Vandag – Sondag 6 Augustus 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doopouers:
- Pieter & Sharné Janse van Rensburg (dogtertjie- Larah).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Mark 10: 13-17.
Die tema van die prediking is: Uit die mond van die suigeling?
• Nagmaal.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 9 Augustus 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Nasionale Vrouedag.
Sondag 13 Augustus 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• Dag van verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeenteontwikkeling by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kerkraadsvergadering
Op Dinsdag 15 Augustus vind die kwartaalikse bestuursvergadering plaas en op Dinsdag 22 Augsutus die kwartaalikse kerkraadsvergadering. Ons vra asb u voorbidding vir beide geleenthede.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 16 Aug en 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
• Ons is dringend opsoek na ‘n woning om te huur (maksimum R7 000 pm) vir ‘n gesin van 4 (kinders 7 en 12) wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het. Indien enige een dalk kan help kontak asb vir Cassie Erasmus by 064 759 9212.
• Michele Potgieter van die Oekraïne stel haar boek Sonneblomme en Sneeu op 12 Augustus 2023 om 14:00 by CUM Boeke in George bekend as enige iemand dalk belang stel om dit by te woon.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Hartenbos Bejaardesorgdiens
Hartenbos Bejaardesorgdiens beplan ’n fondsinsameling dmv pekanneute.
Ons wil graag weet of enige iemand ons kan voorsien van ongedopte pekanneute teen ‘n billike prys of indien u van iemand weet wat ons sal kan voorsien daarvan.
Skakel Johan Jacobs by: 044 695 2386 / 044 604 6803
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal
Die vervolging van Christene word dikwels deur vrees en misverstand aangespoor. Mense sien Christenskap as ’n Westerse geloof wat ’n negatiewe uitwerking op hul kultuur en gemeenskap kan hê. FEBA se programme is daarop gemik om luisteraars in te lig en hulle te wys dat die Goeie Nuus werklik goed is.
Ons gebed vir die week: Bid vir gelowiges wat vervolg word en bid dat FEBA-spanne reg oor die wêreld ingrypende verandering in hul lande sal meebring.
Versoek – Hondekos
Daar is ‘n groot behoefte aan hondekos in ons gemeenskap. Indien dit op u hart gelê word, wil ons u versoek om asb droë hondekos te skenk.
U kan dit by die deure in die ingangsportaal van die kerk los met eredienstye of by die kerksaal kom afgee gedurende kantoorure.
Kontak Linda – 082 899 0643
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Dankies
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 3 Augustus 2023 het 63 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 68 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 6 Augustus 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 6 Augustus 2023.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Trefkrag van die boodskap.” - Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
c) Tsabong se Jaarlikse Konferensie op 12 Augustus in Botswana. - Gemeente nuus:
a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
b) FAMSA bied ‘n basiese beradings kursus aan in Augustus. - Getuienis en Voorstelle vir Webwerf:
In die voorportaal vir julle getuienis bydraes of voorstelle. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Liewe Musiekliefhebber
Kom vier die vrou in jou lewe saam met die Carpe Musicam! Kwartet.
Hierdie konsert maak deel uit van die heel eerste Mosselbaai Kunstefees.
Al die items op die program het iets met vroue te doen…
Kaartjies en meer inligting by www.carpemusicam.co.za OF KONTANT BY DIE DEUR.
Bring jou bure, vriende, familie, kollegas, kliënte, ens saam om hierdie unieke verskeidenheid musiek te kom geniet!
CM! Groete


