8 Desember
My wens is dat jy die goeie dinge wat die Here doen, sal raaksien. Hier is brood vir vandag.
Tema: Beplan vooruit
Teks: “Ons moet vir jou ‘n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en huisgesin kan hê” (Rut 3:1 – Die Boodskap)
- Dit is die een ding wat die God van gawes, goedheid en genade vir jou sal gee, ‘n mooi toekoms.
- Verwag hierdie wonderlike nuwe tydperk op meer en beter as wat jy nou het.
- Soos Naomi kan jy ook instrumenteel wees om vir ander ‘n nuwe lewe oop te breek.
- Maak jou lewe vandag vir die gawes van die goeie God oop.
- Leef met ‘n verwagting van beter en oorvloed. Wees gelukkig.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U meer gee as wat ek verwag.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


