Afkondigings 16 – 23 Maart 2023

Sondag 16 Maart 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen & ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 2:36-47.
  • Die tema van die prediking is: NG Kerk Groot-Brakrivier?
  • Derde Lydensweek.
  • Kategese afsluiting (kwartaal 1) – hervat weer op 13 April.
  • Spesiale offer vir Carpe-Diem Skool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 19 Maart 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) by Kobus en Ansie Pieters, Hydriaweg 1A. Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 21 Maart 2025 :

  • Menseregtedag – Kerkkantoor gesluit.

Sondag 23 Maart 2025 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Vierde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek

Prys God vir FEBA Mosambiek se sewende stasie, Victory FM, wat nou in die Cuamba-streek uitsaai! Programme dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe in agt tale, insluitend gesinslewe, geestelike leierskap, Bybelstudie en kinderprogramme.

Ons gebed vir die week: Bid dat God die Victory FM-span met wysheid, krag en kreatiwiteit sal toerus in hul bediening aan nuwe luisteraars, en dat Hy Sy krag deur elke uitsending sal gebruik sodat dit diegene sal bereik wat dit moet hoor.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

16 Maart 2025

  • Erediensbediening:
    • Skakel na die YouTube Erediens van 16 Maart 2025.
  • Getuienisbediening:
    • Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
    • Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Regverdige oordeel…”.
  • Gemeentenuus:
    • Kort artikel, ‘Klub50 maak musiek’, oor die vrolike samekoms van die 50-plussers.
    • Die Bybelblokkiesraaisel No. 22 van volgende maand is reeds beskikbaar op die webwerf.
    • Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘ 044 620 2205

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier