Afkondigings 14 Desember 2025 – 11 Januarie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 14 Desember 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 1:39-45 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Op die voetspoor van Elisabet.
  • Derde Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger.
  • “Coffee & Connect” in die kerksaal om 18:30.
Coffee and Connect NG Kerksaal NG Kerk Groot-Brakrivier
Coffee and Connect NG Kerksaal NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 51
Verjaarsdae Week 51

Dinsdag 16 Desember 2025 :

  • Versoeningsdag.

Sondag 21 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Gerrie van Deventer.
  • Vierde Advent.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • “Coffee & Connect” in die kerksaal om 18:30.

Donderdag 25 Desember 2025 :

Kersdag – Kersdagdienste:

  • 07:00 – Ds Charné Viljoen
  • 08:00  – Ds Charné Viljoen
  • 09:00  – Dr Frans Hancke
  • 10:00   – Dr Frans Hancke

Vrydag 26 Desember 2025 :

  • Welwillendheidsdag.

Sondag 28 Desember 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Prof Fanie Snyman.
  • Doop – ’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:

Alex & Chandré Jonker (dogtertjie – Anlea).

  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Januarie 2025 is vandag beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Woensdag 31 Desember 2025 :

  • Oujaarsdiens om 18:00 – Ds Charné Viljoen.

Donderdag 1 Januarie 2026 :

  • Nuwejaarsdag.

Sondag 4 Januarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Maandag 5 Januarie 2026 :

  • Kerkkantoor open.

Sondag 11 Januarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek antwoorde vir nommer 29, asook die Bonus Blokraaie B1 & B2 tesame met hul antwoorde, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Nuwe Lidmate 2025:

Louise Pretorius van Elarduspark: Wyk 04A
Tommie Coertze & Rianne Walter van Jeffreysbaai: Wyk 06B
Johan & Olivia Jonker van Louis Trichardt: Wyk 10A
Baie welkom by ons gemeente.

Kerk se kombuis

Die kerk se kombuis het ‘n deurlopende behoefte vir leë roomysbakke wat  vir sop of oortollige kos gebruik word.

Indien u het om te skenk kan u dit asb na die oggend eredienste by die kombuis kom afgee. Baie dankie vir u ondersteuning.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons wil aan elkeen ‘n baie Geseënde Christusfees saam met familie en vriende toewens en mag 2026 vir elke geroepende en gestuurde volgeling van Jesus ‘n uiters suksesvolle jaar wees. Geniet die rustyd en ons begin weer met al ons aktiwiteite op 14 Januarie 2026 en tot dan, Shalom.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Daar is ’n spesifieke behoefte van een van ons flikste ouma-helpers in Wolwedans vir ’n tweedehandse yskas en 2-plaat stofie. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word of kontak vir Aletia –  Kontak Ons om vervoer te reël.

U oop harte en hande word opreg waardeer en is ’n groot seën in ons bediening en gemeenskap.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –  Kontak Ons .

GEVULDE KOFFIEFLESSE VIR KERSFEESKOSPAKKIES

 – Ons is gevul met dankbaarheid en verwondering vir ‘n fantastiese, samewerkende en ondersteunende gemeente.

Baie dankie vir elke koffiefles wat gevul is. Daar gaan baie dankbare harte wees.

OMGEEBEDIENING

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak Ons .

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 14 Desember 2025  

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 14 Desember, gelei deur Dr Nadia Marais, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Daar is nuus van Lynette se terugkeer na Madagaskar.
  • Bybelstudiereeks: 
    • Lees meer oor die betekenis van die Advent tydperk in die kerkjaar, wat reeds in die derde week is.  
    • Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag. 
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Die Lig van Christus”
    • Gemeente nuus
      • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite en
      • Erediens tye vir die vakansie is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets

Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak” (Ef. 6:18b-19 Afr83). 

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan

In Pakistan word die land se stigter op 25 Desember herdenk. Die meeste mense weet net van Kersfees as hulle toegang tot buitelandse media het. Tog maak nuuskierigheid harte dié tyd van die jaar meer ontvanklik. FEBA Pakistan se spesiale Kersprogramme, waarin hulle die ware betekenis van Kersfees en die evangelie deel, het voorheen positiewe terugvoer van nie-gelowiges ontvang. Ons gebed vir die week: Bid vir Direkteur Shahzad en die FEBA Pakistan-span waar hulle die geskenk van die evangelie hierdie Kerstyd met Moslem-luisteraars deel.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier