11 Desember
My wens is dat jy rustig sal word – onthou, die Here God sorg vir jou. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Jy sal versorg word.
Teks: “Rut het toe saam met die ander vroue in Boas se land are opgetel…” (Rut 2:23 – Die Boodskap)
- Rut se harde werk het gelei tot voorsiening vir haar en Naomi.
- God het reeds ‘n plan om in jou behoeftes te voorsien – selfs voordat jy dit besef.
- Bly getrou in jou alledaagse pligte – die seëninge sal daar wees.
- Wees gelukkig. Wees vol van vrede. Wees rustig. Wees vol van vertroue.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg..
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


