Stof tot nadenke: Die Lig van Christus

Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Joh. 8: 1220

In die Advent tyd kyk ons met vreugde uit na die herinnering aan die koms van die Lig na hierdie wêreld. Waar ons ookal gaan, luister ons na Kersliedere wat ons gedurig herinner aan die grootste geskenk wat ons nog ooit kon gekry het. Dié geskenk wat reeds meer as 2000 jaar gelede na hierdie wêreld gekom het. Tog was die gelowiges in die Ou Testament reeds bewus daarvan dat God die Lig is in die duisternis van hierdie wêreld. Die Lig was van altyd af by God en was saam met God.

Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, HERE. ” (Ps. 4: 720); ”HERE, God, Heerser oor alle magte, herstel ons; laat skyn die lig van u aangesig, sodat ons verlos kan word.” (Ps. 80: 2020); “Die HERE is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees.” (Ps. 27: 120)

Soos Daniël van ouds, kan ons net die Here, God en Vader, Seun en Heilige Gees, loof en prys in hierdie feestyd, want Hy het dit vir ons moontlik gemaak om verlos te word, sodat ons ook soos die Psalmdigter kan vra om in te gaan na God se woonplek. Ons hoef niks te vrees nie, want God se Lig is ons wapenrusting en Hy is ons Beskermer, as ons in Hom glo.

Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei, my bring na u heilige berg en na u woonplek, sodat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God wat my van blydskap laat jubel, en sodat ek U, o God, my God, kan prys met ‘n lier.” (Ps. 43: 3-420); ”Daniël het in sy reaksie gesê” “Mag die Naam van God van ewigheid tot ewigheid geprys word, Hy aan wie die wysheid en mag behoort! Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het. Hy openbaar dit wat diep en verborge is; Hy weet wat in duisternis is. Die lig is by Hom tuis.” (Dan. 2: 20-2220); “Wat Ek vir julle in die donker sê, sê dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit van die dakstoepe af. En moenie diegene vrees wat die liggaam kan doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie.” (Matt. 10: 27-2820)

Christus, wat die Lig van die wêreld is, het reeds gekom. Sy lig is reeds aanskou deur baie mense en vir eeue kon die duisternis nie die lig doof nie. Jaarliks word ons daaraan herinner, en ons moet vashou aan hierdie beloftes, sodat ons nie deur valse skyn-ligte van die pad af gevoer word nie. Ons moet die lig voortdra, deur so te leef dat ander die Lig van Christus in ons elke dag se handel en wandel kan sien! Ons moet in dankbaarheid leef vir wat die Lig van Christus vir ons beteken en moontlik gemaak het. Die genade van die Vader is so groot, en Hom kom toe die heerlikheid tot in ewigheid. Hy wat alles moontlik gemaak het.

Die Lig van Israel sal ‘n vuur word, en sy Heilige ‘n vlam. Die vlam sal brand en hulle onkruid en doringstruike op een dag verteer” (Jes. 10: 1720); ”Die volk wat in duisternis woon het ‘n groot lig gesien; vir hulle wat in die gebied en die skadu van die dood leef, het ‘n groot lig opgegaan. Van toe af het Jesus met sy verkondiging begin en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele is op hande.‘” (Matt. 4: 16-1720); ”Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie. Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis. Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.” (Matt. 5: 14-1620)

Ons weet verseker dat die Lig van Christus van die Vader af kom. Hy is verskeie kere as die Seun, in wie God Hom verheug, uitgewys, deur God self; maar ook deur die werking van die Heilige Gees, soos met die lofprysing van Sagaria, na die geboorte van Johannes die Doper, wat Jesus Christus se pad sou gereed maak.

Voor hulle het Hy van gedaante verander: Sy gesig het gestraal soos die son, en sy klere het skitterend wit geword soos die lig.” (Matt. 17: 220); ”Terwyl Hy nog praat, het ‘n helder wolk skielik ‘n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, ‘n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”” (Matt. 17: 520); “’n Kragtige verlossing het Hy vir ons bewerk uit die nageslag van Dawid, sy dienskneg, soos Hy reeds lank gelede by monde van sy heilige profete beloof het.” (Luk. 1: 6920); “En jy, kindjie, profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uitloop om sy paaie gereed te maak en om sy volk in te lig dat hulle verlos kan word deur die vergewing van sonde, danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom,…” (Luk. 1: 76-7820)

Laat ons ook hierdie feestyd die Lig van Christus so laat deurskyn, dat die hele wêreld kan weet dat Hy werklik die Verlosser en Lig is vir hierdie wêreld, vol genade en wysheid.

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” (Joh. 1: 1-520); “En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.” (Joh. 1: 1420); “Jesus het uitgeroep en gesê: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het! En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het. Ek het as ‘n lig na die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.”” (Joh. 12: 44-4620); “Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig!” (Ef. 5: 820)