10 Desember
Ek hoop dat jy elke dag van God se beskerming kan getuig. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Jy sal beskerm word
Teks: “Dis goed so… Jy mag dalk net beledig word as jy op iemand anders se land gaan werk.” (Rut 2:22 – Die Boodskap)
- Naomi se raad was eenvoudig: bly waar jy veilig is.
- Moenie rondloop en rondgaan waar jy nie hoort nie – bly waar God jou geplaas het.
- Moenie rondloop en rondgaan waar jy nie hoort nie – bly tussen die grense wat God stel.
- Luister na die wysheid van mense wat vir jou belange omgee.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my met grense beskerm.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


