Afkondigings 30 November – 7 Desember 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Jesaja 2:1-5 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Lewe in die Lig.
  • Eerste Advent.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Groenewaldfonds aansoeke sluit.

Woensdag  3 Desember 2025 :

Koor Oefening NG Kerk Groot-Brakrivier
Koor Oefening NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 7 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen (afskeidspreek).
  • Tweede Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Sinodale offer vir BADISA by die deure.
  • Tee en iets te ete kan saam met ds Danie in die kerksaal geniet word na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof Kerssangdiens om 10:00.

Sterftes 2025:

21 November 2025 – Johan van der Ende: Wyk 11B
22 November 2025 – Willem van Langelaar: Wyk 10A
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae week 50 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae week 50 NG Kerk Groot-Brakrivier

Bloedskenk

Die bloedskenking op 27 November 2025 het 86 vol pinte bloed opgelewer. Baie dankie vir die 97 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –   Kontak Ons   / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak Ons   

Omgeebediening :

Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –  Kontak Ons   

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die laaste uitreikdatum vir die jaar is  10 Desember.

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Dankie vir die skenking van die twee enkelbeddens, sowel as die drie selfone. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 om 16:00 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

KERKRAADSVERGADERING blokleier/diaken/ouderling

Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 18 November 2025 is die volgende persone as blokleier/diaken/ouderling verkies ten einde vakatures te vul wat ontstaan met die nuwe blokindeling in ons gemeente:

Christo Smith                              –       BLOK 1: Plaas gedeeltes
Heidi Erasmus                             –       BLOK 2: Voorbrug
Pieter van der Merwe                –     BLOK 4: Langstraat-Bo & Pine Creek
Robbie Katthage                         –      BLOK 7: Onder-Bergsig
Koos van Zyl                                 –       BLOK 10: Bergsig-Bo
Mona de Wet                               –       BLOK 11: Sandhoogte pad
Whitey van der Merwe             –     BLOK 13: Suiderkruis
Koos van der Merwe                 –     BLOK 14: Die Eiland &  BLOK 15: Dolphin Creek
Pieter Theron                              –       BLOK 24: Reebok Village
Johan Spies                                  –       BLOK 25: Seegenot tot Tergniethoogte

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

Het jy geweet? Meer as 3 miljard mense het die evangelie nog nie eers een keer gehoor nie. Daarenteen saai FEBA al vir die afgelope 79 jaar die Goeie Nuus deur radio-uitsendings uit na miljoene luisteraars. En deesdae is dit sosiale media wat deure oopmaak waar FEBA nie ’n uitsaailisensie kan bekom nie.

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA-spanne wysheid, krag en kreatiwiteit sal gee om die evangelie op alle moontlike maniere aan die onbereiktes te bring. Vra dat Hy mense se harte op Sy Woord sal voorberei, sodat die saad wat FEBA saai, vrug sal dra.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 30 November 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 30 November, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Inligting oor die Missie van Japan.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Lees meer oor die betekenis van Advent in die kerkjaar, wat vandag begin.
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Stilte…”
  • Gemeentenuus:
    •  2 x Vakansie Bonus Blokkiesraaisels en Woordsoeke is beskikbaar, vir aanlyn speel of uitdruk, op die webtuiste. Antwoorde beskikbaar 12 Desember.
    • ‘n Sielsverrykende Kersangdiens om te onthou.
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier