Afkondigings 25 Junie – 2 Julie 2023

Vandag – Sondag 25 Junie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 21: 1-21. Die tema van die prediking is: Wie laaste lag…
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.

Woensdag 28 Junie 2023 :

Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 19 Julie 2023. Marida – 082 471 0751.

Sondag 2 Julie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
• GEEN tee na die erediens.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik:
Ons uitreikdatums vir die derde kwartaal is op 19 Julie, 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.
• Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Inside Out International Bediening: Esther Fourie lei hierdie bediening in George – hul bied Engelse klasse aan vir buitelanders om hierdie mense te bereik met die evangelie. Hul benodig nog vroue as vrywilligers om te help met die opleiding. Esther begin op 22 Junie met ‘n Mini-TESOL kursus om belangstellendes op te lei. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om betrokke te raak met die uitdra van die evangelie.

• Esther maak klaar by Options en benodig ‘n opvolger vir haar pos. Dit behels ‘n mediese persoon wat ook tiener meisies kan bedien. Dit is ‘n betalende pos en enige belangstellendes kan vir Esther kontak by 061 359 7566.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

Volgens die Joshua Project bestaan sowat 42% van die wêreldbevolking uit onbereikte mensegroepe. Dis meer as 3 miljard mense. FEBA werk dag en nag, te midde oorlog, natuurrampe, politieke onrus, en ekonomiese uitdagings om die Goeie Nuus van Christus aan hierdie mense te bring.

Ons gebed vir die week: Bid dat God vir alle FEBA-personeel moed sal gee om uitdagings aan te pak en wysheid om hindernisse te oorkom, en dat die leiers Sy wil sal ken in al hul besluite.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 25 Junie 2023
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Preek van 25 Junie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Afdrukke (met donasie) van die oorspronklike Bybelstudiereeks ‘9 Weke’ van dr Frans Hancke asook die oorspronklike boek (R200) is nog by die kerkkantoor beskikbaar.
    b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hou God van jou?”
  2. Getuienisbediening: Die nuutste Madagaskar nuusbrief is beskikbaar op die webwerf.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Klub 50

NG Klub 50 nooi alle gemeentelede na ‘n
snoekbraai op Woensdag 5 Julie by die kerksaal.

Bestellings moet asb voor 30 Junie geplaas word vir ‘n aansit of wegneem ete van snoek, patats en tuisgebakte brood met konfyt teen R65.
Bring asb eie breekgoed, eetgerei en drinkgoed saam.
Tyd 12:00 vir 12:30.

Bestellings kan geplaas word by :
Marie Snyman – 082 229 8316
Johan Snyman – 083 736 5747
Faan Muller – 084 870 3236

Gevind

Twee weke gelede, na die erediens is ’n sleutel opgetel. Indien dit aan u behoort kan u dit kom afhaal by die kerkkantoor gedurende kantoorure.

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Hebreërs 11.1

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314