Familiekamp te Hakerville

Die naweek van 31 Oktober tot 2 November 2025, het die Familiekamp te Harkerville plaas gevind.

Die naweek was ‘n heerlike ervaring, waar die gesinne lekker saamgekuier het. Saterdag is daar besoek afgelê by die’ Knysna Elephant Sanctury’. Dit was ‘n lekker geleentheid vir almal om naderby kennis te maak met die reuse van die bos.

Die klam weer van Saterdag het die groep genoodsaak om hulle tyd te verwyl met bordspeletjies om almal van die jonger geslag lekker besig te hou.

Die naweek was ‘n verfrissende tyd van ouers en kinders, en families om mekaar beter te leer ken.

dankie aan die organiseerders wat die heerlike naweek gereël het.