hanteer jou opponente altyd respekvol.

Teks: “Hy self het verbygegaan tot heel voor en toe hy nader na sy broer toe kom, het hy sewe keer diep gebuig. ” (Gén 33:3 )

  • God se guns en goedheid is jou grootste bate. 
  • Raak net vir ‘n oomblik stil en dink aan God se groot liefde vir jou.
  • Bewys aan ander mense soortgelyke goedheid, guns, liefde en respek.
  • Betoon so ook aan jou vyande en opponente eerbied en respek. Hulle is ook die beeld van God.
  • Respek en liefde vra nie veel nie, maar dit bou verhoudinge en neem spanning weg.

Gebed

Liewe Vader. Gee my die geloofsmoed om aan alle mense liefde en respek te bewys.
In  Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Maart 2025

28 Maart

Ek bid dat jy die Here vandag sal vertrou. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Moenie moed opgee nie

Teks: “ Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.” ” (Gen 32:23)

  • Soms voel dit vir jou asof jy eerder alles moet opgee, want jy kom net nie reg nie.
  • Moenie moed opgee nie, deur te volhard kry jy die regte resultate.
  • Die Here neem verlore geleenthede, selfs gebeure waaroor jy skaam is om dit in oorwinnings te verander.
  • Jou grootste behoefte is die behoefte aan God, ja om binne Sy wil te wees.

Gebed

Liewe Vader. Dankie Vader dat U my konflik in oorwinnings verander.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Ons Visie en Waardes 2025 – Die NG Kerk Groot-Brakrivier

Visie en Waardes NG Kerk Groot-Brakrivier

Visie

Jesus vir my. Jesus vir ons, Jesus vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterk punte.

Ons Waardes:

Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid

Lees meer “Ons Visie en Waardes 2025 – Die NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag: 27 Maart 2025

27 Maart

My gebed vir jou is dat jy jou geluk by die Here God sal soek. Hier is spesiale boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Soek jou geluk by die Here

Teks: “ Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” (Gen 32:26)

  • Jou ware geluk kom net van die Here af.
  • Glo vas dat die Here jou sal help, Hy sal (Ps. 40:2).
  • Hy sal jou uit die gemors optel (Ps. 40:3).
  • Jou lewe sal ‘n getuienis wees dat God getrou is.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U krag my veilig bewaar.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Maart 2025

26 Maart

Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier ‘n Woord van God vir jou..

Tema: Soek net hulp by die Here.

Teks: “ Red my tog uit die mag van my broer Esau, ek is bang vir hom …  (Gen 32:11)

  • Selfs in moeilike tye is God daar om jou te red en te help 
  • Daar is geen keer aan al die goeie dinge wat God vir jou wil gee nie, al verdien jy dit nie (Joh. 1:16).
  • Dit is belangrik dat jou planne afhang van die leiding wat die Here gee.  J Volkome herstel is deel van God se plan vir jou.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my uit elke situasie wat sleg is sal lei. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus – Madagaskar The Week 12 March 2024

Madagaskar

Lovako School in Russian Bay has fourty-eight pupils this year and the space is filled to capacity. Euphrasie and I were once again impressed by the dedication of the three teachers and the fact that everythings is clean, organised and neat. An added blessing is that the village built a well right next to the school and this makes life at school much easier.

Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar The Week 12 March 2024”

Skep asem vir vandag: 25 Maart 2025

25 Maart

Mag jy vandag bewus wees van die ondersteunende krag van die Here. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die Here veg vir jou

Teks: “ Jakob het sy koers gegaan, en engele van God het hom teëgekom. Toe Jakob hulle sien, sê hy: “Dit is ‘n leër van God,”” (Gen 32:1-2)

  • In die grootste probleme, die moeilikste uitdagings en die felste stryd is jy nooit alleen nie.
  • Die Here stuur Sy engele om jou as Christusgelowige te dien en op te pas (Heb 1:14).
  • Wanneer jy bang bly, onthou jy is in Christus se hande. Hyself beskerm en versorg jou (Joh. 10:28-29).
  • Die Here is vir jou goed en Hy gee Sy liefde vir jou.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my beskerm en versorg.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Maart 2025

24 Maart

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Tel jou woorde, God sal voorsien

Teks: Dié nag het God in ‘n droom na Laban die Arameër toe gekom en vir hom gesê: “Wees versigtig met wat jy vir Jakob sê!” ” (Gen 31:24)

  • Waar mense is, is daar ook dikwels konflik.
  • Byt jou tong vas voordat jy praat. Druk jou “pause-knoppie”. Wag ‘n bietjie voor jy praat.
  • ‘n Verkeerde woord kan jy nie terug trek nie, al is jy daaroor jammer.
  • ’n Sagte antwoord sal die woede en konflik tussen julle laat afkoel en bedaar (Spr. 15:1).
  • ‘n Christengelowige se woorde getuig van insig, wysheid en kennis. (Spr. 15:2)

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde deur my lewe vloei. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.