Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Januarie 2026

Dagstukkies April

1 Januarie

Liewe vriend

Welkom by ‘n nuwe jaar vol van God se beloftes! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Maak sy Woord jou eie

God wil hê jy moet hierdie jaar wys leef deur Sy Woord jou eie te maak. Hy wil hê dat jy iemand van insig sal wees – dit gaan jou help hoe om reg te leef en werklik gelukkig te wees.

Teks vir vandag:“Al die Spreuke moet jy jou eie maak. Dit is bedoel om mense wys en gelukkig te maak… dit wil jou die kuns van die lewe aanleer…” Spr. 1:2-3 (Die Boodskap)

  • Maak God se Woord elke dag jou eie deur dit te lees en daaroor te dink
  • Wysheid is meer as net kennis – dit is ook praktiese insig in hoe en wat jy in sekere situasies moet doen.
  • Dit leer jou hoe om prakties reg te leef
  • God se wysheid bring werklike geluk en vrede in jou lewe
  • Die “kuns van die lewe” is om elke dag volgens God se beginsels te leef

Gebed

Liewe Vader, help my om hierdie jaar U Woord my eie te maak sodat ek wys kan leef en werklik gelukkig kan wees in alles wat ek doen.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Desember 2025

Dagstukkies April

31 Desember (Oujaarsdag)

My wens en gebed is dat jy sal leer om in die komende jaar fyn te luister na die wil van die Here God. Hier is God se Boodskap vir die laaste dag in hierdie jaar.

Tema: Stel jou fyn in vir die Here se stem

Teks: “Die Woord van die Here was skaars in die tyd. Die Here het met niemand gepraat nie”. (1 Sam. 3:1 – Die Boodskap)

  • Die Here het weens ongehoorsaamheid min met die mense gepraat.
  • Die Here praat met ons deur die Bybel en Sy Gees. Hy sal in die volgende jaar ook deur Sy Woord en Gees met jou praat
  • Luister fyn voordat jy iets doen – soek eers Sy wil.
  • Moenie self besluit nie, laat Hy besluit wat jy moet doen.
  • Stap vandag en in die volgende jaar, agter die Here aan.
  • Wees dan gelukkig. Leef in vrede. Vertrou Hom. Geniet die jaar wat kom.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek U wil in die volgende jaar kan hoor – praat met my.

In Jesus se Naam.

Amen..

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Desember 2025

Dagstukkies April

30 Desember

Ek bid dat jy dit ernstig sal opneem dat die Here God werklik geëer en gedien moet word. Hier is God se Boodskap.

Tema: Eer die Here

Teks: “… want Ek eer die wat My eer, maar wie nie vir My respek het nie, sal self geminag word”. (1 Sam. 2:30– Die Boodskap)

  • God eer en respekteer mense wat Hom eer en respekteer – klink dit vreemd? Hy sê self so!
  • Indien Eli en sy familie geleef het soos God verwag het, sou hulle bly leef het.
  • Dit is jou keuse om soos Samuel opreg te leef en God se seën te kry. Dan sal jy gelukkig wees.
  • Leef gehoorsaam – God sien dit raak.
  • Dan sal jy gelukkig wees!

Gebed

Liewe Vader, ek wil graag gehoorsaam en opreg wees. Laat my U respekteer en eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Desember 2025

Dagstukkies April

29 Desember

Mag jy verstaan dat jou hele lewe ‘n storie oor jou karakter en verhouding met God vertel. Kry krag vandag uit die Woord van God.

Tema: Jou lewe dra ‘n verhaal oor

Teks: “Samuel het in die tempel gehelp; ‘n klein seuntjie wat die klere van ‘n priester dra”. (1 Sam. 2:18 – Die Boodskap)

  • Samuel het voorbeeldig opgetree, anders as Eli se kinders.
  • Die Here seën die gedrag van hulle wat aan Hom getrou is.
  • Jy het twee paaie waaruit jy kan kies: soos Eli se seuns of soos Samuel.
  • Kies die lewe! Kies om soos Samuel te leef! Respekteer God en ander mense.
  • Dien die Here God. Leef met vrede en wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, laat ek U altyd belangrik maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Desember 2025

Dagstukkies April

28 Desember

Ek bid so dat jy sal verstaan dat jy met respek teen ander moet optree. Leer uit die Bybel vandag.

Tema: Tree met respek teen die Here op

Teks: “Eli se seuns… het geen respek vir die Here gehad nie.” (1 Sam. 2:12 – Die Boodskap)

  • Eli se seuns was ongelowig en het sonder respek teenoor die Here en ander mense opgetree.
  • God is die Almagtige – Hy verdien respek. Mense verdien menswaardigheid.
  • Wanneer jy optree, doen dit uit respek vir God.
  • Jou gedrag weerspieël jou respek vir die Here.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om U altyd te respekteer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Erediens: Kyk agtertoe en dank God. Kyk vorentoe en vertrou die Here.. Sondag 28 Desember 2025 Prof. Fanie Snyman. Psalm 16. NG Kerk Groot-Brakrivier

Prof Fanie Snyman. Kyk Agtertoe en wees dankbaar. Kyk vorentoe en vertrou die Here.

Detail

Prediker: Prof. Fanie Snyman

Skriflesing: Psalm 16

Tema: Kyk agtertoe en dank God. Kyk vorentoe en vertrou die Here.

Datum: 28 Desember 2025

YouTube

Lees meer “Erediens: Kyk agtertoe en dank God. Kyk vorentoe en vertrou die Here.. Sondag 28 Desember 2025 Prof. Fanie Snyman. Psalm 16. NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag: 27 Desember 2025

Dagstukkies April

27 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag die onbeskryflike geskenk van Jesus se liefde ten volle sal ontvang. Lees die Woord van God vandag.

Tema: Leef met mentorskap

Teks: “… maar die seuntjie, Samuel, het agter gebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp”. (1 Sam. 2:11 – Die Boodskap)

  • Eli was Samuel se mentor wat hom geleer het wat dit beteken om ‘n goeie priester te wees.
  • God stuur mense oor jou pad om rigting te bring.
  • Soms is jy die mentor, ander kere het jy een nodig.
  • Aanvaar mentorskap – dit maak die lewe ‘n beter plek.
  • Aanvaar mentorskap – dit maak jou lewe net makliker.
  • Aanvaar mentorskap – dit sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, gee my die gawe om mentorskap in my lewe aan te gryp.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Desember 2025

Dagstukkies April

26 Desember

Ek hoop so dat jy sal aanleer om jou beloftes te hou. Hier is God se Woord aan jou vandag.

Tema: Beloftes gemaak, beloftes uitgevoer

Teks: “… Dan sal hy vir altyd daar bly… hulle het die kind na Eli toe gevat… Samuel het toe daar by die altaar op sy knieë gaan staan”. (1 Sam. 1:22, 25, 28 – Die Boodskap)

  • Hanna het haar belofte aan God gehou en Samuel na die tempel gebring.
  • Geloftes en beloftes wat jy maak, moet nagekom word.
  • Die ondernemings wat jy aan die Here en ander mense maak, moet jy uitvoer.
  • Jou woord is jou eer – hou dit.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om uit te voer wat ek onderneem het te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Desember 2025 (Kersdag)

Dagstukkies April

25 Desember (Kersdag)

My wens en gebed is dat jy vandag die onbeskryflike geskenk van Jesus se liefde ten volle sal ontvang. Hier is God se Kersboodskap vandag net vir jou.

Tema: Die grootste geskenk

Teks: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16)

  • God het Sy kosbaarste geskenk gegee – Sy Seun – ons Verlosser en Redder!
  • Kersfees handel nie oor geskenke onder die boom nie, maar oor die Geskenk in die krip, ons Redder Jesus Christus.
  • Stop vandag te midde van die fees en ontvang bewustelik Jesus se liefde vir jou.
  • Die beste geskenk wat jy kan gee is om Jesus se liefde ook aan ander te wys en oor te dra.
  • Vertel ten minste vir een persoon persoonlik van God se reddende liefde in Jesus Christus.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die onbeskryflike geskenk van Jesus se geboorte. Help my om hierdie liefde daagliks te ontvang en uit te deel.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Desember 2025 (Ou kersdag)

Dagstukkies April

24 Desember (Ou Kersdag)

Vandag het die Here ‘n boodskap uit Sy Woord wat jy nie kan verstaan nie. Lees dit en aanvaar dit net.

Tema: Vrede op aarde

Teks: “Eer aan God in die hoogte, en vrede op aarde in mense in wie Hy ‘n welbehae het.” (Lukas 2:14)

  • Die engele het vrede verkondig – vrede tussen God en mense, tussen mense en mense.
  • Jesus se vrede kan jou bekommerde hart kalmeer en jou verhoudings heel maak.
  • Hierdie vrede is beskikbaar vir jou angstige gedagtes en gespanne verhoudings – vandag nog.
  • Kies een situasie waar daar onrus is en bid vir God se vrede daarin.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die vrede wat Jesus se geboorte gebring het

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Lied: Ere aan God – Outeniqualandse Koor (Virtueel)

Ere aan God - Outeniqualandse Koor (Virtueel)

Skep asem vir vandag: 23 Desember 2025

Dagstukkies April

23 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag vervul sal word met die blydskap wat alleen Jesus kan gee. Hier is Sy Woord vir vandag.

Tema: Wees ‘n draer van vreugde en blydskap

Teks: “Toe sê die engel vir hulle: ‘Moenie bang wees nie, want ek verkondig vir julle ‘n groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.” (Lukas 2:10)

  • Die engele het die beste nuus ooit gebring – ‘n Verlosser is gebore!
  • Hierdie blydskap hang nie af van jou omstandighede nie, dit kom van Jesus, ons Verlosser.
  • Al was die jaar moeilik, daar is rede vir blydskap.
  • Deel vandag hierdie blydskap met iemand wat moedeloos is – wees ‘n engel van goeie nuus.

Gebed

Liewe Vader, maak my ‘n boodskapper van hierdie groot vreugde van hoop.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Desember 2025

Dagstukkies April

22 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe God jou gewone lewe vir Sy grootsheid wil gebruik. Hier is Sy Woord.

Tema: God gebruik nederige omstandighede

Teks: “En sy het haar eersgeborene seun daar gebaar en Hom in doeke toegedraai en Hom in ‘n krip neergelê, omdat daar geen plek vir hulle in die gastehuis was nie.” (Lukas 2:7)

  • Die Koning van die heelal is in ‘n stal gebore – nederigheid op sy beste.
  • Jou huisie, gewone werk en eenvoudige lewe is genoeg vir God se groot planne.
  • Moenie voel jy is te “gewoon” om deur God gebruik te word nie.
  • God wil vandag in jou werkplek, huis of daaglikse roetine groot dinge doen.
  • Stel jou oop om deur Hom gebruik te word. Kyk nou uit na die geleenthede wat kom.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ook vir my gebruik om U groot dade te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Desember 2025

Dagstukkies April

21 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal glo dat niks onmoontlik is by God nie. Hier Sy wonderboodskap vir jou.

Tema: Niks is onmoontlik by God nie

Teks: “Want by God sal niks onmoontlik wees nie.”(Lukas 1:37)

  • ‘n Maagd word swanger deur die Heilige Gees – onmoontlik, vir mense ja.
  • God doen wonderwerke. Ons kan dit nie verstaan nie. Dit is bokant is denkraamwerk.
  • Wat vir mense onmoontlik is, is by God moontlik.
  • Jou finansiële krisis, gesondheidsprobleem of gebroke verhouding is nie vir God te groot om reg te maak nie.
  • Skryf vandag een “onmoontlike” situasie neer en gee dit aan God oor. Sê vir Hom dankie vir die oplossing.

Gebed

Liewe Vader, ek glo dat niks onmoontlik is by U nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Desember 2025

Dagstukkies April

20 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan hoe God jou uitkies vir Sy onmoontlike en buitengewone planne. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God se buitengewone planne

Teks:“Die engel het vir haar gesê: ‘Moenie bang wees nie, Maria, want God het jou uitverkies.'” (Lukas 1:30 )

  • Maria was ‘n jong vrou uit Nasaret – nie ‘n belangrike plek nie – maar God het haar uitverkies om die Verlosser se ma te wees.
  • Die Almagtige Here kies gewone mense vir buitengewone planne.
  • Wanneer God jou uitkies vir iets wat buitengewoon en onmoontlik lyk, vertrou Hom.
  • Sy planne is altyd groter as wat ons kan verstaan.
  • Leef gehoorsaam! Hy kan die onmoontlike moontlik maak! Eer Hom.

Gebed:

 Liewe Vader, ek wil ook beskikbaar wees, soos Maria beskikbaar was.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.