Wolwedans se 60 Plussers: Kersfees Afsluiting 2025

Op die snikhete Woensdag, 26 November 2025, het die 60 Plussers van Wolwedans vir die afsluiting van die jaar bymekaar gekom.

Die program, gereël deur Aletia Nortje van die Getuienisbediening, is op gepaste wyse geopen deur Paul Smuts. Die groep is deur Juanita Smit, ‘n maatskaplike werkster van Reebok, attent gemaak op die veiligheid van die kinders van vandag.

Dit was ‘n feestelike atmosfeer en die Youth Café se sangers het heerlike Kersliedere gesing. Elkeen het ‘n lekker bederf emmertjie as geskenk ontvang en die oggend is afgesluit met heerlike koeldrank en koue nagereg. Dit was ‘n oggend van saam kuier en afskeid neem tot volgende jaar!

Baie dankie aan almal wat skenkings gemaak het en bygedra het tot die sukses van die oggend.