1 Desember – Maandag – Droogte
Jesus, U weet hoe droog dit in ons land is en hoe swaar die boere kry, maar ook die veld en vee. Gee U lewegewende water vir mens en dier en loof ons U vir U wonderlike gawe van Reën.
2 Desember – Dinsdag – Polisie
Die polisiemag is nou nog meer paraat tydens die feestyd en dra ons hulle en hul families aan die Here op vir leiding en gesondheid.
3 Desember- Woensdag – Eensaamheid
Mense kuier gedurende die feestyd by familie en vriende en dink ons vandag aan al die eensames wie nie meer familie het nie, of dalk nooit by hul familie besoek aflê nie en eensaam is tydens die kersseisoen.
4 Desember – Donderdag – Radio FEBA
Ons vra vandag Here dat U sal help met die uitreike en uitsaai boodskappe wat Radio FEBA se span behartig om U woord uit te dra en mag ons vra dat U boodskap by die onbereiktes sal uitkom.
5 Desember – Vrydag – Geestesgesondheid
Jesus, depressie en verwante siektes is iets wat al hoe meer voorkom. Gee asseblief dat die persoon wat hieraan lei hulp sal soek op die regte plek en by die regte persone.
6 Desember – Saterdag – Stranddiensspanne
Here, help die stranddiensspanne wat besig is om U Woord ook uit te dra tydens die feestyd en dan veral met pret en plesier op die strande. Mag U woord op vrugbare grond val.
7 Desember – Sondag – BADISA
Vandag is ons offer vir BADISA en vra ons dat die kerkgangers mildelik sal bydra ter ondersteuning van hierdie werk in die NG kerk.
8 Desember – Maandag – Verheerlik die Vader
Vader, ek wil U elke dag Verheerlik.
9 Desember – Dinsdag – Geloof
Wat help dit as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade wys dit nie? Bid dat ons dade by ons woorde pas om ander na die Here te lei.
10 Desember – Woensdag – Skole sluit
Dankie Vader vir nog ‘n jaar. Gaan asseblief met die leerders en leerkragte gedurende die heerlike vakansie en gee dat hulle sal uitrus om weer met nuwe ywer die nuwe jaar aan te pak.
11 Desember – Donderdag – Middelafhanklikheid
Ons dink vandag aan persone wat verslaaf is aan een of ander middel en bid dat die Vader deur Sy troue liefde, die persone sal help om weg te beweeg en hulp te ontvang.
12 Desember – Vrydag – Liefde
Vader, baie dankie vir U troue liefde. Gee dat ons ook liefde aan onsself en medemens bewys.
13 Desember – Saterdag – Sport
Here, Baie dankie vir die wonderlike gawe wat u aan ons sportmanne en vroue gee. Gee dat hulle hul sport so speel tot eer en verheerliking van U.
14 Desember – Sondag – Gemeente-Instandhoudingsfonds
Ons gee vandag ’n bydrae vir ons kerk se instandhouding. Ons bid dat die persone in beheer die nood sal aanspreek en die geld reg sal aanwend.
15 Desember – Maandag – Sending
Kom ons reik uit en raak betrokke by die sendingaksies, geldelik, deur gebed en dalk hulp waar jul kan. Bid ook vir die sendelinge wat die Woord van die Here versprei.
16 Desember – Dinsdag – Versoeningsdag
Op 16 Desember het hulle ‘n gelofte voor God afgelê. Hulle het belowe om ‘n kerk te bou en dat hulle nageslagte hierdie dag as ‘n dankseggingsdag sal vier. In 1994 is Versoeningsdag ingestel en dink ons vandag aan altwee hierdie gebeurtenisse.
17 Desember – Woensdag – Vergifnis
Dankie Hemelse Vader dat U ons sondes vergewe en sê U ons moet ook die wat teen ons sondig, vergewe. Here, help my om dit te doen – 70 x 7.
18 Desember – Donderdag – Versoekings
Versoekings is elke dag op ons pad en vra ons, Vader, dat U vir ons die nodige insig en begrip sal gee en sal uitwys wanneer ons moet omdraai en wegstap.
19 Desember – Vrydag – Leiers
Leiers is mense wat die voortou moet neem en in die land se mense se belang moet optree. Gee vir hulle die nodige leiding Heer sodat ons kan opkyk na hulle.
20 Desember- Saterdag – Gawes
Dankie Heilige Gees dat U ons elkeen seën met unieke gawes. Ons vra dat U ons elke dag sal bemoedig en aanpor om ons gawes tot die welstand van ander aan te wend.
21 Desember – Sondag – Gee
Here, ons is dankbaar vir alles wat U ons gee en wil ons ook ons 10de tot U eer gee en aanwend vir U kerk.
22 Desember – Maandag – Sendelinge
Elkeen van ons is ’n sendeling daar waar ons is. Vader, help ons om U woord uit te dra aan elkeen met wie ons in aanraking kom deur woord en daad.
23 Desember – Dinsdag – Verhoudings
God ken ons lewe. God ken ons verhoudings. Vra vandag vir God om jou te help om te sien waar jy optree met onvergewensgesindheid of liefdeloosheid en stel dit reg.
24 Desember – Woensdag – Oukersdag
Vanaand in die stilte van die nag dink ons aan daardie eerste nag met die Betlehem-ster wat vir die skaapwagters en wyse manne die pad aangedui het na die Baba in die krip.
25 Desember – Donderdag – Kersfees
Dankie Vader vir U Seun wat na die Werêld gekom het vir ons sondes. Ons dink vandag aan U Seun in die krip en wil U loof en prys vir U liefde vir ons.
26 Desember – Vrydag – Welwillendheidsdag
Hierdie dag was vroeër in Engels, Boxing Day, vanweë ’n ou Engelandse gebruik waarvolgens werknemers Christmas boxes of geskenke aan hul werkers gegee het. Onder sy nuwe naam beklemtoon dit vandag die toegeneentheid en liefde wat in die Kersboodskap vervat is. Reik uit na alle persone wie met jou in aanraking kom.
27 Desember – Saterdag – Kinders
God gee aan ons kinders om hulle in die Woord op te lei en nie te verwaarloos nie. Bid vandag vir alle ouers om hulle kinders in liefde te versorg.
28 Desember – Sondag – Vir God is alles moontlik
Wanneer jy nie meer weet nie, herinner die Here jou: “Ek wil, en ek kan”.
29 Desember – Maandag – God hou van jou
Jesus wil vandag vir jou kom sê dat Hy van jou hou en dat jy lieflik geskape is. Hy wil jou sien in jou volle potensiaal. Praat net met hom.
30 Desember – Dinsdag – Mediese personeel
Gedurende hierdie feestyd is die paaie baie besig en ongelukke meer. Bid vandag vir die mediese personeel wat oortyd werk en hul families alleen moet laat.
31 Desember – Woensdag – Oujaarsdag
Vader, ons dank U vir die jaar wat verby is en dat U ons gespaar het en ook met al U milde seëninge bederf het.


