Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!

Melaatse Sending - Opleiding Geleentheid in Durban

Hallo
 U kan trots voel oor u kranige span van die Sending aan die Melaatse wat die afgelope klompie dae betrokke was om mense te red uit die kloue van melaatsheid.

Elena van den Berg het haastig uit Durban vertrek om meer as 150 km af te lê na Empangeni waar sy “Bheka” moes opspoor, wie op 21-jarige ouderdom, uiteindelik met melaatsheid gediagnoseer is.  Ek sê uiteindelik, want hy het reeds op skool simptome van melaatsheid gehad.  

Lees meer “Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!”

Sending aan die Melaatse: 67 Minute vir Sending

Mandela Dag
18 Julie 2023

Hello Vriende

Suid-Afrikaners word uitgenooi om 67 minute opsy te sit vir Mandela Dag op Dinsdag, 18 Julie.
Hier is ‘n voorstel hoe u daardie 67 minute kan gebruik om die Sending aan die Melaatse te help – ek noem dit 67 Minute vir Sending:
Die Sending aan die Melaatse is ‘n begunstigde van die My Village Card program.  Telkens wanneer die kaart by deelnemende handelaars gebruik word, ontvang die benoemde begunstigde ‘n deel van die koste van die transaksie.
Daar is geen koste vir die gebruiker nie.  Die kaart is gratis en die waarde van die transaksie word nie geraak nie.
Gebruik asseblief u 67 minute om hierdie boodskap aan u familie en vriende te stuur, en nooi hulle gerus uit om by My Village aan te sluit. 
Sodra hulle op die webtuiste aangeteken het, kan hulle die Sending aan die Melaatse (Leprosy Mission) as begunstigde benoem.
Hier is die skakel om aan te sluit: https://www.myschool.co.za/portal/register




My doelwit is om ons My Village familie met 2 000 mense te laat groei.Sal u my help tydens u 67 Minute vir Sending om ‘n stap nader aan daardie teiken te kom?

Met opregte dank, 
Pieter Laubscher
Uitvoerende Direkteur

Sending aan die Melaatse Suidelike Afrika
073 470 3185 Bankbesonderhede:
Eerste Nasionale Bank, Balfour Park, Takkode: 212217,
Rekeningnommer: 51471056974
Kopiereg © 2023 Sending aan die Melaatse. Alle regte voorbehou.