Afkondigings 8 -15 Junie 2025

Sondag 8 Junie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 17.

Die tema van die prediking is: Die Heer en die Lewendmaker.

  • Pinksterfees & Nagmaal.
  • Biddag vir Jeug & Kategese.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Jeugwerk by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).

Woensdag 11 Junie 2025 :

  • Blokbyeenkoms Blok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) om 18:00 by Jan en Ina Meyer – Ganslaan 9, Outeniquastrand. Jan Nortje – 082 806 3794.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 15 Junie 2025 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
  • Vadersdag.
  • Nasionale Biddag vir Blindes.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Verjaarsdae Junie 2025
Verjaarsdae Junie 2025


Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 24, asook die antwoorde vir nommer 23, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se bediening aan die Buryat

Die Buryat-mense is ‘n Mongoolse etniese groep met ‘n bevolking van sowat 500,000 wat hoofsaaklik in Siberië woon. Hulle is onbereik – minder as 1% van die Buryat is Christene, terwyl die meerderheid ‘n mengsel van Boeddhisme en sjamanisme beoefen. Boonop het hulle geen toegang tot ‘n opgedateerde Bybel in hul taal nie. FEBA saai die Goeie Nuus aan die Buryat-mense in hul eie taal uit.

Ons gebed vir die week: Bid dat Buryat-luisteraars hul harte sal oopmaak en Christus deur FEBA se uitsendings sal leer ken.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die volgende uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 18 Junie.
    • Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.

Resep

100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.

Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:

1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of 2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Jeugkerk (Kinderkrans van ouds) by die AGS Gemeenskapsaal:

Elke Vrydagmiddag vanaf 14:30 tot 16:00 word die kinders met die Woord bedien, hulle sing en dan verdeel hulle in groepies waar die les van die dag behandel word. Hulle neem ook deel aan verskillende aktiwiteite en ontvang daarna ‘n koeldrankie en ‘n pakkie met iets lekker in. Ons beplan om ‘n rooster op te stel sodat dit nie nodig is vir elke “mentor” om elke week te gaan nie, maar tans is daar te min mentors.

Indien die  Heilige Gees dit op u hart lê om hier betrokke te raak kan u vir Adriaan Kamper – 0828011332 of Karen Kamper – 0845042785 kontak vir meer inligting.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 8 Junie 2025 1. 
Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Nagmaal Erediens van 8 Junie, gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg, is beskikbaar.
Al die Pinksterdienste, ‘Die Heer en Lewendmaker’, skakels is op die webtuiste beskikbaar, sou u weer na ‘n diens wou gaan luister wat u aangeraak het.
Getuienisbediening:
Daar is weeklikse nuus vanaf Madagaskar.
Die nuutste nuus vanaf Michele oor Mari-Alena se behandeling, asook die projekte van Oekraïne is geplaas.
Bybelstudiereeks:
Die Junie ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar.
Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Ontvanklik?”
Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets. 

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier