Klub50 : Eerste Vergadering – ‘n Foto sessie

Klub 50 NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub50 het op 5 Februarie 2025 hul eerste vergadering vir die jaar gehad.

Danie het die vergadering van Klub 50 van 2025 op n ligte noot met n baie mooi boodskap geopen.

Daarna het lede jolig gekuier om die Vrugte bakkie van spanspek, druiwe en waartlemoen. Te drink was heerlike sap. Wors is gebraai en wors broodjies is later voorgesit.

Tydens die foto sessie is fotos van lede geneem, van wie party prettige kostuums of bykomstighede aan gehad het.

Die bestuur is:

Voorsitter – Koos Geldenhuys, Sekretaresse – Anina Geldenhuys, Onder voorsitter – Estelle Uys, Tesourier – Johan Snyman, Fotograaf – Elsabe Richards