Sondag 19 Oktober 2025 :
- Baie welkom by die gesinsdiens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 18:1-8.
- Die tema van die prediking is: Verander vir ander?
- Biddag vir Gesondheidsdienste.
- Kategese kinders en kleuters woon gesinsdiens by saam ouers/kategete.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 22 Oktober 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons . Alle belangstellendes welkom.

Vrydag 24 Oktober 2025 :
- Gemeentekonsert om 18:00 in die kerksaal.
Dankfees
Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. Kontak gerus vir Pieter van der Merwe indien u graag wil help braai – 📞Kontak Ons .
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak Ons
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Kontak Ons .
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak Ons
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb nog 6 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke –Kontak Ons 📞Corita du Preez – Kontak Ons
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie Drost–Kontak Ons .
🥪 Jaffles – R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak Ons 📞 Corrie Pieters – Kontak Ons .
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon –Kontak Ons .
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb
eiers, meel, olie en suiker. 📞Piet Snyman – Kontak Ons 📞 Elsabé Richards –Kontak Ons
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Kontak Ons .
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie/R10 vir 5 gooie/R5 om te sit, Springkasteel – eenmalige R10, Waterwurm – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath – Kontak Ons .
🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak Ons .
🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters –Kontak Ons .
Saterdag 25 Oktober 2025 :
- Dankfees begin om 08:00.

Sondag 26 Oktober 2025 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Hervormingsfees.
- Nagmaal.
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Bybelgenootskap by die deure.
- Nuwe lidmate 2024-2025 word verwelkom in die kerksaal na die erediens.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Standplaasverwisseling
Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 Oktober 2025, is die standplaasverwisseling tussen ds Leon Cronje van NG Welgelegen in Stellenbosch en ds Danie Goosen van NG Groot-Brakrivier, goedgekeur.
Ds Leon Cronje is derhalwe beroep na NG Groot-Brakrivier in plek van ds Danie Goosen.
Sterftes 2025:
12 Oktober – Sarah Holtzhausen: Wyk 8A
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Verjaarsdae


“Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16 Afr53).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indië
Die FEBA-span in Indië se bedieningsveld word toenemend moeiliker. In dele van die land teiken ekstremiste Christene met dreigemente, invalle en liggaamlike geweld, terwyl anti-bekeringswette strenger raak. Die span gaan egter voort om God se Woord getrou uit te saai en skep ook programme om luisteraars op te voed in onderwerpe soos geestesgesondheid, mensehandel en probleme in die werksplek.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se uitsendings in Indië vervolgde gelowiges sal bemoedig en ook nie-gelowiges na Christus sal lei.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 19 Oktober 2025
1. Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Gesinsdiens van 19 Oktober, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verkwikkende begin vir elke dag.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Verandering…”
- Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



