“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar tereuggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”
Luk. 4: 18-2120
Ons is in die Advent tyd van die kerklike jaar. Dit herinner ons aan die afwagting wat ons elke jaar onthou van die koms van Jesus Christus. Vir baie van ons is hierdie tyd die afwagting na Kerfees en vakansie tyd, wêreldwyd. Ons sien uit na saam kuier met vriende en familie. Vir menige mense is dit alleen tyd nadat hulle moes afskeid neem van geliefdes. Skielik is ons menswees onder ons uitgeruk! Tog is ons as gelowige Christene bewus daarvan dat die evangelie vir ons soveel meer in die afwagting bring.
Christus het duisende jare reeds gekom, en het as ‘Die Bron van die Evangelie’ aan mens bekend geword. Hy het onder aanvoor van die liefde van God, die Vader en onder leiding van die Heilige Gees die evangelie vir ons ‘n werkliheid kom maak. Hy het ons kom wys wat die koninkryk van God is en vir elkeen van ons moet beteken.
“En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.” (Matt. 9: 3520);
“En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.” (Mark. 1: 14-1520);
”Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.” (Luk. 16: 1620);
“En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.” (Ef. 2: 17-1820);
”Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.” (1 Thes. 1: 520)
Hierdie afwagting op die Wederkoms is die afwagting waarn ons moet leef. Dit is vir ons ‘n werkliklheid, waarop ons angstig moet wag. Ons kan egter nie met hande gevou wees nie. Die evangelie van Jesus Christus moet na al die uithoeke, ook in ons naby land, versprei word. Ons moet nie bekommerd wees oor ons lewe, of dit vir hierdie aardse lewe probeer bewaar nie, want dit kan verseker ‘n einde aan ons siele beteken.
“Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?” (1 Thes. 2: 1920);
“En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en sal dan tot ‘n einde kom.” (Matt. 24: 1420);
“En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red. Want wat sal dit ;n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?” (Mark. 8: 34-3620);
“En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.” (Hand. 5: 4220)
Ons moet besef dat God nie na ons as persoon, of ons mooi, lelik, groot, klein, of wie ons ookal mag wees nie, kyk nie; slegs die geloof in Jesus Christus as ons Verlosser kan ons red. Ons moet met dankbaarheid in hierdie tyd van vakansie leef en uitsien na die herinnering van die Christusfees! Ons moet besef dat geen mens aangehang moet word nie; maar alleenlik God, die Vader, Jesus Christus die Verlosser Seun en die Heilige Gees, die Trooster. Die geloof en aanvaarding van Jesus Christus as Verlosser, wat deur Sy verlossingsdaad dit vir ons moontlik gemaak het, om die genade van God te kan ervaar. Dan sal ons in totale afwagting kan leef, en sal ons in staat wees om dit wat God vir ons as taak gegee het op hierdie aarde, te kan uitvoer, sonder om ons te bekommer.
”En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus – Hy is die Here vir almal.” (Hand. 10: 34-3620);
“Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.” (Hand. 14: 14-1520);
“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Rom. 1: 16-1720);
“Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.” (Hand. 20: 2420);
“Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie. Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;…” (1 Kor. 1: 17-1820)


