GEBEDSGIDS APRIL 2023
LAAT ONS ELKE DAG OOK BID VIR VREDE IN DIE OEKRAÏNE
Saterdag, 1 April
Kom ons bid vir die eensames met ons gebede. Kom ons bid vir die siekes met ons gebede.
Kom ons bid vir al die armes met ons gebede.
Kom ons bid vir vrede vir die gebiede waar daar oorlog is.
Sondag, 2 April
In ons land is daar steeds baie geweld. Ons dink in ons gebede aan die bende-geteisterde gebied waar dikwels onskuldige kinders in kruisvuur sterf. Ons bid tot die Vader vir vrede en dat liefde eerder daar sal geld as geweerskote.
Maandag, 3 April
Ons dra vandag ons gemeente se Omgeebediening aan die Here op. Ons bid vir Sy seën op al hulle werk en projekte.
Dinsdag, 4 April
In ons gebede dra ons vandag ons gemeente se Ondersteuningsgroep aan die Vader op en bid dat Hy hulle werk sal seën.
Woensdag, 5 April
Saam met Jesus begin ons die die aanloop na Sy kruisiging beleef. Kom ons aanbid Hom en dank Hom vir dit wat Hy moes deurgaan vir ons redding.
Donderdag, 6 April
‘n Dag voor Sy kruisiging. Dit moes vreeslik gewees het. Die bespotting en vernedering wat Hy moes verduur. Kom ons raak stil en beleef dit in ons gebede.
Vrydag, 7 April
Dit is goeie Vrydag. Op Golgota vloei Sy bloed vir ons redding. So op ons knieë sê ons dankie vir dit wat U vir ons moes deurmaak.
Saterdag, 8 April
Wat te erg was vir Josef was bloot net te erg en hy het Jesus toegedraai en in ‘n grot gaan neer lê. Ons sê dankie in ons gebede dat Jesus se liggaam bewaar gebly het en uit die hande van die spotters gehaal is.
PaasSondag, 9 April
Wat ‘n wonderlike dag. Kom ons dank die Here vir ‘n opstanding en die feit dat Hy ons nooit weer sal verlaat nie en altyd by ons sal bly.
Maandag, 10 April
Dit is GESINSDAG. Daar is soveel gebroke gesinne. Gesinne met ernstige probleme. Kom ons dra hulle almal aan God op in ons gebede en ons vra vir Sy intree en seën in al die gevalle.
Dinsdag, 11 April
Die Getuienisbediening vergader vanmiddag. Ons dra hulle en hulle werksaamhede aan die Vader op.
Woensdag, 12 April
Ons skole heropen vandag. Blok 8A en Blok 8B het ook hulle byeenkomste. Ons bid tot die Vader dat Hy alle kinders, onderwysers en bloklidmate sal seën.
Donderdag, 13 April
Ons bid vir die regering vandag en vra die Vader om met elkeen wat in verantwoordelike posisies is te wees en ‘n gees van eerlikheid en verantwoordelikheid te skep.
Vrydag, 14 April
Ons land word geteister deur misdaad, dwelms, korrupsie, verkragtings, moord en bendes. Ons bid tot die Vader en vra vir Sy drastiese ingryping.
Saterdag, 15 April
Ons dra alle sendelinge oor die wêreld heen aan die Vader op. Daar is onlangs van hulle ter dood veroordeel en ander is in China in die tronk gegooi. Vader ons bid saam dat U drasties sal intree.
Sondag, 16 April
Here, ons bid vir die mense in Turkye en Sirië wat groot verwoesting beleef het en baie geliefdes verloor het met die aardbewings.
Maandag, 17 April
Ons bid dat Jesus ook ons verstand sal open om die Skrifte te verstaan (Lukas 24:45).
Dinsdag, 18 April
Ons bid dat Jesus ons ook uit ons sondige bestaan sal opwek sodat ons Hom voortdurend sal loof en prys.
Woensdag, 19 April
Ons doen voorbidding vir Blok 9A se byeenkoms. Dat die Here hulle sal seën en steeds nader aan Hom sal bring.
Donderdag, 20 April
Dit is nuwe maan en stik donker. Ons vra vir die Vader in ons gebede om vir ons ‘n lig op ons geestelike pad te wees en die donkertes in ons lewens helder te verlig met die Heilige Gees.
Vrydag, 21 April
Ons dra al ons plaaslike mediese personeel en ons polisie aan die Vader op.
Saterdag, 22 April
Dit is ons gemeente se dankfees. Ja, kom ons dank God dat Hy al vir so lank deel van ons gemeente is en ons steeds staande hou en dat Hy ook met ons fees teenwoordig sal wees.
Sondag, 23 April
Ons vra in ons gebede dat die Vader Sy Heilige Gees onder alle mense sal instuur om ‘n verantwoordelikheid te skep om die Godgegewe natuur te respekteer en op te pas.
Maandag, 24 April
Bid vir al die Bybelstudiegroepe en vir ’n bewustheid van die teenwoordigheid van die Vader in elke groep.
Dinsdag, 25 April
Ons vra vir die Vader om ook vanaand in te sit tydens ons gemeente se bestuurspanvergadering.
Woensdag, 26 April
In ons land word vroue en kinders elke dag ongenaakbaar mishandel. Ons bid vandag dat God met alle gesinne sal wees en vrede binne elke huis sal skep.
Donderdag, 27 April
Dit is Vryheidsdag. Ons dank die Vader daarvoor, maar ook vir die vryheid wat ons het om Hom te aanbid waar en wanneer ons wil.
Vrydag, 28 April
Ons bid ook vir al die mense en instansies wat na gestremde persone omsien, maar ook vir elke gestremde persoon.
Saterdag, 29 April
Ons dank die Vader vir die oorvloedige reën wat in ons land geval het, maar ons dra ook die bitter droë dele aan Hom op om dit met milde reën te seën.
Sondag, 30 April
Hier waar ons vanoggend staan met die heerlike wete dat ons Heiland leef en dat Hy opgevaar het hemel toe, aanbid ons Hom, loof ons Hom en eer ons Hom deur ons gebede.


