13 Desember
My wens en gebed is dat jy vandag jou oë op God Almagtig wat na jou kyk, sal hou. Hier is God se Woord.
Tema: Jy sal versorg wees
Teks: “ Hy sal verstaan dat jy versorging nodig het en vir jou sê wat jy moet doen… ” (Rut. 3:4 – Die Boodskap)
- God is die Almagtige wat vir jou sorg.
- Boas weet watter versorging Rut nodig het, en Naomi weet dat hy dit aan haar sal gee.
- Net so kan jy oortuig wees dat die Here altyd vir jou sal sorg – ook vandag en môre.
Gebed
Liewe Vader dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


