Ooievaarstee vir Nadia

Die oggend van 13 Januarie was vir Nadia, wat gedink het sy gaan ‘n Kerkraadsbraai bywoon,’ n lekker verassing. Die geleentheid was gesellig en met smaak deur die Gasvryheidsbediening aangebied vir die vroue, terwyl die mans om ‘n braaivleisvuur saam gekuier het. Ds. Danie moes ook sy vernuf met doeke omruil wys.

Die geskenke het heelwat plesier verskaf. Die predikants-paar wil almal bedank vir hulle bydraes vir die klein Goosen’tjie wat binnekort die lig gaan sien.