Gebedsgids May 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS MEI 2024

Woensdag, 1 Mei – Werkersdag

Vandag is meeste mense af en dink ons aan almal wat salarisse verdien en dank God dat Hy die Groot Voorsiener is van ons behoeftes en dat ons so gelukkig kan wees om ‘n werk te kan hê.

Donderdag, 2 Mei – Leraars

Kom ons begin vandag en dink daaraan om elke dag ons Leraars aan die Here op te dra, dat Hy Sy boodskap wat Hy wil oordra aan die gemeente aan hulle sal openbaar en hulle getrou maak om die boodskap uit te dra soos God dit wil.

Vrydag, 3 Mei – Radio Feba

Radio Feba is ongeveer 75 jaar oud en werk in verskeie oorsese lande. Hulle bereik ongeveer 10 miljoen mense wêreldwyd. Bid dat mense deur gebed hierdie mense dra maar ook geldelik bydraes lewer om hul werk verder te laat groei.

Saterdag, 4 Mei – Mediese Personeel

Hulle versorg gemeentes se lidmate en hulle familie tydens ernstige krisisse – medies en emosioneel – in die hospitale en in spreekkamers. Bid ook vir die hospitaalleraars asook ons gemeente se leraars om met groot liefde hierdie belangrike bediening te behartig.

Sondag, 5 Mei – Sinodale bid en dankdag

Ons deuroffers gaan vir die gemeenteondersteuning en dink ons ook daaraan om dankie te sê dat ons wel ons gemeente kan ondersteun en bid ons ook vir al ons lidmate en lê hulle probleme aan die voete van Jesus neer.

Maandag, 6 Mei – Beskerming

In Heb. 13:5 sê die Here dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Bid dat ons na Hom toe sal gaan vir skuiling en beskerming en dat ons nie bedreig sal voel nie.

Dinsdag, 7 Mei – Voorbereiding

Ons dink vandag aan Jesus wat sy vriende (dissipels) voorberei het vir die tyd wat vir hulle voorgelê het om uit te gaan en dissipels te maak. Bid vandag dat ons saam met hulle, soos in die verlede, ons harte sal voorberei.

Woensdag, 8 Mei – Heilige Gees se werking

Kom ons staan vandag en die komende week stil en maak ‘n dankbaarlysie om bewus te raak van die werking van die Heilige Gees en wat Hy vir jou gedoen het.

Donderdag, 9 Mei – Hemelvaart

God het die mens so Lief gehad dat Hy sy Enigste Seun vir ons sondes gegee het. Ons dink vandag daaraan dat Hy ook die Heilige Gees vir ons gegee het om elke dag by ons te wees.

Vrydag, 10 Mei – Bybelgenootskap

Sondag het ons deurkollekte vir die Bybelgenootskap. Kom ons bid dat mense hul bydrae sal gee vir hierdie saak sodat meer Bybels in verskillende tale geskryf kan word asook genoeg fondse om die Bybels bekostigbaar te hou.

Saterdag, 11 Mei – Moedersdag

Môre is Moedersdag en wys ons liefde en waardering vir alle moeders en ook vroue wat ‘n groot rol in ons lewe speel. Lê vroue vandag aan die voete van Jesus neer.

Sondag, 12 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Dank die Here vir die gawe van slaap/rus. Vra God om jou te help om wakker te word met die bewustheid dat Hy reeds aktief in Sy koninkryk is.

Maandag, 13 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Dank God vir dit wat jy het om te eet. Vra die Here om jou bewus te maak van diegene wie dit vir jou moontlik gemaak het om die kos op die tafel te kan hê (van die boer tot die sjef).

Dinsdag, 14 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Dank die Here vir die feit dat ons nie deur aardse behoeftes/begeertes vrede vind nie. Vra die Here om jou bewus te maak van jou ware soeke na God.

Woensdag, 15 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Lê jou seer voor God se voete neer. Dank God vir die feit dat Hy saam met jou treur oor die seer wat hy beleef/al beleef het.

Donderdag, 16 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Vra die Here om jou bewus te maak van oomblikke waar jy intensioneel kan lééf. Dank God dat Hy die dood oorwin het en ons deel maak van die ewige lewe.

Vrydag, 17 Mei – Polisiemag

Jesus, ons wil vandag kom intree vir elke polisiebeampte en bid dat U hulle sal beskerm waar hulle elke dag in gevaar hul werk onverskrokke moet verrig en ons landsburgers beskerm.

Saterdag, 18 Mei – Prostitusie

Bid asseblief sonder ophou dat die gene wat in hierdie web vasgevang is, bevry sal word en bid dat huisgesinne nie deur hierdie optredes onherstelbaar vernietig nie.

Sondag, 19 Mei – Pinksterfees

Vandag hou ons fees dat Jesus opgestaan het vir ons sondes en ook die Heilige Gees gegee het om ons elke dag te help. Vol van die Heilige Gees het die dissipels uitgegaan en ek en jy kan ook vol van die Heilige Gees lewe.

Maandag, 20 Mei – Onsekerheid

Wag jy vir ‘n antwoord van God en is onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet. 5:7.

Dinsdag, 21 Mei – Standvastigheid

Bid vandag dat ons God se standvastigheid in ‘n wankelrige wêreld sal raaksien en Hom sal dank en eer daarvoor.

Woensdag, 22 Mei – Eensames

Kom ons bid vandag aan alle mense wat alleen is en iemand aan die dood afgestaan het. Ons bid dat hulle God se teenwoordigheid en liefde sal aanvoel deur die optrede van ons ander lidmate.

Donderdag, 23 Mei – Gesondheid

God is ons Geneser. Sy helende Hand salf ons wonde, dra ons laste en droog ons trane af. Bid vir goeie gesondheid uit God se wonderwerkende Hand en glo en dank Hom vir Sy genesing onbeperk.

Vrydag, 24 Mei – Geloof

Bid sonder ophou vir onwankelbare geloof in Jesus en dat die ongelowiges tot Jesus gelei sal word en sal glo dat Hy ons enigste Redder is.

Saterdag, 25 Mei – Roeping

Sal jy vandag jou drome net so los en Jesus volg? Bid vandag dat jy jou roeping van Jesus ontvang, sal uitleef en jou drome sal los vir Jesus se groot droom en roeping vir jou lewe.

Sondag, 26 Mei – Buitelandse sending

Ons sinodale offer vandag is vir Buitelandse sending en ons dra vandag ons sendelinge buite ons grense aan die Here op vir leiding, versorging en ook vir die gemeente se geldelike bydrae asook deurlopende gebede.

Maandag, 27 Mei – Politieke partye

“Here, ons wil die regering van die dag en al die politieke partye wat nou staan in die verkiesing aan U opdra vir die naderende verkiesing en dat alles rustig en kalm sal verloop”.

Dinsdag, 28 Mei – Plaaslike Sending

Kom ons vou ons hande saam en dra al ons sendelinge aan die Here op. Ons vra dat Jesus hulle sal lei maar ook versorgers sal stuur sodat hulle nie moed verloor nie, maar die roeping moedig sal voortleef en die Woord van God versprei aan die ongelowiges.

Woensdag, 29 Mei – Prys God

Sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.

Donderdag, 30 Mei – Skoliere

Kom ons raak stil en tree in vir al ons skoliere dat hulle hul kant sal bring en sal besef dat hulle nie leer vir hulself nie, maar om God se Naam te verheerlik en dat hulle ook God dank vir hul breinkrag waarmee Hy hulle geseën het.

Vrydag, 31 Mei – Gevangenes

Mag ons vandag bid vir alle gevangenes dat hulle deur die sendingwerk van ons gemeentelede ook die Gees van God sal aanvaar en God sal leer ken en Hom sal aanvaar as Hul Heer en Meester.

Gebedsgids vir April 2024

Gebed

GEBEDSGIDS – APRIL 2024

Ef 6:18. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Maandag 1 April – Gesinsdag

Gesinne is vir God belangrik. In die Ou Testament vind ons baie voorskrifte dat kinders kennis en godsdienstige gebruike van God se weë met sy volk sal eerbiedig en oordra aan die volgende geslagte. Kom ons bid dat ook ons as gesinne saam die Here sal ken en dien.

Dinsdag 2 April – Die Owerheid

Plaas jou geloof in die Woord wanneer jy vir die “koning” en sy amptenare bid, dat die Here hulle sal lei in elke besluit wat hulle moet neem. Bid vir Christelike norme en waardes. “Die koning se hart is waterstrome in die hand van die HERE: Hy lei dit waarheen Hy wil” (Spreuke 21:1).

Woensdag 3 April – Skole Open

Here ons dra vandag almal in die onderwys aan U op. Ons bid dat elke skolier die geleentheid sal hê om sy of haar vermoëns optimaal te ontwikkel. Seën alle leerkragte en ander opvoeders met baie liefde, geduld en wysheid in hul taak. Ons pleit ook vir dissipline en wedersydse respek.”

Donderdag 4 April – Radio en TV Uitsendings

Kom ons dank ons Hemelse Vader vandag vir instansies soos Radio-Kansel, Trans Wêreld Radio, Feba Radio, die Televisie en ander moderne tegnologie wat meehelp om die Evangelie tot aan die uithoeke van die wêreld te verkondig – seën elkeen wat by hierdie bedieninge betrokke is.

Vrydag 5 April – Somalië

Hierdie land is tweede op Geopende-Deure se “Wêreldwaarnemingslys 2024” wat die intensiteit van vervolging weerspieël. Al wat vervolgde Christene vra is dat ons vir hulle sal bid. Bid vir Gelowiges wat alles waag om vir Jesus te volg; dat hulle sal volhard om Hom te dien.

Saterdag 6 April – Vergiffenis

As jy onvergewensgesind teenoor jou broer is, gaan lees weer Mat 18:21-35. Jesus sê dat ons sewentig maal sewe keer moet vergewe. Indien jy dit moeilik vind om iemand te vergewe, vra die Heilige Gees om jou te help en seën hom/haar elke keer as jy aan die persoon dink.

Sondag 7 April – Danksegging & Verootmoediging

As kinders van God wat duur gekoop is deur Jesus se offer van Homself en só ons redding en die Ewige Lewe verseker het; hoe kan ons nie in dankbaarheid en verootmoediging voor Hom buig nie? Ons offers vanoggend vir die Teologiese Kweekskool is deel van ons dankbaarheid.

Maandag 8 April – My Lewe voor God

Bid vir ‘n nuwe insig in ons verhouding met God en ons lewe voor Hom. Dat ons as lidmate van Grootbrak Geesvervuld, geloofwaardig sal wees, in waarheid binne die wil van die Here en deur die krag van die Heilige Gees sal leef. Dat ons ‘n biddende, sendende gemeente sal word en alle mense met die liefde van Chritus sal bejeën.

Dinsdag 9 April – Bendegeweld

“Here ons bid teen bendegeweld op die Kaapse vlakte. Open Bendelede se oë om U raak te sien en hul lewens aan U oor te gee. Bewaar asseblief die weerloses, vertroos waar sterftes voorgekom het en staan asseblief die gemeenskap en owerhede by om die bose te oorwin.

Woensdag 10 April – Bedienaars van die Woord

Ons bid vir ons leraars en hul dierbares. Mag hulle elke dag Jesus se liefde ervaar. Dankie dat hulle in U geanker is en hul afhanklikheid van U erken en bely. Seën en sorg vir hulle na liggaam en gees, sodat hulle kan volhard in hul roeping om U woord te verkondig en die gemeente te dien.

Donderdag 11 April – Bedelaars

Is dit nie bedoel dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? (Jes. 58:7) Bid vir wysheid as jy ‘n bedelaar teëkom, vra die Here wat jy moet doen en bid vir redding van oneerlike mense.

Vrydag 12 April – Sentraal Asië

Bid vir Tilana (skuilnaam). Haar Moslem-eggenoot het haar met stokke geslaan toe hy op haar Bybel afgekom het. Sy het vir haar lewe gevrees. Vra God om haar pyn te verlig, haar fisies en geestelik te genees en haar te vertroos. Bid vir die beskerming vir die evangelis wat haar na Jesus gelei het en wie ook deur haar man bedreig word. Bid vir al die Tilanas in Moslemlande.

Saterdag 13 April – Liefde vir Vreemdelinge

Bid dat gelowiges in SA sal uitreik na die vreemdelinge in ons midde, bv. Chinese, Nigeriërs, Somalies & Pakistanies. Vra dat ons met nederigheid, wysheid en baie liefde met alle mense sal omgaan; dat ons altyd Jesus deur ons gesindheid sal verteenwoordig.

Sondag 14 April – FEBA RADIO

Ons spesiale offers gaan vanoggend vir FEBA Radio wat hierdie maand hul Internasionale Raadskonferensie in Korea hou. Bid dat reëlings vir die byeenkoms vlot sal verloop, dat deelnemerrs veilig sal reis en dat God dié byeenkoms sal seën.

Maandag 15 April – Kinderbediening in SA

Dra in gebed alle kinderbedienings in SA aan ons Hemelse Vader op. Daar word nie genoeg gemaak van die mobilisering van kinders vir gebed nie. Kinders bid met ‘n eenvoudige geloof en sien wonderwerke gebeur. Hulle hoor ook maklik die stem van God.

Dinsdag 16 April – Landbou

Bid vir ons boere en hul werknemers. Vra dat daar genoeg voedsel geproduseer sal word en niemand gebrek sal ly nie. Dat elkeen betrokke, met ywer en entoesiasme sal arbei. Vra vir mooi verhoudings, billike vergoeding en winsgewendheid. Bid dat Jesus se liefde op elke plaas geleef sal word en dat Sy Vrede ervaar sal word. “Here gee asseblief reën waar dit nog droog is.”

Woensdag 17 April – Werkloosheid in SA

Die werkloosheidskoers in Suid-Afrika is geweldig en styg al meer. Dit is onrusbarend hoog vir enige nasie. Ons moenie ophou bid vir stabilileit in ons land en dat meer entrepreneurs na vore sal tree nie. Bid vir ekonomiese groei sodat meer werksgeleenthede beskikbaar sal raak, veral vir jongmense.

Donderdag 18 April – Morele waardes

‘n Gemeenskap se morele waardes word bepaal deur wat kinders aanleer wanneer hulle grootword. Bid dat gesinne se waardes op Bybelse beginsels sal rus en kinders sal opgroei met kennis van reg en verkeerd soos in die Woord van God vervat.

Vrydag 19 April – IRAN

Bid vir vier Iranse gelowiges wat in ‘n klopjag op ‘n huiskerk-byeenkoms gearresteer is. Vra vir ’n veilige en gepaste vrylating en dat hulle sal ervaar hoe God se hand aanhou beweeg in hul lewens. Bid dat daar groei in die Kerk van Jesus in Iran sal wees.

Saterdag 20 April – Beskermingsdienste

Bid vir manne en vroue wat die gemeenskap dien. Vir polisie-, brandweer-, noodhulp- en sekuriteitspersoneel. Vra vir insig, wysheid en geduld wanneer hulle voor probleme te staan kom. Bid vir hul veiligheid, beskerming asook die welstand van hul diebares. Vra vir seën en dat hulle Jesus sal ken en tot Sy eer sal optree wanneer hulle ander help.

Sondag 21 April – Mededeelsaamheid

Armoede en hooploosheid is algemene verkynsels in ons land en raak ons as Christene elkeen. Politici se beloftes bring nie oplossings nie. Bid dat elkeen wat ‘n inkomste het, dankbaar vir die voorreg sal wees en volgens Jesus se liefdesopdrag na ons naaste sal omsien.

Maandag 22 April – Getuies wees

As ‘n mens die verantwoordelikhede van Christen wees sou wou opnoem, moet dit sekerlik die opdrag om GETUIES te wees, beklemtoon. Dit was Jesus se opdrag in Joh. 1:8 en geld ook vir ons vandag. Bid vir die Getuienis-kommissie wat vanmidag byeenkom en vra vir seën op hul aksies en besluite. Mag elke lidmaat ‘n lewende getuie van Jesus Christus wees.

Dinsdag 23 April – Kerkraadslede

Bid dat Kerkraadslede met ywer hulle verantwoordelikhede sal uitleef en dat lidmate hulle as gestuurdes van die Here, hartlik en blymoedig sal ontvang en met hulle sal saamwerk om Grootbrak gemeente op te bou.

Woensdag 24 April – Bybelviering

Kom ons dank God vir die Bybel in ons eie taal. Pleit vir elke taalgroep wat nog nie ‘n Bybel in hul eie taal het nie. Bid vir hulle wat besig is met vertalings van Bybels of skrifgedeeltes oral op aarde. Vra vir toewyding, genade, wysheid, baie geduld en die leiding van die Heilige Gees.

Ook dat die Here in die finansiële behoeftes vir die werk sal voorsien.

Donderdag 25 April – Suid-Afrika se Jeug

Ons jongmense leef vandag in ‘n heel nuwe Wêreld met vele uitdagings, verantwoordelikhede en versoekings. Besluite oor studies en loopbane en die vrese dat werkloosheid dalk ‘n werklikheid is, staar hulle in die gesig. Bid dat ouers, onderwysers en ander mentors met wysheid en liefde die jonges op die regte pad sal lei: en die pad is in die Woord. Ps. 119:105.

Vrydag 26 April – LAOS

Vervolging van Christene in hierde land het sterk toegeneem. Laos is een-en-twintigste op die Wêreld-waarnemingslys van Geopende Deure. Bid saam met en vir plaaslike vennote terwyl hulle aan toenemende voorvalle van geweld aandag moet skenk.

Saterdag 27 April – Vryheidsdag & Gemeentefees

Jesus Christus het ons vrygemaak en as sy kinders is ons in Hom waarlik vry en niks of niemand kan ons hierdie vryheid ontneem nie! Dank die Here dat ons daaraan in hierdie politieke onstuimige tyd kan vashou. Vra ook vir seën en vreugde by vandag se Gemeente-fees.

Sondag 28 April – Die Christelike Afhanklikheids Diens C A D

Ons offers gaan vanoggend vir hierdie organisasie. Die CAD ondersteun substansafhanklikes en hul gesinne op fisiese, sielkundige, sosiale en godsdienstige gebied sodat hulle meer produktief en gelukkig kan wees. Bid vir hierdie instansie en die werk wat hulle doen. Mag Jesus se liefde mense verlos van die bose en Sy naam so verheerlik word.

Maandag 29 April – Siekes & Bejaardes

Hemelse Vader ons bid vir alle siekes en oues van dae, dat hulle sal weet U ken hul pyn en bekommernisse. Mag hulle u nabyheid ervaar en gee asseblief kalmte en genesing waar dit u wil is. Seën versorgers en besorgde dierbares; gee dat hulle met wysheid en geduld u liefde sal uitleef”.

Dinsdag 30 April – Nasionale Verkiesing

Suid-Afrikaners is tereg baie bekommerd oor die toestand in ons geliefde land en wat vir ons voorlê. Kom ons bid dat ons as gelowiges nie op “prinse” sal vertrou nie, maar op ons God wat alle mag in Hemel en op Aarde in sy hande het. Bid vir vrede, kalmte en ‘n geweld-vrye verloop van die verkiesing. Vra dat God vir ons ‘n regering sal gee met mense wat Hom erken en vrees.

Gebedsgids – Maart 2024

Gebed

Gebedsgids Maart 2024

Vrydag 1 Maart: Ons Kerk

Ons kerke is by ‘n kruispad. Baie mense verlaat die kerk of woon nie meer eredienste by nie. Kom ons dra dit aan die Here op en bid vir herbesinning en ‘n omkeer.

Saterdag 2 Maart: Eensaamheid

“My God My God waarom het u My verlaat” was Sy woorde met Sy kruisiging. Eensaamheid kan erg wees en daar kan tye kom dat ons ook so mag voel. Kom ons bid tot die Here vir Sy alom teenwoordigheid en nabyheid.

Sondag 3 Maart: Misbruik van kinders (Markus 9:42)

Miljoene kinders van alle ouderdomme word dwars oor die wêreld misbruik en verniel. Hulle word seksueel misbruik, hulle word as slawe verkoop, op allerlei wyses mishandel en verniel. Ons dra die kinders se lot deur ons gebede aan die Here op.

Maandag 4 Maart: Verwoesting van die aarde

Adam en Eva is uit Eden uitgegooi oor ongehoorsaamheid. Ons bly steeds in ‘n Eden en verwoes dit deur ons onverantwoordelike optrede met betrekking tot besoedeling. Bid vir ‘n verandering in gesindheid wêreldwyd.

Dinsdag 5 Maart: Terneergedrukte mense

Vele mense om ons leef om een of ander rede as terneergedruktes. Kom ons dra hulle aan die Here op en vra vir vreugde in hulle lewens.

Woensdag 6 Maart: : Bekommerde mense

In ons gemeenskap kan vele bekommerde geliefdes wees. Bekommerd oor finansies, behuising, gesondheid, kinders, ouers ens. Kom ons dra hulle almal aan Vader op.

Donderdag 7 Maart: : Stop van bendegeweld

Bendegeweld is ‘n groot probleem in ons samelewing. Gepaardgaande daarmee ook baie misdaad en moord. Kom ons vra Vader vir vrede op hierdie gebied en dat Hy dit sal omskakel na iets wat Sy grote naam tot eer sal strek.

Vrydag 8 Maart: : Sending regoor die wêreld

Reg oor die wêreld is daar pragtige mense wat hierdie saak onderneem. In vele gevalle is hulle lewens en die wat hulle bedien in doodsgevaar. Kom ons dra hulle veiligheid en beskerming en sukses aan die Here op.

Saterdag 9 Maart: : Vroue

Ons rig ons gebede tot Vader om sy vleuels van liefde en beskerming oor die ganse vroulike geslag uit te sprei en hulle te seën vir die enorme positiewe bydrae wat vroue oor die wêreld, in die wêreld maak.

Sondag 10 Maart: Plaasmoorde

Ons land word geteister met plaasmoorde en sommige politici hits dit aan. Ons gaan Vader vra om drasties hier in te tree ter beskerming van ons land se boere, maar ook om die hele ingesteldheid van moordenaars en potensiële moordenaars en aanhitsers te verander.

Maandag 11 Maart: Hawelose mense

Dit is winter en snags bitter koud buite. Hawelose mense moet hierdie toestande op sypaadjies trotseer. Kom ons bid dat ons gemeente se program vrugte sal afwerp en dat ons sal help waar ons kan.

Dinsdag 12 Maart: Radelose mense

Vele mense in ons omgewing en in ons land is raadop met omstandighede wat hulle deel is. Dit mag hulle finansies wees, hulle kinders, hulle ouers, hulle vriende en dalk nog hulle kerk ook. Kom ons dra hulle aan die Here op vir verligting van hulle omstandighede.

Woensdag 13 Maart: Ekonomiese oplewering

Miljoene mense in ons land is werkloos. Miljoene se huislike ekonomie is aan flarde. Miljoene kan niks meer bekostig nie en ly gebrek. Ons gaan Vader deur ons gebede vra om ons land se ekonomie sodanig te verbeter dat hierdie tragiese omstandighede die hoof gebied kan word.

Donderdag 14 Maart: Werkskepping

Die Staat en nywerhede kan nie al die werkloses akkommodeer nie. Laat ons in ons gebede die Here vra om die werkloses sodanig met kennis, insig, ywer en entoesiasme te bemagtig dat hulle hul eie werk kan skep en sodoende ook ‘n bydrae tot die land se ekonomie kan lewer.

Vrydag 15 Maart: Ons skole

Dit is van groot belang dat ons jeug ‘n goeie skoolopleiding kry. Ongelukkig is dit nie oral die geval nie en is daar groot leemtes. Kom ons pleit ons Here om ons skolestelsel ter wille te wees en dit sodanig op te hef dat ons dankbaar trots sal wees op die kinders wat dit sal lewer en wat hierdie pragtige land van ons die toekoms sal kan inlei.

Saterdag 16 Maart: Ons Universiteite

Op ons universiteite is daar tans geweldig baie studente. Ons vra Vader om met elke jong mens daar te wees en ‘n verantwoordelikheid te kweek in die sin dat elkeen sal besef dat hy/sy een of ander toekomstige leier sal wees en so ‘n posisie met verantwoordelikheid sal moet beklee wat die Vader se naam ter ere sal wees.

Sondag 17 Maart: Ons plaaslike regerings

Met meeste plaaslike regerings gaan dit nie goed nie. Dienslewering en herstelwerk het tot stilstand gekom, korrupsie vier hoogty, miljarde rande word aan leweransiers geskuld en inwoners ly daaronder. Ons bid tot God om hier in te tree en ‘n verantwoordelikheid by amptenare te skep wat hierdie tragiek sal regstel.

Maandag 18 Maart: Vermiste mense

Gereeld word daar op sosiale media foto’s van volwassenes en kindertjies so jonk as 10 jaar en selfs jonger gesirkuleer wat op een of ander tragiese wyse vermis geraak het. Ons bid vir kalmte en hoop by families en gesinne, maar ook vir die ingesteldheid of vrees wat by die vermistes aanwesig mag wees. Ons vra vir Vader vir hulle veiligheid en spoedige terugkeer.

Dinsdag 19 Maart: Dwelmverslawing

Baie volwassenes, jong mense en jong-jong kinders is verslaaf aan dwelms. Ons kan maar net vir God vra om hulle van hulp te wees met genesing, want dit vra Goddelike krag om van die verslaafdheid ontslae te raak. Mag God se gramskap ook fel neerkom op hulle wat die dwelms verskaf sodat hulle eerder smokkelaars van Sy Woord sal word.

Woensdag 20 Maart: Bybelverspreiding

Die opdrag in Markus 16:15 is duidelik. Kom ons dra almal wat met hierdie taak besig is aan Vader op. Ons bid vir sukses maar ook vir hulle veiligheid.

Donderdag 21 Maart: Verdraagsaamheid

In ons pragtige land is daar ‘n groot mate van onverdraagsaamheid en veral tussen verskillende rasse. God het ons almal saam hier aan die Suidpunt van Afrika met ‘n doel geplaas. Bid God dat Hy deur Sy Heilige Gees ‘n gees van verdraagsaamheid tussen almal hier sal skep sodat ons nie Sy doel sal verydel nie.

Vrydag 22 Maart: Siekes en mense wat terminaal siek is

Jesus het vele siekes genees tydens Sy verblyf by ons. Ons vra Hom deur gebed om ook weer die siekes in ons midde te genees en hulle wat terminaal siek is, styf vas te hou en hulle te oorlaai met Sy liefde, krag en bemoediging, en as dit Sy wil is hulle ook met genesing te bevry van hulle bekommernis.

Saterdag 23 Maart: Beskermingsdienste

Die land se Beskermingsdienste verkeer onder groot druk. Ons dra hulle aan Vader op.

Sondag 24 Maart: Eerbiedwaardige optrede

Ons kan ons soms so skuldig maak aan ruwe en onbeskofte optrede teenoor ons medemens en naaste. Kom ons vra Vader deur gebed om Sy Heilige Gees in ons harte te vestig en dat ons gelei kan word tot eerbiedwaardige en vreugdevolle optrede.

Maandag 25 Maart: Gestremdes

Gestremdheid van watter aard ook al is nie maklik nie. Die gestremde asook hulle gesinne het ‘n swaar las om te dra. Ons smeek God in Sy almag om Sy genade oor gestremdes en hul gesinne in oormaat uit te stort.

Dinsdag 26 Maart: Onrus en oorloë in die wêreld

Die wêreld word geteister deur onrus en oorloë. Miljoene onskuldige mense en kinders word daardeur dood of vreesbevange gelaat. Kom ons vra die Heer om vrede te bring en die wat daarteen stribbel soos in die dae van Israel uiteen te jaag en te verstrooi.

Woensdag 27 Maart: Beskerming van gelowiges in die Midde-Ooste

Ons broers en susters in die Here in die Midde-Ooste het dit geweldig swaar. Word hulle geïdentifiseer, is dood hulle voorland. Ons bid tot God vir ‘n versoenende gees aldaar en dat Hy hulle sal beskerm om Hom vrylik te kan aanbid en dien.

Donderdag 28 Maart: Oues van dae

In ons omgewing is daar vele oues van dae. Hulle woon by kinders, of ouetehuise of sorg sentrums. Van hulle is ook enkellopend en woon alleen. Ons bid vir hulle en vir mekaar en vra ons Almagtige Vader vir Sy liefde en beskerming en dat die laaste jare met vreugde, lag en liefde gevul sal wees.

Vrydag 29 Maart: Klimaatsverandering

Klimaatsverandering is stadig besig om God se Skepping te verwoes. Die mens is direk daarvoor verantwoordelik deur die atmosfeer te besoedel. Kom ons bid vir kennis en ‘n ingesteldheid om dit te bekamp.

Saterdag 30 Maart: Ons land se jeug

U, Here het eenkeer gesê dat die een wat die kinders leed aandoen, dit vir hom beter sal wees om met ‘n meulsteen om die nek in die see gewerp te word. Kom ons bid vir hulle en dat God Sy vleuels van beskerming oor elkeen sal hou.

Sondag 31 Maart: Werkende mense

Ons dank en gebede gaan uit na werkende mense wat ons land in stand hou. Ons vra vir Vader om hulle te onderskraag, ook in so ‘n mate dat hulle Hom nooit sal vergeet nie.

Gebedsgids Februarie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS
FEBRUARIE 2024

Gebed verander alles.
Moenie angstig wees nie. Bid tot God.
As God vir ons is, wie kan teen ons wees.
Sy genade is genoeg.


1 Februarie – Donderdag – Mense op straat
Ons bid vandag in die besonder vir die sendelinge en predikers en hulpwerkers wat op straat die mense help en leiding gee. Mag hul elke dag God se nabyheid ervaar, en die wonderwerke waarvoor hulle bid raaksien in die straatmense se lewens.
2 Februarie – Vrydag – Kragvoorsiening
Bid vir Eskom en die kragsituasie in ons land en bid dat die Here al hoe meer son- en windkrag projekte tot stand sal laat kom. Bid dat soortgelyke projekte spoedig voltooi sal word en werk verskaf aan baie mense.
3 Februarie – Saterdag – Skrif vertaling
Daar is miljoene mense wat nog nie een woord van die skrif in hul eie taal gehoor of gelees het nie. Bid dat die Bybel binnekort in meer tale vertaal sal word en dat mense die skirf sal versprei.
4 Februarie – Sondag- Intreepreek van nuwe Dominee.
Mag ons vandag in die besonder bid vir ons nuut-aangestelde dominee – Charné – vir haar intreepreek. Bid ook dat sy en haar gesin – Ruan en Emma – baie geseënde en voorspoedige tye by ons sal beleef.
5 Februarie – Maandag – Sendelinge in Midde-Ooste
Bid asseblief vir alle Christene wat in die Midde- Ooste en Asië woon om steeds met vrymoedigheid te getuig en dat hul ook beskerm sal word in die onstuimige tye.
6 Februarie – Dinsdag – Oorbesteding
Mense is geneig om oor te bestee en in kompetisie te wees. Bid teen die neiging van oorbesteding en dat hulle sal kyk na hul uitgawes.
7 Februarie – Woensdag – Werksaansoeke
Bid vir werksgeleenthede vir die studente wat hulle studies voltooi en hul grade, diplomas of sertifikate ontvang het. Bid ook dat hulle hul lewe en toekoms aan God sal toevertrou vir die regte geleenthede en leiding.
8 Februarie – Donderdag – Verslawing
Ons bid vir soveel mense wat vasgevang is deur een of ander vorm van verslawing soos alkohol, dwelms, kos, tegnologie of slegte gewoontes. Bid vir die Vader se Helende Hand en Sorg.
9 Februarie – Vrydag – Siektes
Met al die baie siektes wat vorendag kom, bid ons dat God met die mens sal wees en dat Hy uitkoms vir ons sal voorsien. Ons bid ook vir die Navorsers wat elke dag nuwe behandelings en medikasie toets vir die verskillende siektes.
10 Februarie – Saterdag – Wêreldvrede
Daar is soveel onrus in die wêreld en vra ons, dat as dit die Here se Wil is, om weer vrede in die lande te bring en dat die mensdom sal leer om in vrede saam te leef.
11 Februarie – Sondag – Lydensweek
“Vader, vandag bid ons vir die tydperk van Lydensweke wat voorlê tot en met Paasfees. Ons dink in die besonder aan Jesus en dat hy vir ons sondes gesterf het en ons dank U daarvoor”.
12 Februarie – Maandag – Skinder
“Here, ons weet U haat skinder en vandag vra ons om verskoning vir die kere wat ons nie gedink het nie en ander mense beskinder het. Help ons om bedag te wees op ons woorde”.
13 Februarie – Dinsdag – Huwelike
Bid vandag vir huwelike, verhoudings tussen ouers en kinders en tussen kinders en kinders onder mekaar. Bid vir sagte harte in die daaglikse omgang met mekaar.
14 Februarie – Woensdag- As Woensdag
Hierdie dag gee ons die geleetheid tot nadenke en boete doening van ons sondes. Ons kom verootmoedig ons dus voor die Here en vra vir vergewing van ons sondes.
15 Februarie – Donderdag – Polisie
Die Polisie waag elke dag hulle lewens in ‘n wettelose samelewing en daarom bid ons vandag spesiaal vir hul veiligheid en ook insig om situasies te ontlont op ‘n vreedsame manier, waar nodig.
16 Februarie – Vrydag – Mediese Personeel
Bring mediese personeel in hospitale, noodeenhede en nasorg fasiliteite in gebed na God. Bid vir hulle vir krag, akkurate diagnoses, geduld en liefdevolle sorg aan hul pasiënte.
17 Februarie – Saterdag – Misbruik van ons aarde
“Here, aardverwarming bly ‘n realiteit en die is mens besig om die aarde te verniel. Ons bid dat U hul oë sal open om te sien waar hul hul optredes moet verander om ons aarde te beskerm”.
18 Februarie – Sondag – Huis JJ Watson vir Bejaardes
Mag ons vandag met ons gebede in besonder aan ons bejaardes dink en ook aan die gemeente se bydrae tot Huis JJ Watson vir die nodige fondse om hulle te bedien en versorg.
19 Februarie – Maandag – Opvoedingstake
Ons bid vandag baie ernstig vir die belangrike taak van opvoeders en vra dat probleme wat tans ondervind word, spoedig opgelos sal word, sodat leerkragte hul ten volle by die opvoeding van die jeug kan bepaal.
20 Februarie – Dinsdag – Gevangenes
Bid dat gevangenes, veral jongmense, ‘n persoonlike openbaring van die liefde van Christus sal ervaar. Ons bid ook dat hulle ten volle gerehabiliteer sal word en weer kan deelneem op ‘n sinvolle manier in die gemeenskap.
21 Februarie – Woensdag – Eer aan God
Bid dat ons gemeente elke dag van die week en nie net Sondae, alle eer aan ons Hemelse Vader sal gee en besef dat Hy die middelpunt van alles en elkeen is.
22 Februarie – Donderdag – Wysheid en Insig deur die Gees
Ons bid vandag dat die Heilige Gees ons sal vul met Wysheid en Insig en die nodige Leiding sal gee om elke dag volgens die Here se Wil te leef.
23 Februarie – Vrydag – Leraars en ander Pastorale leiers
Vandag bid ons in besonder vir ons geestelike leiers en leraars vir hulle gesinne, hulle gesondheid, hulle huwelike en bid teendie aanvalle van die bose, kritiek, misverstande, en moegheid.
24 Februarie – Saterdag – Geestelike Byeenkomste
Kom ons bid vir al die groepe wat in die gemeente bymekaarkom asook die geestelike groepies in Wolwedans en ander areas en dat sulke uitreike en byeenkomste geseend sal wees en hulle vol moed weer die woord verder sal versprei.
25 Februarie – Sondag – Hartenbos Versorgingsoord
Ons gemeente is baie betrokke by Hartenbos versorginsoord en gee dan ook elke jaar van ons fondse vir hulle werk wat hulle doen. Bid asseblief vir oop hande en harte en dat ons gemeente die nood sal raaksien en mildelik daarvoor sal skenk.
26 Februarie – Maandag – Owerheid
Ons bid vandag vir ons Regering (Rom 13 :1-7). Die owerhede is daar deur God se beskikking. “Here, Ons vra ernstig dat U Gees harte en lewens sal verander en dat magsug, hebsug, korrupsie en misdaad uitgeroei sal word in ons pragland.”
27 Februarie – Dinsdag – Kerkraadsvergadering
Bid vandag vir ons kerkraad waar hulle belangrike besluite vir ons gemeente se vooruitgang bespreek. Bid dat God se Wil ook hier geskied.
28 Februarie – Woensdag – Hoe leef ek?
“Here, ek bid vandag vir myself en vir die manier hoe ek leef. Ek vra dat U sal uitwys waar ek nie korrek optree volgens U Woord nie en help my ook dat ek U Naam sal eer waar ek ookal gaan”.
29 Februarie – Donderdag – Ekstra dag
Ons kry vandag ‘n ekstra dag. Vra vandag vir genade om te bid vir ons vyande en om hulle te vergewe – die wat teen ons verkeerd opgetree het.
“Your life is the message to the world. Make sure it is inspiring”

Gebedsgids vir Januarie 2024

GEBEDSGIDS – JANUARIE 2024

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. (Filippense 4:6).

Maandag 1 Januarie – Wees getrou hierdie Jaar

Ons dank God vir getroue bidders en vra vir volharding, wysheid en insig om te soek na Sy wil. Prys die Here vir soveel lewens en gesindhede van mense wat Hy verander as gevolg van volgehoue gebed.

Dinsdag 2 Januarie – Getuienisbediening

Gaan dan en maak dissipels van al die nasies deur hulle te doop…… en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mat. 28:19) Bid dat hierdie opdrag van Jesus, elke lidmaat ‘n getuie in woord, daad en gesindheid sal maak. Pleit vir die betrokkenheid van elke lidmaat om ons geloof te demonstreer en ons roeping as gelowiges uit te leef.

Woensdag 3 Januarie – Verkiesing 2024

Ons weet dat God in beheer is en dat niks buite Sy wil gebeur nie. Kom ons bid vir ‘n rustige, geweldvrye en regverdige aanloop tot die verkiesing. Vra dat politieke leiers diensbaar, opreg en eerlik sal wees, Christelike beginsels, norme en waardes sal nastreef en uitleef.

Donderdag 4 Januarie – Medemense

Vader, mag ons nie vandag ons gesig wegdraai van mense rondom ons wat broodsgebrek ly nie. U seën ons om ander te seën – open dan ons harte, hande en beursies om in hulle behoeftes te voorsien.

Vrydag 5 Januarie – Gelowiges in die Arabiese Skiereiland

In talle lande hier het daar vir geruime tyd geen Christengroepe bestaan nie. Tans groei daar ‘n Kerk en soek mense na die Waarheid. Prys God vir wat Hy daar in die wieg van Islam laat gebeur. Bid dat die Liggaam van Christus in krag en getalle sal groei om Lig te midde van die duisternis te wees.

Saterdag 6 Januarie – Ons Land en sy Mense

Bid ernstig dat al die probleme in ons land ons tot verootmoediging voor God sal lei. Vra dat die lig van die Evangelie ons politieke-, sake- en maatskaplike leiers sal verlig, dat hulle voor God sal buig en erken dat Hy regeer. Bid dat Reg en Waarheid in S.A. sal seëvier.

Sondag 7 Januarie – Sondag Erediens

Wat ‘n wonderlike voorreg en Genade om vanmôre weer as God se volk bymekaar te kom. “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig (Heb. 10:25). Dink ook aan persone wat gestremd is en vir wie vanmôre se offers gaan.

Maandag 8 Januarie – Ons Jeug

Jongmense sterf daagliks in Suid-Afrika a.g.v. dwelmverslawing, aborsies, siekte, ongelukke of geweld. Bid dat ons jongmense veilg sal wees, dat die bose nie jongmense se lewens sal verwoes en doelloos sal maak nie. Vra dat elke kind Jesus as Saligmaker sal leer ken en Hom gehoorsaam.

Dinsdag 9 Januarie – Eensaam of Uitsigloos

Wanneer die nuwe, onbekende jaar voor ons lê, dink ons in liefde aan die talle eensames in ons gemeente – hulle vir wie 2024 miskien bleek en troosteloos lyk. Onthou, daar is niks wat ons van die liefde van God in Christus kan skei nie. Mag diè woorde in Rom 8:38 vir hulle troos en krag bring.

Woensdag 10 Januarie – Ongehude Moeders

Daar is vroue wat nie kan swanger raak nie, terwyl ander hulle swangerskappe as ongeleë of ongewens sien. Bid dat vrouens wat swanger is, ‘n persoonlike en lewende verhouding met die Here Jesus sal hê. Bid dat hulle ongeag hulle omstandighede, nie hulle babas se lewens sal neem nie. Bid vir gelowiges om hulle in hul nood by te staan.

Donderdag 11 Januarie – Gebed vir Elke Dag

Ons begin hierdie dag met Ps 115: 1 “Nie aan ons nie, HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, oor U troue liefde, oor U bestendigheid. Amen”.

Vrydag 12 Januarie – Boko Haram

Hierdie groep in die noordooste van Nigerië het reeds duisende mense doodgemaak, waarvan die meerderheid Christene was. Bid vir die redding van hierdie militante, sowel as vir die vrylating van kinders wat hulle as gevangenes weggevoer het. Mag die Heilige Gees hulle oortuig van die geestelike duisternis in hulle harte.

Saterdag 13 Januarie – Bedienaars van die Woord

Kom ons bid vir vir God se seën op elke bedienaar van die Evangelie. Vra dat wysheid, insig, geduld en liefde deel van hul toerusting sal wees. Vra vir goeie gesondheid en die steun van hul dierbares. Mag hulle elke dag Jesus se liefde ervaar en groei in die genade en kennis van God.

Sondag 14 Januarie – Jan Kriel Instituut

Hierdie sentrum inKuilsrivier fokus op die onderrig en opleiding van leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Ons as gelowiges kan deur ons bydraes vandag die liefde vir ons naaste bewys.

Maandag 15 Januarie – Die Heerlikheid van God

Bid dat die Heilige Gees ons sal lei tot verootmoediging en vra dat die visie om die heerlikheid van die Vader te sien, die kerk sal vrymaak van die vangstrik van voorspoedsteologie, en die bou van jou eie koninkryk.

Dinsdag 16 Januarie – Ds Charné Viljoen

Kom ons dank die Here dat Hy haar na ons gestuur het. Bid vir haar en haar gesin, dat die reëlings, verhuising en aanpassing sonder

komplikasies en glad sal verloop. Dat hulle baie geseënde jare as deel van ons gemeente sal beleef en dat hulle, saam met ons aan die Kerk van Jesus Christus sal bou en Hom in alles verheerlik.

Woensdag 17 Januarie – Skole heropen

Here ons dra vandag almal in die onderwys aan U op. Ons bid dat elke skolier vanjaar die geleentheid sal hê om sy of haar vermoëns optimaal te ontwikkel. Seën alle leerkragte en ander opvoeders met baie liefde, geduld en wysheid in hul taak. Ons pleit ook vir wedersydse respek.”

Donderdag 18 Januarie – Pensioenarisse

Dierbare Vader, vanoggend wil ons met liefde en deernis dink aan al die pensioenarisse wat swaar trek weens verskillende omstandighede – dikwels buite hulle beheer. Omvou hulle met U liefde en mag hulle nie moedeloos word nie, maar die oog op U gerig hou.

Vrydag 19 Januarie – Egipte

Egipte is oorwegend ‘n Moslem land, maar daar is talle Christen-bekeerlinge al is die lewe vir nuwe Gelowiges ‘n baie uitdagende werklikheid. Bid dat diè nuwe volgelinge van Jesus Christus sal volhard in hul Geloof en sout en lig in hul gemeenskappe sal wees.

Saterdag 20 Januarie – Jesus se Kerk in Grootbrak

Ons loof die Here wat sy kerk in stand hou en dat Hy ons as swakke, maar verloste, lede daarvoor gebruik. Vra dat die Gees elke lidmaat sal toerus en bemagtig om betrokke te raak in ons gemeente se bedieningsaksies om ons talente daar in Christus se diens te stel.

Sondag 21 Januarie – Erediens

Dis Sondag, die dag wat ons weekliks gedenk as die dag van die Here se opstanding. “Here, wat ‘n genade, wat ‘n voorreg, wat ‘n vryheid, om sonder vrees as u gemeente onder die geklank van u Woord saam te kom. Mag die diens net tot u eer wees en vir ons tot seën.“ (Ps.118:24)

Maandag 22 Januarie – (Swak) Onderwys in Suid-Afrika

Reeds in 2016 het die Wêreld-Mededingingsverslag, Suid-Afrika as 140ste uit 140 lande i.t.v. die kwaliteit van wiskunde- en wetenskap-onderwys aangeslaan. Laat ons volhardend uitroep na die Here vir deurbrake in die onderwys in ons land. Bid dat infrastrukture en die gehalte verbeter sal word.

Dinsdag 23 Januarie – Bybelstudie groepe

Vandag bid ons vir elke leier van ‘n Bybelstudie-groep. Dankie vir hulle wat bereid is om leiding te neem en mag hulle met nuwe insig, wysheid en liggaamskragte die nuwe jaar se werksaamhede aanpak. Mag elke deelnemer se geestelike lewe en Woordkennis vernuwe en verryk word.

Woensdag 24 Januarie – Geopende Deure

Geopende Deure se visie is dat geen Christen vervolging alleen hoef te verduur nie. Gelowiges se ondersteuning en gebede sal dié visie voortsit. Ons mag ons broers en suters en veral die kinders nie vergeet nie. Bid en bid gereeld vir volharding, krag, geloof en vir die redding van die vervolgers.

Donderdag 25 Januarie – Volhard in die Geloof

Joel 2:12: “Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie”. Dit is nog steeds die Here se boodskap aan ons. As daar iets is wat jou verhouding met God vertroebel, keer met jou hele hart terug na Hom. Bid en roep Hom aan oor daardie saak en Hy sal die oorwinning gee en die verhouding tussen jou en Hom herstel.

Vrydag 26 Januarie – Oekraïne

Bid asseblief vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars. Die span werk hard om aan te hou bedien te midde van die geweld op die front en die lyding tuis. Beraders luister daagliks na talle hartverskeurende stories en bid saam met mense wat die hulplyn skakel. Bid vir die beraders se geestelike- en geestesgesondheid. Bid dat God FEBA Oekraïne se krag elke dag sal vernuwe en hulle sal gebruik om meer mense in hierdie donker tye na Sy lig aan te trek.

Saterdag 27 Januarie – Barmhartigheid

Sag. 7: 9: “Laat reg geskied teenoor alle mense en bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie weduwees, weeskinders, tydelike inwoners en armes verdruk nie, moenie bose planne teenoor mekaar bedink nie”. Vra die Here om vir jou te wys of daar iemand is aan wie jy barmhartigheid kan bewys en of daar areas in jou lewe is waar jy slegte planne teenoor iemand bedink, of hulle dit nou verdien of nie.

Sondag 28 Januarie – Alta du Toit

By hierdie sentrum ontvang volwassenes met intellektuele gestremdhede ’n ontwikkelingsgerigte versorgingsdiens. Hierdie program van BADISA het ons finansiële hulp en voorbidding dringend nodig. Kom ons dra vandag mildelik by. Bid ook gereeld vir hierdie sentrum.

Maandag 29 Januarie – Grootbrak Gemeenskap

Bid vir die gemeenskap waar ons woon en werk: Die Here vertrou ons om juis in hierdie tydsomstandighede en in die gemeenskap waar ons woon en werk, vir Hom ‘n getuie te wees. (Die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld. Matt. 5:13,14) So kan ons met ons gebede en optrede ‘n verskil maak.

Dinsdag 30 Januarie – My Lewe voor God

Bid vir ‘n persoonlike begeerte om heiligheid en gehoorsaamheid na te streef eerder as om tevrede te wees met ‘n skyn van geestelikheid. Bid vir getrouheid in huweliksverhoudings en gesonde families, waar Christus gedien word. Bid dat ons as gelowiges die vrug van die Gees sal uitlewe.

Woensdag 31 Januarie – Hoop te midde van hooploosheid

Die implikasies van die droogtes, veldbrande en oorstromings op ‘n nasionale vlak het steeds ‘n groot negatiewe effek op die ekonomie. Daar is boere wat hulle boerderye opgebou het en nou alles of byna alles verloor het. Bid asseblief dat God vir die boere uitkoms sal gee, dat hulle nie moed sal verloor nie en steeds op God sal bly vertrou.

Radio FEBA – E-Gebedsfokus – Januarie 2024

JANUARIE 2024
“Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”
(1 Petrus 5:6-7 Afr83)
 Maandag 1 Januarie: Daar is tans sowat 3.4 miljard onbereikte mense in die wêreld. FEBA se missie is om Christus, deur middel van media, na hierdie mense te bring. Dit sluit in radio, oudio-Bybel, gedrukte media en aanlyn-platforms. Bid dat 2024 ’n jaar van groei vir FEBA sal wees en dat daar baie werkers sal wees om die oes in te bring.

Dinsdag 2 Januarie: “Ek was op pad om wraak te neem, toe ek die radio aanskakel. Die uitsending was ‘n preek oor vergifnis, en die toevalligheid daarvan het my as ’n ernstige waarskuwing van God af getref. Te danke aan KanuYah FM Sollo gaan ek alle wraakgedagtes smoor wanneer ek te na gekom voel, en gaan ek ’n ware man van God word wat woede vermy.” (FEBA Mali-luisteraar)

Woensdag 3 Januarie: “Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.” (Spreuke 16:3 Afr53)

Donderdag 4 Januarie: In China het Christene te kampe met streng wette wat godsdienstige aktiwiteit beheer. Die regering se streng ateïstiese beleid skep ‘n vyandige omgewing vir Christene in die land. Bid dat FEBA China se uitsendings sal aanhou om die Kerk te help groei, totdat almal in China gehoor het.

Vrydag 5 Januarie: Moslem heilige manne, oftewel marabouts, speel ’n prominente rol in Maliese kultuur. Mense raadpleeg hulle oor gesondheid en voorspoed, en koop talismans  (gelukbringers) om siekte of bose geeste af te weer, terwyl hulle in vrees vir hierdie goed leef. Bid dat FEBA Mali se programme luisteraars sal lei om hul genesing en beskerming in Christus te soek.

Saterdag & Sondag 6-7 Januarie: Die Russies-Oekraïnse oorlog duur al byna twee jaar. Soldate en burgerlikes ly beide fisies en emosioneel. FEBA Oekraïne hou aan om God se Woord vanaf hul agt radiostasies reg oor die land te verkondig, terwyl hulle ook boodskappe van hoop op sosiale media deel en aanlyn saam met luisteraars bid. Irina, een van FEBA Oekraïne se omroepers, werk tans daaraan om die telefoniese beradingslyn uit te brei om aanlyn-berading in te sluit. Bid dat God vir die FEBA Oekraïne-span die nodige krag sal gee om hul werk voort te sit, en bid dat die oorlog binnekort tot ’n einde sal kom.  Maandag 8 Januarie: Japan se selfdoodsyfer styg terwyl mense worstel met eensaamheid. Die regering het nou n nuwe wet bekendgestel om die toename in sosiale isolasie aan te spreek. Vir baie Japannese mense is radio en aanlynplatforms hul enigste geselskap. Bid dat hulle FEBA Japan se programme sal vind sodat hulle God se liefde en vriendskap kan ervaar.

Dinsdag 9 Januarie: “Ek is van die Ifugao-stam en ek dank God vir die radioprogramme wat julle in ons taal aanbied. Julle het soveel vir ons omgegee dat julle die evangelie aan ons mense gebring het. Ons het inderdaad ook verlossing nodig.” (FEBA Filippyne-luisteraar)

Woensdag 10 Januarie: “Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” (1 Petrus 5:6-7 Afr83)

Donderdag 11 Januarie: FEBA Korea saai op 13 radiostasies uit. Hul programme bring mense terug na die Here toe en inspireer ander om Hom vir die eerste keer te aanvaar. Die dinamiese span reël ook geleenthede waar hulle die Goeie Nuus deel. Bid dat hulle getrou aan God se Woord sal bly, sodat FEBA Korea kan aanhou om ’n kragtige impak te hê.

Vrydag 12 Januarie: FEBA Mosambiek se bediening het in 2023 sterk gegroei. Loof God dat Hy die span teen godsdienstige esktremiste beskerm het terwyl hulle bedien. FEBA werk nou daaraan om ’n nuwe stasie in die Cuamba-omgewing op te rig. Bid dat God FEBA Mosambiek hierdie jaar sal beskerm en oorvloedig sal seën.

Saterdag & Sondag 13-14 Januarie: Goeie leierskap is van lewensbelang vir ’n sterk organisasie. FEBA is geseën met uitstekende leiers wat hul spanne reg oor die wêreld bestuur en terselfdertyd nuwe leiers oplei om die leisels in die toekoms oor te neem. Bid dat God FEBA se leierskap hierdie jaar sal lei waar hulle politiese, ekonomiese, kulturele en persoonlike uitdagings moet aanpak. Bid dat hulle getrou aan Sy roeping sal bly en hul spanne met goddelike wysheid sal lei. Bid dat God hulle op hul reise sal beskerm en hul werk sal seën.  Maandag 15 Januarie: FEBA Taiwan het onlangs die regering se toekenning vir Uitnemende Godsdienstige Organisasie ontvang! Dis ‘n buitengewone prestasie vir ‘n Christelike organisasie – die toekenning gaan gewoonlike aan Boeddhistiese of Taoïstiese tempels. Loof God vir die merkwaardige werk wat Hy deur FEBA Taiwan se span doen.

Dinsdag 16 Januarie: “Ek geniet dit om na Family FM te luister, want dit bevorder versoening in my gees. Ek is deur die Woord van God uit ’n donker lewe verlos … Ek prys God, wat deur Family FM hoop in my lewe gebring het.” (FEBA Kambodja-luisteraar)

Woensdag 17 Januarie: “Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.” (Filippense 3:13-14 Afr83)

Donderdag 18 Januarie: Die Noord-Koreane leef voortdurend in armoede, hongersnood en byna konstante vrees. FEBA Korea saai na Noord-Korea uit vanaf hul kragtige Daebu-stasie, waar Noord-Koreaanse oorlopers – wat nou as FEBA-aanbieders dien – God se Woord deel. Bid dat God die Noord-Koreane deur FEBA Korea se werk sal seën.

Vrydag 19 Januarie: Loof God vir FEBA Malawi se nuwe toerusting en uitreikmateriaal. Die span het ’n radiostasie in Blantyre gevestig en hulle werk hard daaraan om die onbereikte mense van Malawi te bereik. Bid dat God vir Pastoor Amos Siyabu en die FEBA Malawi-span hierdie jaar in hul bediening sal lei, en dank Hom vir Sy voorsiening.

Saterdag & Sondag 20-21 Januarie: FEBA Radio SA ondersteun verskeie radiostasies in Tsjad, Malawi, Mali, Mosambiek en Niger. Hulle werk tans daaraan om ’n stasie in Soedan te open. Die Suid-Afrikaanse span help Afrika-stasies met fondse, lisensies, toerusting en uitreikmateriaal. Bid dat dr Jurie Vermeulen, FEBA Radio SA se nasionale direkteur, en sy span hierdie jaar goeie gesondheid sal geniet, dat die Here die pad sal oopmaak om nuwe stasies te begin, en dat Hy hulle deur die uitdagings in hul bediening sal lei.  Maandag 22 Januarie: Indië ondervind ‘n toename in konflik tussen verskillende etniese groepe. Daar is baie geweld, menseregteskendings en uitbuiting in gebiede waar die groepe bots. Bid dat FEBA Indië se programme die betrokkenes in die konflik sal bereik en hulle sal aanspoor om met mekaar vrede te maak.

Dinsdag 23 Januarie: “Ek is deur nuuskierigheid, ‘n angstige hart en ‘n soekende brein deur God gelei om Hom deur jul radioprogramme te leer ken. Jul uitsendings het die hoofbron van die ontwikkeling van my geloof geraak en ek wil net vir julle dankie sê!” (FEBA China-luisteraar)

Woensdag 24 Januarie: “Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.” (1 Korintiërs 9:24 Afr83)

Donderdag 25 Januarie: Die personeel by FEBA Egipte se aanlynstasie, Voice of Egypt, beplan om twee nuwe programme te loods. Bid dat God die span sal beskerm, want hulle werk onder moeilike omstandighede, en dat Hy die nuwe inhoud sal gebruik om nuwe luisteraars te bereik, vernaam daardie onbereikte mense wat nog nooit die evangelie gehoor het nie.

Vrydag 26 Januarie: FEBA Tsjad werk hard daaraan om die radiostasie weer aan die gang te kry nadat hulle na ’n nuwe perseel getrek het. Bid dat FEBA Tsjad se nasionale direkteur, Palyo Ndenon, en sy span hul krag by God sal kry en getrou aan Sy roeping sal bly. Bid dat mense binnekort die Goeie Nuus weer deur FEBA Tsjad se programme sal kan hoor. 

Saterdag & Sondag 27-28 Januarie: Niger se bevolking is ongeveer 26 miljoen, waarvan 98% Moslem is. Die land is 28ste op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene die meeste vervolg word. Om Moslem te wees is sentraal tot Niger se kultuur en diegene wat Christene word, word as verraaiers gestraf. Niger het die hoogste persentasie kinderhuwelike in die wêreld en groot dele van die land ly onder godsdienstige ekstremiste-groepe. FEBA maak ’n radiostasie oop om God se Woord met Niger se mense te deel. Bid dat God FEBA Niger se span en hul werk vanjaar sal seën.  Maandag 29 Januarie: Bid vir FEBA Rusland en hul luisteraars. Baie Russe word in hegtenis geneem wanneer hulle die oorlog openlik teëstaan en baie families verloor seuns en mans in ’n oorlog waarin hulle nie noodwendig wil veg nie. Bid dat God se Woord vir FEBA Rusland se luisteraars tot troos sal wees en dat Hy die span se krag elke oggend sal hernu.

Dinsdag 30 Januarie: “Nadat ek ‘n kortgolfradio van julle ontvang het, het ek gereeld na jul programme begin luister. Jul boodskappe het my hart aangeraak en ek het besluit om die Here te volg.” (FEBA Indonesië-luisteraar)

Woensdag 31 Januarie: “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Filippense 4:8 Afr83) 

Gebedsgids Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed Foto deur Ivan Samkov: https://www.pexels.com/photo/woman-in-gray-knit-sweater-praying-6436311/

Vrydag, 1 Desember: Vakansiemaand

Dit is vakansiemaand in Suid-Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en der duisende mense durf ons paaie aan, geniet ons strande, kuier by familie, kuier by ouers of kinders en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.

Saterdag, 2 Desember: Eensaamheid

Desember is die laaste maand waarin ‘n persoon eensaam wil wees. Tog is daar vele bejaardes wat na kinders verlang wat miskien oorsee woonagtig is. Selfs kinders wat na ouers verlang. Kom ons vra die Vader om al die eensames in Sy arms te neem en styf vas te hou sodat hulle van Sy teenwoordigheid bewus sal wees en troos daarin sal vind.

Sondag, 3 Desember: Sending

Oor die hele wêreld heen is daar pragtige mense wat die evangelie aan ander bekendstel en baie mense wat die evangelie aanvaar of dalk twyfel of hulle dit moet aanvaar. In sekere wêrelddele is dit ‘n lewensgevaarlike taak vir beide partye. Kom ons bid dat Vader hulle onder sy vleuels sal intrek, veral nou waar die geboorte van Christus binne dae herdenk sal word.

Maandag, 4 Desember: Oues van dae

In ons gemeente is daar baie mense wat hier kom aftree het en hier kom oud word het. Kom ons dank die Vader vir die voorreg wat ons het om hier in die pragtige Eden te kan woon en dit te kan geniet. Dat ons heelwaarskynlik weer Sy geboorte in hierdie pragtige area sal kan vier met vreugde en dankbaarheid.

Dinsdag, 5 Desember: Mediese Wetenskap

Ons bid en dank die Vader vir die hulp en leiding wat Hy aan die mediese wetenskap gee in die ontwikkeling van medikasie. Medikasie wat siekes oor die hele wêreld van ‘n beter lewe verseker. Maar ook vir die voordeel wat ons hier in die Brak daaruit geniet.

Woensdag, 6 Desember: Diens aan oues van dae

In ons gemeenskap is daar Dokters, Verpleegpersoneel, Verpleeg-assistente en omsien peroneel wat na vele van ons gemeenskap omsien. Kom ons dra hulle almal aan die Here op in ons gebede en dank ook die Here dat ons sulke pratige mense om ons het.

Donderdag, 7 Desember: Knellende droogte

In uitgestrekte gebiede in ons land het verwoestende veldbrande weiding totaal vernietig. Boere, hulle vee, die planteryk en baie mense smag na die dag wanneer ons Hemelse Vader die hemelsluise sal open en die aarde deurdrenk met goeie reën. Kom ons dra al die boere en natuur aan die Here op om almal styf vas te hou en om hulle te help om nooit geloof te verloor nie. Ons smeek ook saam met hulle vir goeie reën wanneer dit God behaag.

Vrydag, 8 Desember: Omgeebediening

Ons dra vandag ons gemeente se omgeebediening aan die Here op deur ons gebede. Ons bid vir Sy seën op al hulle omgeewerk.

Saterdag, 9 Desember: Wolwedans

Die Wolwedans boodskap, sop- en brood bediening voorsien in die behoeftes van arm mense. Ons bid dat die Here hulle en hulle diens sal seën. Ons dank ook die Here omdat hy daagliks in ons behoeftes voorsien.

Sondag, 10 Desember: Vroue en kinders

In ons land word vroue en kinders elke dag deur ongenaakbare mans aangerand en verkrag. Ons bid dat die Here hierdie haatlike kultuur sal verander in ‘n liefdevolle gesindheid.

Maandag, 11 Desember: Skooldogters

Skooldogters is vandag onder geweldige sosiale druk. Duisende is swanger juis as gevolg van hulle weerloosheid. Kom ons dra hulle almal aan die Here op vir Sy beskerming.

Dinsdag, 12 Desember: Ons land Suid-Afrika

Ons land word vandag regeer en geadministreer deur mense wat eerder na hul eie sakke kyk as wat hulle na die land en sy mense se belange omsien. Ons bid dat die Here hierdie situasie sal omkeer en ons land weer vooruitstrewend sal maak.

Woensdag, 13 Desember: U tuin Here

Soos Adam en Eva in ‘n pragtuin gewoon het, woon ons steeds in U tuin Here. Deur ‘n “klein” oortreding het U hulle verblyf opgeskort. In teenstelling bemors en vernietig ons U Skepping teen ‘n ongehoorde tempo. Ons gebede is om die Vader te vra om elke mens se gesindheid teenoor Sy Skepping positief te verander.

Donderdag, 14 Desember: Studente

Baie studente en skoolkinders gaan na die eksamens as groepe by die see uitspan. Ons bid dat die Here elke kind sal vashou om nie die goeie waardes van die lewe oorboord te gooi nie.

Vrydag, 15 Desember: Ons gemeente

Ons bid vir ds Danie en alle kantoor- en terreinpersoneel en vir almal se gesinne. Ons dra hulle aan die Vader op met dank vir wat hulle in ons gemeente met soveel liefde doen.

Saterdag, 16 Desember: Nooddienste

Dis hoë verkeertyd, dar is baie mense by die see en ook by ander gevaarplekke. Ons dra al die nooddienswerkers aan die Here op in hierdie tyd van die jaar. Mag hulle werk die seën van ons Vader ontvang.

Sondag, 17 Desember: Vakansiegangers

Baie baie vakansiegangers sal weer op die paaie, by die see en ander vakansieplekke uitspan. Ons bid tot die Vader om die slagting op ons paaie te verhoed, asook ander ongelukke en verdrinkings.

Maandag, 18 Desember: Misdaad

In hierdie vakansietydperk skiet die misdaadsyfer die hoogte in. Dit is diefstal, rooftogte, aanrandings, moord, vrekragtings, dronkenskap ens, ens. Ons vra vir die Vader se ingrype hier.

Dinsdag, 19 Desember: Veiligheidsdienste

Die land se Beskermingsdienste verkeer in die vakansietyd onder groot druk. Ons bid Vader om hulle by te staan in die uitvoering van hul pligte en dat Sy naam altyd in hulle werk verheerlik sal word.

Woensdag, 20 Desember: Leiers

Ons dra ons land se leiers aan die Here op. Ons land is in groot verknorsing op alle gebiede. Ons vra vir die Vader om ons leiers met helderheid van verstand en eerlikheid toe te rus om sodoende ons land weer op ‘n wenpad te plaas.

Donderdag, 21 Desember: Eensames

Dit is in hierdie tyd van die jaar dat eensames baie swaar trek. Ons vra die Heer om by hulle elkeen te wees en hulle styf vas te hou in Sy arms van Liefde en Vriedskap.

Vrydag, 22 Desember: Siekes

Kom ons bid ook vir die siekes wat hierdie Kersfees op ‘n siekbed sal moet deurbring. Dat hulle geliefdes by hulle sal wees om hulle situasie met liefde en vreugde draaglik te maak.

Saterdag, 23 Desember: Midde-Ooste

Ons bid dat Vader die Midde Ooste, waar soveel verwoesting en dood gesaai is, gedurende die nuwe jaar met vrede sal seën.

Sondag, 24 Desember: Die dag voor Die Geboorte

Ons is almal besig met geskenke koop, die kersboom opmaak, die kersete voor te berei, pakkies opmaak en toedraai en nog vele meer dat ons geneig is om die waarde van die komende dag te vergeet. Ons bid vir leiding, vrede, vreugde en liefde vir die ganse wêreld in afwagting vir die ster van Bethlehem om aan ons te verskyn en die pad vir ons te verlig na ons Redder en Meester toe.

Maandag, 25 Desember: Dis KERSFEES !!!

Ons ewige Koning, die Onverganklike, Onsienlike en enigste God wat ons ken is op hierdie dag baie jare gelede gebore. Ons herdenk dit met eerbiedige vreugde. Ons dank Hom omdat hy nog altyd daar is om na sy kinders om te sien. Ons dank Hom omdat ons die voorreg het om deur Hom Sy kinders te kan wees.

Dinsdag, 26 Desember: Welwillendheidsdag (Ook genoem Gesinsdag)

Laat ons op hierdie dag mekaar met liefde omhels. Binne ons gesinne, as families, as vriende en as landsburgers. Laat ons tot ons ewige Vader ook bid vir vrede in die wêreld, en dat Sy teenwoordigheid oral vreugde sal bring, maar bo alles ook ons land sal seën met verdraagsaamheid, kalmte en vooruitgang.

Woensdag, 27 Desember: Toewyding

Laat ons bid dat die Here elkeen van sy kinders sal help om gehoorsaamheid aan Hom na te streef. Ons te lei om Sy insettinge te verstaan en gehoorsaam aan Hom te wees. Dat Hy ons sal help om toewyding aan Hom ons missie te maak.

Donderdag 28 Desember: Verwaarloosde mens

Daar is vele verwaarloosde mense in ons en in die breër gemeenskap om ons, wat in wanhoop lewe. Laat ons Vader in ons gebede vra om ook met elkeen van sulke mense te wees. Dat ons as sy bevooregte kinders die moed sal hê om ook na hierdie mense om te sien, al is dit net deur ‘n bydrae te maak aan hulle wat daagliks na hierdie mense omsien.

Vrydag, 29 Desember: Gesindheid

Kom ons bid tot die Vader vir ‘n positiewe gesindheid in ons Gemeente, ons gemeenskap en ons land. Dat ons die nuwe jaar met reikhalsende hoop sal ingaan met die wete dat ons God steeds regeer.

Saterdag, 30 Desember: Afskeid

2023 Is bykans verby kom ons dank God vir ‘n jaar waarin ons kon wees en waarin Hy ons onderskraag het.

Sondag, 31 Desember: Dankie

Dankie Here vir die jaar waarin ons die wonderlike vooreg gehad het om in te kon lewe.

Radio FEBA se E-Gebedsfokus vir November

Feba Gebedsgids
NOVEMBER 2023
“Jesus antwoord hom: ‘As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon”
(Johannes 14:23 Afr83)
 
Woensdag 1 November: “Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin.” (1 Johannes 5:3-4 Afr83)

Donderdag 2 November: Bid vir FEBA Oekraïne en al die kerke wat saam met hulle werk om God se Woord te versprei. Bid dat God hul krag en hoop elke dag sal vernuwe, en dat hulle lewende voorbeelde van God se genade aan die mense van Oekraïne sal wees.

Vrydag 3 November: FEBA Tsjad het ‘n nuwe direkteur, en die stasie verhuis na ’n nuwe perseel toe. Bid dat die trek glad sal verloop en dat God die span deur die veranderinge sal lei, sodat hulle so gou as moontlik weer kan begin uitsaai.

Saterdag & Sondag 4-5 November: Mensehandel is een van die grootste euwels op aarde. Daar is op enige gegewe tydstip ‘n geraamde 27 miljoen slagoffers ter wêreld. Mensehandelaars teiken mense wat kwesbaar is weens armoede of ’n gebrek aan kennis. FEBA beveg mensehandel deur mense in te lig deur middel van hul programme en bewusmakingsveldtogte. Die kinderhandel in Indonesiese dorpies het afgeneem, en in Indië is ’n FEBA-luisteraar gered nadat sy as prostituut verkoop is! Bid dat God FEBA sal gebruik om mensehandel te bekamp en meer slagoffers te red. 
 
Maandag 6 November: Prys God vir die nuwe kerke wat met FEBA Indië begin saamwerk het! Bid dat Hy hulle sal lei in die besluite wat hulle neem en hul werk sal seën. Bid ook dat FEBA Indië se span krag en inspirasie van God sal kry wanneer hulle nuwe inhoud vir hul luisteraars skep.

Dinsdag 7 November: Ek was voorheen getroud … maar toe verlaat my man my, en ek was platgeslaan! My pa, wat na jul radiostasie luister, het my aangemoedig om saam met hom te luister en van God te leer. Mettertyd het ek in Christus begin glo, en van toe af bestudeer ek die Bybel saam met jul aanbieder. Ek dank God vir jul uitsendings! (Luisteraar in Laos)

Woensdag 8 November: “Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” (2 Korintiërs 10:4b-5 Afr83)

Donderdag 9 November: Belarus is een van menige lande wat tans politieke onrus ervaar. Ten spyte hiervan gebruik God FEBA Rusland se programme om ’n toenemende  aantal jongmense in Belarus deur sosiale media te bereik. Bid dat meer mense sal inskakel en Christus as hul Redder sal aanvaar.

Vrydag 10 November: FEBA Radio Suid-Afrika ondersteun stasies in Mali, Mosambiek, Malawi en Tsjad. Bid dat God die span die nodige krag en fokus sal gee om uitnemende werk te lewer, en dat hulle getrou aan Hom sal bly in alles wat hulle doen.

Saterdag & Sondag 11-12 November: Tegnologie is sentraal tot FEBA se werk – van radiotorings en senders tot rekenaarhardeware en -sagteware. FEBA se tegniese ondersteuningspanne is dus ‘n onontbeerlike deel van die organisasie. IT-personeel en ingenieurspanne reis die wêreld vol om nuwe stasies te help oprig en die Goeie Nuus op die lug te hou. Bid dat God hulle sal bewaar en die wysheid sal gee om enige probleme wat opduik, te kan oplos. Bid ook dat Hy sal sorg dat FEBA altyd die regte mense vir die taak het.
  
Maandag 13 November: Bid vir FEBA Pakistan. Die oorheersing van Islam maak dit moeilik en eensaam om ’n Christen in dié land te wees. Talle Christene vind troos in FEBA se uitsendings. Bid dat God FEBA Pakistan se programme sal gebruik om Sy krag en teenwoordigheid onder luisteraars bekend te maak.

Dinsdag 14 November: “Ek is geslaan vir my geloof en vir my diens aan die Here, maar ek beskou dit as ’n seën en eer! Hoewel ons met beproewinge, vervolging en die magte van die duisternis te doen kry, weet ons dat God ons sal beskerm en bemoedig. Onthou ons asseblief in jul gebede.” (Luisteraar in Viëtnam)

Woensdag 15 November: “Jesus antwoord hom: ‘As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.” (Johannes 14:23 Afr83)

Donderdag 16 November: Islamitiese ekstremiste het onlangs op FEBA Mosambiek se direkteur geskiet terwyl hy bestuur het. Dit het ’n ongeluk veroorsaak, maar hy is nie ernstig beseer nie. Ten spyte van die gevaar, hou FEBA Mosambiek se bediening aan groei en floreer. Bid dat God die span sal bewaar en voorsien wat hulle nodig het.

Vrydag 17 November: Bid vir FEBA Mali. Die span werk ywerig ten spyte van die politieke onrus en vervolging. KanuYah FM Sollo word deur beide gelowiges en nie-gelowiges as ’n top-kwaliteit radiostasie beskou. Bid dat God luisteraars se harte sal oopmaak om die Goeie Nuus deur FEBA Mali se programme te ontvang.

Saterdag & Sondag 18-19 November: In Rusland is godsdiensvryheid gedurig onder bedreiging. Bid vir FEBA Rusland se span wat hard werk om te bedien onder moeilike sosiale en politieke omstandighede. Bid vir die beradingspanne, wat meer en meer oproepe ontvang vanaf mense wat moeilike vrae vra en hartverskeurende stories deel. Bid ook vir Dr Viktor Akhterov, Direkteur van FEBA Eurasië, wat die spanne van FEBA Rusland en FEBA Oekraïne in hierdie moeilike tye moet lei. 
 
Maandag 20 November: Ten spyte van ‘n toename in inperkings, gaan FEBA Hong Kong voort om die Goeie Nuus te deel. Hul Bybel-onderrig bereik ’n wyd uitgestrekte gehoor in China. Bid dat God vir die FEBA Hong Kong-span nuwe maniere sal wys om hul bediening voort te sit te midde van vervolging, en dat dié wat hoor, Christus sal aanvaar.


Dinsdag 21 November: “Ons is baie dankbaar vir FEBA wat vir ons die Goeie Nuus van Jesus Christus bring met hul Way of Life-program. Hier in Nyambi sluit daar baie mense, jonk en oud, by ons luisteraarklub aan en dit groei meer as wat ons ooit sou kon dink.” (Luisteraar in Malawi)

Woensdag 22 November: “Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.” (Jakobus 1:22 Afr83)

Donderdag 23 November: FEBA Kambodja doen moeite om na afgeleë dorpies te reis om hul luisteraars persoonlik te ontmoet. Bid dat God die span veilig sal hou en hulle sal seën met kreatiwiteit in hul pogings om die Goeie Nuus met onbereikte mense in Kambodja te deel.

Vrydag 24 November: FEBA Suid-Afrika werk daaraan om ‘n radiostasie in Niger te vestig. Bid dat God die pad gelyk sal maak sodat die stasie teen die einde van die jaar op die lug kan wees om God se Woord met die mense van Niger te deel.

Saterdag & Sondag 25-26 November: FEBA poog om die evangelie in elkeen se moedertaal, aan alle mensegroepe beskikbaar te stel. Spanne werk daaraan om preke te vertaal en nuwe inhoud te skep in verskillende etniese tale wat deur minderheidsgroepe, soos die Yao of die Hmong, gepraat word. Bid dat God FEBA se personeel wysheid sal gee in die skep van programme vir etniese minderheidsgroepe, en dat Hy geleenthede sal voorsien vir die programme om mense in afgeleë gebiede te bereik. Bid ook dat Hy luisteraars se harte sal voorberei om die Goeie Nuus te ontvang. 
 
Maandag 27 November: Bid dat God vir FEBA Thailand geleenthede sal voorsien om saam met Thai kerke te werk. Kerke kan geestelike groei aanhelp nadat mense die Goeie Nuus deur FEBA gehoor het. Bid dat luisteraars se harte oop sal wees vir FEBA se boodskap en dat hulle betrokke sal raak by die nuwe inhoud wat die span skep.

Dinsdag 28 November: “Ek is dankbaar teenoor Krusa FM dat hulle my leer hoe om ’n goeie ma en vrou vir my gesin te wees. Ek waardeer hoe goedhartig en behulpsaam Krusa FM teenoor my is.” (Luisteraar in Kambodja)

Woensdag 29 November: “Ek wil nou ’n baie ernstige versoek tot julle rig. Ek doen dit omdat julle begryp hoe baie God vir julle omgee. Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees. ’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan.” (Romeine 12:1 DB)

Donderdag 30 November: Bid vir FEBA leiers reg oor die wêreld. Hulle moet spanne deur ’n tyd lei wat gekenmerk word deur oorlog, verdrukking, ekonomiese swaarkry en wanhoop. Bid dat hulle getrou aan God se roeping sal bly en hul krag van Hom sal kry, sodat FEBA kan aanhou om God se Woord uit te saai … totdat almal gehoor het. 
    Maak ‘n donasie op ons webwerf

Gebedsgids vir November 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed

GEBEDSGIDS – NOVEMBER 2023

Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. (Luk 18:1)

Woensdag, 1 November Eksamentyd

Ons kinders is reeds besig met eksamen. Bid vir elkeen, maar in besonder vir ons matrieks, dat hulle ook kan sê: “Dit is goed om elke môre van God se liefde te getuig.” (Ps 92:3)

Donderdag, 2 November Oorstromings

Baie dorpe sukkel nog om paaie en geboue te herstel na die onlangse vloede. Kom ons bid dat hulle nie moedeloos en ongelowig word nie. Dank die Here vir elkeen wat kos en warm klere voorsien het.

Vrydag, 3 November Veldbrande

Dit is met hartseer dat ons hoor en sien hoe groot dele van ons land deur veldbrande verwoes is. Bid vir ons boere wat nie net veld nie, maar ook baie diere verloor het. Bid vir plaaswerkers wat moontlik afgedank moet word omdat daar nie nou vir hulle werk op die plase is nie.

Saterdag, 4 November Omgeebediening

Kom ons dank die Here vir die groot werk wat ons Omgeebediening in ons gemeente doen. Ons bid vir Corrie Pieters en haar span vir wysheid met die werk en dat die Here vir hulle duidelik sal wys waar hulp nodig is.

Sondag, 5 November Geopende Deure

Afrika suid van die Sahara was vroeër ‘n uitstekende toeriste bestemming. Met die agteruitgang van die veiligheidsituasie word godsdiensvryheid drasties ondermyn. Bid ernstig vir Evangelieverspreiding in die hele Afrika, deur Geopende Deure se voltydse lede.

Maandag, 6 November Afsluiting van Bybelstudie

Dank die Here vir Bybelstudieleiers wat die afgelope maande getrou in Sy diens gestaan het. “Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof Sy heilige Naam!” (Ps 30:5)

Dinsdag, 7 November Kerkraad

Bid vir ons leiers in die gemeente vir wysheid met die beroep van ‘n tweede leraar: dat dit die regte persoon sal wees tot eer van die Here.

Woensdag, 8 November Dankbaarheid

Ons dank die Here vir elke gemeentelid wat uitreik na mense in nood en wie se harte oop is vir die sending en ander instansies. Mag ons gemeente met wysheid gelei word waar om te help.

Donderdag, 9 November Getuienisbediening

Kom ons dra ons Getuienisbediening aan die Here op. Dankie vir die goeie werk wat hulle in Wolwedans en ook op ander plekke doen. Ons bid vir Emile Hurter en sy span vir leiding.

Vrydag, 10 November Werkloses

Kom ons bid vir duisende mense in ons land wat werkloos is. Bid dat die Vader die situasie in ons land sal verander – dat werk geskep sal word en dat mense wat werk kry, dit sal oppas.

Saterdag, 11 November Naasteliefde

Ons vra vandag vir ‘n gesindheid van liefde en rustigheid in ons mooi land. Gee dat politieke- en gemeenskapsleiers asook verskillende rassegroepe die wysheid sal ontvang om mekaar beter te verstaan en lief te hê.

Sondag, 12 November Kinderdankoffer

Vandag bid ons spesiaal vir ons kinders in die gemeente. Mag dit vir elkeen van hulle ‘n voorreg wees om hul dankoffers vir die Here te gee.

Maandag, 13 November Polisie

Bid dat daar oplossings gevind word vir die deeglike opleiding en beskerming van ons polisie. Hulle word ingestuur om vrede en orde te herstel, maar boet dikwels met hul lewe daarvoor.

Dinsdag, 14 November Nooddienste

Terwyl die vakansietyd nader kom, bid ons vir alle nooddienste, mediese dienste en ook geestelike dienste wat daarvoor gereed maak. Gee dat hierdie tyd ook tot eer van U Naam sal wees.

Woensdag, 15 November Kerkraadsvergadering

Dank die Here vir ons leraar, vir elke kerkraadslid, en vir elkeen wat in ons gemeente ‘n bydrae lewer om die Woord te verkondig en uit te leef.

Donderdag, 16 November Godsdiensvryheid

Dankie Vader dat ons in hierdie land nog vryelik en onbevrees kan aanbid. Ons bid baie ernstig vir mede-gelowiges in geslote lande waar Christene vervolg, gemartel en vermoor word. Gee U aan hulle vertroue en vertroosting.

Vrydag, 17 November Getuienis

Vader, wil U ons gedurig daaraan herinner dat ons volkome van U afhanklik is. “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Mat 5:3) Gee dat ons so sal lewe dat ander vir Jesus in ons sal sien.

Saterdag, 18 November Kanker

Elkeen van ons ken iemand, of is verwant, aan iemand met kanker. Mense wat aan hierdie gevreesde siekte (of ander ernstige siekte) ly, het ons voorbidding baie nodig. Dra hulle aan die Here op.

Sondag, 19 November Biddag vir Beskermingsdienste

Dank God vir ons polisie en weermag wat mense beskerm. Bid dat ons sal onthou “God is vir ons ‘n toevlug en beskerming. Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” (Ps 46:2)

Maandag, 20 November Lewenskoste

Vader, ons bid vir ons land en sy mense aangesien lewenskoste al hoe hoër word. Baie mense word moedeloos omdat hulle hul werk verloor en nie hul gesinne kan onderhou nie. Ons bid vir hulp en vertroosting.

Dinsdag, 21 November Boere-gemeenskap

Ons bid vir ons boere wat met uiterste weersomstandighede te doen kry. Verder ondervind hulle dikwels veediefstal asook veldbrande. Dankie, Here, vir elke boer wat volhard om voedsel te produseer.

Woensdag, 22 November Kerk in Buiteland

Baie van ons gekwalifiseerde jonger mense gaan in die buiteland werk. Bid dat die Here hulle sal gebruik om ook Sy getuies te wees.

Donderdag, 23 November Geweld

Min of meer elke nuusuitsending begin met geweldsverslag. Op die Kaapse Vlakte word heen-en-weer-skietery duidelik vertoon. Kinders word raak geskiet. Baie mense is bevrees om op straat te stap. Bid dat die Here ons polisiemag sal bewaar en sal lei om daar veiligheid te skep.

Vrydag, 24 November Televisie en Rekenaars

Dit is vir ouers moeilik om te kontroleer waarmee hul kinders op televisie en rekenaars besig is. Bid dat ouers ook hierin vir hul kinders duidelik sal lei. “Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.” (Kol 3:20)

Saterdag, 25 November Eredienste

Bid vandag ernstig dat die Here mense na geestelike byeenkomste sal stuuren dat elkeen wat DV môre die Woord verkondig, biddend sal voorberei.

Sondag, 26 November Kerssangdiens

Kom ons loof Jesus met ons hart en verstand. Jesus, ons loof U! Jesus, ons prys U! Laat ons met eng’le ‘n loflied sing Nie meer verlore; U is gebore; Ontvang die dank wat ons U bring!

Maandag, 27 November Leiers

Kom ons bid vandag vir al ons leiers: staatsleiers, maar ook geestelike leiers, dat hulle die Here as hul Leier sal dien. “Moenie van mekaar kwaadpraat nie. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet… (Jak 4:11)

Dinsdag, 28 November Veiligheid

Gedurende vakansietye gebeur meer padongelukke. Bid dat die Here sy kinders sal bewaar: dat ons geduldig sal wees op die pad, nie onder die invloed van drank bestuur nie en spoedbeperkings sal gehoorsaam. “Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.” (Ps 121:5)

Woensdag, 29 November Eensames

Here, dis so wonderlik om ons familie naby ons te hê. Maar ons bid vandag vir so baie gemeentelede wat alleen in hul huisie of kamer woon. Laat ons Ps 25:16 vir hulle bid: “Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote.”

Donderdag, 30 November Waak en Bid

Gedurende vakansietyd is baie mense geneig om minder na eredienste te gaan. Bid dat ouers vir hul kinders ‘n voorbeeld sal wees. “Omdat julle kinders van God is…, moet julle sy voorbeeld volg. (Efes 5:1)

GEBEDSGIDS OKTOBER 2023

Gebed

Gebed verander alles.
Moenie angstig wees nie.
Bid tot God.
As God vir ons is,
wie kan teen ons wees.
Sy genade is genoeg.

1 Oktober – Sondag- Eljada Nasorg

Ons gee vandag ons spesiale kollekte vir Eljada in Oudtshoorn wat hierdie spesiale werk verrig. Bid dat die hande en harte oop sal wees vir hierdie saak en dat daar ‘n groot kollekte ingesamel sal word.

2 Oktober – Maandag – Bejaardes

Gister was biddag vir bejaardes en wil ons vandag spesiaal dink aan al ons bejaardes. Bid dat hulle nie alleen sal wees nie en dat hul in die besonder ook sal uitreik na vriende en familie en ‘n gees van positiwiteit sal aankweek.

3 Oktober – Dinsdag – Polisie

Ons dra vandag alle lede van die polisiemag op aan die sorg van die Here en bid dat hulle hul werk met die nodige sorg sal verrig en dat die Hand van die Here hul veilig sal bewaar waar hulle in groot gevaar verkeer in hul daaglikse werk.

4 Oktober – Woensdag – Bybelvertaling

Daar is miljoene mense wat nog nie een woord van die skrif in hul eie taal gehoor of gelees het nie. Bid dat die Bybel binnekort in meer tale vertaal sal word.

5 Oktober – Donderdag – Mediese personeel

Bring mediese personeel in hospitale, noodeenhede en nasorg fasiliteite in gebed na God. Bid vir hulle vir krag, akkurate diagnoses, geduld en liefdevolle sorg aan hul pasiënte.

6 Oktober – Vrydag – Moslems

Vandag is dit die Moslems se “kerkdag”. Bid dat hul die woord sal hoor en tot inkeer sal kom. Ons bid ook vir die baie bekeerde Moslems wat nie in hul eie huise en families aanvaar word nie, maar daagliks vervolg word.

7 Oktober – Saterdag – Studente

Bid vir werksgeleenthede vir die studente wat hulle studies voltooi en hul grade, diplomas of sertifikate sal ontvang. Bid ook dat hulle hul lewe en toekoms aan God sal toevertrou vir die regte geleenthede en leiding.

8 Oktober – Sondag – Alta du Toit Skool

Alta du Toit versorg kinders van klein tot 18 jaar. Bid dat mense se harte sal oopgaan en sal help deur te bid, skenkings te gee, te help met huiswerk, handvaardighede, klere, biblioteek, toiletware asook skryfgoed en speelgoed. Bid ook dat die mense se harte sal oop wees en mildelik sal gee by vanoggend se spesiale offer by die kerk.

9 Oktober – Maandag – MIV/Vigs

Hou asseblief aan om te bid vir mediese deurbrake in die behandeling van MIV/VIGS. Bid vir die wat geïnfekteer is vir ‘n geleentheid om die Here Jesus persoonlik te leer ken.

10 Oktober – Dinsdag – Skole heropen

Bid vir die leerders en leerkragte dat hulle hul werk met entoesiasme sal voltooi vir die laaste kwartaal. Ons bid ook spesifiek vir die matrieks waar hul eindeksamens nou sal plaasvind.

11 Oktober – Woensdag- Werkskepping

Diefstal vier hoogty a.g.v. ‘n tekort aan werk en bid ons dat daar werkskepping sal plaasvind maar dat die mense wat nie werk het nie, ook hul kant sal bring indien hul ‘n werk ontvang om dit met die nodige aandag te verrig.

12 Oktober – Donderdag – Woorde en Dade

Kom ons bid vandag dat ons dade en ons woorde ooreenstem, laat ons met ons verlede breek en ‘n bewustelike keuse maak om ‘n verskil te maak daar waar ons is.

13 Oktober – Vrydag – Families

Bid vandag vir huwelike, verhoudings tussen ouers en kinders, asook tussen kinders onder mekaar. Bid vir sagte harte in die daaglikse omgang met mekaar.

14 Oktober – Saterdag – Kerkbywoning

Na Covid is baie mense nie genoop om die kerkdienste by te woon nie. Ons bid dat daar weer ‘n gees van samesyn en vriendskap sal ontstaan wat die mense na die kerk sal lei waar hul weer die Here kan bedien met lofprysing en sang.

15 Oktober – Sondag – Gideons

Die Gideons reik uit na mense wat nie die woord van God ken nie deur onder andere Bybels te versprei. Ons bid dat hulle werk geseën sal word en dat die plekke waar hulle uitdeel hulle goedgunstiglik sal ontvang.

16 Oktober – Maandag – Christene in die Midde-Ooste

Bid asseblief vir alle Christene wat in die Midde-Ooste en Asië woon om steeds met vrymoedigheid van die liefde van Christus teenoor ander te getuig en dat hulle sal getrou bly aan die Here.

17 Oktober – Dinsdag – Rasseverhoudinge

Ons bid, Heer, dat daar ‘n positiewe gesindheid sal heers tussen die verskillende rasse op Grootbrak en dat hulle in vrede en liefde sal saamleef.

18 Oktober – Woensdag – Geestelike leiers

Vandag bid ons in besonder vir ons geestelike leiers en leraars in ons Ring – vir hulle gesinne, hulle gesondheid, hulle huwelike en bid ons teen aanvalle van die Bose, kritiek, misverstande, moegheid en dat hulle harte met God se liefde vervul sal wees.

19 Oktober – Donderdag – Gevangenes

Bid dat gevangenes, veral jongmense, ‘n persoonlike openbaring van die liefde van Christus sal ervaar. Ons bid dat hulle harte ontvanklik sal word en dat hulle gewillig sal wees om te leer en getrou aan die rehabilitasie projekte sal deelneem.

20 Oktober – Vrydag – Verslawing

Ons bid vir soveel mense wat vasgevang is deur een of ander vorm van verslawing soos alkohol, dwelms, kos, tegnologie of slegte gewoontes. Vra vir die oortuiging van die Heilige Gees om hulle uit die duisternis na die lig te bring.

21 Oktober- Saterdag – Ons Middelpunt

Bid dat ons gemeente elke dag van die week en nie net Sondae, alle eer aan ons Hemelse Vader sal gee en besef dat Hy die middelpunt van alles en elkeen is.

22 Oktober – Sondag – Aarde

Laat ons vandag dink aan ons aarde en dat die mens wat aangestel is om die aarde te beskerm, sal optree met die nodige sorg en ook almal sal bewus maak van ons aarde se bronne se beskerming.

23 Oktober – Maandag – Sendelinge

Ons het baie sendelinge wat ons ondersteun in ons gemeente. Bid asseblief vir almal van hulle en bid ook dat ons gemeentelede sal uitreik na hulle en getrou hul werk sal ondersteun. Bid ook vir geestelike ondersteuning.

24 Oktober – Dinsdag – Radio Feba

Radio Feba doen sending d.m.v. die radio en wil ons bid dat die Here se woord ook so uitgedra sal word na die onbereiktes. Maak hulle harte ook ontvanklik vir die woord wat hulle so ontvang.

25 Oktober – Woensdag- Blokbyeenkomste

Elke Woensdag word Blokbyeenkomste gereël waar ons in kleingroepe bymekaar kom. Bid dat die nuwe intrekkers hier sal inskakel en deel van die gemeente sal word. Laat dit ook ‘n samesyn tussen die wykslede bewerkstellig.

26 Oktober – Donderdag – Regering

Ons bid vandag vir ons Regering (Rom 13 : 1-7). Die owerhede is daar deur God se beskikking. Ons vra ernstig dat U Gees harte en lewens sal verander en dat magsug, hebsug, korrupsie en misdaad uitgeroei sal word.

27 Oktober – Vrydag- Gemeentefees en Konsert

“ Here, ons wil ons lewe aan U wy en wil ons met die konsert ons talent aan U opdra. Ons vra ook dat U elke projek by die fees sal seën en dat die gelde wat so ingesamel word tot U eer aangewend sal word.”

28 Oktober – Saterdag- Kerkprojekte

Ons bid vir alle projekte wat in ons kerk geloods word en dat dit deur U geseën sal word. Ons dank U vir lidmate wat getrou is met die Kategese-klasse, projekte, sopkokers, nasorg-aktiwiteite, gebede groepe en bid vir kreatiewe idees, geduld en liefde om hierdie groot werk te doen.

29 Oktober – Sondag- Kindersorg

Vandag is die spesiale offer by die deure vir Kindersorg en bid ons dat die lidmate mildelik sal gee vir die aanwending by behoeftes waar dit die grootste is.

30 Oktober – Maandag – Sendelinge

Ons bid vandag in die besonder vir die sendelinge en predikers en hulpwerkers wat op straat die mense help en leiding gee. Mag hul elke dag God se nabyheid ervaar, en die wonderwerke waarvoor hulle bid raaksien in die Straatmense se lewens.

31 Oktober – Dinsdag – Eskom

Bid dat Eskom sy probleme sal oorkom en dat die Here al hoe meer son-en windkrag projekte tot stand sal laat kom. Bid dat soortgelyke projekte spoedig voltooi sal word en werk verskaf aan baie mense.

GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2023

Gebed

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Jak. 5:16

Vrydag 1 September – ‘n Nuwe Maand

Here Jesus, ons wil U loof en eer vir al die seëninge wat ons onverdiend en mildelik van U ontvang. Dankie vir nog ‘n maand wat voor ons lê. Help ons om te volhard in gebed. Ons eer U as die Lewende God, die Almagtige, ons Verlosser, Leidsman en Hoorder van ons gebede.”

Lees meer “GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2023”

Gebedsgids vir Augustus 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed Foto deur Ivan Samkov: https://www.pexels.com/photo/woman-in-gray-knit-sweater-praying-6436311/

Gebedsgids

Augustus 2023

Dinsdag 1 Augustus:Kom ons bid vir al die eensames

“My God My God waarom het u My verlaat” was Sy woorde met Sy kruisiging. Eensaamheid kan erg wees en daar kan tye kom dat ons ook so mag voel. Kom ons bid tot die Here vir Sy alom teenwoordigheid en nabyheid.

Woensdag 2 Augustus:Kom ons bid vir al die siekes

Daar is vele siekes in ons gemeenskap. Kom ons dra hulle almal aan die Vader op vir genesing.

Donderdag 3 Augustus: Kom ons bid vir al die armes

In ons gemeenskap is daar baie gesinne wat brandarm is en skaars ‘n huis het om in te woon. Wat snags in die koue in ‘n sink kaia moet slaap. Ons bid dat die Vader hulle moet bystaan in hulle nood.

Vrydag 4 Augustus: Beskermingsdienste en Polisie

Die land se beskermingsdienste verkeer onder groot druk. Ons dra hulle aan die Vader op.

Saterdag 5 Augustus:Eerbiedwaardige optrede

Ons kan ons soms so skuldig maak aan ruwe en onbeskofte optrede teenoor ons medemens en naaste. Kom ons vra die Vader deur gebed om Sy Heilige Gees in ons harte te vestig en dat ons gelei kan word tot eerbiedwaardige en vreugdevolle optrede.

Sondag 6 Augustus: Gestremdes

Gestremdheid van watteraard ookal is nie maklik nie. Die gestremde asook hulle gesinne het ‘n swaar las om te dra. Ons smeek God in Sy almag om Sy genade oor gestremdes en hul gesinne in oormaat uit te stort.

Maandag 7 Augustus: Oues van dae

In ons omgewing is daar vele oues van dae. Hulle woon by kinders, in ouetehuise of sorgsentrums. Van hulle is ook enkellopend en woon alleen. Ons bid vir hulle en vir mekaar en vra ons Almagtige Vader vir Sy liefde en beskerming en dat die laaste jare met vreugde, lag en liefde gevul sal wees.

Dinsdag 8 Augustus:Beskerming van gelowiges in die Midde-Ooste

Ons broers en susters in die Here in die Midde-Ooste het dit geweldig swaar. Word hulle geïdentifiseer, is dood of is marteling hulle voorland. Ons bid tot God vir ‘n versoenende Gees aldaar en dat Hy hulle sal beskerm om Hom vrylik te kan aanbid en dien.

Woensdag 9 Augustus: Nasionale Vrouedag

Ons rig ons gebede tot die Vader om Sy vleuels van liefde en beskerming oor die ganse vroulike geslag uit te sprei en hulle te seën vir die enorme positiewe bydrae wat vroue oor die wêreld, in die wêreld maak.

Donderdag 10 Augustus:Misbruik van kinders (Markus 9:42)

Miljoene kinders van alle ouderdomme word dwarsoor die wêreld misbruik en verniel. Hulle word seksueel misbruik, hulle word as slawe verkoop, op allerlei wyses mishandel en verniel. Ons dra die kinders se lot deur ons gebede aan die Here op.

Vrydag 11 Augustus:Bekommerde mense

In ons gemeenskap kan vele bekommerde geliefdes wees. Bekommerd oor finansies, behuising, gesondheid, kinders, ouers ens. Kom ons dra hulle almal aan die Vader op vir die nodige gemoedsrus.

Saterdag 12 Augustus: Stop van bendegeweld

Bendegeweld is ‘n groot probleem in ons samelewing. Gepaardgaande daarmee ook baie misdaad en moord. Kom ons vra die Vader vir vrede op hierdie gebied en dat Hy dit sal omskakel na iets wat Sy grote naam tot eer sal strek.

Sondag 13 Augustus:Werkende mense

Ons dank en gebede gaan uit na werkende mense wat ons land instand hou. Ons vra vir die Vader om hulle te onderskraag, ook in so ‘n mate dat hulle Hom nooit sal vergeet nie.

Maandag 14 Augustus: Radelose mense

Vele mense in ons omgewing en in ons land is raadop met omstandighede wat hulle deel is. Dit mag hulle finansies wees, hulle kinders, hulle ouers, hulle vriende en dalk nog hulle kerk ook. Kom ons dra hulle aan die Here op vir verligting van hulle omstandighede.

Dinsdag 15 Augustus: Korrupsie

Ons land word geteister deur korrupsie van der duisende miljarde rande. Skaamtelose amptenare maak hulle skuldig daaraan. Ons bid tot die Vader om hulle gewetes aan te raak om die gestelery te staak.

Woensdag 16 Augustus: Ons land se leiers

Ons dra ons land se leiers aan die Here op. Ons land is in groot verknorsing op alle gebiede. Ons vra vir die Vader om ons leiers met helderheid van verstand toe te rus om sodoende ons land weer op ‘n wenpad te plaas en hulle te weerhou van korrupsie en staatskaping.

Donderdag 17 Augustus:U Skepping

Soos Adam en Eva in ‘n pragtuin gewoon het, woon ons steeds in U tuin Here. Deur ‘n “klein” oortreding het U hulle verblyf opgeskort. In teenstelling bemors en vernietig ons U Skepping teen ‘n ongehoorde tempo. Ons gebede is om die Vader te vra om elke mens se gesindheid teenoor Sy Skepping positief te verander.

Vrydag 18 Augustus:Bybelgenootskap

Ons weet almal wat die Bybelgenootskap vermag. Kom ons dra die genootskap aan die Vader op om in al hulle behoeftes te voorsien en hulle wonderlike werk te seën.

Saterdag 19 Augustus:Ons land se jeug

U, Here het eenkeer gesê dat as een kinders leed aandoen, dit vir hom beter sal wees om met ‘n meuelsteen om die nek in die see gewerp te word. Kom ons bid vir kinders en dat God Sy vleuels van beskerming oor elkeen sal hou.

Sondag 20 Augustus: Ons erediens

Ons dra vanoggend se erediens in ons gebede aan die Vader op en vertrou dat ons lofprysing vir Hom aanneemlik sal wees.

Maandag 21 Augustus:Sending

Oor die hele wêreld heen is daar pragtige mense wat die evangelie aan ander bekendstel en baie mense wat die evangelie aanvaar of dalk twyfel of hulle dit moet aanvaar. In sekere wêrelddele is dit ‘n lewensgevaarlike taak vir beide partye. Kom ons bid weer dat die Vader hulle almal onder Sy vleuels sal intrek, sal lei en bewaar.

Dinsdag 22 Augustus: Verslaafdes

Baie volwassenes, jong mense en jong-jong kinders is verslaaf aan dwelms. Ons kan maar net vir God vra om hulle van hulp te wees met genesing. Mag God se gramskap ook fel neerkom op hulle wat die dwelms verskaf sodat hulle eerder smokkelaars van Sy Woord sal word.

Woensdag 23 Augustus:Mediese Wetenskap

Ons bid en dank die Vader vir die hulp en leiding wat Hy aan die mediese wetenskap gee in die ontwikkeling van medikasie. Medikasie wat siekes oor die hele wêreld van ‘n beter lewe verseker. Maar ook vir die voordeel wat ons hier in die Brak daaruit geniet.

Donderdag 24 Augustus: Diens aan oues van dae

In ons gemeenskap is daar dokters, verpleegpersoneel, verpleeg-assistente en omsien peroneel wat na vele van ons gemeenskap omsien. Kom ons dra hulle almal aan die Here op in ons gebede en dank ook die Here dat ons sulke pragtige mense om ons het.

Vrydag 25 Augustus: Vermiste mense en kinders

Ons hoor gereeld van volwassenes en kindertjies so jonk as 10 jaar en selfs jonger wat op een of ander tragiese wyse vermis geraak het. Ons bid vir kalmte en hoop by families en gesinne, maar ook vir die ingesteldheid of vrees wat by die vermistes aanwesig mag wees. Ons vra vir Vader vir hulle veiligheid en spoedige terugkeer.

Saterdag 26 Augustus: Verwaarloosde mense

Daar is vele verwaarloosde mense in ons en in die breër gemeenskap om ons, wat in wanhoop lewe. Laat ons die Vader in ons gebede vra om ook met elkeen van sulke mense te wees. Dat ons as sy bevooregte kinders die moed sal hê om ook na hierdie mense om te sien al is dit net deur ‘n bydrae te maak aan hulle wat daagliks na hierdie mense omsien.

Sondag 27 Augustus: Ons Munisipaliteite

Met meeste munisipaliteite gaan dit nie goed nie. Dienslewering en herstelwerk het tot stilstand gekom, korrupsie vier hoogty, miljarde rande word aan leweransiers geskuld en inwoners ly daaronder. Ons bid tot God om hier in te tree en ‘n verantwoordelikheid by amptenare te skep wat hierdie tragiek moet regstel.

Maandag 28 Augustus:Plaasmoorde

Ons land word geteister met plaasmoorde en sommige politici hits dit aan. Ons gaan die Vader vra om drasties hier in te tree ter beskerming van ons land se boere, maar ook om die hele ingesteldheid van moordenaars en potensiële moordenaars en aanhitsers te verander.

Dinsdag 29 Augustus:Skooldogters

Skooldogters is vandag onder geweldige sosiale druk. Duisende is swanger juis as gevolg van hulle weerloosheid. Kom ons dra hulle almal aan die Here op vir Sy beskerming.

Woensdag 30 Augustus:Ons skole

Dit is van groot belang dat ons jeug goeie skoolopleiding kry. Ongelukkig is dit nie oral die geval nie en is daar groot leemtes. Kom ons pleit by ons Here om ons skolestelsel ter wille te wees en dit sodanig op te hef dat ons dankbaar trots sal wees op die kinders wat dit sal lewer en wat hierdie pragtige land van ons die toekoms sal kan inlei.

Donderdag 31 Augustus: Omgeebediening

Ons dra vandag ons gemeente se omgeebediening aan die Here op deur ons gebede. Ons bid vir Sy seën op al hulle omgeewerk.

Gebedsgids Julie 2023

Gebed

GEBEDSGIDS – JULIE 2023
“Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan [..]
miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra.”
(Lukas 13:8b en 9a)
Saterdag, 1 Julie Getuienisgeleenthede “Here, dankie dat U met ons geduld het, en soos vir die vyeboom nog geleenthede gee om te getuig.” Kom ons word bewus van ander se nood om Jesus te ken.

Lees meer “Gebedsgids Julie 2023”

Gebedsgids Junie 2023

Gebed

1 Junie – Donderdag – Konflik

Bid vir oplossings in konflik situasies en vra dat vrede sal seëvier. Bid ook dat mense mekaar se siening sal insien en nie altyd “reg” moet wees nie, maar dalk die ander kant van die saak ook insien.

2 Junie – Vrydag – Eskom

Ons bid vandag vir ons leiers en die Eskom direksie om die regte besluite te neem en hul gelde reg aan te wend sodat die land se krag weer herstel sal word. Ons bid ook dat alternatiewe metodes van kragopwekking gevind sal word en meer werkskepping sal bevorder en krag sal vernuwe.

3 Junie – Saterdag – Vertroue

Ons bid vandag dat die gemeentelede sal leer om stil te raak en op God te vertrou vir versorging, leiding, wysheid en insig.

4 Junie – Sondag – Biddag vir Ekologie

Ons wêreld raak al hoe droӫr en daarom bid ons vandag dat die mense sal besef dat hul opdrag as mens uitgevoer moet word en dat hulle na die wêreld moet omsien en pro-aktief moet optree ter bewaring van ons bronne.

5 Junie – Maandag – Finansiӫle swaarkry

Ons bid vandag vir alle ouers wat finansieӫl swaarkry en nie altyd kan byhou vir alles wat hul kinders benodig nie. Ons bid ook vir die kinders se aanvaarding met hul ouers se situasie.

6 Junie – DinsdagSending

Ons bid dat die kanale waarop die sendelinge boodskappe kan uitdra soos radio en tv en ander sosiale media, oop sal wees en gebruik sal word om die mense wat in afgeleë plekke leef, te bereik.

7 Julie – Woensdag- Geestelike gesondheid

Bid dat mense wat in hierdie uitdagende tye sukkel met hul geestelike gesondheid die nodige leiding sal kry en ook by die regte plekke sal aanklop vir hulp.

8 Julie – Donderdag – Hulpverlening

Ons wil graag vandag stil raak voor God en die mense wat altyd hulp verleen aan Hom opdra en vra dat daar uit ander bronne baie skenkings sal kom vir behoeftige kinders en dat hul ook die behoefte sal raaksien van die wat hulp benodig.

9 Julie – Vrydag – Paulus se gebed

Ons bid vandag Paulus se gebed in Ef 3: 14-21 – Ons bid dat Hy deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

10 Julie – Saterdag – Huis van God

Dank God met ‘n opregte hart en blymoedige gees dat ons in Sy huis kan aanbid sonder dat ons vervolg word en openlik tot Hom kan bid en gesange kan sing.

11 Julie – Sondag – Instandhoudingsfonds

Ons deurkollekte is vandag vir ons kerk se instandhouding en daarom vra ons vandag voorbidding dat gemeentelede met ‘n oop hart en hand sal skenk vir die instandhouding van die perseel.

12 Julie – Maandag – Hoop

Bid vir hulle wat hoop verloor het en wat elke dag net “oorleef” en wat nie meer kans sien om aan te gaan in ‘n wêreld wat geen hoop het in hulle oӫ nie.

13 Julie – Dinsdag – Geestelike gawes

Die Heilige Gees rig ons almal toe met sekere gawes wat in die kerk van God gebruik word. Bid dat die mense hul geestelike gawes sal raaksien en sal besef dat hul dit kan aanwend om God se koninkryk te bevorder.

14 Julie – Woensdag – Die Politiek

Ons bid vandag dat die korrupsie in die land en in die politiek uitgewys sal word en sal verminder en dat hulle die fondse wat tot hulle beskikking is sal aanwend tot opbou van ons land en sy mense en nie vir eie gewin nie.

15 Julie – Donderdag – Onsekerheid

Wag jy vir ‘n antwoord van God en is jy onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet 5: 7.

16 Junie – Vrydag – Jeugdag

Bid vandag vir ons jeug en hul geestelike en emosionele welstand in vandag se tye en dat hulle standvastig sal bly in ‘n wankelende wêreld.

17 Junie – Saterdag – Leraars

Ons bid dat ons leraars die nodige insig en kennis van U sal ontvang om met die gemeente te deel en dat hulle dit op so ‘n ontvanklike manier aan die gemeente kan meedeel dat hulle dit sal verstaan en ook kan uitleef.

18 Junie – Sondag – Vadersdag

“Vader, kom versterk ons Vaders dat hulle ons huishoudings weer as die Koning van die huis sal beharting en die nodige leiding en rigting aan die huisgenote gee en versterk hulle met die nodige insig en begrip om as ware leiers op te tree.”

19 Junie – Maandag- Buitelandse sending

Buitelandse sending vorm ‘n groot deel van ons insamelings en daarom vra ons vandag vir ekstra voorbidding vir die werk wat die sendelinge in die buiteland onder moeilike omstandighede moet doen.

20 Junie– Dinsdag- Siekes

Vader, ons bid vir alle siekes en die wat in pyn is asook mense wat bekommerd is oor die behandeling wat dalk nie die gewenste uitwerking het nie. Seën asb alle dokters en verpleegpersoneel met wysheid om die regte diagnose te maak en siekes met deernis te versorg.

21 Junie – Woensdag – Internet

Tegnologie speel deesdae ‘n groot rol in ons daaglikse lewe. Ons bid dat daar ontwikkelaars vir die internet sal wees sodat die Woord van die Here weer gehoor en gelees sal word en dat die internet ook tot die uitbreiding van die Koninkryk van die Here gebruik sal word.

22 Junie – Donderdag – Besparing

Ons wêreld gaan gebuk onder allerlei spandabelrigheid en daarom bid ons dat die mense ons hulpbronne in ag sal neem en sal kyk waar hulle kan bespaar eerder as verkwis.

23 Junie – Vrydag- Personeel van Kerk en nuwe Dominee

Bid vandag en ook gedurende die maand vir ons Kerk se personeel asook die proses om ‘n nuwe dominee te beroep en dat ons die regte besluit sal neem, maar dat die dominee ook die bevestiging sal kry om hiernatoe te kom.

24 Junie – Saterdag – Onderwysers en Dosente

Ons dra vandag alle onderwysers en dosente aan die Here op en vra dat die Here hulle leiding sal gee om te alle tye so te leef dat Jesus in hul lewe sigbaar is en dat hulle ‘n voorbeeld van ware Christene sal wees. Bid ook dat hulle sal rus in hierdie vakansietyd.

25 Junie – Sondag – Motoriste

Ons bid vandag vir almal op die paaie. Ons bid dat U met hulle sal wees en dat die bestuurders die nodige respek teenoor ander motoriste sal toon asook kalmte op die paaie sal ervaar.

26 Junie – Maandag – Boere

Bid vir ons boerderygemeenskap wat leef met onsekerheid oor grondhervorming en

arbeidsverhoudings. Bid dat die regering hierdie sake met wysheid sal hanteer en dat hul die nodige oplossings vir die vrae sal vind.

27 Junie– Dinsdag – Wil van God

1 Joh.5:14 sê dat as ons iets vra volgens God se Wil, ons dit sal ontvang. Ons bid dat die mense U Bybel sal lees, sal oordink en op hul lewe sal toepas en gereeld na U sal kom om U wil te ontdek en U Woord te bid.

28 Junie – Woensdag – Ongereddes

Ons bid vandag dat die gemeente die ongereddes wat nog nooit van Christus gehoor het nie, sal nader en dat hul nie sal skaam wees om die Woord van God aan hulle te bring nie. Ons bid ook vir ontvanklike harte en dat Christus die weg vir hulle sal voorberei.

29 Junie – Donderdag – Beskermingsdienste

“Jesus, ons bid vandag vir elke lid van die beskermingsdienste wat onbaatsugtige diens lewer in moeilike plekke en tye en bid dat hulle die nodige krag sal ontvang om hul werk met blymoedigheid te kan doen en ook deur hul optrede U woord verder te versprei. 

30 Junie– Vrydag – Roeping

Sal jy vandag jou drome net so los en Jesus volg? Bid vandag dat jy jou roeping wat jy van Jesus ontvang het, sal uitleef en ook in die proses ander met jou houding na Jesus sal lei.

Radio FEBA e-Gebedsgids Mei 2023

MEI 2023

“Genade en vrede vir julle van God ons Vader en van die Here Jesus Christus.” – Romeine 1:7
  
 
Maandag 1 Mei: FEBA Vietnam het onlangs ‘n jeugkamp, die ​​Mien en Kim Mun Jeugkamp, aangebied. Dit is deur meer as ‘n duisend jongmense bygewoon. Bid asseblief dat hierdie jongmense se verhouding met Christus sal groei; en dat hulle die vrymoedigheid sal hê om die liefde van die Here Jesus Christus met hul maats te deel.
 
Dinsdag 2 Mei: Prys die Here vir die goeie werk wat Hy doen deur FEBA Oekraïne. Die radiostasie het onlangs toestemming gekry om na die stad Ivano-Frankivsk in Wes-Oekraïne uit te saai. Die uitsending het die potensiaal om ‘n gehoor van sowat 700 000 mense te bereik.
 
Woensdag 3 Mei: “In sy genade het God julle geroep om in Christus deel te hê aan Sy ewige heerlikheid. Nadat julle ‘n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel: Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak.” – 1 Petrus 5:10
 
Donderdag 4 Mei: FEBA brei voortdurend uit en lei sy leiers gereeld op. Bid asseblief vir die veiligheid van die leiers wat van regoor die wêreld na Thailand vlieg om ‘n opleidingskonferensie by te woon. Bid vir eenheid en goeie gesindheid; en dat  kennis en vaardighede uitgeruil sal word, veral op die gebied van digitale media.
 
Vrydag 5 Mei: Hou asseblief aan om te bid vir die veiligheid en welstand van die uitsaaiers van FEBA Oekraïne terwyl die oorlog voortduur.
 
Saterdag & Sondag 6 – 7 Mei: Die republiek van Boerjatië bestaan ​​tradisioneel uit Boeddhisme, animisme en voorvaderlike aanbidding. Ten spyte van die tradisioneel oorheersende godsdienste en die wreedaardige oorlog, groei FEBA Rusland se bediening steeds. Bid asseblief dat God hulle die genade en guns sal voorsien wat nodig is om diegene te bereik wat desperaat is vir hoop.

   
Maandag 8 Mei: Die FEBA-uitsendings van Suid-Korea word uitgesaai na Japan sowel as na twee ander lande in Oos-Asië waar toegang beperk is. Bid dat hierdie beperkings opgehef sal word en dat die uitsendings die lewens sal aanraak van duisende wat in hierdie militêr-beheerde lande woon.
 
Dinsdag 9 Mei: FEBA Taiwan het ‘n toekenning ontvang van die regering, genaamd  ‘Uitstekende Godsdiensorganisasie’. Hierdie toekenning word gewoonlik aan tempels gegee en selde aan ‘n Christelike organisasie. Ons loof God vir die personeel en vrywilligers van FEBA Taiwan en die uitstekende werk wat hulle doen.
 
Woensdag 10 Mei: “Die Here is barmhartig en genadig, lankmoedig, vol liefde.” – Psalm 103:8
 
Donderdag 11 Mei: Bid asseblief vir stabiliteit in Jemen waar die mense oorweldig word deur krisisse. Bid dat God aan die armes sal voorsien en dat Sy beskerming sal rus op almal wat Jesus in die geheim volg.
 
Vrydag 12 Mei: Bid asseblief dat daar vrede na die Midde-Ooste sal kom en dat elkeen wat homself bo die naam van Jesus Christus wil verhef, tot niet gemaak sal word. Bid dat die miljoene Moslems die evangelie sal hoor en aangemoedig word om hulle lewens aan die Here Jesus te gee.
 
Saterdag en Sondag 13 – 14 Mei: Pakistan is bekend daarvoor dat sy mense Islamitiese ekstremiste is en Christene vervolg. Ten spyte van die potensiële gevare wat om elke hoek en draai skuil, saai die personeel van FEBA Pakistan getrou elke dag die Goeie Nuus uit. Bid asseblief dat FEBA Pakistan sal uitbrei en dat hul reikwydte in Pakistan sal aanhou vergroot. Bid dat ‘n vyfde stasie geopen kan word as gevolg van ‘n groter aanvraag.

   
Maandag 15 Mei: FEBA het sy bedrywighede verskuif en fokus nie meer op die land nie, maar poog nou om Sjinese etniese groepe in die algemeen te bereik. Bid vir wysheid en guns by regerings- en media-owerhede terwyl FEBA Sjina met hul goeie werk voortgaan, ten spyte van die teenkantings wat hulle in die gesig staar.
 
Dinsdag 16 Mei: “Julle het my gehelp om die boek van Romeine beter te verstaan. Julle het my geleer van die bevryding van sonde deur middel van geloof. Ek het gesien hoe baie mense in my dorpie bevry is van die krag van bose geeste toe hulle in Jesus begin glo het…” – G S, Cao Bang, Viëtnam.
 
Woensdag 17 Mei: “Die Here julle God is ganadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.” – 2 Kronieke 30:9
 
Donderdag 18 Mei: Bid asseblief dat God sal voortgaan om FEBA Indië se impak te vergroot en dat getroue vennote gestuur sal word om te help om die visie  te laat groei om verlorenes deur middel van radio en sosiale media te bereik.
 
Vrydag 19 Mei: Bid asseblief dat God FEBA Taiwan die guns en kreatiwiteit sal voorsien om nog twee programme hierdie jaar van stapel te stuur wat vrugbaar sal wees. Bid dat dit mense sal aanmoedig om hul harte vir Jesus Christus te gee.
 
Saterdag & Sondag 20 – 21 Mei: FEBA Taiwan is een van vyf produksiesentrums en vervaardig twaalf programme in Mandaryns. Bid asseblief dat God elke program sal seën wat deur FEBA Taiwan vervaardig en uitgesaai word; en dat dit die mense sal bereik wat dit veronderstel is om te bereik, sonder enige hindernis. 
 
Maandag 22 Mei: Bid asseblief dat God die harte sal versag van almal wat  Christene vervolg, veral die luisteraars van FEBA regoor die wêreld. Ons bid dat die Heilige Gees Christus aan hulle sal openbaar en dat hulle gered sal word.
 
Dinsdag 23 Mei: Die personeel van FEBA Thailand reis dikwels na Mianmar om luisteraarsklubs te besoek en radio’s te versprei asook SD-kaarte wat vooraf met die evangelie gelaai is. Prys God vir die toenemende vraag na radio’s en SD-kaarte en dat die luisteraars gretig is om meer van die Goeie Nuus te hoor.
 
Woensdag 24 Mei: “Jy dan, my seun, wees sterk in die genade wat ons in Christus Jesus het.” – 2 Timoteus 2:1
 
Donderdag 25 Mei: Bid asseblief vir die luisteraars van FEBA Mianmar en dat God vrywillige skenkers sal stuur sodat meer SD-kaarte en radio’s gekoop kan word vir verspreiding. Hoe meer radio’s en SD-kaarte versprei word, hoe meer mense kan van die Here en Verlosser, Jesus Christus, hoor!
 
Vrydag 26 Mei: Bid asseblief dat God meer vrywilligers en personeellede sal stuur wat bereid is om uit te gaan en die Goeie Nuus van Jesus Christus aan al die onbereikte en afgesonderde etniese groepe in Suidoos-Asië te verkondig.
 
Saterdag & Sondag 27 – 28 Mei: FEBA Mianmar fokus hoofsaaklik op nie-gelowiges, maar help ook hul Christelike luisteraars deur gereeld met hulle op te volg en hulle met ander gelowiges te verbind. Bid asseblief vir die span van FEBA Mianmar en dat hul invloed onder die etniese nie-gelowiges sal toeneem, sodat meer mense hul lewens aan Christus sal gee.
 
Maandag 29 Mei: Bid asseblief vir elke skenker en voorbidder van FEBA en dat die seën van God op hulle en hul gesinne sal rus omdat hulle God se koninkryk soek.
 
Dinsdag 30 Mei: Herstelwerk het begin by die FEBA-stasies in Malawi en Mosambiek. Ons loof God vir Sy genade en dat Hy voorsien het gedurende hierdie tyd van herbouing.    Maak ‘n donasie op ons webwerf

Gebedsgids Mei 2023

Gebed

GEBEDSGIDS – MEI 2023

In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense” – 1 Timoteus 2:1

MAANDAG 1 MEI – Werkersdag

Bid vir groter hardwerkendheid, arbeidsvrede en versoening by almal wat werk het en arbeidspraktyke waar reg en geregtigheid seëvier.Vra vir uitkoms vir werkloses en armes en dat ons oor hulle besorgd sal wees. Mag mense vreugde in hul arbeid vind.

DINSDAG 2 MEI – Die dag van die Here

“Ditis die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees” (Ps 118:24). Dit is elke dag die dag van die Here, kom ons loof en dank God vir elke dag wat Hy ons skenk en laat ons hierdie maand elke dag voluit vir Jesus leef.

WOENSDAG 3 MEI – Leef jou Christenskap

Vandag kom dank ons die Vader vir elkeen in die gemeente wat God se lig in ‘n donker wêreld laat skyn – deur voorbeeld, uitreik na hulle in nood, ‘n selfoon-oproep, ‘n handdruk, luisterende oor, glimlag en helpende hand. So leef ons Jesus se gesindheid en voorbeeld uit.

DONDERDAG 4 MEI – MES (Mould, Empower, Serve)

MES in Kaapstad se visie is om die haweloses, armes, hongeres, naaktes en behoeftiges te ondersteun. Bid vir meer vrywilligers om te help met die verskillende programme. Bid vir werksgeleenthede vir die gerehabiliteerdes. Dank die Here vir gelowiges wat selfloos, vrywillige diens lewer en hul tyd afstaan by hierdie bediening.

VRYDAG 5 MEI – Moslem Bediening

Bid asb vir Moslems in SA. Vra dat Christene se leefwyse en getuienisse hulle na Jesus sal lei, dat hulle liefde en nie verwerping sal ervaar nie. Dra almal wat by hierdie bediening betrokke is aan die Here op.

SATERDAG 6 MEI – Sosiale Geregtigheid

Bid dat die Gees vir elkeen van ons kreatiewe maniere sal gee om mense in nood te help en dat ons sal weet waar en hoe om betrokke te raak. Dat ons as Sy kerk sal verstaan dat ons hier is ter wille van ander.

SONDAG 7 MEI – Bid en Getuig

Ons prys U Naam dat ons as gemeente saam kan bid. Ons erken ons diepe afhanklikheid van U. Here Jesus, gee ons asb ‘n passie vir siele dat ons begaan sal wees oor hulle wat nog buite staan. Maak ons gehoorsaam en sensitief vir U stem sodat ons nie geleenthede by ons sal laat verbygaan om vir U te getuig nie”.

MAANDAG 8 MEI – Suid-Afrika se mense en leiers

Bid dat die probleme in ons land ons tot verootmoediging sal lei. Bid dat die lig van die Evangelie ons politieke, sake- en maatskaplike-leiers sal verlig en dat hulle voor Sy almag sal buig en erken dat die Bybel ons hoogste gesag is. Bid vir gelowiges om te erken en te bely dat ons God in beheer is, al lyk dit nie vir ons so nie.

DINSDAG 9 MEI – Ons Gemeente

Dra ons leraar, kerkraad, kommissies, amptenare, leiers en elke lidmaat aan die Here op. Bid vir afgedwaalde gemeentelede; gesinne met probleme, hartseer en pyn. Bid dat ons as gemeente waarlik die lewende liggaam van Christus sal wees en dit uitleef.

WOENSDAG 10 MEI – Verantwoordelike Burgers

Bid vir wysheid en insig sodat ons as gelowiges elkeen elekrtrisiteit, water en ander noodsaaklike hulpbronne met verantwoordelikheid sal gebruik. Dank die Here vir al die voorregte en seëninge wat ons geniet.

DONDERDAG 11 MEI – Verslaafdes

Bid vir so baie mense en jeudiges wat verslaaf is aan drank, dwelms en ander vorms van afhanklikheid. Bid vir gesinne wat geraak word en met die probleme worstel. Vra vir begrip, wysheid, geduld en bo-al vir Goddelike ingryping. Laat God ons toevlug wees.

VRYDAG 12 MEI – Vervolging in Turkye

Christene in Turkye ervaar groot druk van toenemende godsdienstige nasionalisme. Die regering teiken alle Christene en selfs buitelandse gelowiges. Bid dat die Turkse regering sal erken dat Christene ‘n waardevolle deel van die bevolking verteenwoordig.

SATERDAG 13 MEI – Christenskap in Skole

Baie skole wêreldwyd verbied Christenskap. Bid dat Christen onderwysers en kinders in ons land, hul geloof sal uitleef, nie skaam sal wees vir die Evangelie van Christus nie.

Dat hul maats hierdeur die liefde van God in hulle sal sien en ook vir Jesus sal leer ken.

SONDAG 14 MEI – Moedersdag

‘Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder’ is ‘n ou gesegde, maar tog so waar. Kom ons dank God vir die moeders in ons lewens, vir hul sorg en liefde en voorbeeld. Bid dat die Here hulle sal seën en Sy liefde altyd oor hierdie besondere mense, die wag sal hou.

MAANDAG 15 MEI – ‘n Stukkende Wêreld

Vader, ons bid opnuut vir lande wat die afgelope tyd deur oorloë en rampe geteister is – Rusland, Oekraïne, Turkye, Sirië en vele lande in Afrika. Ons dank U vir almal wat betrokke was met hulpverlening en bid dat lydendes hul troos en krag by U sal vind.”

Pray often, for prayer is a shield to the soul, a sacrifice to God, and a scourge for Satan.” John Bunyan

DINSDAG 16 MEI – Ongereddes op aarde

Miljoene “Christene” in die wêreld het geen persoonlike verhouding met die Here Jesus nie. Bid vir predikers om mense op te roep tot bekering. Bid dat God vir ons land evangeliste sal gee wat die evangelie kragtig sal verkondig, asook lidmate wat getuig.

WOENSDAG 17 MEI – Inbrake en Kapings

Huis-inbrake en voertuigkapings vermeerder. Bid asseblief vir die Here se bewaring in tye van inbrake en kapings. Mag die Here Jesus ook in die harte van kwaaddoeners werk om tot inkeer te kom en om van hulle planne af te sien.

DONDERDAG 18 MEI – Hemelvaart

Die Heer regeer, Hy’t opgevaar, Die dood kon Hom nie hou nie.

Sy almag sal ook ons bewaar – wie sal op Hom nie bou nie.

Kom sing dan nou ‘n loflied saam: Hy roep ons na Sy woning.

Kom prys die allergrootste Naam, ons Heer en Koning.” (Lied 429)

VRYDAG 19 MEI – Vervolgde vroue wêreldwyd

In Moslemlande word vroue geteiken om die Christengemeenskap te straf of skade te berokken. As Christene en vroue word hul as minderwaardig geag. Bid dat hulle as opvoeders van die volgende geslag hul waarde in God sal besef en Sy beskerming en seën sal ervaar.

SATERDAG 20 MEI – Voorbereiding vir Pinkster

Pinksterdienste begin more. Kom ons loof en dank God as Heilige Gees. Die Bybel sê in I Kor 12:3b: ‘niemand kan sê “Jesus is die Here” nie behalwe deur die Heilige Gees’. So weet ons dat die Heilige Gees in ons woon en ons Leidsman is. Bid dat ons elkeen dit opnuut sal beleef hierdie Pinkster.

SONDAG 21 MEI – Pinkster

O Heil’ge Gees,o God in ons, ons wil u krag besing:

Die krag wat Jesus op laat staan en lewe in ons bring.

Maak ons oorwinnaars in die stryd wat ons ook nou moet stry.

O Gees van God, getuig in ons, dat ons u kinders bly.” (Lied 439)

MAANDAG 22 MEI – God Regeer

Ons oë is op U gerig, ons prys U wat die hele wêreld in die holte van U hand vashou. Wil U ons Regering aanraak met U vuur, bring hulle asb tot die besef van hul verlorenheid sonder U. Ons bid dat U hul asb sal bevry van magshonger en korrupsie”.

DINSDAG 23 MEI – Bewaring van ons jeug

Bid vir ouers, om hulle doopbelofte na te kom en tyd aan hul kinders te bestee. Bid vir onderwysers, sportafrigters, kategete en almal wat met die jeug werk, dat hul leiding positief en volgens God se Woord sal wees. Vir getrouheid en standvastigheid by die jeug en dat hulle mekaar geestelik sal versterk en saam Jesus se naam sal eer.

WOENSDAG 24 MEI – Die aarde behoort aan die Here

Weeklaag by die Here oor baie mense se ongeërgde houding teenoor die verval van ons natuurlike omgewing. Bid vir nuwe liefde en omgee vir God se skepping, vir insig, verantwoordelikheid en sorg vir die aarde waarop ons deur God se genade leef.

DONDERDAG 25 MEI – Heidense Gewoontes

Bid vir die mense wat betrokke is by die beoefening van toordery, voorvaderaanbidding en okkultiese rituele in landelike gebiede, wat baie arm en niksvermoedende mense lok. Vra die Here Jesus om Homself aan hulle te openbaar en dat hulle Hom sal leer ken en dien.

VRYDAG 26 MEI – Eritrea

Vandag vra ons gebede vir Eritrea, een van die gevaarlikste lande vir Christene om in te woon. ‘n Gelowige daar getuig dat Hy na Christus kyk en weet Hy het erger gely en vervolgers kan nie Hom of die Waarheid van hom wegneem nie.

SATERDAG 27 MEI – Mense in ons diens

Ons bid vandag vir ons huis- en tuinwerkers se welstand. Ons is dankbaar vir hulle getrouheid en bid ook vir hulle afhanklikes en behoeftes. Mag ons optrede teenoor hulle ‘n lewende getuienis wees en Jesus se liefde weerspieël.

SONDAG 28 MEI – Geopende Deure

Tans word meer Christene vir hul geloof dood gemaak as voorheen. Christene word ook vervolg en gemartel. Bid vir die werk van Geopende Deure, sterk hulle hande waar hulle hulp te verleen. Mag ons wat so bevoorreg is, ook mildelik bydra vir hulle werk.

MAANDAG 29 MEI – Die Evangelie aan seemanne

Bid vir hierdie bediening wat in ons land se hawens plaasvind. Dank die Here vir elke Bybel wat aan ‘n soekende siel gegee word en vir elke daad van liefde wat bewys word. Vra vir wysheid en die Gees se leiding wanneer bote besoek word, dat toegang verleen sal word aan die geestelike werkers en dat elke kontak vrugbaar sal wees.

DINSDAG 30 ME I – Werkloosheid

Suid-Afrika se werkloosheidskoers is van die hoogste in die wêreld. Bid asseblief vir almal wat werkloos is en na werk soek, maar nie ‘n werkgeleentheid kry nie. Bid vir ekonomiese groei en entrepreneurs wat met kreatiewe maniere nuwe werksgeleenthede kan skep.Ons Hemelse Vader kan toestande verander.

WOENSDAG 31 ME I – Nog ‘n maand

Here baie dankie vir nog ‘n maand van U liefde en genade wat oor ons wag gehou het. Met ons gebede wil die gemeente, soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het, ook ons amptenare en mede-gelowiges se arms sterk vir hul lewens voor U aangesig.”

FEBA Radio – E-Gebedsgids Maart 2023

Maart 2023

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
– HEBREËRS 4:16 –
 
Woensdag 1 Maart: Drie jaar na die aanvang van die COVID-19 pandemie het Hongkong hul reisbeperkings gelig wat FEBA se werk baie vergemaklik. Bid dat mense se harte ontvanklik sal wees.

Donderdag 2 Maart: Bid asseblief dat FEBA Hongkong se personeel veilig sal reis en dat hul besoeke tot God se koninkrykswerk sal bydra.

Vrydag 3 Maart: Bid asseblief dat God sal aanhou om FEBA Hongkong se personeel te seën en dat elke uitsending duisende sal help om hul lewens aan die Here oor te gee.

Saterdag en Sondag 4-5 Maart: Twee jaar het verloop sedert China beheer geneem het oor Hongkong. In dié tyd is talle kerkleiers en -werkers in hegtenis geneem. Ons bid dat die Chinese regering hul vervolging sal staak.  Maandag 6 Maart: Bid asseblief vir elke program wat deur FEBA Indië uitgesaai word op sosiale media, veral vir die lewendige uitsendings op Instagram en YouTube.

Dinsdag 7 Maart: Bid asseblief dat daar herlewing in Indië sal kom en dat God die FEBA Indië personeel sal toerus om die gemeenskap te ondersteun in hul geestelike behoeftes.

Woensdag 8 Maart: Ons prys die Here vir elke geleentheid wat Hy voorsien vir FEBA Indië om die evangelie van Jesus Christus te deel.

Donderdag 9 Maart: Bid asseblief vir elke luisteraar van FEBA Indië, en dat hulleself die evangelie verder sal versprei. 

Vrydag 10 Maart: Bid asseblief dat God sal aanhou om die FEBA Indië span te inspireer met nuwe en innoverende idees om die evangelie te versprei.

Saterdag en Sondag 11-12 Maart: Kwaai kouefronte hang nog oor Noord-Indië. Bid asseblief dat God die haweloses, uitgeworpenes, en armes sal bewaar. Ons FEBA Indië span help waar hulle kan met die hulpbronne wat hulle tot hul beskikking het.  Maandag 13 Maart: FEBA Indonesië het ‘n vakante pos vir musiekregisseur. Bid asseblief dat die Here die regte persoon sal stuur, een met ‘n hart vir lofprysing en aanbidding.

Dinsdag 14 Maart: FEBA Indonesië se inhoud gaan op meer platforms beskikbaar gemaak word. Bid dat meer siele hierdeur vir die Koninkryk gewen sal word.

Woensdag 15 Maart: Ons prys God vir FEBA Indonesië se nuwe nasionale direkteur, Yoke Pribadi.

Donderdag 16 Maart: Bid asseblief vir God se seën en wysheid op FEBA Indonesië se nuwe nasionale direkteur, sodat hy die span suksesvol kan lei.

Vrydag 17 Maart: Bid asseblief vir die mense wat TikTok video’s vir FEBA Indonesië vervaardig, dat God hul kreatiwiteit en idees sal vermeerder.

Saterdag en Sondag 18-19 Maart: Bid asseblief dat God nuwe vennote sal stuur om te help met die befondsing van FEBA Indonesië se wonderlike werk.  Maandag 20 Maart: Pakistan lei onder erge ekonomiese en politieke onrus. Bid asseblief dat God vir Sy mense sal sorg in hierdie tyd, sodat die stygende inflasie min uitwerking op hulle sal hê.

Dinsdag 21 Maart: Bid asseblief dat die Here vrede sal bring in Pakistan en die land se onstabiele politieke klimaat sal kalmeer.

Woensdag 22 Maart: Ons prys God vir al die doelwitte wat in die afgelope jaar bereik is deur Sy leiding en FEBA Pakistan se uitstekende span.

Donderdag 23 Maart: Bid asseblief dat die Heilige Gees elke individuele luisteraar sal help om meer mense te bereik en om hul eie luisteraarklubs te stig sodat God se koninkryk verder uitbrei.

Vrydag 24 Maart: Hou aan bid vir die beskerming en leiding van FEBA Pakistan se personeel waar hulle regdeur die land reis, beraad en bedien.

Saterdag en Sondag 25-26 Maart: Bid asseblief vir die vierde en nuutste FEBA Pakistan FM-stasie, wat aan nuwe streke in die noorde van Pakistan gaan uitsaai. Mag elke uitsending tot seën wees vir dié wat dit hoor en mag dit ‘n menigte luisteraars na Christus toe lei.  Maandag 27 Maart: In dié onseker tye vra ons dat u bid vir elke stasie en sy personeel, regoor die wêreld, dat God hulle sal steun en versterk waar hulle die Goeie Nuus ten spyte van toenemende vervolging versprei.

Dinsdag 28 Maart: Bid asseblief vir die mense in Turkye en Sirië wat rou oor geliefdes wat dood is, en wat nou moet herbou na Februarie se verwoestende aardbewing.

Woensdag 29 Maart: Ons prys God vir die voortdurende uitbreiding van die bediening en dat Hy altyd getrou die regte mense stuur om die bediening nog meer vrugbaar te maak.
Donderdag 30 Maart: Bid asseblief vir Suid-Afrika wat lang tye van kragonderbrekings in die gesig staar. Dit het ‘n negatiewe effek op mense en hul bestaan. Baie besighede moes reeds toemaak en daar was al lewensverlies weens gebrek aan elektrisiteit.

Vrydag 31 Maart: Bid asseblief vir elke nuwe leier wat God binne FEBA en FEBC oprig. Bid dat God hul wysheid en leierskapvaardighede sal vermeerder. Mag hulle ‘n groot impak hê en help om herlewing te bring!    Maak ‘n donasie op ons webwerf

Gebedsgids Februarie 2023

Gebed

“Waar 2 of 3 bymekaar is, daar is U.”

Woensdag, 1 Februarie – Here se getrouheid en wil
Ons bid dat die gemeente sal sien dat die Here getrou is in Sy handeling en dat hulle volgens Sy wil sal bid.
Donderdag, 2 Februarie – Prys God
Kom ons sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en ons dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.

Lees meer “Gebedsgids Februarie 2023”