Week 7 Groepgesprek – Laat U koninkryk kom- Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 7 Laat U koningkryk kom - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Lofprysing en aanbidding

Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Hoe sou julle God se Koninkryk beskryf?
  2. Watter persepsies maak die feit dat God die Koning van sy Koninkryk is, by julle wakker?
  3. Watter betekenis het die begrip Koningskinders vir julle?
  4. Waarom is daar so ’n sensitiwiteit oor numeriese groei in baie
    gemeentes?
  5. Wat beteken die “Missio Dei” vir julle?

Week 7 Laat U koningkryk kom
Week 7 Laat U koningkryk kom
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 7 Dag 35 – Die Kiem- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 35 Ware groei is die resultaat van Missio Dei - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

In 1 Kor 3:6-7 sê Paulus: “ dit is God wat laat groei” en dan verwys hy hier na saad wat gesaai of geplant word, natgegooi word en wat groei. Wanneer ons van groei in God se Koninkryk praat, geld presies dieselfde beginsel.

1 Kor 3:6-7
6Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. 7Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.

Gebed

Omdat alles uit God, deur God en tot God is, is dit belangrik dat jy nou eers sal stil word in sy teenwoordigheid, jouself vir die volgende paar minute afsonder en net op Hom sal fokus. Bid nou Ps 8 en dit wat die Heilige Gees in jou gedagtes plaas. Eer en aanbid Hom vir Wie Hy is.

PS 8

81Vir die •musiekleier. Op Haghittiet. ‘n Psalm. Van Dawid.
2Here, ons Heer,
hoe magtig is u Naam
oor die hele aarde,
U wat u luister
bo die hemelruim vestig.
3Deur die mond van kleuters en suigelinge
het U mag gevestig, vanweë u teenstanders,
om vyande en wraakgieriges stil te maak.
4Wanneer ek na u hemelruim kyk,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre
wat U gevestig het –
5wat is ‘n mens dan dat U aan hom dink,
‘n mensekind dat U aan hom aandag skenk?
6U het hom net minder
as ‘n hemelse wese gemaak;
U het hom met eer en majesteit gekroon.
7U laat hom heers oor die werk
van u hande;
U het alles onder sy voete gestel:
8al die kleinvee en beeste,
ja, selfs die diere van die veld,
9die voëls van die hemel,
en die visse van die see wat verbytrek
op hulle roetes deur die oseane.
10Here, ons Heer,
hoe magtig is u Naam
oor die hele aarde!

Lees die Skrif

Lees Matt 10:18-20; Luk 24:45-49; Hand 2:47; 9:27-31 en wees oop (ontvanklik) vir die inspraak en leiding van die Heilige Gees.

Matt 10:18-20;

18Voor prokurators en konings sal julle om my ontwil gesleep word, sodat julle voor hulle en voor die heidene kan getuig. 19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.

Luk 24:45-49;

45Daarop het Hy hulle verstand daarvoor geopen om die Skrifte te verstaan, 46en vir hulle gesê: “So staan daar geskryf dat die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en dat in sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word. Julle moet by Jerusalem begin, 48en getuies van hierdie dinge wees. 49En kyk, Ek sal die belofte van my Vader na julle stuur. Maar bly julle in die stad totdat julle met krag uit die hoogte toegerus word.”

Hand 2:47;

47Hulle het God bly prys, en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.

Hand 9:27-31

27Barnabas het hom egter gaan haal en na die •apostels geneem, en vir hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het, dat Hy met hom gepraat het en hoe hy in Damaskus met vrymoedigheid in die Naam van Jesus gepreek het. 28Saam met hulle het hy in Jerusalem gekom en gegaan en met vrymoedigheid in die Naam van die Here gepreek. 29Hy het ook met die Helleniste gepraat en geredeneer, maar hulle het hom probeer doodmaak. 30Maar toe die broers dit agterkom, het hulle hom na Caesarea geneem en na Tarsus weggestuur.

31Die •kerk dwarsdeur die hele Judea, Galilea en Samaria het vrede beleef en is opgebou. Hulle het met ontsag voor die Here geleef, en met die bemoediging van die Heilige Gees, het hulle getalle toegeneem.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 10:5-16; Joh 6:37, 39, 44; 17:2, 6, 9, 24; Hand 10:19; 11:15-18; Ef 1:13; 3:6.

Jes 10:5-16;

5“Wee Assirië,
die stok van my toorn!
My verontwaardiging –
‘n staf is dit in hulle hand.
6Teen ‘n nasie, vervreem van God,
stuur Ek hom;
teen die volk op wie my gramskap rus,
gee Ek hom volmag,
om oorlogsbuit te roof
en buit te maak,
om van hulle ‘n vertrapte ding,
soos die kleigrond van strate,
te maak.
7Maar hy het dit nie so bedink nie,
sy hart het dit nie so beplan nie;
want sy voorneme was
om uit te delg,
om tallose nasies uit te roei.
8Hy het immers gesê,
‘Is my bevelvoerders
nie almal konings nie?
9Is Kalno nie soos Karkemis,
en Hamat soos Arpad
of Samaria soos Damaskus nie?
10Soos my hand die koninkryke
van nuttelose afgode bekom het,
hulle wie se gesnede beelde
dié van Jerusalem
en Samaria oortref het –
11sal ek dan nie met Jerusalem
en haar afgode maak
net soos ek met Samaria
en haar nuttelose afgode gemaak het nie?’ ”

12En dan, wanneer my Heer al sy werk op die berg Sion en in Jerusalem voltooi het, sal Hy afreken met die vrug van die grootheidswaan van die koning van Assirië en met die verwaande blik in sy oë, 13omdat hy gesê het:

“Met die krag van my hand
het ek opgetree,
en in my wysheid –
ja, ek het insig.
Ek verwyder die grense van volke,
hulle voorraadkamers plunder ek,
en, as die sterke, slaan ek
wie op trone sit, neer.
14Asof dit ‘n voëlnes is,
het my hand die rykdom
van die volke bekom;
soos mens eiers insamel
wat in ‘n nes agtergelaat is,
het ek die hele aarde ingesamel.
Daar was nie ‘n vlerk wat geklap het,
‘n bek wat oopgegaan
of getjirp het nie.”
15Kan ‘n byl spog teen die een
wat met hom kap;
of kan ‘n saag hom groot hou
teen die een wat met hom saag,
asof ‘n stok die een swaai
wat hom optel,
of ‘n staf die een optel
wat nie hout is nie?
16Daarom sal die Heer, die Here,
Heerser oor alle magte,
onder Assirië se vet mense
‘n uitterende siekte instuur,
en onder sy geëerdes
sal ‘n brand uitbreek
wat soos ‘n egte vuur sal brand.

Joh 6:37, 39, 44;

37Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My kom, en Ek sal die een wat na My kom, nooit verstoot nie; 

39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie ‘n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar hulle op die laaste dag sal opwek.

44Niemand kan na My kom as die Vader, wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan.

Joh 17:2, 6, 9, 24;

2net soos U aan Hom gesag oor die hele mensdom gegee het, sodat Hy aan elkeen wat U aan Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

6“Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord gehoorsaam. 

9“Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir hulle wat U aan My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

24Vader, Ek wil hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My kan wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het, omdat U My van voor die grondlegging van die wêreld liefgehad het.

Hand 10:19;

19Terwyl Petrus nog nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Kyk, daar is drie manne wat na jou soek.

Hand 11:15-18;

15En toe ek begin praat, het die Heilige Gees op hulle neergedaal, net soos aanvanklik ook op ons. 16Ek het egter die woord van die Here onthou, toe Hy gesê het, ‘Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het as aan ons wat in die Here Jesus Christus glo, wie was ek dan dat ek God sou verhinder?” 18Toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: “So het God dus ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.”

Ef 1:13;

13In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid,
die evangelie van julle verlossing,
gehoor en tot geloof gekom het,
verseël met die Heilige Gees, wat beloof is.

EF 3:6

6Laat niemand julle verlei met niksseggende redenasies nie, want daardeur kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid.

Skryf / Vul in

Dink ’n bietjie na oor die vraag: “Wie is eintlik aan die werk in God se Koninkryk – God self, of sy Kerk (= mense)?”


Lees die Skrif

Vergelyk ook Jes 10:5, 15-16 waar God selfs ʼn heidennasie as instrument gebruik – en hulle nie sy hand in hul lewens kon raaksien en sy hart kon hoor klop nie In die Nuwe Testament hoor ons duidelik dat ware (numeriese) groei die resultaat is van die Missio Dei (die sendinghart van God).

Jes 10:5, 15-16

5“Wee Assirië,
die stok van my toorn!
My verontwaardiging –
‘n staf is dit in hulle hand.

15Kan ‘n byl spog teen die een
wat met hom kap;
of kan ‘n saag hom groot hou
teen die een wat met hom saag,
asof ‘n stok die een swaai
wat hom optel,
of ‘n staf die een optel
wat nie hout is nie?
16Daarom sal die Heer, die Here,
Heerser oor alle magte,
onder Assirië se vet mense
‘n uitterende siekte instuur,
en onder sy geëerdes
sal ‘n brand uitbreek
wat soos ‘n egte vuur sal brand.

Jare gelede vra ’n groep leraars opgewonde en vol verwagting vir Mel Tari (toe ’n leraar van Indonesië) of hy reken dat hulle land ryp is vir herlewing. Sy antwoord het hul tot diepe selfondersoek geskok toe hy sê: “Nee, want die Kerk in hierdie land moet eers tot bekering kom!” As verduideliking vir sy antwoord, vra Mel Tari toe wat hulle sou doen as 200 000 van hul vyande (’n bevolkingsgroep van die buurland met wie hulle in ’n oorlog gedompel was) tot bekering sou kom en by hul kerk (denominasie) sou wou aansluit?

Soms bid ons mooi dinge , sónder om bereid te wees om self die instrumente te wees waardeur God ons gebede verhoor. Dan staan ons, as Kerk, as struikelblokke in sy pad en moet óns eers tot bekering kom voordat Hy ons tot sy eer in sy diens kan gebruik (Hand 10:1-11:4, 18).

Hand 10:1-11:4, 18

PETRUS EN CORNELIUS

101Daar was ‘n man in Caesarea bekend as Cornelius, ‘n centurio van die sogenaamde Italiaanse kohort soldate. 2Hy, en ook sy hele huis, was godsdienstig en godvresend, het baie liefdadigheid aan die volk bewys en gereeld tot God gebid. 3Hy het teen die negende uur van die dag in ‘n visioen duidelik ‘n engel van God na hom sien binnekom wat vir hom sê: “Cornelius!” 4Hy het stip na hom gestaar en beangs gevra: “Wat is dit, Meneer?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor God opgestyg. 5Stuur dan nou mans na Joppe om iemand met die naam Simon, ook bekend as •Petrus, te gaan haal. 6Hy gaan tuis by ‘n sekere Simon, die leerlooier, wie se huis langs die see staan.” 7Toe die engel wat met hom gepraat het weg is, roep hy twee van sy huisbediendes en ‘n godvresende soldaat, een van hulle wat hom dien, 8en nadat hy hulle alles vertel het, stuur hy hulle na Joppe.

9Die volgende dag, terwyl hulle op reis was en al amper by die stad, het Petrus teen ongeveer die sesde uur na die dakstoep opgeklim om te gaan bid. 10Hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle besig was om die maaltyd voor te berei, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy sien toe die hemel geopen, en iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en aan sy vier hoeke op die aarde neergelaat word. 12Daarin was allerhande viervoetige en kruipende diere van die aarde en voëls van die hemel. 13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

17Petrus was nog aan die twyfel oor wat die visioen wat hy gesien het, kon beteken, toe die mans wat deur Cornelius gestuur is, skielik by die poort aankom, nadat hulle oor Simon se huis navraag gedoen het. 18Hulle roep toe en vra of Simon, ook bekend as Petrus, daar tuisgaan. 19Terwyl Petrus nog nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Kyk, daar is drie manne wat na jou soek. 20Maak gereed, klim af en gaan sonder aarseling saam met hulle, want Ek het hulle gestuur.” 21En Petrus het afgeklim na die mans en gesê: “Kyk, dit is vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?” 22En hulle het geantwoord: “Cornelius, die centurio, ‘n regverdige en godvresende man, iemand oor wie die hele Joodse volk goeie getuienis gelewer het, het deur ‘n heilige engel ‘n openbaring ontvang om u na sy huis te laat kom en te luister na u woorde.” 23Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom.

En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. 24Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom. 25Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. 26Maar Petrus het hom opgehelp met die woorde: “Staan op, ek self is ook net ‘n mens.” 27En terwyl hy met hom praat, het hy na binne gegaan en daar baie mense bymekaar aangetref. 28Hy het vir hulle gesê: “Julle weet dat dit vir ‘n Joodse man verbode is om met iemand van ‘n ander volk te assosieer of hom te besoek. God het egter aan my getoon dat ek geen mens as besoedel of onrein mag beskou nie. 29Daarom het ek sonder huiwering gekom toe ek ontbied is. Nou vra ek, waarom het julle my ontbied?” 30Cornelius antwoord toe: “Vier dae gelede was ek teen hierdie tyd, op die negende uur, besig om in my huis te bid. Opeens staan daar toe ‘n man in ‘n stralende gewaad voor my 31en sê, ‘Cornelius, jou gebed is verhoor en jou liefdadigheid het voor God in herinnering gekom. 32Stuur dan iemand na Joppe en laat haal Simon, ook bekend as Petrus. Hy is ‘n gas van Simon, die leerlooier, by ‘n huis langs die see.’ 33Ek het toe onmiddellik mense na u gestuur, en dit is goed dat u gekom het. Hier is ons nou almal in die teenwoordigheid van God aanwesig om alles te hoor wat deur die Here aan u opgedra is.”

PETRUS SE TOESPRAAK BY CORNELIUS

34Petrus het toe begin praat en gesê: “Ek besef nou werklik dat God niemand volgens sy uiterlike beoordeel nie, 35maar dat die mens wat ontsag vir Hom het en doen wat reg is, uit watter nasie hy ook mag wees, vir Hom aanvaarbaar is. 36Dít is die boodskap wat Hy vir die kinders van Israel gestuur het toe Hy die evangelie van vrede wat deur Jesus Christus gekom het, verkondig het: Hy is die Here van alle mense. 37Julle weet wat dwarsdeur Judea gebeur het – dit het begin in Galilea, ná die doop wat Johannes verkondig het – 38hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Hy het die land deurreis, goed gedoen en almal wat onder die mag van die Duiwel was, genees, omdat God met Hom was. 39Ons is getuies van alles wat Hy in die land van die Jode en in Jerusalem gedoen het. Maar hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang. 40Vir Hom het God op die derde dag opgewek, en beskik dat Hy verskyn – 41nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat vroeër reeds deur God aangewys is – aan ons wat saam met Hom geëet en gedrink het nadat Hy uit die dood opgestaan het. 42En Hy het ons beveel om aan die volk te verkondig en kragtig te getuig dat dit Hy is wat deur God aangewys is as Regter oor die lewendes en die dooies. 43Oor Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, deur sy Naam vergewing van sondes ontvang.”

DIE HEILIGE GEES AAN HEIDENE

44Petrus was nog aan die woord, toe die Heilige Gees op almal wat na die toespraak luister, neerdaal. 45Die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met •Petrus gekom het, was uiters verbaas dat die gawe van die Heilige Gees selfs op die heidene uitgestort is. 46Hulle het immers gehoor hoe hulle in tale spreek en God loof. Toe sê Petrus: 47“Niemand kan tog verhinder dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, met water gedoop word nie?” 48En hy het opdrag gegee dat hulle in die Naam van Jesus •Christus gedoop word. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae aan te bly.

PETRUS SE VERANTWOORDING IN JERUSALEM

111Die •apostels en die broers dwarsdeur Judea het gehoor dat ook die heidene die woord van God aanvaar het. 2Toe •Petrus na Jerusalem opgegaan het, het diegene wat besny is, met hom geargumenteer 3en gesê: “Jy was by onbesnede mans aan huis en het saam met hulle geëet.” 4Daarop het Petrus dit soos volg stap vir stap vir hulle begin uitlê: 

18Toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: “So het God dus ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.”

As ons die rol van die Kerk in God se verlossingsplan reg wil verstaan, moet ons eers God se hartklop volgens Joh 3:16 hoor. Soms moet die Kerk eers tot bekering kom voordat sy gereed is om ’n instrument in God se hand wees en nie ’n struikelblok in sy pad nie! (Vgl ook Hand 10:13-15, 34.)

Skryf / Vul in

Wat sê die Here nou vir jou persoonlik?


Dink na / Besin

Dink aan praktiese voorbeelde waar jy tot nou toe versuim het om jou knie (of wil) voor God (se wil) te buig. Bely die sonde van opstandigheid en versuim en aanvaar God se vergifnis daarvoor (Ps 32:1-7).

321Van Dawid. ‘n Maskiel.
Gelukkig is die een
wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.
2Gelukkig is die mens
vir wie die Here
sondeskuld nie toereken nie,
en in wie se gees geen bedrog is nie.
3Toe ek stilgebly het,
het my gebeente broos geword
onder my gekreun die hele dag.
4Ja, dag en nag was u hand
swaar op my;
my lewenskrag het weggekwyn
soos in die hitte van die somer. •Sela
5My sonde het ek teenoor U erken;
my sondeskuld het ek nie bedek nie.
Ek het gedink, ek wil my oortredings
teenoor die Here bely,
en U het my sondeskuld vergewe. Sela
6Dit is waarom elke getroue
volgeling tot U moet bid
terwyl die geleentheid daar is.
Die geluid van ‘n groot watervloed
sal hom nie bereik nie.
7U bied vir my beskutting;
U vrywaar my van nood;
met jubelkrete van bevryding
omring U my. Sela

Vra ook die Heilige Gees om jou van ander sondes in jou lewe te oortuig sodat jy dit kan bely, laat staan en ’n effektiewe instrument in God se hand kan wees (Ps 97:10).

10Julle wat die Here liefhet,
moet die kwaad haat.
Hy beskerm die lewe
van sy troue volgelinge;
uit die hand van goddeloses
red Hy hulle.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Spr 28:13; Matt 5:23-24; Mark 11:25; Joh 16:8-14; Rom 6:1-23; Heb 10:17-18; 1 Joh 1:8-9.

Spr 28:13;

13Wie sy oortredings bedek,
sal nie sukses behaal nie;
maar hy wat dit bely en dit laat vaar,
ervaar ontferming.

Matt 5:23-24;

23“En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe.

Mark 11:25;

25En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.”

Joh 16:8-14;

8En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van •geregtigheid en van oordeel:

9“Van sonde,
omdat hulle nie in My glo nie;
10van geregtigheid,
omdat Ek na die Vader gaan
en julle My nie meer sal sien nie;
11van oordeel,
omdat die heerser van hierdie wêreld
reeds geoordeel is.

12“Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie. 13Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. 14Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle bekend sal maak.

Rom 6:1-23;

DOOD VIR DIE SONDE EN LEWEND VIR GOD

61Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly voortleef, sodat die genade kan toeneem? 2Hoegenaamd nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin bly leef?

3Of weet julle nie dat ons wat in •Christus Jesus in gedoop is, in sy dood in gedoop is nie? 4Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei. 5As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in ‘n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in ‘n opstanding soos syne. 6Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. 7Wie gesterf het, is immers vrygemaak van die sonde. 8As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. 9Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie. 10Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy ter wille van die sonde eens en vir altyd gesterf, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11Beskou julleself dan so dat julle in Christus Jesus dood is vir die sonde, maar lewend vir God.

ALLES TOT BESKIKKING VAN GOD

12Laat die sonde dan nie langer oor julle sterflike liggaam heers, om julle sy begeertes te laat gehoorsaam nie. 13Julle moet ook nie meer julle ledemate as wapens van ongeregtigheid tot beskikking van die sonde stel nie. Nee, as mense wat uit die dood lewend geword het, stel julleself tot beskikking van God, en julle ledemate as wapens van •geregtigheid tot beskikking van God. 14Die sonde mag beslis nie oor julle heers nie; julle is immers nie onder die wet nie, maar onder die genade.

15Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Hoegenaamd nie!

16Besef julle nie dat as julle julleself vir iemand beskikbaar stel om hom as slawe te gehoorsaam, julle slawe is van die persoon aan wie julle gehoorsaam is nie? Julle is óf slawe van die sonde, wat tot die dood lei, óf slawe van gehoorsaamheid, wat lei tot geregtigheid. 17Aan God die dank dat julle wel slawe van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die vorm van leer waaraan julle onderwerp is; 18vrygemaak van die sonde, het julle slawe van die geregtigheid geword 19– ter wille van julle menslike swakheid praat ek in menslike terme – want soos julle julle ledemate in diens van onreinheid en losbandigheid gestel het om losbandig te leef, stel nou so julle ledemate in diens van die geregtigheid om heilig te leef. 20Want toe julle nog slawe van die sonde was, was julle nie aan geregtigheid gebonde nie.

21Watter vrug het julle destyds verkry? Oor daardie dinge skaam julle julle nou, want die uiteinde daarvan is die dood. 22Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe. 23Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in •Christus Jesus ons Here.

Heb 10:17-18;

17“Aan hulle sondes
en aan hulle wettelose dade
sal Ek glad nie meer dink nie.”
18Waar daar vergifnis hiervoor is, word ‘n offer vir sondes nie meer gebring nie.

1 Joh 1:8-9

8As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie. 9As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.

Skryf / Vul in

Dink na oor die volgende stellings en skryf jou indrukke daaroor neer:

Numeriese groei is ’n belangrike merkteken van die ware Kerk.


Die gemeente se hunkering na numeriese groei wys na sy
Sentrum, Jesus Christus.


Dis die gemeente se aard om daarna te hunker dat meer en meer mense tot aanbidding van God sal kom.


Numeriese groei is ten diepste die gevolg van die Missio Dei
(God se sending). (Vgl Joh 3:16; Hand 13:46-52.)

Hand 13:46-52

46Maar Paulus en Barnabas het prontuit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar aangesien julle dit verwerp en julleself nie die ewige lewe werd ag nie, kyk, nou wend ons ons tot die heidennasies. 47Want so het die Here dit aan ons opgedra:
“ ‘Ek het jou aangewys
as ‘n lig vir die nasies,
sodat jy verlossing kan bring
tot aan die uiteindes van die aarde.’”
48Toe die heidene dit hoor, was hulle bly en vol lof oor die woord van die Here. En diegene wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. 49Die woord van die Here het deur die hele landstreek versprei. 50Die Jode het egter die godsdienstige vroue uit die vooraanstaande kringe en ook die leiers van die stad aangehits, en hulle het ‘n vervolging teen Paulus en Barnabas ontketen en hulle uit hulle gebied verdryf. 51Hulle het toe die stof van hulle voete afgeskud as getuienis teen die stad en na Ikonium vertrek. 52Die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.

  • Wat sê dit van jou gemeente?
  • Wat sê dit van jou lewe?

Gebed

Vertel God wat op jou hart is.

Week 7 Dag 35 Ware groei is die resultaat van Missio Dei
Week 7 Dag 35 Ware groei is die resultaat van Missio Dei
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 138-144
Lees gerus Matt 28:19; Rom 1:16; 3:23-26, 28-31; Rom 10:9-15; 15:20; Fil 2:13; 1 Tim 2:1-7; 2 Tim 2:2; 3 Joh :5-8.

Matt 28:19;
19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

Rom 1:16;
16Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is die krag van God tot verlossing vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood, maar ook vir die Griek.

Rom 3:23-26, 28-31;
23Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle; 24en tog word hulle goedgunstig op grond van sy genade vrygespreek deur die bevryding in Christus Jesus. 25-26God het Hom, deur sy bloed, daargestel as versoeningsoffer wat deur die geloof verkry word, as bewys van sy geregtigheid; want so het Hy in sy verdraagsaamheid die sondes wat voorheen gedoen is, oorgesien. Hy het sy geregtigheid in die huidige tyd bewys om so regverdig te wees en dié wat in Jesus glo, regverdig te verklaar.

28Ons is immers daarvan oortuig dat ‘n mens regverdig verklaar word deur die geloof, sonder die uitvoering van die wet. 29Of is God net die God van Jode? Is Hy nie ook God van nie-Jode nie? Ja, ook van nie-Jode, 30aangesien dit een God is wat besnedenes op grond van die geloof regverdig sal verklaar, en ook onbesnedenes deur die geloof. 31Maak ons dan deur die geloof die wet ongeldig? Hoegenaamd nie! Trouens, ons bevestig die wet.

Rom 10:9-15; 15:20;

9Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. 10Want met die hart glo ons, en word so regverdig verklaar; met die mond bely ons, en word so verlos. 11Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” 12Dit maak inderdaad geen verskil of jy ‘n Jood of ‘n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. 13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”

14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

Rom 15:20
20So het ek my dit ten doel gestel om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds bekend was en ek dus op iemand anders se fondament sou bou nie,

Fil 2:13;
13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God. 

1 Tim 2:1-7;

21Heel eerste versoek ek dat smekinge, gebede, voorbidding en dankgebede vir alle mense gedoen word, 2vir konings en vir almal wat gesagsposisies beklee, sodat ons ‘n rustige en stil lewe, in alle godvresendheid en waardigheid, kan lei. 3Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.

5Want daar is een God,
en een Middelaar tussen God en die mense:
die mens •Christus Jesus,
6wat Homself as losprys vir almal gegee het,

tot getuienis op die bestemde tyd.7Hiervoor is ek aangestel as prediker en •apostel – ek praat die waarheid, ek lieg nie – as leermeester om die heidene in geloof en waarheid te onderrig.

2 Tim 2:2;
2en dra dit wat jy deur baie getuies van my gehoor het, oor aan betroubare mense wat bekwaam sal wees om ook ander te onderrig. 

3 Joh 1:5-8
5Geliefde, jy tree getrou op in wat jy ook al vir die broers doen, en dit terwyl hulle vir jou vreemdelinge is. 6Hulle het voor die •gemeente van jou liefde getuig. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op ‘n manier wat God waardig ag. 7Want ter wille van die Naam, het hulle uitgegaan, sonder om iets van die heidene te ontvang. 8Ons behoort sulke mense daarom goed te ontvang, sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees.

Wenk

WENK: Dink hoe God jou kan gebruik om ’n inset te lewer in jul gemeente se fokus op die uitbreiding van God se Koninkryk – ook deur die groei van jul plaaslike gemeente.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 7 Dag 34 – “Geestelike” groei- Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 34 God bou sy Koninkryk deur Numeriese groeii - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Miskien dink jy dadelik: Van watter groei word hier gepraat? Geestelike groei? Dit sou tog immers pas by ’n Bybelstudie oor die Kerk en Koninkryk van die Here Jesus Christus. Tog is dit nie geestelike groei waarvan in hierdie volgende twee dae gepraat gaan word nie, maar wel numeriese groei, met ander woorde, groei in getalle.

Weer kan ’n mens se gedagtes op loop gaan: Gaan dit dan oor koppe-tel ? Die Bybel plaas mos nie ’n premie op (uiterlike) getalle nie?

Gebed

Miskien moet jy nou eers vir die Here vra om jou los te maak van alle eie vooropgestelde idees en sienings. Ondersoek dan sy Woord met ’n oop gemoed asof vir die eerste keer…

Lees die Skrif

Lees Joh 3:16-17;Joh 20:21.

Joh 3:16-17;

16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. 

Joh 20:21.

21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook: Rom 10:13-15; 1 Kor 4:20; Ef 1:10; Op 7:9

Rom 10:13-15;

13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”

14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

1 Kor 4:20;

20want die •koninkryk van God bestaan nie uit ‘n gepraat nie, maar uit krag. 

Ef 1:10;

10om die volheid van die tye te bestuur,
en om alle dinge
– die dinge in die hemel en die dinge op die aarde –
onder een Hoof in Christus saam te bring,

Op 7:9

9Hierna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n baie groot skare, wat niemand kon tel nie. Hulle was afkomstig uit elke nasie en stam en volk en taal, en het voor die troon gestaan, en voor die Lam. Hulle het lang wit stolas gedra, met palmtakke in hulle hande.

Skryf / Vul in

Bid en besin daaroor of “stagnasie”, of “selfs ’n oorlewing-sindroom” , ooit ter sprake is as Jesus van sy Kerk en Koninkryk praat? Wat sê die Here vir jou?


Lees nou ook Ps 22:28-29; 67:1-8; 2 Pet 3:9; Eseg 18:23, 30-32.

Ps 22:28-29;

28Almal tot aan die uithoeke
van die aarde
moet daaraan dink
en hulle tot die Here bekeer.
Al die familiegroepe van die nasies
moet voor U in aanbidding buig;
29want aan die Here
behoort die koningskap,
en Hy heers oor die nasies.

Ps 67:1-8;

671Vir die •musiekleier. Met snarespel. ‘n Psalm. ‘n Lied.
2Mag God ons genadig wees
en ons seën;
mag Hy die lig van sy aangesig
by ons laat skyn. •Sela
3Mag U pad op die aarde bekend wees,
u verlossing onder al die nasies.
4Mag volke U prys, o God,
mag al die volke U prys.
5Mag nasies bly wees en jubel,
want U oordeel volke billik;
en nasies, mag U hulle
op die aarde lei. Sela
6Mag volke U prys, o God,
mag al die volke U prys.
7Die aarde het sy opbrengs gelewer.
Mag God, ons God, ons seën.
8Mag God ons seën,
sodat al die uithoeke van die aarde
vir Hom ontsag sal hê.

2 Pet 3:9;

9Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Eseg 18:23, 30-32

23Sou Ek enige vreugde vind in die dood van ‘n goddelose?” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Is vreugde nie eerder daarin geleë dat hy van sy verkeerde paaie terugkeer en leef nie?

30Daarom sal Ek julle oordeel, huis van Israel, elkeen volgens sy optrede,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle! Draai weg van al julle oortredings, sodat dit nie vir julle ‘n struikelblok word wat sondeskuld meebring nie. 31Werp al julle oortredings van julle af weg, dit waarmee julle oortree het, en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees. Waarom moet julle sterf, huis van Israel? 32Ja, Ek vind nie vreugde in die dood van een wat moet sterf nie,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle en leef!”

Wat verstaan jy onder numeriese (getalle) groei in terme van die Kerk en Koninkryk? Dink jy dit verwys na dinge soos geboorte-aanwas, nuwe intrekkers of eerder na nuwe bekeerlinge? Met dit in gedagte: Watter boodskap oor numeriese groei gee die Bybel ons in die tekste hierbo? Is dit regtig vir God belangrik dat sy Koninkryk sal uitbrei, of nie? (Kyk weer na Joh 3:16-17.)


Dink na oor die volgende stellings en reageer soos die Gees jou lei: Numeriese groei weerspieël ’n hunkering na die uitbreiding van die Koninkryk van God. Watter hunkering weerspieël jou lewe?


Numeriese groei is die gevolg van ’n polsende verlange om meer mense ingesluit te sien binne God se Koninkryk (Rom 15:20; 2 Kor 5:20).

Rom 15:20;

20So het ek my dit ten doel gestel om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds bekend was en ek dus op iemand anders se fondament sou bou nie,

2 Kor 5:20

20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen!


Die Skrif gebruik nêrens woorde soos “kleiner” , “verdwynend” of selfs “stagnerend” om God se Koninkryk en Kerk te beskryf nie. Dink na oor watter woorde die Bybel wél in hierdie verband gebruik. (Sien die implikasie van Jesus se woorde in Matt 28:19. 19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, )


Geen gemeente kan ooit tevrede wees met die status quo nie! Dan ignoreer die Kerk sy roeping om ’n verskil te maak (Joh 1:4; 8:12; Matt 5:14-16; Fil 2:15-16a).

Joh 1:4;

4In Hom was lewe,en dié lewe was die lig vir die mense.

Joh 8:12;

12Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Matt 5:14-16;

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Fil 2:15-16a

15sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van ‘n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal, 16deurdat julle vashou aan die woord van die lewe.


Skape wat bloot van een kraal (kerk-denominasie) na ’n ander verskuif word, is nie numeriese groei in die kudde (Koninkryk) nie.


Wanneer jy opnuut die waarheid uit God se Woord oor numeriese groei hoor: Wat beteken dit vir jou as gelowige? En vir die gemeente? Kan ons dan nog sê: “Sending is vir ánder mense. Dis nie vir my nie!”?


Hond
Iemand vertel dat hy eendag saam met ’n vriend op die trappies van hul kerkgebou gestaan het toe ’n man met ’n 1000cc motorfiets daar aangery kom. Die vreemdeling se vuil klere en lang poniestert-haarstyl het hom dadelik teen die bors gestuit. Tog het sy vriend die motorfietsryer vriendelik gegroet en later die storie vertel. Hierdie poniestert-man het ’n woeste, onverskillige lewe gelei, maar het die vorige week radikaal tot bekering gekom. Hy het die vorige Sondag geleentheid gehad om sy verhaal vir die gemeente te vertel. Hy sê toe dat sy naam Hond is – want so het hy grootgeword en uiteindelik met hierdie skelnaam saamgeleef. Hierdie gemeente het egter hul harte vir hom oopgemaak en geweier om hom só te noem. Van toe af het hulle sy regte naam, Gideon, gebruik.

Wat sou jy (julle gemeente) doen as Hond met sy poniestert en vuil klere op sy 1000cc motorfiets by julle kerkgebou se trappies opdaag? Sou julle belangstel om sulke lidmate by te kry? (Hunker jy / julle gemeente nog na groei in God se Koninkryk – ook in en deur julle plaaslike gemeente?)

Gebed

Bid en dink ’n bietjie eerlik hieroor.

Skryf / Vul in

Wat sê die Here vir jou? (Vgl Jes 6:1-8.)

61In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op ‘n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul. 2Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: Met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg. 3Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.” 4Die deurpenne in die drumpel het gebewe van die geluid van die een wat roep. Die tempel het vol rook geword.

5Ek het gesê:
“Wee my, want ek is verlore!
Want ek is ‘n mens
met onrein lippe,
en by ‘n volk met onrein lippe
woon ek.
Ja, my oë het die Koning,
die Here, Heerser oor alle magte,
gesien.”

6Een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool by hom wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het. 7Hy het my mond aangeraak en gesê:

“Kyk, dit het jou lippe aangeraak,
jou sondeskuld het gewyk,
daar is vir jou sonde
versoening gedoen.”
8Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê:
“Wie sal Ek stuur
en wie sal vir ons gaan?”
Ek sê toe:
“Hier is ek, stuur my!”


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Luk 7:34; Eseg 2:3.

Luk 7:34;

34“En die •Seun van die Mens
het gekom en geëet en gedrink,“en julle sê,
“ ‘Kyk, Hy is ‘n vraat en ‘n suiplap,
‘n vriend van tollenaars en sondaars.’

Eseg 2:3

3Hy het vir my gesê: “Mensekind, Ek stuur jou na die Israeliete toe, na daardie rebelse nasies wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorouers het teen My oortree tot op die dag van vandag.

Gebed

Die engel van die lig (Satan) kan ons so maklik verlei om negatief of apaties ingestel te wees teenoor numeriese groei in die Koninkryk van God. Hy kan ons aan die ander kant ook weer mislei om só op groei te fokus, dat dit niks anders as ’n selfgerigte basis vir trots word nie. Dan gaan dit nie oor meer mense wat tot aanbidding van die lewende God kom nie! Raak daarom stil en laat die Gees jou lei om op God en sy wil te fokus.

Skryf / Vul in

Is daar iets wat jy by die Here gehoor het? Skryf dit hier neer en koester die gedagte.


Week 7 Dag 34 God bou sy Koninkryk deur Numeriese groeii
Week 7 Dag 34 God bou sy Koninkryk deur Numeriese groeii
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 138-144
Lees gerus ook Hand 2:1-11, 37-41, 47; Rom 1:14-18; 10:13-15; Ef 1:10; 1 Tim 2:1-7; 2 Tim 2:2.

Hand 2:1-11, 37-41, 47;

21Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Onverwags het daar uit die hemel ‘n geluid soos dié van ‘n kragtige stormwind opgeklink, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. 4En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.

5Destyds het daar vroom Jode uit elke nasie onder die hemel in Jerusalem gewoon. 6Toe daardie geluid opklink, het die menigte saamgedrom, en was verward, omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word. 7Verstom en verbaas het hulle gevra: “Kyk, is almal wat daar praat, dan nie Galileërs nie? 8Hoe hoor elkeen van ons hulle dan praat in die taal waarmee ons grootgeword het? 9Ons – Parte en Meders en Elamiete, inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en streke van Libië in die omgewing van Sirene, en Romeine wat hier vertoef, 11Jode en proseliete, mense van Kreta en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God praat.” 

37Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir •Petrus en die ander •apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?” 38Petrus antwoord hulle: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39Want die belofte is bedoel vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal daar ver, almal wat die Here ons God na Hom toe roep.” 40Met nog baie ander woorde het hy getuig en hulle aangespoor: “Laat julle uit hierdie korrupte geslag red.” 41Diegene wat sy boodskap aangeneem het, is gedoop, en op daardie dag is ongeveer drieduisend mense toegevoeg.

47Hulle het God bly prys, en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.

Rom 1:14-18;

14Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyses sowel as onverstandiges, staan ek in die skuld – 15vandaar my hartsbegeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig.

16Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is die krag van God tot verlossing vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood, maar ook vir die Griek. 17Want daarin word geopenbaar dat die •geregtigheid van God geheel en al op geloof berus, soos daar geskryf staan: “Die regverdige op grond van geloof sal leef.”

18Die toorn van God word vanaf die hemel geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat volhou om die waarheid deur ongeregtigheid te probeer onderdruk, 

Rom 10:13-15;

13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”

14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

Ef 1:10;

10om die volheid van die tye te bestuur,
en om alle dinge
– die dinge in die hemel en die dinge op die aarde –
onder een Hoof in Christus saam te bring,

1 Tim 2:1-7;

21Heel eerste versoek ek dat smekinge, gebede, voorbidding en dankgebede vir alle mense gedoen word, 2vir konings en vir almal wat gesagsposisies beklee, sodat ons ‘n rustige en stil lewe, in alle godvresendheid en waardigheid, kan lei. 3Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.

5Want daar is een God,
en een Middelaar tussen God en die mense:
die mens •Christus Jesus,
6wat Homself as losprys vir almal gegee het,
tot getuienis op die bestemde tyd.

7Hiervoor is ek aangestel as prediker en •apostel – ek praat die waarheid, ek lieg nie – as leermeester om die heidene in geloof en waarheid te onderrig.

2 Tim 2:2.

2en dra dit wat jy deur baie getuies van my gehoor het, oor aan betroubare mense wat bekwaam sal wees om ook ander te onderrig.


Sien Figuur 7 van Bylae 2, p 172

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 7 Dag 33 – Vir burgers van die Koninkryk – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 33 Kinders van God is koningskinders - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Die Bybel sê: “Julle daarenteen is die uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet 2:9).

Gebed

Wat ’n toesegging! Watter groot genade! Buig voor dié God wat ook vir jou van ewigheid af liefhet en geroep het uit die duisternis tot sy wonderbare lig en verootmoedig jou voor Hom in aanbidding.

Lees die Skrif

Lees 1 Pet 2:1-10; Gal 4:1-7.

1 Pet 2:1-10;

21Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, 2en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, 3noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.

4Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is; 5en laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus •Christus, vir God aanneemlik is. 6Daar staan immers in die Skrif:

“Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer,
‘n hoeksteen, uitverkore en kosbaar;
maar wie in Hom glo,
sal vir seker nie beskaamd staan nie.”
7Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld,
“Juis die klip wat die bouers afgekeur het,
het die hoeksteen geword,”8en
“’n klip waaroor ‘n mens kan struikel,
ja, ‘n rots wat jou kan laat val.”Hulle struikel, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is; hulle was daartoe bestem.

9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –

10julle wat eers nie ‘n volk was nie,
maar nou volk van God is;
wat eers nie ontferming ontvang het nie,
maar nou ontferming ontvang het.

Gal 4:1-7

41Hiermee bedoel ek: Solank as die erfgenaam nog minderjarig is, verskil hy niks van ‘n slaaf nie, alhoewel hy die eienaar van alles is. 2Maar hy staan onder die beheer van voogde en bestuurders, tot die tyd aanbreek wat deur sy vader bepaal is. 3Net so is dit ook in ons geval: Toe ons nog minderjarig was, was ons as slawe onderwerp aan die elementêre beginsels van die wêreld;

4maar toe die tyd vervul is,
het God sy Seun uitgestuur,
gebore uit ‘n vrou,
gebore onder die wet,
5sodat Hy dié onder die wet
kon loskoop,
sodat ons as sy kinders
aangeneem kon word.
6En omdat julle sy kinders is,
het God die Gees van sy Seun
uitgestuur tot in ons harte,
die Gees wat roep: “Abba, Vader!”
7Jy is dus nie meer slaaf nie,
maar seun;
en as jy seun is,
is jy ook erfgenaam deur God.

Eergister het ons gedink oor die Koninkryk en gister oor die Koning. Jy behoort daarvan oortuig te wees dat die Koning en die Koninkryk nie sommer net ’n manier is om iets van ons verstaan van die Bybel te illustreer nie. Nee, dit gaan oor veel meer as dit!

Skryf / Vul in

Hoe voel jy oor die stelling wat deur baie teoloë gemaak word, dat die Koning en die Koninkryk in die sentrum van ons geloofslewe lê? Sommige is nog meer uitgesproke daaroor – hulle sê dat ons weinig of niks van die evangelie verstaan as ons nie die perspektief van die Koning en die Koninkryk verstaan nie. Iemand anders beweer dat elke uitspraak en optrede van Jesus se aardse bediening net reg verstaan kan word as dit binne die konteks van die Koninkryk geïnterpreteer word. Toets hierdie stelling gerus! Wat dink jy daarvan? Skryf jou gedagtes neer


Vandag gaan ons ’n stap verder. God neem ons aan (Gal 4:3-7). Ons is Koningskinders. Dit is baie duidelik in die Bybel dat God ons wil gebruik om in die wêreld en in sy Koninkryk die wonder van sy Naam te verkondig. Ons is medewerkers in diens van die Koning. Ons word geroep tot ’n lewe van lof en aanbidding. Dis ons bestaansdoel! Ons voer dit uit deur alles wat ons doen. As kinders van die Koninkryk is ons ook erfgename – erfgename van dit wat die Bybel met die woord heerlikheid beskryf. Die inhoud wat deur hierdie woord geïmpliseer word, kan ons nie werklik vasvat nie – ons kan maar net daaroor peins en wonder Die woord is verwant aan uitdrukkings soos: oorvloed, rykdom, welvaart, prag, praal, majestieus, ens. Dit is God se wil dat sy grootheid, almag en heerlikheid sigbaar sal word in en deur ons lewens. Om dus passief te wees en so elke nou en dan ons Sondaglewens ten toon te stel, is nie Bybels nie. Ons is geroep om as God se medewerkers in die wêreld betrokke te raak, sodat die Koninkryk van God op alle lewensterreine kan kom (2 Kor 6:1 1As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie!).

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 50:14; 119:175; Rom 8:15-17; 1 Kor 3:9; Ef 1:4-6.

Ps 50:14;

14Offer dank aan God,
betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.

Ps 119:175;

175Hou my lewend
sodat ek U kan loof
en laat u beslissings my help.

Rom 8:15-17;

15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

1 Kor 3:9;

9Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

Ef 1:4-6.

4So het Hy ons voor die grondlegging van die wêreld in Hom uitgekies,
sodat ons heilig en onberispelik in liefde voor Hom sou wees,
5nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem,
soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het,
6tot lof van die heerlikheid van sy genade,
waarmee Hy ons in die Geliefde begenadig het.

Dink na / Besin

Dink oor die Skrifgedeelte waarmee ons vandag begin het. Lees dit weer deur en merk die woorde wat vir jou uitstaan: “Julle daarenteen is die uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet 2:9 9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –).

Skryf / Vul in

Die volgende woorde kan ons nie mislees nie: (Vgl ook Kol 3:1-17.)

  • Uitverkore;
  • Koninklike priesterdom;
  • Vir God afgesonder;
  • Eiendom van God;
  • Verkondigers van sy verlossingsdade;
  • Hét geleef in duisternis;
  • Hy roep ons; en
  • Nou leef ons in sy wonderbare lig

Kol 3:1-17
31As julle dan saam met •Christus opgewek is, streef na dit wat daarbo is, waar Christus aan die regterhand van God sit. 2Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie. 3Julle het immers gesterf, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus verskyn, Hy wat julle lewe is, sal julle ook saam met Hom in heerlikheid verskyn. 5Daarom moet julle daardie deel van julle wat op die aardse gerig is, doodmaak: onsedelikheid, onreinheid, wellus en slegte begeertes, en ook gierigheid, wat afgodediens is. 6As gevolg van sulke dinge, kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. 7Ook julle het vroeër daaraan meegedoen, toe julle nog onder hulle geleef het. 8Maar raak ook julle van al hierdie dinge ontslae: woede, driftigheid, kwaadwilligheid, lastering, en onwelvoeglike taal wat uit julle mond kom. 9Moenie vir mekaar lieg nie, aangesien julle die ou mens en sy gewoontes uitgetrek het, 10en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word. 11By die nuwe mens is daar nie onderskeidings soos Griek of Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar of Skittiër, slaaf of vry persoon nie, maar Christus is alles en in almal. 12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. 13Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. 14Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. 15Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. 16Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. 17En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.


Gebed

Ek wil hê jy moet elkeen van hierdie stellings bedink, daaroor bid en dit dan emosioneel aan jouself verbind, want dit is van sy mense wat God hier deur Petrus praat – dis van jou wat Hy hier praat!

  • Uitverkore;
  • Koninklike priesterdom;
  • Vir God afgesonder;
  • Eiendom van God;
  • Verkondigers van sy verlossingsdade;
  • Hét geleef in duisternis;
  • Hy roep ons; en
  • Nou leef ons in sy wonderbare lig
Skryf / Vul in

Dalk lê die Here iets op jou hart wanneer jy daarmee besig is – skryf dan jou gewaarwording, of besluit, langsaan die toepaslike stelling.


Week 7 Dag 33 Kinders van God is koningskinders
Week 7 Dag 33 Kinders van God is koningskinders

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 132 -134
Lees gerus ook Ps 50:21; Kol 4:11; Jak 2:5.

Ps 50:21;

21Hierdie dinge het jy gedoen,
maar Ek het stilgebly.
Jy het gedink Ek is net soos jy!
Ek gaan jou teregwys
en vir jou die saak duidelik uiteensit.

Kol 4:11;

11Dieselfde geld ook Jesus, wat Justus genoem word. Van diegene wat uit die besnydenis kom, is hulle die enigste medewerkers vir die •koninkryk van God, en hulle het ‘n troos vir my geword.

Jak 2:5.

5Luister, my geliefde broers, het God nie die armes in die wêreld gekies om ryk in die geloof te wees nie? En om erfgename te wees van die koninkryk wat Hy beloof het aan hulle wat Hom liefhet nie?

Wenk

WENK: As daar vandag vir jou een kernwoord uitgestaan het, skryf dit op ’n kaartjie en dra dit in jou sak styf teenaan jou lyf. Haal dit kort-kort uit en kyk daarna; dink daaroor en dank die Here daarvoor! As jy meer onkonvensioneel of waaghalsig wil wees – skryf die woord met ’n pen in jou handpalm of op jou pols – jy gaan dan kort-kort daaraan herinner word! As jy jonk van gees is – sit dit op jou selfoon se reminder en herinner jouself later vandag weer aan hierdie waarheid.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 7 Dag 32 – ‘n Koning – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 32 God is die groot Koning - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Jesus sê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ’n boom sodat die voëls in sy takke kom nes maak” (Matt 13:31-32)

Matt 13:31-32

31Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou: “Die •koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand geneem en in sy tuin geplant het. 32Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar wanneer dit gegroei het, is dit die grootste van al die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls van die hemel in sy takke kom nesmaak.”

en ook “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang.” (Vgl. Op 4:11; Ps 24:7-10.)

Op 4:11;

11“U is waardig, ons Here en God,
om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang,
omdat U alle dinge geskep het;
deur u wil het alles ontstaan,
is dit geskep.”

Ps 24:7-10

7Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig julleself op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
8Wie is hierdie roemryke Koning?
Die Here, magtig en heldhaftig,
die Here, heldhaftig in die stryd.
9Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
10Wie is Hy,
hierdie roemryke Koning?
Die Here, Heerser oor alle magte,
Hý is die roemryke Koning. Sela

Gebed

Dis nodig dat jy jouself instel om in die teenwoordigheid van hierdie magtige Koning te kom – op ’n spesiale manier – asof in sy troonkamer. Lees gerus die eerste paar verse van Jesaja 6 voordat jy aangaan. Lees dit enkele kere deur en laat die visie van Jesaja jou bewus maak van die Een in wie se teenwoordigheid jy is.

Jesaja 6

61In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op ‘n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul. 2Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: Met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg. 3Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.” 4Die deurpenne in die drumpel het gebewe van die geluid van die een wat roep. Die tempel het vol rook geword.

5Ek het gesê:
“Wee my, want ek is verlore!
Want ek is ‘n mens
met onrein lippe,
en by ‘n volk met onrein lippe
woon ek.
Ja, my oë het die Koning,
die Here, Heerser oor alle magte,
gesien.”

6Een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool by hom wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het. 7Hy het my mond aangeraak en gesê:

“Kyk, dit het jou lippe aangeraak,
jou sondeskuld het gewyk,
daar is vir jou sonde
versoening gedoen.”

8Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê:
“Wie sal Ek stuur
en wie sal vir ons gaan?”

Ek sê toe:
“Hier is ek, stuur my!”

Bring lof aan die Koning; betuig jou liefde teenoor Hom en raak bewus van sy onvergelykbare liefde vir jou. Praat met Hom – verlustig jou in Hom (Spr 8:30)!

Spr 8:30

30was ek ‘n lieflingskind aan sy sy –
ek was dag ná dag sy vreugde,
terwyl ek die hele tyd
voor Hom speel.

Luister na lied

Luister na snit 10 (IMMANUEL, GOD REGEER) op die ingeslote CD.

IMMANUEL, GOD REGEER-Johann Botes

IMMANUEL, GOD REGEER-Johann Botes

IMMANUEL, GOD REGEER-Johann Botes

In die vroegheid van die môre
Klink my lied na U o Heer
Al my lof en al my dank
My aanbidding meer en meer
My Koning is in die hemel
My lewe is in sy hand
Immanuel, God regeer

Hy’s almagtig, Hy is Here
Openbaar sy Majesteit
Al my liefde, my aanbidding
Na die God van ewigheid
My hart, my siel, my liggaam
Ja my lewe tot u eer
Immanuel, God regeer

Halleluja, Amen!

Skryf / Vul in

As jy dink aan ’n koning – watter gedagtes kom by jou op? Skryf
kernwoorde waaraan jy kan dink neer.


Lees die Skrif

Lees Matt 13:31-33, 44-49; Op 4:1-11

Matt 13:31-33, 44-49;

31Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou: “Die •koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand geneem en in sy tuin geplant het. 32Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar wanneer dit gegroei het, is dit die grootste van al die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls van die hemel in sy takke kom nesmaak.”

33Hy het nog ‘n gelykenis vir hulle vertel: “Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in drie saton koringmeel ingewerk het, totdat dit heeltemal deursuur is.”

44“Die •koninkryk van die hemele is soos ‘n skat wat in die veld begrawe lê. ‘n Man het dit ontdek en weer toegegooi. Uit blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het en koop daardie grond.

45“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n handelaar op soek na goeie pêrels. 46Toe hy een baie kosbare pêrel vind, het hy gegaan en alles wat hy gehad het, verkoop en dit gekoop.

47“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n treknet wat in die see uitgewerp is en van elke soort vis gevang het. 48Toe dit vol was, het hulle dit op die strand getrek. Hulle het toe gaan sit en die goeies in houers bymekaargemaak, maar die slegtes uitgegooi. 49So sal dit wees by die voleinding van die tyd: Die engele sal uitgaan, en hulle sal die bose mense tussen die •regverdiges uithaal

Op 4:1-11

1Hierna het ek gesien, en kyk, ‘n deur wat in die hemel geopen is, en die stem wat ek voorheen so hard soos ‘n basuin met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur.” 2Onmiddellik het die Gees van my besit geneem, en kyk, daar was ‘n troon in die hemel, en Iemand wat op die troon sit. 3Die Een wat daarop sit, se voorkoms was soos •jaspis en •karneool, en rondom die troon was daar ‘n reënboog wat net soos •smarag lyk.

4Rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het vier-en-twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere gedra, met goue krone op hulle koppe. 5Vanuit die troon het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. En voor die troon het sewe vuurfakkels gebrand – die sewe Geeste van God. 6Voor die troon lyk dit soos ‘n see van glas, net soos kristal.

In die middel van die troon en rondom die troon staan daar vier lewende wesens, vol oë aan die voorkant en agterkant. 7Die eerste lewende wese lyk net soos ‘n leeu; die tweede lewende wese net soos ‘n kalf; die derde lewende wese het ‘n gesig net soos ‘n mens, en die vierde lewende wese lyk net soos ‘n arend wat vlieg. 8Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag:

“Heilig, heilig, heilig
is die Here God, die Almagtige,
Hy wat was en wat is en wat kom.”

9En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, 10val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê:

11“U is waardig, ons Here en God,
om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang,
omdat U alle dinge geskep het;
deur u wil het alles ontstaan,
is dit geskep.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 22:28-32; 101:6-8

Ps 22:28-32;

28Almal tot aan die uithoeke
van die aarde
moet daaraan dink
en hulle tot die Here bekeer.
Al die familiegroepe van die nasies
moet voor U in aanbidding buig;
29want aan die Here
behoort die koningskap,
en Hy heers oor die nasies.
30Ja, voor Hom sal almal
wat oordadig leef,
in aanbidding neerbuig;
voor Hom sal alle sterflinge kniel,
elkeen wat nie die lewe kan behou nie.
31‘n Nageslag sal Hom dien;
hulle sal van my Heer vertel
aan die volgende geslag.
32Hulle sal kom en sy geregtigheid
bekend maak aan mense
wat nog gebore moet word:
Hy het dit gedoen.

Ps 101:6-8

6Ek is op die uitkyk
vir betroubares in die land,
sodat hulle by my kan bly;
wie ‘n onberispelike lewenswyse
handhaaf, hulle mag my dien.
7Daar sal niemand in my huis
woon wat bedrog pleeg nie.
Wie leuens vertel,
sal nie voor my oë standhou nie.
8Elke môre sal ek al die goddeloses
in die land vernietig,
om so almal wat onreg pleeg,
uit die stad van die Here uit te roei.

In sy Koninkryk is dit God wat laat groei en wat seën (1 Kor 3:5-7).

1 Kor 3:5-7

5Wat is Apollos nou eintlik? En wat is Paulus? Hulle is dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, soos die Here dit vir elkeen van hulle gegee het. 6Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. 7Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.

Jesus se storie oor die mosterdsaadjie verduidelik dit baie mooi. Jesus verwys hier na ’n Joodse spreekwoord vir iets wat onbeduidend klein is. (Nie letterlik nie!) Kleinste van alles ; onbenullig – en daaruit laat God ’n boom spruit waarin voëls kan rus met takke waartussen hulle kan skuil. So handel God – soms is die begin oënskynlik uiters nietig en onbenullig, maar as Hy eers handel, word daardie onbenullige saak ’n verstommende wonder.

Dink na / Besin

Dink aan so ’n voorbeeld waarvan jy weet, of wat jy dalk self beleef het. Skryf dit op die week se groepgesprekblad (p 131) neer, sodat jy dit teen die einde van die week by die groepgesprek kan vertel.

Dit is God wat met ’n klein begin sy groot Koninkryk vestig. Juis daarom moet ons al hoe meer God-gerig lewe; al hoe minder vanuit onsself en al minder probeer om self God te wil wees. Ons is in God se diens. Hy laat groei en Hy laat sy Koninkryk kom.

Skryf / Vul in

Wat dink jy beteken hierdie tweede bede van die Ons Vader gebed in die praktyk (Matt 6:10)?

Matt 6:10

10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.


Op baie plekke in die Ou Testament (oa Ps 21; 45; 72) word verwys na die heerlikheid van die koning. Telkens staan ons verstom oor die heerlikheid van die aardse konings waarvan ons in die Bybel lees – oor hulle swier, prag en praal. In hierdie Skrifgedeeltes word die koning beklee met heerlikheid en erken as die koning, as die gesalfde van die Here. Die beeld van die koning word ook verder gebruik om na die Groot Koning te verwys. Die Here is die groot Koning, die ware Koning, wat heers oor die konings van die wêreld en oor die konings van Israel (Ps 24:10 10Wie is Hy, hierdie roemryke Koning? Die Here, Heerser oor alle magte, Hý is die roemryke Koning. Sela”). Die gesalfde van Israel is maar slegs in diens van die ware Koning, die ware Here wat oor hulle heers. Die gesalfde koning van Israel, moet dus ook buig voor die ware Koning. Die Here is die Koning van sy Koninkryk. Hierdie beeld word gebruik om die majesteit en die heerlikheid van God te beklemtoon. Uit hierdie gedeeltes kan ons aflei hoe groot en heerlik die majesteit van God werklik is. (As jy kan, kyk gerus na die grootsheid van die skepping van die grote en onbeskryflike God, soos gevind op die Indescribable en How great is our God-reeks DVD s van Louie Giglio.)

Week 7 Dag 32 Galaxies
Week 7 Dag 32 Galaxies

As ons na die groter prentjie van getuienis kyk, is dit baie duidelik dat ons in afhanklikheid van God moet lewe. Dit is glashelder en onmiskenbaar, dat God die wêreld deur sy Koninkryk wil verander. Dit geld ook die feit dat ons nooit ’n nuwe wêreld sal kry indien God dit nie deur die werking van sy Heilige Gees doen nie. Daarom moet ons biddend vertrou dat die Koninkryk van God in hierdie wêreld sal kom, sodat God se Naam verheerlik sal word. (Vgl Matt 6:9- 13; Jes 42:8; 48:11; Eseg 20:9.)

Matt 6:9- 13;

9“Só moet julle dan bid:
“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

Jes 42:8;

8Ek is die Here, dit is my Naam.
My heerlikheid sal Ek nie afstaan
aan ‘n ander nie,
my roem nie aan gesnede beelde nie.

Jes 48:11;

11Ter wille van Myself,
ja, ter wille van Myself
tree Ek op.
Want hoe sou my Naam
nie ontheilig word nie!
En my heerlikheid –
aan geen ander sal Ek dit gee nie.

Eseg 20:9

9Maar Ek het toe ter wille van my Naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word in die oë van die nasies tussen wie hulle was nie – die nasies voor wie se oë Ek My aan Israel bekend gemaak het met die belofte om hulle uit Egipteland uit te lei.

’n Laaste gedagte. Ons deelwees van God se Plan, is in die liefde gewortel. Dis juis waarom ons na ander mense uitreik – om God se liefde aan hulle te demonstreer, sodat hulle uit die duisternis tot sy wonderbare lig kan kom. Jesus is die Koning van hierdie unieke Koninkryk wat liefde demonstreer. Dit is waarom Hy gekom het: “Want God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16; 20:21).

Ons burgerskap van hierdie radikaal anderse Koninkryk, word hoofsaaklik op 2 maniere uitgeleef:

  1. Deur betoning van liefde.
  2. Deur die heerlikheid van die ware Koning te vertoon.

Dien en volg jy die Koning met passie? Is sy eer vir jou ’n prioriteit? Is jy dalk
soms aandadig aan ’n subtiele, of meer openlike, paleisrewolusie?

Skryf / Vul in

Hoe voel jy oor die volgende opmerking van Andrew Murray: “Dit is geen wonder dat daar min entoesiasme vir die Koninkryk is nie – daar is dan so min entoesiasme vir die Koning!”


Gebed

Buig nou weer in aanbidding voor hierdie waardige God en Koning. Loof Hom, eer Hom, prys Hom, besing sy grootheid, sy almag, sy liefde en trou, sy genade en voorsiening. Erken dat Hy Koning is – ook in jou lewe!

Week 7 Dag 32 God is die groot Koning
Week 7 Dag 32 God is die groot Koning
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 126-137
Lees gerus ook Neh 9:34-37; Spr 16:10-15; 21:1; 22:8; 25:4-5; 29:12, 14, 16; 31:4-9; Pred 4:13-16.

Neh 9:34-37;

34Ons konings en leiers,
ons priesters en voorouers
het u wet nie uitgevoer nie.
Hulle het nie ag geslaan
op u gebooie en bepalings
waarmee U hulle gewaarsku het nie.
35Hulle het, met hulle eie koninkryk,
te midde van u groot goedheid
wat U aan hulle geskenk het,
en in die wye en vrugbare land
wat U vir hulle aangebied het,
U nie gedien nie;
hulle het nie weggedraai
van hulle bose dade nie.
36“Kyk, ons is vandag slawe;
die grond wat U aan ons voorouers
gegee het om die vrugte
en die goeie daarvan te geniet –
kyk, ons is slawe daarop.
37Die opbrengs daarvan word meer
vir die konings wat U oor ons
gestel het –
en dit as gevolg van ons sondes.
Oor ons liggame heers hulle,
ook oor ons vee, soos hulle wil.
Ons verkeer in groot nood.”

Spr 16:10-15;

10‘n Orakelspreuk is op die lippe
van ‘n koning;
by ‘n vonnis mag sy mond
nie ontrou wees nie.
11 ‘n Skaal, ‘n betroubare weegskaal,
is van die Here;
al die gewigte in die sak
is sy handewerk.
12Afstootlik vir konings
is die pleeg van ‘n goddelose daad,
want deur geregtigheid
staan ‘n troon vas.
13Regverdige lippe
stel konings tevrede,
en hulle het die een lief
wat die regte dinge sê.
14Die woede van ‘n koning
is ‘n boodskapper van die dood,
maar ‘n wyse mens
bring dit tot bedaring.
15In die stralende gesig
van ‘n koning is daar lewe,
en sy goedkeuring is soos die wolke
van laatreëns.

Spr 21:1;

1Die koning se hart is waterstrome
in die hand van die Here:
Hy lei dit waarheen Hy wil.

Spr 22:8;

8Wie onreg saai, sal boosheid oes,
en die lat van sy woedebui
sal tot niet gaan.

Spr 25:4-5;

4Verwyder die metaalskuim
uit silwer,
dan kom daar reeds ‘n kruik uit
vir die silwersmid.
5Verwyder ‘n goddelose
voor die koning,
dan is sy troon reeds
in geregtigheid gevestig.

Spr 29:12, 14, 16;

12‘n Heerser wat luister na leuentaal –
almal wat in sy diens is, is goddeloos.

14‘n Koning wat armes billik oordeel –
sy troon sal vir altyd standhou.

16Wanneer goddeloses meer word,
neem oortredings toe;
maar regverdiges sal hulle val beleef.

Spr 31:4-9;

4Dit is vir konings nie gepas nie,
Lemuel,
dit is vir konings nie gepas
om wyn te drink nie,
vir hooggeplaastes om te wees
waar daar sterk drank is nie.
5Anders drink hy, en vergeet
wat as voorskrifte neergelê is,
en skend hy die regte
van al die magteloses.
6Gee sterk drank aan die een
wat ten gronde gaan,
en wyn aan mense
met verbitterde siele.
7Laat hy drink en sy armoede
vergeet,
sy swaarkry nie meer onthou nie.
8Maak jou mond oop
vir die stemlose,
vir die regsaak van almal
wat wegkwyn.
9Maak jou mond oop,
oordeel regverdig,
en handhaaf die reg
van die magtelose en behoeftige

Pred 4:13-16

13‘n Arm, maar wyse jong man
is beter as ‘n ou, maar dwase
koning wat nie meer weet
om op ‘n waarskuwing
ag te slaan nie,
14al het die jong man
uit die tronk gekom
om koning te word,
selfs al is hy arm gebore
in die koning se ryk.
15Ek het gesien dat almal wat leef,
wat onder die son beweeg,
die tweede jong man
wat in sy plek gekom het, volg.
16Daar was nie ‘n einde
aan al die mense
wat elke vorige koning
ondersteun het nie;
tog sal die mense in die toekoms
nie oor die jong man
verheug wees nie.
Ja, ook dit is sinloos
en die najaag van wind.

Kyk gerus ook die film Facing the Giants

Wenk

WENK: Maak vandag ’n kaartjie met die eenvoudige, maar ingrypende, stelling daarop: Jesus is Koning. Dra dit saam met jou en sit dit op plekke neer waar jy besig is, sodat jy voortdurend daaraan herinner kan word. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 7 Dag 31 – Uit die mode – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 31 God se koningkryk is omvattend - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Die Bybel sê Jesus het sy dissipels leer bid: Laat u Koninkryk kom.

Gebed

Verbeel jou jy is een van Jesus se dissipels wat Hom gevra het om julle te leer bid. Bid dan Matt 6:9-13 asof vir die eerste keer en in afhanklikheid van Hom.

Matt 6:9-13

9“Só moet julle dan bid:

“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

Lees die Skrif

Lees Matt 5:3-12; Joh 15:9-17

Matt 5:3-12;

3“Gelukkig is die armes van gees,
want aan hulle behoort
die •koninkryk van die hemele.
4Gelukkig is dié wat treur,
want hulle sal vertroos word.
5Gelukkig is die sagmoediges,
want hulle sal die aarde erf.
6Gelukkig is dié wat honger en dors na •geregtigheid,
want hulle sal versadig word.
7Gelukkig is die barmhartiges,
want hulle sal barmhartigheid ontvang.
8Gelukkig is dié wat suiwer van hart is,
want hulle sal God sien.
9Gelukkig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.
10Gelukkig is dié wat vervolg word
ter wille van geregtigheid,
want aan hulle behoort
die koninkryk van die hemele.
11Gelukkig is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is.
12Wees bly en jubel, omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die profete vóór julle net so vervolg.”

Joh 15:9-17
LIEFDE VIR MEKAAR
9“Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. 10As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly. 11Dit het Ek vir julle gesê, sodat my blydskap in julle kan wees, en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. 13Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.”

Skryf / Vul in

Jy moet nou eers jou gedagtes laat gaan en dink aan ’n gewone aardse koninkryk. Maak ’n lys in die eerste kolom hieronder van die belangrikste eienskappe van ’n koninkryk.

Kolom 1Kolom 2
..
..
..
..
..
..
..
..
Eienskapp van ‘n/die koningkryk

In Mark 1:15 word vertel hoedat Jesus sê: “Die tyd het aangebreek en die Koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Vandag is daar net enkele koninkryke in die wêreld oor en huidige konings vervul hoofsaaklik ’n seremoniële rol. Daarom verstaan ons min van tradisionele koninkryke. Wat meer is, dit wil lyk asof koninkryke al meer onpopulêr raak – kyk nou maar na Swaziland. In die Bybelse konteks is dit egter ’n ander storie – daarom maak Jesus hierdie ingrypende stellings. Met reg kan ons wonder:

  1. Waaruit bestaan hierdie Koninkryk waarvan Hy praat?
  2. Waarom sien ons so min van hierdie Koninkryk?
  3. Waarom lyk dit asof hierdie Koninkryk byna geen effek in die wêreld het nie?
  4. Is God se Koninkryk van mense afhanklik?
Skryf / Vul in

Dit is 4 wesenlike vrae wat ons goed moet bedink. Doen dit en praat met die Here daaroor. Skryf jou reaksie op elkeen van die vrae neer.

Waaruit bestaan hierdie Koninkryk waarvan Hy praat?


Waarom sien ons so min van hierdie Koninkryk?


Waarom lyk dit asof hierdie Koninkryk byna geen effek in die wêreld het nie?


Is God se Koninkryk van mense afhanklik?


Die eerste en waarskynlik belangrikste ding wat ons moet verstaan, is dat hierdie Koninkryk God se Koninkryk is! Sonde beduiwel ons gedagtes maklik om te glo dat die mens self ’n koninkryk kan bou. Maar, dis slegs Jesus wat God se Koninkryk naby bring. Dis nie van mense afhanklik nie. Jesus sê wel dat daar bekering moet kom, sodat die Koninkryk van God in sy volheid gedemonstreer kan word. Die Koninkryk kom deur God se handelinge; deur dit wat Hy doen; deur sy optrede. Waar hierdie Koninkryk die duister deurbreek, sluit dit alle aspekte van ons lewens in. Die Koninkryk kom nie net Sondae in die kerk of by Bybelstudiegeleenthede nie – dit moet op elke terrein van die lewe kom. Die implikasie hiervan is verreikend. Ons uitreik moet dus nie op die mens self nie, maar op die Koninkryk van God gerig word. God se Koninkryk is naby waar Jesus teenwoordig is.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 127:1-2; Joh 3:3-6; 6:63-65; Gal 5:21; Ef 5:5.

Ps 127:1-2;

1‘n •Pelgrimslied. Van Salomo.
As die Here die huis nie bou nie,
swoeg die bouers tevergeefs daaraan.
As die Here oor die stad nie wag hou nie,
bly die wagte tevergeefs wakker.
2Tevergeefs dat julle vroeg opstaan,
eers laat tot rus kom,
kos eet wat moeisaam verkry is.
Netsowel gee Hy dit
aan sy geliefdes in die slaap.

Joh 3:3-6;

3Jesus het hom geantwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die •koninkryk van God nie sien nie.” 4Nikodemus sê vir Hom: “Hoe kan ‘n mens weer gebore word as hy reeds oud is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die moederskoot ingaan en gebore word nie?” 5Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. 6Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is gees. 

Joh 6:63-65;

63Dit is die Gees wat lewend maak; die vlees is van geen nut nie. Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe. 64Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie Hom sou verraai. 65Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê: Niemand kan na My toe kom as dit nie deur die Vader aan hom gegee is nie.”

Gal 5:21;

21afguns, dronkenskap, gefuif, en hierdie soort dinge – waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die •koninkryk van God nie sal beërf nie.

Ef 5:5.

5Want dit moet julle goed begryp: Geen hoereerder of onreine of gierigaard – so iemand is ‘n afgodedienaar – het ‘n erfdeel aan die •koninkryk van Christus en van God nie.

Daar is ook ’n ander aspek van die Koninkryk waarvan ons moet kennis neem. In die Johannes-evangelie sê Jesus dat sy Koninkryk nie van hierdie wêreld is nie, anders sou sy volgelinge geveg het en sy Koninkryk op so ’n manier probeer vestig het. Hierdie wêreld se koninkryke word hoofsaaklik met wapengeweld tot stand gebring omdat mag en gesag vir hulle so belangrik is. Ons sou kon sê dis eintlik die sin van hulle bestaan. Meer nog, in hierdie wêreld is die mens self in die middelpunt met die heersende vraag en uitgangspunt: “What’s in it for me?” Jesus se Koninkryk lyk radikaal anders. Volgens Johannes lyk dit asof Hy totaal weerloos is, asof Hy alles prysgee, asof Hy nie in staat is om iets te doen nie. Die rede hiervoor gee Hyself: Sy Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; Hy is Koning van ’n ander Koninkryk. Hy’s nie die Koning van hierdie wêreld se magsbehepte koninkryke nie. Sy Koninkryk is ingrypend anders. Jesus se Koninkryk is die Koninkryk van die liefde: Liefde vir God, maar ook vir ander mense. So kry hierdie anderster Koninkryk gestalte – deur die liefde!

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 20:20-28; Mark 10:21-31; Luk 9:60; Joh 18:36.

Matt 20:20-28;

20Toe het die moeder van die seuns van Sebedeus met haar seuns na Hom gekom. Sy het gekniel om Hom iets te vra. 21Hy het vir haar gevra: “Wat wil jy dan hê?” Sy antwoord Hom: “Beveel dat in u •koninkryk hierdie twee seuns van my, een aan u regterhand en een aan u linkerhand, sal sit.” 22Jesus het geantwoord: “Julle besef nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek moet drink?” Hulle antwoord Hom: “Ons kan.” 23Hy sê vir hulle: “Julle sal inderdaad my beker drink, maar om aan my regterhand en my linkerhand te sit, is nie vir My om te beskik nie. Daardie plekke behoort aan hulle vir wie my Vader dit voorberei het.” 24Toe die tien hiervan te hore kom, was hulle verontwaardig oor die twee broers. 25Maar Jesus het hulle nader geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel, en die maghebbers oor hulle gesag uitoefen. 26So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, 27en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. 28Net so het die •Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee.”

Mark 10:21-31;

21Jesus het stip na hom gekyk, hom liefgekry en vir hom gesê: “Een ding kom jy kort – gaan verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. En jy, kom hier, volg My.” 22Maar hy het terneergedruk geword oor hierdie antwoord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23Jesus het toe om Hom rondgekyk en vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik sal hulle wat rykdom het, in die •koninkryk van God ingaan!” 24Die dissipels was verbysterd oor sy woorde. Jesus sê toe weer vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit tog om in die koninkryk van God in te gaan! 25Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk mens om in die koninkryk van God in te gaan.” 26Die dissipels was heeltemal uit die veld geslaan en het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” 27Jesus het stip na hulle gekyk en gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alles moontlik.”

28•Petrus het vir Hom gesê: “Kyk, óns het alles agtergelaat en U gevolg.” 29Jesus het geantwoord: “•Amen, Ek sê vir julle: Daar is niemand wat, huis, broers of susters, moeder, vader of kinders of grond ter wille van My en ter wille van die evangelie agterlaat, 30en nie nou in hierdie tyd honderd maal soveel sal ontvang nie: huise, broers en susters, ma’s en kinders, en grond – en vervolgings daarmee saam – en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees en wat laaste is, eerste.”

Luk 9:60;

60En Jesus het vir hom gesê: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe; maar jy, gaan verkondig jy die •koninkryk van God.”

Joh 18:36.

36Jesus het geantwoord: “My koningskap is nie van hierdie wêreld nie. As my koningskap van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer word nie. Maar nou is my koningskap nie van hierdie wêreld nie.”

Ons gestuurdheid as gelowiges en as kerk, word uit hierdie liefde gebore en moet dus in die lig van hierdie groot omvattende Koninkryk van God gesien word. God sluit ons van alle kante af in sodat sy Koninkryk juis deur ons in die wêreld kan kom. Dit beteken nie dat ons oor iets beskik wat die Koninkryk kan laat kom nie, maar dat God ons in diens neem. Ons is God se medewerkers wat in sy Koninkryk moet lewe en die Koninkryk sigbaar moet maak. Dit beteken dat ons so afhanklik van God moet lewe dat of ons eet of drink, werk of speel, kuier of studeer, of ontspan of TV kyk – óns die lig van God se Koninkryk sal uitdra.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 49:3; Matt 5:14-18; 1 Kor 3:9; 10:31

Jes 49:3;

3Hy het vir my gesê:
“Jy is my dienskneg, Israel,
deur wie Ek my heerlikheid toon.”

Matt 5:14-18;

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

17“Moenie eers daaraan dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete af te skaf nie. Ek het nie gekom om af te skaf nie, maar om te vervul. 18•Amen, Ek sê vir julle: Totdat die hemel en die aarde tot niet gaan, sal daar beslis geen jota of tittel van die Wet tot niet gaan nie, totdat alles vervul is.

1 Kor 3:9;

9Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

1 Kor 10:31

31Of julle dan eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot eer van God.

Skryf / Vul in

Ek wil hê dat jy teruggaan na die tabel met die 2 kolomme aan die begin van hierdie Bybelstudie. Skryf nou in kolom 02 hoe God se Koninkryk daar uitsien, as jy dit vergelyk met die koninkrykseienskappe wat jy in die eerste kolom neergeskryf het. Let mooi op vir ooreenkomste en verskille.

Kan dit wees dat daar hoekies, of areas, in jou lewe is waar God se Koninkryk nie deurbreek nie? Miskien is daar fasette van jou lewe waar jy verkies om onafhanklik van God te probeer lewe – amper asof daar No Entry -bordjies ingeplant is. Tree jy soms so op dat ander mense nie die Koninkryk wat naby gekom het, kan raaksien nie (Luk 11:52)?

Luk 11:52
52Wee julle, wetskenners, want julle het die sleutel van kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en diegene wat wou ingaan, het julle verhinder.”

Gebed

Ek wil voorstel dat jy ’n paar minute emosioneel en geestelik stil raak in God se teenwoordigheid. Luister na wat die Gees vir jou wil sê deur die gedeeltes wat jy vanoggend uit die Bybel gelees het. Vertel Hom hoe jy voel oor sy Koninkryk. Dalk moet jy bely dat sy Koninkryk maar tot dusver ’n onbenullige posisie op jou prioriteitslys beklee het.

Week 7 Dag 31 God se koningkryk is omvattend
Week 7 Dag 31 God se koningkryk is omvattend
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 126-137
Lees gerus ook Matt 6:9-15; Mark 10:35-45; Kol 3:17.

Matt 6:9-15;

9“Só moet julle dan bid:
“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

14“Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle die mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Mark 10:35-45;

35Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, het na Hom gekom en gevra: “Meester, ons wil hê dat wat ons ook al van U vra, U vir ons moet doen.” 36Jesus vra hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” 37Hulle antwoord Hom: “Beskik dat, in u heerlikheid, een van ons aan u regterhand en een aan u linkerhand mag sit.” 38Maar Jesus antwoord hulle: “Julle besef nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink of met die doop gedoop word waarmee Ek gedoop word?” 39Hulle sê vir Hom: “Ons kan.” Jesus sê toe vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word. 40Maar om aan my regterhand of linkerhand te sit, is nie vir My om te beskik nie, maar dit is vir hulle vir wie dit voorberei is.”

41Toe die tien dit hoor, het hulle verontwaardig geword oor Jakobus en Johannes. 42Jesus het hulle na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle weet dat hulle wat as heersers oor die nasies beskou word, oor hulle baasspeel en dat hulle maghebbers oor hulle gesag uitoefen. 43So is dit egter nie by julle nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, 44en wie eerste onder julle wil wees, moet almal se slaaf wees. 45Want ook die •Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie.”

Kol 3:17

17En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.


Sien Figuur 6 van Bylae 2, p 172

Week 7 Dag 31 Figuur 6
Wenk

WENK: Dit is nogal ’n openbaring as jy jou daarop instel om die
Koninkryk in ons alledaagse lewe te probeer waarneem. Probeer die volgende: Vat ’n kaartjie en skryfding en dra dit vir ’n volle dag met jou saam. Elke keer wanneer jy iets sien wat jy met God se Koninkryk in verband kan bring – maak ’n nota daarvan. Sommige van jou waarnemings sal positief wees en ander negatief. Vanaand voor jy gaan slaap, kyk jy na jou notas, deurdink dit en praat met die Here daaroor. Ek waarborg jou ’n nuwe Koninkryksbewustheid. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za