15 Desember
My wens en gebed is dat jy sal leer wat geloofsvertroue is. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Wag vir die Here se uitkoms
Teks: “Wees nou maar net geduldig totdat ons sien wat gebeur….” (Rut.3:18 – Die Boodskap)
- Die Almagtige Here werk op Sy tyd.
- Naomi sê vir Rut sy moet geduldig wag totdat Boas reggekry het wat hy beplan – dit gebeur nie dadelik nie.
- Geloof is om die Here te vertrou. Hy doen die onmoontlike.
- Soms moet die tyd net uitspeel sodat jy daarvoor gereed is.
- Jy sal sien die uitkoms gaan kom – wag net.
Gebed
Liewe Vader, help my om geduld te kry sodat ek kan wag totdat U U plan vir my lewe ‘n werklikheid maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


