Kategese Afsluiting 2025

Die oggend van 9 November 2025 het die gemeente weer die voorreg gehad om die jongmense van die gemeente se afsluiting mee te maak.

Die kleiner kinders het sertifikate ontvang vir hul bywoning, en die Belydende Kategete kon ‘n kers aansteek om hulle te herinner om God se lig in die wêreld te wees.

Dit was ‘n mooi en vreugdevolle oggend wat afgesluit is met koek en drinkgoed in die Kerksaal. Ons bid God’s rykste seën op al die jongmense se pad vorentoe.