Sondag 21 April 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Wikus & Jeandré de Swardt (seuntjie – Joubert de Swardt).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gal 3:26-29.
Die tema van die prediking is: Die verbond.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Jeugbediening:
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Skakel asb vir Vicky Barnard –
083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.
Woensdag 24 April 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9B (Vogelsang tot Duinelaagte) by James & Hannelie Erasmus, Fynboslaan 12. Ann Pretorius – 082 565 1868.
Saterdag 27 April 2024 :
• Vryheidsdag.
• Gemeentefees.
Sondag 28 April 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Sterftes 2024:
15 April – Spikkels Botha: Wyk 09A
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Nuwe lidmate :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ’n tweedehandse stoof (in werkende toestand). Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan
Het jy geweet? Japan word soms ‘n “sendeling begraafplaas” genoem omdat dit so moeilik is om die evangelie daar te versprei. Boeddhisme en Shintoïsme is so verweef in die samelewing dat dit deel van die kultuur geword het. Maar God is ’n God van hoop, so FEBA Japan het dié maand drie nuwe programme begin uitsaai en ondersoek maniere om die internet meer optimaal te benut.
Ons gebed vir die week: Bid dat God die FEBA Japan-span met kreatiwiteit sal seën en baie luisteraars op hul programme sal laat inskakel.
Dankies
Hartlik dankie vir die skenking van die drukker ontvang vir Die Skarrelhuis.
Ons waardeer u goedhartigheid opreg!
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
21 April 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 21 April 2024.
- Getuienisbediening:
a) Weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
b) FEBA Kazakstan skep ‘n digitale golf wat mense transformeer. - Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarop steun ons?” - Gemeentenuus:
a) April se doopgeleentheid.
b) Langasem van ons nuwe predikant.
c) Die jong Goosentjie: 8 weke later.
d) Die Bybelblokkiesraaisels is beskikbaar onder Speletjies op die Webtuiste. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam!
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.
Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke
– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Ann Pretorius – 082 565 1868.
4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /
Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.
Vicky Barnard – 083 500 5687.
10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser
– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.
Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.
Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.
LAASTE DAG VIR BESTELLINGS = Maandag 22 April 2024
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


