12 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag eerlik wees in al jou transaksies! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Eerlikheid is deel van God se besigheid
Teks vir vandag: “Dit walg die Here wanneer besigheidsmense oneerlik is, wanneer produkte swak en pryse buitensporig is. Eerlike transaksies maak Hom gelukkig.” Spr. 11:1 (Die Boodskap)
- God is nie net betrokke by jou geestelike lewe nie – Hy gee ook om hoe jy in die sakewêreld optree.
- Om kwaliteit produkte teen regverdige pryse te verkoop is ‘n vorm van aanbidding aan God.
- Jou integriteit in besigheid is ‘n getuienis vir ander van God se karakter.
- Wees vandag ekstra versigtig om in elke transaksie volkome eerlik en deursigtig te wees.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag in al my besigheidstransaksies eerlik te wees sodat my integriteit vir U ‘n bron van vreugde sal wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

