Afkondigings 7 – 14 Desember 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 7 Desember 2025 :

Danie afskeidspreek NG Kerk Groot-Brakrivier
Danie afskeidspreek NG Kerk Groot-Brakrivier
  • Baie welkom by die afskeidspreek van ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 1:1-10.
  • Die tema van die prediking is: Dankie vir die dans!!
  • Tweede Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Sinodale offer vir BADISA by die deure.
  • Tee en iets te ete kan saam met ds Danie in die kerksaal geniet word na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof Kerssangdiens om 10:00.
  • Alternatief Kerk in die kerksaal om 18:30.

Woensdag 10 Desember 2025 :

  • Skole sluit.
Kooroefening NG Kerk Groot-Brakrivier
Koor oefening NG Kerk Groot-Brakrivier

Vrydag 12 Desember 2025 :

  • Die Kerkkantoor sluit om 12:30 en heropen Maandag, 5 Januarie 2026 om 8:30.
Verjaarsdae Week 50 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 50 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Nadia Marais.
  • Derde Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek antwoorde vir nommer 29, asook die Bonus Blokraaie B1 & B2 tesame met hul antwoorde, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Ons wil graag vir elkeen wat gedurende die jaar deelgeneem het aan ons onderskeie projekte, in watter vorm dit ookal was, baie dankie sê. Ons kan terugkyk na ‘n jaar wat suksesvol was en kan ons in dankbaarheid al die lof en eer aan die Here gee vir Sy Seën.

Wolwedans boodskap, sop, brood en Kersgeskenk

Ons gaan die jaar se uitreike op 10 Desember afsluit met die gebruiklike Kersboodskap, sop, brood, aankoopkaarte ter bedrag van R 475 vir 115 gesinne, asook Kersbederfpakkies vir 175 kindertjies.

Wolwedans Jeugkerk

Die Wolwedans Jeugkerk het op Vrydag 5 Desember afgesluit. Die kindertjies het die Jesus geboorte uitgebeeld aan hul ouers en almal wat deur die jaar gehelp het. Daar is daarna aan elke kindjie ‘n Sertifikaat van bywoning  van die Wolwedans Jeug Kerk gegee asook iets te drinke en ‘n bederfie.

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 om 16:00 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
  • Daar is ’n spesifieke behoefte van een van ons flikste ouma-helpers in Wolwedans vir ’n tweedehandse yskas en 2-plaat stofie. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word of kontak vir Aletia – Kontak Ons om vervoer te reël.

U oop harte en hande word opreg waardeer en is ’n groot seën in ons bediening en gemeenskap.

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons.

GEVULDE KOFFIEFLESSE VIR KERSFEESKOSPAKKIES

Ons is gevul met dankbaarheid en verwondering vir ‘n fantastiese, samewerkende en ondersteunende gemeente. Baie dankie vir elke koffiefles wat gevul is. Daar gaan baie dankbare harte wees.

“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God” (Ef. 3:18-19 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oos-Asië

In die meeste Oos-Asiese lande word Kersfees as ’n romantiese dag gevier. Dit dra geen geestelike waarde nie. FEBA-spanne saai die evangelie getrou uit in Japan, China, Taiwan, Hongkong en die Koreas – selfs waar dit lyk asof die saad op harde aarde val. Die oes is egter ryp en Kersfees bied nuwe geleenthede om God se Woord te deel.

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA se direkteure in Oos-Asië – Seiji, Daniel, Aaron, Luke en Ki-Boong – waar hulle hul spanne hierdie Kersfees lei in die uitvoering van die Groot Opdrag.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 7 Desember 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Afskeids Erediens van 7 Desember, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Lees meer oor die betekenis van die Advent tydperk in die kerkjaar, reeds in die tweede week is.
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Bron van die Evangelie”
  • Gemeentenuus:
    • Al die Erediens tye vir die vakansie tyd is op die webtuiste geplaas.
    • 2x Bonus Blokkiesraaisels en Woordsoeke is beskikbaar, vir aanlyn speel of uitdruk, op die webtuiste.
    • Die 60Plussers van Wolwedans se Kersfees afsluiting.
    • Vind lekker Kersfees en ander geestelike musiek op die Webtuiste.
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier