14 Desember
Ek hoop so dat jy sal begin om liefdesdade aan mense te wys. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Om liefde aan mekaar te wys
Teks: “Wat jy nou doen, is nog ‘n groter liefdesdaad as die liefde wat jy aan jou skoonma bewys het…”(Rut. 3:10– Die Boodskap)
- Bybelse liefde is om jou eie wil en voorkeur vir iemand anders op te offer.
- Rut is bereid om met Boas te trou sodat sy én Naomi ‘n goeie toekoms sal hê – sy bewys wéér ‘n liefdesdaad aan Naomi.
- Jy sal vandag baie geleenthede kry om ook liefdesdade aan mense te betoon – gebruik dit.
Gebed
Liewe Vader, gee my die dapperheid om lief te hê.
In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


