9 Desember
My wens is dat jy oortuig sal wees dat God vir jou sorg. Hier is Sy Woord vir vandag.
Tema: Die Here handel die saak af
Teks: “Dis nie al nie. Hy het ook gesê ek moet terugkom en elke dag saam met sy werkers are kom optel…. ” (Rut 2:21 – Die Boodskap)
- Boas het vir Rut ‘n permanente plek gegee, nie net ‘n eenmalige guns nie – so werk God ook.
- Die Here sorg in jou fisiese, materiële, emosionele, en geestelike behoeftes van elke dag, nie net vandag nie.
- Wees getrou in die klein geleenthede. Dan is jy ook in groot dinge getrou.
- So sal jy gelukkig wees en vrede geniet.
Gebed
Liewe Vader, help my met moed om die lewe van iemand anders op te hef deur vir hulle om te gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


