Skep asem vir vandag: 12 Desember 2025

12 Desember

My gebed is dat jy vandag sal raaksien dat God deur klein dingetjies groot dinge waar maak. Hier is Sy boodskap vir vandag.

Tema: Die Here sorg selfs deur eenvoud

Teks: “…, hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…”(Rut 2:20 – Die Boodskap)

  • God is die Almagtige wat wonderwerke in jou lewe doen..
  • Hy bring Rut in aanraking met die man wat veronderstel is om vir haar en Naomi te sorg.
  • Die Here sorg altyd en heeltyd vir jou en doen dit in die fynste detail.
  • Word rustig en leef in vertroue. In Sy hande is jy veilig.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my lewe tot in die fynste besonderhede reg laat uitwerk.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.