Week 5 Groepgesprek – God praat met Sy mense- Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 5 God praat met sy mense - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Hoe oortuig kan ons wees dat God ’n kommunikerende Wese is?
  2. Sou ons God se stem kon hoor sonder die Heilige Gees se
    tussenkoms?
  3. Op watter maniere het julle God al met julle hoor praat?
  4. Het julle al ooit moed verloor as dit voel asof jy nie God se stem kan hoor nie?
  5. In jou verhouding met God – hoe beleef jy Hom?

Week 5 God praat met sy mense
Week 5 God praat met sy mense
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 5 Dag 25 – ‘n Lewende verhouding – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 25 verskilmakers staan in n lewende verhouding met God - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Ons is nou aan die einde van ’n week waarin ons gedink, gebid en gepraat het oor God se kommunikasie met ons. Een van die onfeilbare vernietigers van verhoudings is ’n gebrek aan kommunikasie. Selfs in die natuur geld hierdie beginsel – maak nie saak op watter lae vlak dit plaasvind nie, dis noodsaaklik vir ’n verhouding en ’n verbintenis. Dit is juis een van die mees uitsonderlike faktore wat ons as die kroon van die skepping onderskei – die lewende God kommunikeer met ons persoonlik en kollektief. Wat meer is, Hy stel ons in staat om met Hom te kan kommunikeer!

Gebed

Gebruik nou tyd om na Hom te luister en dank Hom vir hierdie onbeskryflike voorreg.

Dit lyk asof daar 3 dinge in ons verhouding met die Here in plek moet wees sodat ons kragtig deur Hom gebruik sal word:

  1. Beskikbaarheid;
  2. Gehoorsaamheid; en
  3. Nederigheid.

Natuurlik maak dit ’n verskil wanneer ons tot sy beskikking is en tyd in sy teenwoordigheid deurbring. Dis egter nie so eenvoudig om beskikbaar te wees nie. Ons raak voortdurend besiger en die eise van elke dag raak meer uitmergelend. Die uitdaging om elke dag aan te pak, verrinneweer al ons pogings om genoeg toegewyde tyd in die Here se teenwoordigheid deur te bring. Om beskikbaar te wees, vra dat ons radikale aanpassings in ons programme (en prioriteite) moet aanbring. Dit gaan noodwendig ’n prys vra.

Jesus se voorbeeld wys dat Hy nie beperkte tyd vir die Vader gegee het nie. Al sy tyd het aan God behoort!

Skryf / Vul in

Lees Mark 1:32-35; Luk 4:42-43; 5:15-16; 6:12-13.

Mark 1:32-35;

32Toe dit aand word en die son reeds onder was, het hulle almal wat siek en deur demone besete was, na Hom gebring. 33Die hele dorp het by die deur saamgedrom. 34Hy het baie siekes met allerlei kwale gesond gemaak en baie demone uitgedryf. Hy het die demone nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

35Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na ‘n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid. 

Luk 4:42-43;

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

Luk 5:15-16;

15Die nuus oor Jesus het egter nog verder versprei. Groot skares het om Hom saamgedrom om na Hom te luister en van hulle kwale genees te word. 16Hy het Hom egter gereeld teruggetrek na afgeleë plekke en daar gebid.

Luk 6:12-13

12In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God.

13Teen dagbreek het Hy toe sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, en Hy het hulle •apostels genoem.


Hoe het Jesus dit reggekry om nie toe te gee aan die eise van mense nie, maar om gefokus te bly op dit waarvoor die Vader Hom gestuur het?


Die tyd wat Jesus in afsondering deurgebring het, was nie ’n lastigheid om afgehandel te word en agter die rug te kry nie. Dit het juis rigting, fokus en krag aan sy dag gegee. Soms praat die Here met ons op ongeleë tye, juis om ons beskikbaarheid te toets. Sy opdragte mag soms ook nie vir ons sin maak nie, maar ons moet Hom gehoorsaam, want sy weë is nie ons weë nie (Jes 55:8-9).

Jes 55:8-9

8“Ja, my planne is nie julle planne nie,
en julle paaie is nie my paaie nie,”
is die uitspraak van die Here.
9“Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my paaie hoër as julle paaie,
en my planne as julle planne.

Filippus was midde in ’n groot herlewings-veldtog in Samaria, toe hy die opdrag van die Here kry om na die stil pad tussen Gasa en Jerusalem te gaan. Hy het nie daaroor geredeneer nie, maar gegaan (Hand 8:4-8, 26-27a).

Hand 8:4-8, 26-27a

4Dié wat verstrooi is, het rondgetrek en die evangeliewoord verkondig. 5En Filippus het na ‘n stad in Samaria gegaan en die Christus aan hulle verkondig. 6Toe die skare Filippus se woorde hoor en die tekens sien wat hy doen, het hulle eenparig aandag gegee aan wat hy sê. 7Want die •onrein geeste in baie mense het met ‘n groot geskreeu uit hulle uitgegaan, en talle verlamdes en kreupeles is genees. 8En daar het groot vreugde in daardie stad geheers.

26‘n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is ‘n verlate pad.” 27Hy het toe gereedgemaak en vertrek.

Sonder nederige verootmoediging sal ons God beswaarlik kan hoor (Dan 10:12).

Dan 10:12

12Hy sê toe vir my, ‘Moenie bang wees nie, Daniël, want vanaf die eerste dag wat jy jou hart daarop gerig het om insig te kry en jou voor jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor. En ek het gekom op grond van jou woorde.

Rehabeam en Manasse het hulle verootmoedig voor God en Hy het hulle omstandighede verander (2 Kron 12:6-7; 33:10-13).

2 Kron 12:6-7;

6Die aanvoerders van Israel en die koning het hulle verootmoedig en gesê: “Die Here het gelyk.”

7Toe die Here sien dat hulle hulle verootmoedig, het die woord van die Here tot Semaja gekom: “Hulle verootmoedig hulle. Ek sal hulle nie vernietig nie, maar sal binnekort vir hulle uitkoms bied. My woede sal nie oor Jerusalem uitgestort word deur die hand van Sisak nie, 

2 Kron 33:10-13

10Die Here het Manasse en sy volk aangespreek, maar hulle het nie geluister nie. 11Die Here het toe die leëraanvoerders van die koning van Assirië teen hulle laat optrek. Hulle het Manasse gevange geneem met hake in sy neus, hom met bronsboeie geboei, en hom na •Babel geneem.

12Maar toe hy in die noute was, het hy die Here sy God se guns gesoek, hom ernstig verootmoedig voor die God van sy voorouers 13en tot Hom gebid. God is geraak deur sy pleitrede en het sy smeekbede verhoor. Hy het hom na Jerusalem, na sy koningskap, laat terugkeer. Manasse het toe erken dat die Here God is.

Nederiges maak nie op hulself staat nie, maar vertrou volledig op die Here (Sag 8:6).

Sag 8:6

6“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘As dit in daardie dae onmoontlik gelyk het in die oë van hulle wat van hierdie volk oorgebly het, sal dit dan in My oë ook onmoontlik wees?’ ” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kon 3:7-9; 2 Kron 7:14; Spr 11:2; 18:12; Jes 57:15; Fil 2:3; Kol 3:12; 1 Pet 5:5.

1 Kon 3:7-9;

7En nou, Here my God, dit is U wat u dienskneg koning gemaak het in die plek van my vader Dawid. Maar ek is ‘n jong seun, ek weet nie hoe om uit te gaan of in te kom nie. 8U dienskneg bevind hom onder u volk wat U gekies het, ‘n groot volk wat vanweë sy grootte nie bereken of getel kan word nie. 9Gee dan aan u dienskneg ‘n hart wat luister om as regter op te tree vir u volk, om te kan onderskei tussen goed en kwaad; want wie kan regspreek oor hierdie veeleisende volk van U?”

2 Kron 7:14;

14en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor. Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Spr 11:2;

2As verwaandheid kom,
kom skande,
maar by beskeie mense
is daar wysheid.

Spr 18:12;

2Voor ineenstorting
is ‘n mens se hart hoogmoedig,
maar nederigheid gaan eer vooraf.

Jes 57:15;

15Ja, so sê Hy wat hoog
en verhewe is,
wat vir ewig woon,
wie se Naam die Heilige is:
“In die hoogte,
in ‘n heilige plek, woon Ek,
en ook by hulle wat verpletter
en nederig is,
om die gees van nederiges
te laat herleef,
om die hart van verpletterdes
te laat herleef.

Fil 2:3;

3deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself;

Kol 3:12;

12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.

1 Pet 5:5

5Net so moet julle wat jonk is, ondergeskik wees aan ouer mense. Beklee julle almal met nederigheid teenoor mekaar, want
“God weerstaan hoogmoediges,
maar aan nederiges gee Hy genade.”

Skryf / Vul in

Lees Joh 4:34;

34En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.

Joh 8:26;

26Ek het baie dinge om van julle te sê waaroor Ek julle kan oordeel; nogtans, Hy wat My gestuur het, is geloofwaardig, en wat Ek by Hom gehoor het, dit sê Ek vir die wêreld.”

Joh 15:15.

15Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

Waarop, dink jy, was Jesus se hele bestaan gerig? (Vgl die Skrifgedeeltes wat jy sopas gelees het asook Matt 26:39,
42, 44.)

Matt 26

39Hy het toe ‘n entjie verder gegaan, met sy gesig teen die grond neergeval en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”
42Hy het vir ‘n tweede keer weggegaan en gebid: “My Vader, as dit nie moontlik is dat hierdie beker verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.”
44Hy het hulle toe daar agtergelaat, weer teruggegaan en vir die derde keer gebid, en dieselfde woorde herhaal. 


Jesus se hele bestaan was daarop gerig om sy Vader se wil te ken en te doen. Daarom het Hy Homself doelbewus afgesonder om tyd in die teenwoordigheid van sy Vader deur te bring. Verder was Hy ook die toonbeeld van nederigheid (Matt 21:5).

Matt 21:5

5“Sê vir die dogter van Sion:
Kyk, jou Koning kom na jou toe:
Hy is sagmoedig en Hy sit op ‘n donkie,
en op ‘n jong donkie,
die vul van ‘n pakdier.”

Hy het dit nie as ’n verlies beskou om die heerlikheid en majesteit van sy Koninkryk te verlaat nie, maar het mens geword, gehoorsaam tot in die dood (Fil 2:5-11).

Fil 2:5-11

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:
6Hoewel Hy in die gestalte van God was,
het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak,
deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het,
8het Hy Homself verneder,
deurdat Hy gehoorsaam
geword het tot die dood toe,
ja, die dood aan die kruis.

9Daarom het God Hom
ook uitermate verhoog
en aan Hom die Naam geskenk
wat bo elke naam is,
10sodat in die Naam van Jesus
elke knie sal buig –
van diegene in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde –
11en elke tong sal bely,
“Jesus Christus is die Here!”
tot eer van God die Vader.

Beskikbaarheid, gehoorsaamheid en nederigheid vorm die fondasie van ’n lewende verhouding met die lewende God. Slegs vanuit so ’n verhouding sal ons sy stem hoor en sy wil leer ken.

Luister na lied

Luister na snit 9 (KEN JY JESUS) op die ingeslote CD

KEN JY JESUS

Johann Botes – Ken Jy Jesus

KEN JY JESUS – JOHANN BOTES

Ken jy Jesus, ken jy Hom
Het jy met jou lewe al na Hom gekom
Het jy sy vrede al ooit verkry
Ken jy Jesus, Hy maak jou vry

Ken jy Jesus, sal jy weet
Dat niks van die wêreld jou kan oorreed
Niks jou kan wegneem, niks jou skei
Van sy liefde wat in jou bly

Ken jou Verlosser, ken jou Heer
Ken sy genade, sy liefde so teer
Reik na jou Heiland, reik na die Heer
Gee Hom jou lewe, gee Hom beheer

Ken jy Jesus, ken jy Hom
Ken jy al die vreugde in sy Heiligdom
Is Hy Immanuel, God met jou
Gee Hom jou lewe, Hy is getrou

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag beleef het.

Week 5 Dag 25 verskilmakers staan in n lewende verhouding met God
Week 5 Dag 25 verskilmakers staan in n lewende verhouding met God
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 7-81
Lees gerus ook Eks 33:11-17; Jer 14:9; Luk 5:5; Fil 2:5-8; 1 Joh 5:3

Eks 33:11-17;

11Die Here het met Moses van aangesig tot aangesig gepraat, soos ‘n man met sy vriend praat. Dan het Moses teruggekeer na die kamp, maar sy helper, Josua, seun van Nun, ‘n jong man, het nie die tent verlaat nie.

12Moses het vir die Here gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ 13Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.” 14Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee?” 15Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. 16Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie?” 17Die Here sê toe vir Moses: “Ook aan hierdie versoek wat jy uitgespreek het, sal Ek voldoen, omdat jy guns gevind het in my oë, en Ek jou by die naam ken.”

Jer 14:9;

9Waarom is U
soos iemand wat onkant gevang is,
soos ‘n held wat nie kan verlos nie?
U is tog in ons midde, Here;
U Naam is oor ons uitgeroep.
Moet ons nie aan onsself oorlaat nie!”

Luk 5:5;

5“Meester,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg en niks gevang nie, maar op u bevel sal ek die nette weer laat sak.”

Fil 2:5-8;

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:
6Hoewel Hy in die gestalte van God was,
het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak,
deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het,
8het Hy Homself verneder,
deurdat Hy gehoorsaam
geword het tot die dood toe,
ja, die dood aan die kruis.

1 Joh 5:3

3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 

Wenk

WENK: Lees weer hierdie week se boublokke (Verskyn in Groepgesprek) .

Is alles daarin vervat waar van jou? Fokus jou gedagtes vandag daarop en laat God toe om jou te transformeer

Doen die volgende

Henry T. Blackaby & Claude V. King: Experiencing God, LifeWay Press, Nashville, Tennessee, 1990
Jack Deere: Surprised by the Voice of God, Kingsway Publication, Sussex, 1996

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 24 – Rooi ligte – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 24 Om die Here voortdurend vars te hoor - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

’n Studente vriend van my het by geleentheid ’n sendinguitreik in Noord-Afrika bygewoon. In hul groepie was ’n Jordaniër – wie se land op daardie tydstip in ’n oorlog gewikkel was. Tydens ’n gebedsgeleentheid is onderwerpe vir voorbidding gevra. Die Jordaniër vra toe dat hulle vir sy verhouding met God sal bid, aangesien hy daaroor bekommerd is. Die rede – deesdae weet hy nie meer wat om vir die Here na 2 ure van gebed te sê nie, terwyl dit vroeër nooit vir hom ’n probleem was om ure lank met God te gesels nie…

Gebed

Ek wil voorstel dat jy hierdie tyd in God se teenwoordigheid begin deur vir minstens 5 minute stil te wees voor Hom. Probeer jou instel op sy Vaderhart, sy liefdeskarakter en sy omgee vir jou. Die geheim is om nie op mense, omstandighede, of aktiwiteite te fokus nie – maar op God self.

Het jy die uitdaging aanvaar om met ’n ander oor na die Here te luister? In party opsigte mag dit vir jou ’n nuwe en onbekende pad wees. Is jy bang jy maak foute? Onthou, ’n gemeente of gelowige wat God se wil soek, sal onsekerheid en groeipyne ervaar, maar hoef nooit daarvoor bang te wees nie.

Lees die Skrif

Lees Hand 17:11; Ef 4:12-16.

Hand 17:11;
11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is.

Ef 4:12-16
12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Joh 10:14,27; 15:3-4

Joh 10:14,27;

14Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My,

27My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Joh 15:3-4
3Julle is egter reeds skoon deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. 4Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie. 

Skryf / Vul in

Dink jy dat wanneer ’n mens die omgaan met en bestudering van die Woord van God verwaarloos, dit ’n impak op jou verhouding met God sal hê, asook op jou vermoë om sy stem te hoor? Watter invloed kan iets soos sinisme hê?


Dit kan maak dat ons onsensitief raak vir God se stem, of dat ons Hom in sy soewereiniteit probeer beperk. Onthou Hy is God! Die toets bly egter die Woord ( Sola Scriptura ). Wie die Bybel verwaarloos is blootgestel aan misleiding.
(Vgl 2 Pet 1:20-21; 2 Pet 3:16-18.)

2 Pet 1:20-21
20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

2 Pet 3:16-18
16soos in al sy briewe waarin hy oor hierdie sake praat. Daarin kom sekere moeilik verstaanbare dinge voor, wat onkundige en onstandvastige mense tot hulle eie ondergang verdraai – soos hulle ook met die ander geskrifte maak.
17Julle dan, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge vooruit weet – wees op julle hoede om nie deur die dwaling van beginsellose mense meegesleur te word, en so julle eie standvastigheid te verloor nie. 18Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus •Christus.

Jesus verseker ons dat sy skape sy stem ken, gehoorsaam en volg. As ons ’n intieme verhouding met Hom koester sal ons Hom hoor praat – op watter wyse Hy ookal goeddunk om met ons te kommunikeer – selfs deur ’n stem, drome of visioene. Hy sal dit bevestig deur die gemeente, medegelowiges en selfs deur omstandighede, want Hy is ook daarvan in beheer.

Die sondige geneigdheid en die gebrokenheid van hierdie wêreld sal ons probeer oortuig dat so ’n intieme verhouding met God ’n riskante saak is (Rom 8:3-9; Gal 5:16-18, 24).

Rom 8:3-9;
3Dit waartoe die wet, verswak deur ons sondige aard, nie in staat was nie, het God gedoen: Deur sy eie Seun vanweë die sonde in die gestalte van ‘n sondige mens te stuur, het Hy die sonde in die mens veroordeel, 4sodat die vereiste van die wet in ons vervul kon word, ons wat nie volgens ons sondige aard leef nie, maar volgens die Gees. 5Wie volgens hulle sondige aard leef, bedink immers die dinge van hulle sondige aard, maar diegene wat volgens die Gees leef, bedink die dinge van die Gees. 6Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede. 7Die denke van ons sondige aard is vyandskap teen God; dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8Wie in hulle sondige aard bly, kan God nie tevrede stel nie.
9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie.

Gal 5:16-18, 24
16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 18As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die wet nie.
24Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. 

Ons word dan maklik oortuig om ’n veiliger opsie te kies – dit kan selfs ons teologie of sogenaamde beginsels wees. Die resultaat? ’n Geestelike doofheid en ’n groeiende oortuiging dat God nie meer op besondere wyses met sy mense praat nie.

(Vgl Hos 10:12-13.)

12Ek het gesê,
‘Saai vir julleself geregtigheid,
oes troue liefde in oorvloed;
breek vir julle nuwe grond oop.
Dit is die aangewese tyd
om die Here te soek,
totdat Hy kom en geregtigheid
vir julle laat neerreën.’
13Julle het goddeloosheid ingeploeg;
onreg is wat julle geoes het;
julle het die vrug van leuens geëet.


Het jy al ooit gewonder of die Here tydens Moses se 40-jaar skaapwagtersbestaan met hom gepraat het? God hoef nie elke keer wanneer ons die Bybel lees, of bid só met ons te praat nie. Onthou – Hy is God! Die gevaar bestaan dat Bybellees ’n soort ritueel kan word

(Joh 5:38-40).
38En julle het sy woord nie blywend in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. 39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Ons is dikwels tevrede om uit gewoonte stiltetyd te hou. Wat egter ononderhandelbaar is, is dat ons sy teenwoordigheid moet aanvaar, selfs al sou ons Hom nie met ons hoor praat nie. Daarsonder word stiltetyd maklik ’n leë, sinlose gewoonte-handeling.

Skryf / Vul in

Wat maak jy wanneer God stil is?


Lees die Skrif

Job het met die Here bly worstel, ten spyte van sy skynbare afwesigheid.

Lees Job 13:15, 22; 23:3-5.

Job 13:15, 22;

15Kyk, Hy kan my doodmaak,
maar ek gaan nie wag nie.
Ek wil net my optrede
in sy teenwoordigheid verdedig.

22Roep maar!
Ek sal myself verdedig.
Of, ek sal praat,
en antwoord U my.

Job 23:3-5

3Ag, as ek maar geweet het
waar ek Hom kon vind,
as ek maar tot by
sy vaste woonplek kon kom!
4Ek sou die saak voor Hom uiteensit;
my mond sou ek vul met pleitredes.
5Ek sou kennis neem van die woorde
waarmee Hy teen my getuig;
ek sou begryp wat Hy vir my sê.

Ons moet drie vrae vra, wanneer God swyg:

  1. Is daar (onbelyde) sonde in my (die gemeente se) lewe (Jos 7:10-12)?
    Jos 7:10-12
    10Die Here het Josua geantwoord: “Staan op! Waarom lê jy nou op jou gesig? 11Israel het gesondig. Hulle het my verbond wat Ek hulle beveel het, oortree, asook van die bangoed geneem, dit gesteel en daaroor gelieg, en dit boonop by hulle goed gevoeg. 12Die Israeliete sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle moet voor hulle vyande vlug, omdat hulle self bangoed geword het. Ek sal nie meer met julle wees nie, tensy julle die bangoed tussen julle uitdelg.

    Hierdie vraag is van wesensbelang wanneer ons ervaar dat ons
    verhouding met die Here koud geword het. Gewoonlik sal die Heilige Gees ons bewus maak van sonde en ons oortuig om dit te bely. Die Here gebruik ons minder effektief as ons sonde in ons lewens koester.
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Spr 28:13; Jes 30:21; 59:1-2; Matt 5:23-24; Mark 11:25.

Spr 28:13;

13Wie sy oortredings bedek,
sal nie sukses behaal nie;
maar hy wat dit bely en dit laat vaar,
ervaar ontferming.

Jes 30:21;

21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”

Jes 59:1-2;

1Kyk, die hand van die Here
is nie te kort om te verlos nie,
sy oor is nie hardhorend,
sodat Hy nie kan hoor nie.
2Maar julle sondeskuld,
dit het skeiding gebring
tussen julle en julle God.
Julle sondes het Hom sy gesig
vir julle laat verberg,
sodat Hy nie luister nie;

Matt 5:23-24;
23“En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe.

Mark 11:25
5En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.”

2. Wil die Here my / ons iets van Homself leer?

Toe Lasarus siek was, het Jesus doelbewus gedraal (Joh 11:14-15, 21, 32, 37, 40- 44).

Joh 11:14-15, 21, 32, 37, 40- 44

14Toe sê Jesus openlik vir hulle: “Lasarus het gesterf, 15en ter wille van julle is Ek bly dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe.”
21Martha sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.
32Toe Maria aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete neergeval en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.” 
37Maar sommige van hulle het gesê: “Kon Hy wat die oë van die blinde man oopgemaak het, tog nie voorkom het dat hierdie man sterf nie?”
40Jesus sê vir haar: “Het Ek dan nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” 41Hulle het toe die klip weggeskuif. Jesus het sy oë opgehef na bo en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. 42Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek het dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.” 43En nadat Hy dit gesê het, roep Hy met ‘n harde stem: “Lasarus, kom uit!” 44Die oorledene het uitgekom. Sy voete en hande was met grafdoeke vasgebind, en sy gesig met ‘n kopdoek toegedraai. Jesus sê vir hulle: “Maak hom los en laat hom gaan.”

Die mense het geweet Hy kan siekes genees, maar hulle het nie geweet Hy het mag oor die dood nie. Jesus het geswyg . Hy het nie onmiddellik op hulle versoek gereageer of aan hulle verwagting voldoen nie, omdat Hy Homself op ’n nuwe wyse aan hulle wou openbaar. Is dieselfde nie waar van Job nie?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook: Job 42:1-6; Jes 30:19-20.

Job 42:1-6;

421Job het die Here geantwoord; hy het gesê:
2“Ek weet dat U alles kan vermag,
dat geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
3Wie is die een wat ‘n plan verberg,
terwyl hy geen kennis het nie?
Daarom het ek, sonder begrip,
ja, sonder kennis, my mening gegee
oor dinge wat vir my te wonderbaar is.
4Luister, en ek sal praat!
U het gesê,
‘Ek sal jou ondervra,
lig jy My dan in!’
5Op hoorsê het ek van U verneem,
maar nou het my oog U gesien.
6Daarom herroep ek dit,
en het ek berou –
in stof en as.”

Jes 30:19-20

19Ja, volk wat op Sion,
in Jerusalem, woon,
julle sal sekerlik nie meer huil nie.
Die Here sal beslis genade
aan julle bewys
op julle roepstem om hulp.
Wanneer Hy hoor,
sal Hy julle antwoord.
20My Heer sal vir julle
brood van kommer
en water van verdrukking gee.
Maar dan sal julle Groot
Leermeester Hom nie meer
vir julle verberg nie;
julle eie oë sal julle Groot
Leermeester sien.

3. Is Hy besig om my (die gemeente se) karakter te bou?

God is voortdurend aan die werk (Joh 5:17).

Joh 5:17
17Maar Jesus het hulle geantwoord: “My Vader is tot nou toe aan die werk, en Ek is ook aan die werk.”

Hy is besig om ons te vorm en te slyp om meer soos Jesus te word. Daar is dinge wat jy van ’n 6-jarige, maar nie van ’n 3-jarige kan verwag nie. ’n 18-jarige kan weer ’n veel groter verantwoordelikheid aanvaar as die 6-jarige. Hoe teleurgesteld moet die Here egter nie wees as sy 18-jarige soos ’n 3-jarige of 6-jarige kind optree nie en voortgaan om so op te tree.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Rom 8:29; Fil 1:6; 2:12-13.

Rom 8:29;
29want Hy het hulle wat Hy reeds tevore geken het, ook vooruit bestem om gelykvormig aan die beeld van sy Seun te word, sodat Hy die •Eersgeborene onder baie broers kan wees;

Fil 1:6;
6juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus.

Fil 2:12-13
12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie, maar nou ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing. 13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God. 

Vir Abraham om die vader van die gelowiges te wees, moes die Here tyd neem (25 jaar) om sy karakter te vorm, sodat sy verhouding kon groei en hy kon leer om op die Here te vertrou. Wat die Here deur ons wil doen, is meestal groter as dit waartoe ons self in staat is (Jes 55:8-9).

Jes 55:8-9

8“Ja, my planne is nie julle planne nie,
en julle paaie is nie my paaie nie,”
is die uitspraak van die Here.
9“Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my paaie hoër as julle paaie,
en my planne as julle planne.

Ons kan Hom egter vertrou om nie ’n verantwoordelikheid aan ons op te dra wat ons nie (deur sy krag en hulp) kan hanteer nie. Dit werp ’n ander lig op Paulus se uitspraak in Fil 3:8, 10-11.

Fil 3:8, 10-11

8Inderdaad reken ek alles as verlies,
ter wille van die uitnemendheid

daarvan om Christus Jesus,
my Here, te ken.

Ter wille van Hom,
het alles vir my ‘n verlies geword,

en beskou ek dit as vullis,
sodat ek Christus as wins kan verkry,

10en sodat ek Christus kan ken,
die krag van sy opstanding,
en die verbondenheid met sy lyding,
deur aan sy dood gelykvormig te word,

11en ek so, hoe dan ook,
die opstanding uit die dood kan bereik.

Is dit ook die begeerte van jou hart om Jesus só te ken en meer en meer na sy beeld gevorm te word?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook: Rig 7:1-7; 1 Kor 10:13; Fil 4:13.

Rig 7:1-7;

71Jerubbaäl, dit is Gideon, en al die manskappe wat by hom was, het vroeg opgestaan en kamp opgeslaan by En-Garod. Die kamp van die Midianiete was aan sy noordekant, vanaf die heuwel Morê in die vlakte. 2Die Here sê toe vir Gideon: “Die manskappe wat by jou is, is vir My te veel om die Midianiete in hulle hand te gee, anders spog Israel teenoor My en sê, ‘My eie hand het my verlos.’ 3Kondig dan nou aan, ten aanhore van die manskappe, ‘Wie ook al bang en aan die bewe is, kan omdraai en wegvlug van die berg Gilead.’ ” Van die manskappe het daar toe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly.

4Daarop sê die Here vir Gideon: “Die manskappe is nog te veel. Laat hulle afgaan na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsif. Elkeen van wie Ek vir jou sê, ‘Hierdie een moet met jou saamgaan’, hy moet met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek vir jou sê, ‘Hierdie een moet nie met jou saamgaan nie’, hy mag nie met jou saamgaan nie.” 5Hy het die manskappe laat afgaan na die water. Die Here sê toe vir Gideon: “Almal wat met hulle tong van die water oplek soos ‘n hond dit oplek, moet jy apart hou van almal wat op hulle knieë afsak om te drink.” 6Die getal manne wat opgelek het, was driehonderd; al die ander manskappe het op hulle knieë afgesak om water te drink. 7Toe sê die Here vir Gideon: “Met die driehonderd man wat die water opgelek het, gaan Ek julle verlos. Ek sal die Midianiete in jou hand gee. Al die ander manskappe kan maar gaan, elkeen na sy woonplek.”

1 Kor 10:13;
13Geen versoeking het oor julle gekom, behalwe ‘n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur.

Fil 4:13
3Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. 

Wanneer die Here swyg, is dit moeilik om jou oog op Hom gevestig te hou.

Job 19:11-12, 25-27
11Jesus het hom geantwoord: “U sou geen volmag oor My gehad het as dit nie van bo aan u gegee is nie. Daarom is hy wat My aan u oorgelewer het, aan ‘n groter sonde skuldig.” 12Van dié oomblik af het Pilatus aanhoudend probeer om Hom vry te laat, maar die Jode het geskreeu: “As u hierdie man vrylaat, is u nie ‘n vriend van die keiser nie. Elkeen wat homself koning maak, verset hom teen die keiser.”

25By die kruis van Jesus het sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en ook Maria Magdalena gestaan. 26Toe Jesus sy moeder sien, asook die dissipel vir wie Hy lief was, wat by haar staan, sê Hy vir sy moeder: “Vrou, kyk, daar is u seun!” 

Tog help dit om bogenoemde 3 vrae te vra en hoopvol
op Hom te bly wag

Ps 130:5-7;
5Ek wag op die Here;
my hele wese wag,
en op sy woord vestig ek my hoop.
6My hele wese wag op my Heer,
meer as wagte op die môre,
ja, wagte op die môre.

7Israel, vestig jou hoop op die Here;
want by die Here is troue liefde,
by Hom is volkome bevryding.

Ps 131:1-3

1311‘n •Pelgrimslied. Van Dawid.

Here, my hart is nie hoogmoedig
en my oë nie verwaand nie.
Ek hou my nie besig met groot dade
of wat te wonderbaar is vir my nie.
2Maar ek het my siel tot kalmte
en bedaring gebring.
Soos ‘n kindjie by sy moeder,
soos ‘n kindjie, is my siel in my.

3Israel, vestig jou hoop op die Here,
nou en vir altyd.


Moet daarom nie moedeloos raak wanneer jy ervaar dat God swyg nie. Onthou Hy is steeds besig – al is sy stem stil.

Gebed

Praat met die Here. Wat het jy vandag beleef?

Week 5 Dag 24 Om die Here voortdurend vars te hoor
Week 5 Dag 24 Om die Here voortdurend vars te hoor
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 76-81
Lees gerus ook Ps 39:8; 97:10; Ef 4:12-16.

Ps 39:8;

8“En nou, wat verwag ek, my Heer?
My hoop, op U is dit gevestig.

Ps 97:10;

10Julle wat die Here liefhet,
moet die kwaad haat.
Hy beskerm die lewe
van sy troue volgelinge;
uit die hand van goddeloses
red Hy hulle.

Ef 4:12-16
12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 

Wenk

WENK: Dit kan sinvol wees om op jou spoor terug te stap na die laaste ding wat die Here vir jou (die gemeente) gesê het. Was jy ’n Nike-mens (just do it)? Het jy dit wat jy van Hom gehoor het, gedoen?

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 23 – Gaan lê maar weer? – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 23 Verskilmakers is ontvanklik vir die Here - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

’n Jongman het werk gesoek by die Poskantoor as morsekode operateur. Nadat hy vir ’n kort tydjie heel agter in die ry gestaan het, het hy skielik by almal verbygeloop tot in die posmeester se kantoor. Almal het gekla oor sy indrukkery en veral toe die posmeester vir hom sê dat hy die werk gekry het, want terwyl hul almal in die ry gestaan het, is daar deurentyd ’n morsekode gestuur: “As jy hierdie boodskap kan hoor, kom kantoor toe, want jy het die werk!” Hy was die enigste wat die morsekode boodskap bo die geraas van die poskantoor kon hoor.

Gebed

Hoe gefokus of ingestel is jy op die stem van God midde-in die geraas van die lewe? Hoe’t jou dag begin? Rustig en ontspanne? Gejaagd? Stel jou daarop in om rustig te word. Dit kan help om strelende musiek saggies in die agtergrond te speel en om een van jou gunstelinggedeeltes uit die Bybel hardop met groot konsentrasie te lees. Vra die Here om jou op sy stem in te stel.

Skryf / Vul in

Lees Op 1:10-20;

10Op die dag van die Here het die Gees van my besit geneem, en het ek agter my ‘n harde stem, soos dié van ‘n basuin, gehoor 11wat sê: “Skryf wat jy sien in ‘n boekrol op, en stuur dit aan die sewe •gemeentes: na Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”

12Ek het omgedraai om te sien wie se stem dit is wat met my praat. Toe ek omdraai, het ek sewe goue kandelare gesien, 13en in die middel van die kandelare, iemand net soos die •Seun van die Mens. Hy het ‘n kleed wat tot op die voete hang, gedra, met ‘n goue band wat om sy bors vasgebind was. 14Sy kop en hare was so wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vlammende vuur. 15Sy voete was net soos gloeiende koper in ‘n rooiwarm oond, en sy stem soos die gedruis van baie waterstrome. 16In sy regterhand het hy sewe sterre gehou, uit sy mond het daar ‘n skerp swaard met twee snykante gekom, en sy gesig was soos die son, wat in al sy felheid skyn.

17Toe ek Hom sien, het ek voor sy voete neergeval soos ‘n dooie, maar Hy het sy regterhand op my gelê en gesê: “Hou op om bang te wees – Ek is die Eerste en die Laaste 18en die Lewende. Ek was dood, maar kyk, Ek leef vir ewig en ewig; ook hou Ek die sleutels van die dood, en van Hades. 19Skryf dan op wat jy gesien het, wat daar is, en wat hierna gaan gebeur. 20Dit is die misterie van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue kandelare: Die sewe sterre is die sewe boodskappers van die sewe gemeentes, en die sewe kandelare is die sewe gemeentes.”

Op 4:1.
41Hierna het ek gesien, en kyk, ‘n deur wat in die hemel geopen is, en die stem wat ek voorheen so hard soos ‘n basuin met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur.”

Praat die Here vandag nog met ons soos in Openbaring? Maak ’n kruisie in die blokkie wat jou standpunt weergee.

Week 5 Dag 23 Ja Nee Onseker
Week 5 Dag 23 Ja Nee Onseker

Daar is die voorbeelde van Francis Shaefer en Peter Marshall* met wie God hoorbaar gepraat het terwyl hulle ernstig gebid het. Twee van my kollegas het al soortgelyke ervarings gehad. Dikwels kan net die persoon met wie God so kommunikeer, Hom hoor – soos in die geval van Samuel (1 Sam 3:1-5, 8)
1 Sam 3:1-5, 8

1Die seun Samuel was in diens van die Here onder toesig van Eli. ‘n Woord van die Here was seldsaam in daardie dae; geen visioene het voorgekom nie.

2In daardie tyd het Eli op sy gewone plek gelê. Sy oë het al begin swak word, hy kon nie meer sien nie. 3Die lamp van God was nog nie dood nie, en Samuel het al gaan lê in die •tempel van die Here waar die ark van God was. 4Toe roep die Here na Samuel en hy het geantwoord: “Hier is ek!” 5Hy hardloop toe na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie. Gaan lê maar weer.” Hy het toe gaan lê.

8Die Here roep toe weer na Samuel vir die derde maal. Hy staan toe op, gaan na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Eli besef toe dat dit die Here is wat na die seun roep.

maar soms kan ander dit ook hoor – soos by Moses, Aäron en Mirjam (Num 12:4) 4Die Here het dadelik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle drie na die Tent van Ontmoeting!” Hulle drie het toe gegaan. 

asook Paulus en dié wat saam met hom op die pad na Damaskus was (Hand 9:3-5, 7).
3Terwyl hy onderweg was, en naby Damaskus kom, het ‘n lig uit die hemel hom skielik omstraal, 4en hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 5Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg.
 7Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan, omdat hulle wel die stem gehoor het, maar niemand gesien het nie

Vir Israel was die aanhoor van die Here se stem by tye so ’n vreesaanjaende ervaring dat hulle Moses versoek het om liewer namens hulle voor God te verskyn en met Hom te praat (Eks 20:18-19).18Toe die hele volk die donderslae hoor en die weerlig sien, asook die geluid van die •ramshoring, en die berg wat rook, was hulle bang en het gebewe. Hulle het op ‘n afstand bly staan 19en vir Moses gesê: “Praat u met ons, en ons sal luister. Maar God moet nie met ons praat nie, sodat ons nie sterf nie.” 

God is soewerein en praat hoorbaar wanneer Hy wil, met wie Hy wil en soos Hy wil. So praat Hy hoorbaar wanneer dit bv. nodig is dat die hoorder ’n baie moeilike opdrag uitvoer en nodig het om krag te put uit so ’n besondere ervaring (Num 12:2-8).2Hulle het gesê: “Is dit dan net deur Moses wat die Here gepraat het? Het Hy nie deur ons ook gepraat nie?” Die Here het dit gehoor. 3Maar die man Moses was baie beskeie, meer as enige mens op aarde. 4Die Here het dadelik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle drie na die Tent van Ontmoeting!” Hulle drie het toe gegaan. 5Die Here het in die wolkkolom afgekom. Hy het by die ingang van die tent gestaan en Aäron en Mirjam geroep. Toe hulle twee vorentoe kom, 6het Hy gesê: “Luister nou na my woorde:

“As daar ‘n profeet onder julle is,
sal Ek, die Here, Myself
in ‘n visioen aan hom bekend maak;
in ‘n droom sal Ek met hom praat.
7Met my dienskneg Moses is dit anders.
In my hele huishouding
is hy betroubaar.
8Van aangesig tot aangesig
praat Ek met hom,
in ‘n verskyning, nie in raaisels nie;
die verskyningsvorm van die Here
sien hy.
Waarom was julle dan nie bang
om teen my dienskneg, Moses,
uit te vaar nie?”

*Edith Schaefer: The Tapestry, 1981; Cathrine Marshall: A man called Peter, 1951

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Matt 3:17- 4:1;Matt 17:5; Joh 12:27-28; Hand 10:9-16;Hand 23:11.

Matt 3:17- 4:1;
17En meteens het ‘n stem uit die hemele gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.”
41Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die Duiwel versoek te word.

Matt 17:5;
5Terwyl hy nog praat, het ‘n helder wolk skielik ‘n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, ‘n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”

Joh 12:27-28;
27“Nou is my siel ontsteld. Wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar Ek het tog juis met die oog op hierdie uur gekom! 28Vader, verheerlik u Naam!” Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: “Ek het dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”

Hand 10:9-16;
9Die volgende dag, terwyl hulle op reis was en al amper by die stad, het Petrus teen ongeveer die sesde uur na die dakstoep opgeklim om te gaan bid. 10Hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle besig was om die maaltyd voor te berei, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy sien toe die hemel geopen, en iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en aan sy vier hoeke op die aarde neergelaat word. 12Daarin was allerhande viervoetige en kruipende diere van die aarde en voëls van die hemel. 13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

Hand 23:11
11Daardie nag het die Here by Paulus kom staan en gesê: “Hou moed! Want net soos jy in Jerusalem oor My getuig het, so moet jy ook in Rome getuig.”

Dit kan ook gebeur wanneer daar ’n keerpunt in ’n persoon se lewe aanbreek en die ervaring ’n bevestiging van God se barmhartigheid is (Deut 4:12-15, 32-36).
Deut 4:12-15, 32-36

12Die Here het met julle uit die vuur gepraat. Julle het die geluid van woorde gehoor, maar julle kon geen sigbare gestalte sien nie. Daar was net die stem. 13Hy het aan julle sy verbond bekend gemaak, naamlik die Tien Gebooie, waarvolgens julle moet leef, soos Hy beveel het. Hy het dit ook op twee kliptafels gegraveer. 14Vir my het die Here in daardie tyd die opdrag gegee om julle sy vaste voorskrifte en beslissings te leer sodat julle daarvolgens kan leef in die land waarheen julle trek om dit in besit te neem.

15“Omdat julle nie enige sigbare gestalte gesien het op die dag toe die Here by Horeb met julle uit die vuur gepraat het nie, moet julle uiters versigtig wees ter wille van julleself,

32“Ja, doen gerus navraag van die een uiterste van die hemel tot die ander uiterste oor wat vroeër jare, voor julle tyd, gebeur het, van die dag af dat God mense geskape het op die aarde. Het iets so groots al ooit gebeur of is daar al ooit van so iets gehoor? 33Het enige volk al die stem van ‘n god gehoor wat uit vuur praat, soos wat julle self gehoor het, en nogtans bly leef het? 34Of het enige god dit al gewaag om vir homself ‘n nasie te gaan neem uit die midde van ‘n ander nasie, met teistering, met tekens en met wondertekens, met stryd, met ‘n sterk hand en uitgestrekte arm, en met vreesaanjaende magsvertoon, soos alles wat die Here julle God voor julle oë in Egipte vir julle gedoen het? 35Julle was self ooggetuies daarvan, sodat julle kan besef: die Here, Hy is God. Naas Hom is daar geen ander nie.

36“Uit die hemel het Hy julle sy stem laat hoor om julle op te voed, en op die aarde het Hy julle sy groot vuur laat sien. En sy woorde het julle uit die vuur gehoor. 

Lees die Skrif

Lees Eseg 14:1-4.
141Manne uit die oudstes van Israel het by my aangekom en voor my gaan sit. 2Die woord van die Here het tot my gekom: 3“Mensekind, hierdie manne het aan afgodsbeelde ‘n plek gegee in hulle harte. Hulle sien nie af van die struikelblok wat hulle sondeskuld meebring nie. Moet Ek My enigsins deur hulle laat raadpleeg? 4Daarom, spreek hulle aan, sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Enige persoon uit die huis van Israel wat aan sy afgodsbeelde ‘n plek gee in sy hart en nie afsien van die struikelblok wat sy sonde meebring nie, en dan na ‘n profeet toe kom – Ek, die Here, voel Ek moet hom antwoord in ooreenstemming met die omvang van sy afgodery,

Soms praat die Here ook deur ’n innerlike stem soos in die geval van Esegiël. Die gelowige wéét dan dat dié innerlike oortuiging (ingewing) van die Here is. Paulus het op grond van die innerlike oortuiging, deur die werking van die Heilige Gees, besluit om na Jerusalem te reis, ten spyte van Agabus se voorspelling. (Vgl Hand 21:10-13;Hand 20:22-24.)

Hand 21:10-13;
10Terwyl ons ‘n hele paar dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam Agabus uit Judea daar aangekom. 11Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, en sy eie voete en hande daarmee vasgebind, en gesê: “So sê die Heilige Gees, ‘Op hierdie manier sal die Jode in Jerusalem die man aan wie hierdie gordel behoort, vasbind en in die hande van nie-Jode oorgee.’ ” 12Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike mense Paulus gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie. 13Daarop het Paulus geantwoord: “Wat probeer julle bereik deur te huil en my hart te breek? Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus.”

Hand 20:22-24
22En kyk, nou gaan ek, gebind deur die Gees, na Jerusalem, sonder om te weet wat daar met my gaan gebeur – 23behalwe dat die Heilige Gees van stad tot stad aan my bevestig het dat gevangenskap en swaarkry op my wag. 24Maar ek heg geen waarde aan my eie lewe nie, solank ek my lewenstaak en die bedieningsopdrag wat ek van die Here Jesus ontvang het, kan voltooi: om kragtig te getuig van die evangelie van die genade van God.

Skryf / Vul in

Lees Hand 2:16-18;

16Wat hier gebeur, is deur die profeet Joël aangekondig:
17“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God:
‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort –
julle seuns en julle dogters sal profeteer,
en julle jongmense sal visioene sien,
en julle ou mense sal drome droom.
18Ja, ook oor my slawe en slavinne
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal profeteer.

Joël 2:28.

28“Ná hierdie dinge sal Ek
my Gees uitstort op alle mense.
Dan sal julle seuns en julle dogters profeteer.
Julle ou mense sal drome droom,
en julle jong mense
sal visioene sien.

Wat is die twee besondere wyses van kommunikasie waarvan ons hier lees?


Met die uitstorting van die Heilige Gees breek ’n nuwe tydvak in die heilsgeskiedenis aan. Drome en visioene (gesigte) was besondere wyses waarop die Here met mense gekommunikeer het (Matt 2:12-13; Luk 1:11, 26- 38; Hand 10:10-11; 18:9-11; 22:17-18; 2 Kor 12:1, 7).
Matt 2:12-13;
12Hoeveel meer is ‘n mens dan nie werd as ‘n skaap nie! Daarom is dit toelaatbaar om op die Sabbat goed te doen.” 13Toe sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand!” Hy het dit uitgesteek en dit het gesond geword, gesond soos die ander een. 

Luk 1:11, 26- 38;
11‘n Engel van die Here het toe aan hom verskyn en aan die regterkant van die altaar vir die reukwerk gestaan.

26In die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na Nasaret, ‘n dorp in Galilea, 27na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam Josef, uit die nageslag van Dawid. Die maagd se naam was Maria. 28Die engel het na haar gegaan en gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou!”

29Sy was verward oor die woorde en het gewonder wat hierdie groet tog kon beteken. 30Die engel het vir haar gesê:

“Moenie bang wees nie, Maria,
want jy het genade by God gevind.
31Kyk, jy sal swanger word
en aan ‘n seun geboorte skenk.
Jy moet Hom Jesus noem.
32Hy sal magtig wees,
en die Seun van die Allerhoogste genoem word.
En die Here God sal aan Hom
die troon van sy voorvader Dawid gee.
33Hy sal vir ewig oor die nageslag van Jakob regeer.
Aan sy heerskappy sal daar geen einde kom nie.”
34Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan so iets moontlik wees, aangesien ek nie gemeenskap met ‘n man het nie?” 35Die engel het haar geantwoord:

“Die Heilige Gees sal oor jou kom
en die krag van die Allerhoogste
sal jou oorskadu.
Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees;

Hy sal •Seun van God genoem word.36“Kyk, Elisabet, ‘n familielid van jou, is ook swanger, en sy verwag ‘n seun ten spyte van haar hoë ouderdom. Alhoewel sy vroeër as onvrugbaar beskou is, is sy reeds ses maande swanger, 37want geen woord wat van God af kom, is kragteloos nie.” 38Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.” En die engel het van haar af weggegaan.

Hand 10:10-11;
10Hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle besig was om die maaltyd voor te berei, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy sien toe die hemel geopen, en iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en aan sy vier hoeke op die aarde neergelaat word.

Hand 18:9-11;
9Die Here het een nag deur ‘n visioen vir Paulus gesê: “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie! 10Ek is immers met jou en niemand sal ‘n vinger op jou lê om jou kwaad aan te doen nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.” 11Paulus het ‘n jaar en ses maande lank daar gebly en hulle in die woord van God onderrig.

Hand 22:17-18;
17“Toe ek ná my terugkeer na Jerusalem besig was om in die tempelterrein te bid, het ek in geestesvervoering geraak. 18Ek het Hom gesien wat vir my sê, ‘Maak gou en gee haastig pad uit Jerusalem, want hulle sal jou getuienis oor My nie aanvaar nie!’ 

2 Kor 12:1, 7
1As daar dan geroem moet word, is dit nie voordelig nie; maar ek kom nou by gesigte en openbarings van die Here. 

7selfs met inagneming van die buitengewone aard van my openbarings. Daarom, om te keer dat ek opgeblase word, en sodat ek nie hoogmoedig mag word nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van Satan, om my met die vuis te slaan.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Matt 1:20, 24;Matt 2:12, 19, 24; Luk 1:11-22, 26-38; Hand 8:26;Hand 11:5; Ef 3:3; Op 9:17.

Matt 1:20, 24;
20Terwyl hy daaroor nagedink het, het daar skielik ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.

24Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en haar as sy vrou by hom geneem. 25Hy het nie met haar gemeenskap gehad totdat sy aan ‘n seun geboorte gegee het nie. En hy het Hom Jesus genoem.

Matt 2:12, 19, 22;
12En omdat hulle in ‘n droom ‘n waarskuwing van God ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met ‘n ander pad langs na hulle land teruggegaan.

19Herodes het gesterf, en kyk, daar het in Egipte ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn 

22Maar toe hy hoor dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was hy bang om daarheen te gaan. Nadat hy in ‘n droom ‘n opdrag van God ontvang het, het hy na die landstreek Galilea vertrek 

Luk 1:11-22, 26-38;

11‘n Engel van die Here het toe aan hom verskyn en aan die regterkant van die altaar vir die reukwerk gestaan. 12Sagaria was ontsteld toe hy hom sien, en vrees het hom oorval, 13maar die engel het vir hom gesê:
“Moenie bang wees nie, Sagaria,
want jou gebed is verhoor.
Jou vrou, Elisabet, sal vir jou
geboorte gee aan ‘n seun,
en jy moet hom Johannes noem.
14Jy sal blydskap en uitbundige vreugde beleef,
en baie mense sal bly wees oor sy geboorte.
15Inderdaad, hy sal groot wees
in die oë van die Here.
Hy sal glad nie wyn en gegiste drank drink nie,
en hy sal reeds van voor sy geboorte af
met die Heilige Gees vervul wees.
16Hy sal baie van die kinders van Israel
na die Here hulle God laat terugkeer.
17Hy sal met die gees en krag van Elia
voor die Here uitgaan
om die harte van vaders na hulle kinders terug te bring,
en ongehoorsames na die denkwyse van •regverdiges,
en só ‘n goed voorbereide volk vir die Here gereed te maak.”

18Sagaria sê toe vir die engel: “Hoe sal ek dit weet? Want ek is al oud, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.” 19Daarop antwoord die engel hom: “Ek is Gabriël, wat in die teenwoordigheid van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie boodskap vir jou te bring. 20Ek sê vir jou: Omdat jy my woorde, wat op hulle vasgestelde tyd in vervulling sal gaan, nie geglo het nie, sal jy stom wees. Jy sal nie kan praat nie, tot op die dag waarop hierdie dinge gebeur.”

21Die volk het ondertussen vir Sagaria gestaan en wag, en was verbaas dat hy so lank in die heiligdom talm. 22Maar toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle besef toe dat hy ‘n visioen in die heiligdom gesien het. Hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

26In die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na Nasaret, ‘n dorp in Galilea, 27na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam Josef, uit die nageslag van Dawid. Die maagd se naam was Maria. 28Die engel het na haar gegaan en gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou!”

29Sy was verward oor die woorde en het gewonder wat hierdie groet tog kon beteken. 30Die engel het vir haar gesê:
“Moenie bang wees nie, Maria,
want jy het genade by God gevind.
31Kyk, jy sal swanger word
en aan ‘n seun geboorte skenk.
Jy moet Hom Jesus noem.
32Hy sal magtig wees,
en die Seun van die Allerhoogste genoem word.
En die Here God sal aan Hom
die troon van sy voorvader Dawid gee.
33Hy sal vir ewig oor die nageslag van Jakob regeer.
Aan sy heerskappy sal daar geen einde kom nie.”
34Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan so iets moontlik wees, aangesien ek nie gemeenskap met ‘n man het nie?” 35Die engel het haar geantwoord:
“Die Heilige Gees sal oor jou kom
en die krag van die Allerhoogste
sal jou oorskadu.
Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees;
Hy sal •Seun van God genoem word.36“Kyk, Elisabet, ‘n familielid van jou, is ook swanger, en sy verwag ‘n seun ten spyte van haar hoë ouderdom. Alhoewel sy vroeër as onvrugbaar beskou is, is sy reeds ses maande swanger, 37want geen woord wat van God af kom, is kragteloos nie.” 38Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.” En die engel het van haar af weggegaan.

Hand 8:26;
26‘n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is ‘n verlate pad.”

Hand 11:5;
5“Ek was in die stad Joppe besig om te bid, en in ekstase het ek ‘n visioen gesien: iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en wat aan sy vier hoeke uit die hemel neergelaat word; en dit het tot by my gekom.

Ef 3:3;
3Deur openbaring is die geheimenis aan my bekend gemaak, soos ek reeds kortliks geskryf het.

Op 9:17
7Net so het ek ook in die visioen die perde en hulle ruiters gesien: hulle het vuurrooi, oranjekleurige en swaelgeel borsplate gedra. Die perde se koppe het soos dié van leeus gelyk met vuur, rook en swael wat uit hulle bekke borrel. 

Skryf / Vul in

Lees Hand 9:3-7. (Indien jy tyd het, lees gerus die hele perikoop vanHand 9:1-19.)

SAULUS SE BEKERING

91Saulus, wat nog steeds dreigemente en moord teen die dissipels van die Here aangeblaas het, het na die hoëpriester gegaan 2en van hom briewe gevra aan die •sinagoges in Damaskus, sodat, indien hy enige mense opspoor wat aanhangers van die Weg is, mans sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

3Terwyl hy onderweg was, en naby Damaskus kom, het ‘n lig uit die hemel hom skielik omstraal, 4en hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 5Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg. 6Maar staan op en gaan na die stad, en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.” 7Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan, omdat hulle wel die stem gehoor het, maar niemand gesien het nie. 8Saulus het van die grond af opgestaan en, alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Hulle het hom aan die hand gelei en Damaskus binnegebring. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie, en het hy nie geëet of gedrink nie.

10Daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam Ananias. In ‘n visioen het die Here vir hom gesê: “Ananias!” En hy het geantwoord: “Hier is ek, Here.” 11Toe sê die Here vir hom: “Maak gereed en gaan na die straat bekend as Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na iemand uit Tarsus met die naam Saulus. Want kyk, hy is besig om te bid, 12en het in ‘n visioen gesien dat ‘n man met die naam Ananias binnekom en hom die hande oplê om hom weer te laat sien.” 13Ananias het geantwoord: “Here, ek het by baie mense van hierdie man gehoor, van al die kwaad wat hy u •heiliges in Jerusalem aangedoen het. 14En hier het hy volmag van die leierpriesters om almal wat u Naam aanroep, in boeie te slaan.” 15Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. 16Ek sal boonop aan hom toon hoeveel hy ter wille van my Naam moet ly.” 17Ananias het toe vertrek, en die huis binnegegaan en hom die hande opgelê, met die woorde: “Saul, broer, die Here het my gestuur – Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het – sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” 18En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval. Hy kon weer sien en het opgestaan en is gedoop. 19Nadat hy geëet het, het hy sy krag herwin.

Hy was ‘n paar dae lank saam met die dissipels in Damaskus, 

Op watter wyses kommunikeer God in dié Skrifgedeelte?


Verskeie artikels in Christelike en populêre tydskrifte het al beweer dat engele mense te hulp gesnel het. Alhoewel dit moeilik kontroleerbaar is, moet ons dit op grond van Bybelse getuienis as ’n moontlikheid aanvaar.

Die Here maak soms ook daarvan gebruik om sy boodskap op ongewone wyses by mense tuis te bring.

Skryf / Vul in

Watter wyses gebruik Hy in die volgende Skrifgedeeltes:
1 Sam 15:26-28?

1 Sam 15:26-28

26Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het die Here jou verwerp as koning oor Israel.”

27Toe Samuel omdraai om te loop, gryp Saul die soom van sy mantel, en dit het geskeur. 28Samuel sê toe vir hom: “Die Here het vandag die koningskap van Israel van jou afgeskeur en Hy het dit aan jou medemens gegee wat beter as jy is.


Ps 119:71;

71Dit is goed vir my
dat ek verneder was,
sodat ek u voorskrifte kon leer.

Jes 30:19-21?

19Ja, volk wat op Sion,
in Jerusalem, woon,
julle sal sekerlik nie meer huil nie.
Die Here sal beslis genade
aan julle bewys
op julle roepstem om hulp.
Wanneer Hy hoor,
sal Hy julle antwoord.
20My Heer sal vir julle
brood van kommer
en water van verdrukking gee.
Maar dan sal julle Groot
Leermeester Hom nie meer
vir julle verberg nie;
julle eie oë sal julle Groot
Leermeester sien.
21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”


Jer 18:1-6;

181Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het: 2“Maak gereed en gaan af na die pottebakker se huis; daar sal Ek jou my woorde laat hoor.” 3Ek het toe afgegaan na die pottebakker se huis; hy was juis besig om iets op die pottebakkerswiel te maak. 4Maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het onder die hand van die pottebakker misluk. Hy het toe ‘n ander houer gemaak, soos die pottebakker dit goed gedink het om te maak.

5Toe het die woord van die Here tot my gekom: 6“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. “Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.

Hos 1:2-6?

2Die begin van wat die Here deur Hosea gesê het.
Die Here het vir Hosea gesê:
“Gaan neem vir jou as vrou
‘n prostituut wat hoerkinders het,
want die land hou aan hoereer,
weg van die Here af.”

3Hy het gegaan en Gomer, dogter van Diblajim, as vrou geneem. Sy het swanger geword en vir hom ‘n seun in die wêreld gebring. 4Die Here sê toe vir hom:
“Noem hom Jisreël,
want nog ‘n klein rukkie,
dan roep Ek die huis van Jehu
tot verantwoording
oor die bloedbad by Jisreël.
Ek gaan ‘n einde maak
aan die koninkryk
van die huis van Israel.
5Op daardie dag sal Ek
die boog van Israel breek
op die vlakte van Jisreël.”

6Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan ‘n dogter. Die Here sê toe vir hom:
“Noem haar Lo-Rugama,
want Ek gaan My nie langer
ontferm oor die huis van Israel nie,
ja, Ek sal hulle geensins vergewe nie.


Lees Hag 1:1-11.

11In die tweede regeringsjaar van koning Darius, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die Here by monde van die profeet Haggai gekom tot Serubbabel, seun van Sealtiël en •streekgoewerneur van Juda, en tot Josua, die hoëpriester en seun van Jehosadak: 2“So sê die Here, Heerser oor alle magte,

‘Hierdie volk sê die tyd is nog nie ryp om die Here se huis te herbou nie.’ ” 3Die woord van die Here het gekom by monde van die profeet Haggai: 4“Is die tyd dan wel vir julle ryp om in huise met houtpanele te woon, terwyl hierdie huis ‘n bouval is? 5Daarom,” so sê die Here, Heerser oor alle magte, “neem ter harte wat julle beleef het:

6Julle het baie gesaai,
maar dit het min opgelewer;
julle eet,
maar word nie versadig nie;
julle drink,
maar julle dors word nie geles nie;
julle trek aan,
maar word nie warm nie.
Wie homself uithuur,
doen dit vir ‘n beursie vol gate.”
7So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Neem ter harte wat julle beleef het:
8Gaan teen die berge uit,
bring hout en herbou my huis;
dit sal vir My vreugde verskaf
en Ek sal daardeur verheerlik word.”
Dit is wat die Here sê.
9“Julle verwag baie,
maar kyk, julle kry bloedweinig.
As julle iets huis toe bring,
blaas Ek dit weg.

“En waarom? Omdat my huis ‘n bouval is, terwyl elkeen van julle rondhardloop vir sy eie huis.” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.

10“Daarom het die hemel bo júlle die dou teruggehou en die aarde sy opbrengs. 11Ek het droogte uitgeroep oor die land en oor die heuwels, oor die koring, die •nuwe wyn en die olie, oor alles wat die grond oplewer; oor mens en dier en alles wat met moeite tot stand gebring is.”

Op watter omstandighede wys Haggai die Israeliete waardeur die Here ’n belangrike saak wou tuisbring?


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Gen 9:12-13;Gen 12:7-8;Gen 26:19-25;Gen 28:10-12, 17-19;Gen 35:1-7.

Gen 9:12-13;
12God het gesê: “Dit is die verbondsteken wat Ek plaas tussen My en julle en al die lewende wesens by julle, vir toekomende geslagte: 13My boog plaas Ek in die wolke. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en die aarde.

Gen 12:7-8;
7Die Here verskyn toe aan Abram en sê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.” Hy het toe daar ‘n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het. 8Hy het daarvandaan verder getrek na die heuwelland oos van Bet-El, en sy tente opgeslaan tussen Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy vir die Here ‘n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.

Gen 26:19-25;

19Terwyl die slawe van Isak in die dal grawe, kom hulle toe daar in ‘n put af op ‘n wateraar. 20Maar die herders van Gerar het met Isak se herders gestry en gesê: “Die water behoort aan ons!” Hy het toe die put Esek genoem, omdat hulle daaroor rusie gemaak het. 21Isak se slawe het toe ‘n ander put gegrawe, maar hulle het ook daaroor gestry. Daarom het Isak dit Sitna genoem. 22Hy het daarvandaan verder getrek en ‘n ander put gegrawe, maar daaroor is daar nie gestry nie. Hy het dit Regobot genoem, “want,” het hy gesê, “nou het die Here vir ons ruimte gemaak, en ons sal vrugbaar wees in die land.”

23Hy het toe daarvandaan opgetrek na Berseba. 24Daardie nag het die Here aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou. Ek sal jou seën en jou nageslag talryk maak ter wille van Abraham, my dienskneg.” 25Hy het toe daar ‘n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep. Isak het sy tente daar opgeslaan, en sy slawe het daar ‘n put uitgekap.

Gen 28:10-12, 17-19;
10Jakob het uit Berseba vertrek en na Haran gegaan. 11Hy kom toe by ‘n plek en oornag daar, want die son was al onder. Hy het een van die klippe van die plek geneem, dit as sy kopstut neergesit en op daardie plek gaan lê. 12Hy droom toe: Kyk, daar is trappe wat op die aarde staan, waarvan die bopunt na die hemel reik. Daar was boodskappers van God wat daarlangs op- en afgaan!

17Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreesaanjaend is hierdie plek nie! Dit is niks anders as die huis van God nie. Dit is die poort na die hemel!”

18Jakob het die oggend vroeg opgestaan en die klip wat hy as ‘n kopstut neergesit het, geneem en dit as ‘n gedenksteen opgerig. Hy het olie oor die bopunt daarvan uitgegiet. 19Hy het die plek Bet-El genoem; maar die naam van die dorp was vroeër Lus.

Gen 35:1-7
1God het vir Jakob gesê: “Maak gereed, trek op na Bet-El en woon daar. Bou daar ‘n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op vlug was voor jou broer Esau.” 2Jakob sê toe vir sy huis en almal wat by hom was: “Verwyder die vreemde gode wat in julle midde is en reinig julle; trek ander klere aan. 3Kom ons maak gereed en trek op na Bet-El, sodat ek daar ‘n altaar kan bou vir die God wat my geantwoord het op die dag toe ek in die nood was, en by my was op die pad wat ek gegaan het.” 4Hulle het toe al die vreemde gode wat hulle by hulle gehad het, vir Jakob gegee, ook die ringe wat aan hulle ore was. Hy het dit onder die groot terebintboom wat by Sigem is, weggesteek. 5Hulle het toe weggetrek, en ‘n verskrikking van God af het oor die dorpe rondom hulle geheers, sodat hulle nie die seuns van Jakob agtervolg het nie.

6Toe Jakob by Lus, dit is Bet-El, in die land Kanaän aankom, hy en al die mense wat by hom was, 7het hy daar ‘n altaar gebou en die plek El-Bet-El genoem, omdat God Hom daar aan hom geopenbaar het toe hy op vlug was voor sy broer.

Die Here werk nie lukraak nie, daarom gee Hy dikwels ook bakens in ’n mens se lewe as rigtingwysers. Wanneer ons kan sien waar ons vandaan kom, sal ons duideliker sien waarheen God met ons op pad is.

Soms stuur die Here ook wyse persone wat ’n situasie goed (en reg) kan opsom en kommunikeer (
Spr 5:1 1My seun, op my wysheid
moet jy ag slaan,
vir my verstandigheid
moet jy jou ore spits
,).

Die Here kan deur vriende, familie of gemeentelede met ons praat.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Spr 7:1, 6-8, 24-25; Ps 37:25-26

Spr 7:1, 6-8, 24-25;

71My seun, neem my woorde
ter harte;
en my opdragte,
hou dit veilig by jou.

6Want deur die venster van my huis,
deur my latwerk, het ek afgekyk;
7en ek sien toe
daar by die onkundiges,
ja, ek merk toe onder die seuns
‘n jong man sonder verstand,
8wat die stegie by haar hoek
oorsteek,
wat op pad na haar huis stap

24Daarom, seuns, luister na my,
en slaan ag op die woorde
uit my mond.
25Laat jou hart nie afdraai
na haar weë nie;
moenie op haar paaie ronddwaal nie.

Ps 37:25-26

25Toe ek jonk was en selfs
noudat ek oud geword het,
het ek nie gesien
dat ‘n regverdige versaak word,
of dat sy nageslag kos soek nie.
26Hy is altyd goedhartig
en leen graag uit,
sy nageslag is ‘n seën vir ander.

Lees die Skrif

Lees Hand 13:1-3; 17:10-11; 1 Kor 14:29.

Hand 13:1-3;
131In die plaaslike •gemeente in Antiogië was daar profete en leermeesters, onder andere Barnabas, Simeon bekend as Niger, Lucius van Sirene, Manaen, ‘n jeugvriend van Herodes die tetrarg, en Saulus. 2Toe hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.” 3Toe die gemeente klaar gevas en gebid het, het hulle hulle die hande opgelê en weggestuur.

Hand 17:10-11;
10Die broers het Paulus en Silas, toe dit nag word, dadelik na Berea gestuur. Met hulle aankoms het hulle na die Joodse sinagoge gegaan. 11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. 

1 Kor 14:29
29Laat twee of drie profete praat, en die ander dit sorgvuldig beoordeel.

Skryf / Vul in

Dink jy dis nodig om elke openbaring, visioen, gesig, stem, boodskap, preek of watter manier ek ook al mag ervaar dat die Here met my (of ons) praat, aan die Skrif te toets? Waarom sê jy so? (Vgl Hand 17:11.)

Hand 17:11
11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is.


God is met sy gemeente op pad. Hy het ’n doel en bestemming met ons en daarom wil Hy dit met ons kommunikeer. Hy wil midde in die bedrywighede van elke dag ons tree vir tree lei (Jes 30:21 21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”).

Daarom praat die Here vandag steeds op verskillende maniere met sy mense – net soos in Bybelse tye!

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag beleef het.

Week 5 Dag 23 Verskilmakers is ontvanklik vir die Here
Week 5 Dag 23 Verskilmakers is ontvanklik vir die Here
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 76-81
Lees gerus ook Eks 17:8-9, 15-16; 24:4-7; Jos 4:8,9; Rig 6:22-24; 1 Sam 7:10-12

Eks 17:8-9, 15-16;
8Toe die Amalekiete kom om teen Israel te veg by Refidim, 9het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die heuweltop gaan staan met die staf van God in my hand.”

15Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem, Die Here is my banier. 16Hy het gesê:
“Omdat ‘n hand teen die troon
van die Here was,
is daar oorlog vir die Here teen
Amalek van geslag tot geslag.”

Eks 24:4-7;

4Moses het al die woorde van die Here neergeskryf. Hy het vroeg die oggend opgestaan en aan die voet van die berg ‘n altaar opgerig en twaalf gedenkstene vir die twaalf stamme van Israel. 5Hy het jong manne uit die Israeliete gestuur, en hulle het •brandoffers geoffer, en vir die Here bulle geslag as •maaltydoffers. 6Moses het die helfte van die bloed geneem en in bakke gegooi. Die ander helfte van die bloed het hy teen die altaar gesprinkel.
7Toe neem hy die Boekrol van die Verbond en lees dit duidelik hoorbaar aan die volk voor. Hulle het gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen en gehoorsaam.”

Jos 4:8,9;

8Die Israeliete het gemaak soos Josua beveel het: Hulle het twaalf klippe, net soveel as die stamme van die Israeliete, uit die middel van die Jordaan opgetel, soos die Here vir Josua gesê het. Hulle het dit met hulle saamgeneem na hulle oornagplek en dit daar neergesit.
9Nog twaalf klippe is deur Josua in die middel van die Jordaan opgerig op die plek waar die voete van die priesters wat die verbondsark gedra het, gestaan het. Dit is daar tot vandag toe.

Rig 6:22-24;
22en Gideon het besef dat dit die Engel van die Here was. Toe sê Gideon: “Ag, Here, my Heer! Want nou het ek die Engel van die Here van aangesig tot aangesig gesien!” 23Maar die Here sê vir hom: “Vrede vir jou! Moenie bang wees nie; jy sal nie sterf nie!” 24Gideon het toe daar ‘n altaar vir die Here gebou en dit genoem “Die Here is vrede”. Tot vandag toe is dit nog daar in Ofra, wat aan die familie van Abiëser behoort.

1 Sam 7:10-12
10Terwyl Samuel nog die brandoffer bring, het die Filistyne nader beweeg vir die geveg teen Israel. Maar die Here het op daardie dag harde donderslae laat dreun oor die Filistyne en hulle verwar. Hulle is toe voor Israel uit verslaan. 11Die manskappe van Israel het uit Mispa getrek en die Filistyne agtervolg en bly neervel, tot onderkant Bet-Kar. 12Toe het Samuel ‘n klip geneem en dit tussen Mispa en Sen opgerig. Hy het dit Eben-Haeser genoem en gesê: “Tot hiertoe het die Here ons gehelp.”

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 22 – Arm van Gees? – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 22 Die Heilige Gees maak ons sensitief - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Raak geestelik en emosioneel stil in die lewende God se teenwoordigheid. As jy nou bly fokus op goed wat jy nog moet doen of op ander knaende gedagteafleiers, gaan hierdie tyd vir jou min beteken. Neem ’n wilsbesluit om vir die volgende halfuur of meer op niks anders te fokus as op God en sy Woord nie.

Skryf / Vul in

Die Skrifgeleerdes en Fariseërs het ’n behoefte gehad aan ’n koninklike Messias wat hulle van die Romeinse juk kon verlos. Lees Joh 5:37-40 en kyk wat is die fundamentele fout wat hulle gemaak het?

Joh 5:37-40
37En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gestalte gesien nie. 38En julle het sy woord nie blywend in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. 39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.


Net so maak gelowiges meermale die fout om die Bybel te degradeer tot op die vlak waar dit met hulle belewenis of ervaring versoen kan word. Ons ervaring (of gebrek daaraan) word dan ’n demper wat God se stem verdoof. Bv: My ervaring van God se teenwoordigheid of afwesigheid bepaal dan wat ek daarvan glo en nie God se beloftes of sy Woord nie. (Vgl Matt 18:20 “want, waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”) Petrus het aan die tradisies van die Ou Testament bly vashou. Dit het gemaak dat hy vergeet het wat Jesus op ’n keer gesê het (Mark 7:6-9).

6En Hy antwoord hulle: “Jesaja het tereg oor julle skynheiliges geprofeteer, soos daar geskryf staan,
“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle harte is ver van My af.
7Tevergeefs vereer hulle My,
want hulle onderrig as leerstellings
die voorskrifte van mense.’
8“Julle versaak die gebod van God en klou vas aan die tradisie van mense.”
9Hy het ook vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuif en sodoende julle tradisie te handhaaf. 
Hierdie verknogtheid aan tradisies het verder gemaak dat hy blykbaar nie die implikasies van Jesus se belofte in Hand 1:8 ten volle kon begryp nie. Die Here moes hom deur ’n visioen wakker skud om die evangelie na die heidene te neem (Hand 10:13-16).

13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

Skryf / Vul in

Daar is ook ander filters of dempers wat daartoe aanleiding gee dat ons God verkeerd kan hoor. Dink aan ’n paar voorbeelde:


Ek noem slegs 2 moontlikhede:

  • Verkeerde, onverantwoordelike interpretasie van die Bybel.
  • Kultuuropvattings.
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook 2 Pet 1:20-21; 3:16.

2 Pet 1:20-21;
20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

2 Pet 3:16
16soos in al sy briewe waarin hy oor hierdie sake praat. Daarin kom sekere moeilik verstaanbare dinge voor, wat onkundige en onstandvastige mense tot hulle eie ondergang verdraai – soos hulle ook met die ander geskrifte maak.

Skryf / Vul in

Lees 1 Kor 2:13-14;1 Kor 3:1.

1 Kor 2:13-14;
13Ons praat ook oor hierdie dinge, nie met woorde wat menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer, terwyl ons geestelike dinge met geestelike dinge beoordeel. 14Maar ‘n niegeestelike mens aanvaar nie wat van die Gees van God kom nie; vir hom is dit immers dwaasheid, en hy kan dit nie begryp nie, omdat dit slegs geestelik beoordeel kan word.

1 Kor 3:1
31Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus.

Wat maak dat ons die Woord nie verstaan en dus nie geestelik groei nie?


Daar was niks verkeerd met die Emmausgangers se IK’s nie. Tog vermaan Jesus hulle oor hulle gebrek aan begrip en traagheid van gees . Hy moes hulle verstand open (hulle in staat stel) om die Skrif te verstaan (Luk 24:25, 45).
25Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het! 
45Daarop het Hy hulle verstand daarvoor geopen om die Skrifte te verstaan, 

Niks het sedertdien verander nie. Ons het vandag steeds nodig dat Hy deur sy Gees ons in staat stel om die Bybel te verstaan.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Dan 2:21-22; 2 Kor 4:3-6; Ef 1:17-18; 1 Joh 2:27.

Dan 2:21-22;
21Hy verander tye en tydperke;
Hy sit konings af
en stel konings aan.
Hy gee wysheid aan wyses
en kennis aan wie insig het.
22Hy openbaar dit wat diep
en verborge is;
Hy weet wat in die duisternis is.
Die lig is by Hom tuis.

2 Kor 4:3-6;
3As ons evangelie dan tog nog versluier is, is dit versluier vir dié wat verlore gaan, 4vir die ongelowiges wie se denke deur die god van hierdie bedeling verblind is, sodat die lig van die evangelie van die heerlikheid van •Christus, wat die beeld van God is, nie oor hulle skyn nie. 5Ons verkondig immers nie onsself nie, maar Jesus Christus as Here, en onsself as julle diensknegte, ter wille van Jesus. 6Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus.

Ef 1:17-18;
17Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus •Christus, die Vader van die heerlikheid, vir julle dit sal gee: geestelike wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan, 18en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien
wat die hoop is wat sy roeping bied,
wat die heerlike rykdom van sy erfenis vir die heiliges behels,

1 Joh 2:27
27Maar wat julle betref: die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en daarom hoef niemand julle te leer nie. Maar omdat sy salwing julle alles leer, en omdat dit die waarheid is, en nie ‘n leuen nie, bly in Hom, net soos Hy julle geleer het.

Skryf / Vul in

Lees Joh 16:12-14. 12“Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie. 13Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. 14Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle bekend sal maak.

Wat is deurslaggewend vir insig en begrip in die Woord van die Here?


Ons gees moet ingestem wees op die Heilige Gees. Westerlinge het baie oefening hierin nodig.

Skryf / Vul in

Lees Mark 7:6-8.

6En Hy antwoord hulle: “Jesaja het tereg oor julle skynheiliges geprofeteer, soos daar geskryf staan,
“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle harte is ver van My af.
7Tevergeefs vereer hulle My,
want hulle onderrig as leerstellings
die voorskrifte van mense.’

8“Julle versaak die gebod van God en klou vas aan die tradisie van mense.”

Wat is die gevaar waarteen Jesus waarsku?


Ons verval so maklik in die ritueel van Bybellees (of eredienste toe gaan) sónder die verwagting dat ons die Here gaan ontmoet en dat Hy met ons gaan praat. Dit hang saam met die beweegrede/s waarom mense die Bybel lees.

Skryf / Vul in

Dink aan ’n paar redes vir bogenoemde.


Hier is ’n paar moontlikhede:

  • Om beginsels te ontdek?
  • Om meer beloftes te kry wat ek vir myself kan toe-eien?
  • Om bewyse te kry vir my eie oortuigings?
  • Om preek-materiaal te kry?
  • Om krag te kry in my bediening?
  • Of dalk sommer omdat dit my gewete sus?
  • Om te groei in my kennis en aanbidding van, liefde vir, asook geloof in God?
Skryf / Vul in

Lees Joh 10:27. 27My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. 

Wat is kenmerkend van die Here se skape?


Ons behoort die Bybel te lees met die doel om ’n verhouding met die Outeur te hê. Ons besigwees met die Bybel moet eerstens lei tot ’n ontmoeting met Jesus. (Joh 5:39-40)39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Ons moet fokus op ons verhouding met die Here. Dit is die spil waarom alles draai. Dit verg harde oefening om toegewy aan die Here te leef (1 Tim 4:7-8; 1 Tim 6:11-12).

1 Tim 4:7-8 7Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; 8want liggaamlike oefening is wel in ‘n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe. 

1 Tim 6:11-12
11Maar jy, o man van God,
vlug weg van hierdie dinge!
Streef eerder na •geregtigheid,
godvresendheid, betroubaarheid,
liefde, volharding, sagmoedigheid.
12Stry die goeie stryd van die geloof;
gryp die ewige lewe aan,
waartoe jy geroep is
en waarvan jy die goeie belydenis
voor baie getuies afgelê het.
Wie so geoefen is, sal sy stem hoor.

Dit is duidelik dat God se Woord nie deur menslike inspanning verstaan kan word nie, maar dat ons die Heilige Gees nodig het om vir ons insig en begrip te gee (Luk 24:45)25Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het!.

Ons moet dus ’n intieme verhouding met die Here koester – dan sal ons sy stem hoor.

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag beleef het.

Week 5 Dag 22 Die Heilige Gees maak ons sensitief
Week 5 Dag 22 Die Heilige Gees maak ons sensitief
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 76-81
Lees gerus ook Eseg 13; Joh 14:23, 26; 15:26-27; 16:13; Hand 17:11; Rom 8:9.

Eseg 13;
OORDEEL OOR VALS PROFETE

131Die woord van die Here het tot my gekom: 2“Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat besig is om te profeteer. Sê vir die profete wat uit hulle eie harte praat, ‘Hoor die woord van die Here! 3So sê my Heer, die Here: “Wee die dwase profete wat hulle eie gees volg, maar niks gesien het nie. 4Soos jakkalse tussen puinhope het jou profete geword, Israel. 5Hulle het nie opgeklim na die bresse en ‘n klipmuur gepak ter verdediging van die huis van Israel, sodat hy staande kan bly in die stryd op die dag van die Here nie. 6Hulle visioene is vals, ‘n leuenagtige voorspelling, hulle wat telkens sê, ‘Dit is die uitspraak van die Here.’ Die Here het hulle egter nie gestuur nie. En dan wag hulle nog dat die woord vervul sal word! 7Het julle nie valse visioene gesien en ‘n leuenagtige godspraak gelewer toe julle gesê het, ‘Dit is die uitspraak van die Here,’ terwyl Ek nie iets aangekondig het nie?” 8Daarom, so sê my Heer, die Here: “Omdat julle valse uitsprake maak en bedrieglike visioene sien, daarom is dit nou Ek teen julle.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’

9“ ‘ “My hand sal gekeer wees teen die profete wat valse visioene sien en leuenagtige voorspellings maak. In die binnekring van my volk sal hulle nie wees nie, in die boek van die huis van Israel sal hulle nie opgeskryf word nie, en op die grond van Israel sal hulle nie kom nie. Julle sal besef dat Ek, die Heer, die Here, is, 10omdat, ja, omdat hulle my volk mislei het deur te sê, ‘Vrede!’ toe daar geen vrede was nie. Wanneer iemand ‘n klipmuur pak, kyk, dan pleister hulle dit met kalk. 11Sê vir hulle wat met kalk pleister, ‘Die muur gaan val!’ ‘n Geweldige stortreën kom, Ek sal groot haelstene gee, hulle sal val. ‘n Stormwind sal losbreek – 12en kyk, die muur het geval! Daar sal sekerlik vir julle gevra word, ‘Waar is die klei waarmee julle gepleister het?’ ” 13Daarom, so sê my Heer, die Here, “Ek laat ‘n stormwind losbreek in my woede; in my toorn sal stortreën val, ook groot haelstene met vernietigende venyn. 14Ek sal die muur wat julle met kalk gepleister het, afbreek en dit op die grond neergooi, sodat sy fondament ontbloot word. Dit sal val en julle sal daarin omkom. Julle sal besef dat Ek die Here is. 15Ek sal my woede laat uitwoed op die muur en op hulle wat dit met kalk pleister. Dan sal Ek vir julle sê, ‘Die muur is nie meer daar nie, en ook nie hulle wat dit pleister nie – 16daardie profete van Israel wat vir Jerusalem profeteer en vir haar visioene van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie.’ ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’

17“En jy, mensekind, rig jou tot die dogters van jou volk wat uit hulle eie harte profeteer. Profeteer teen hulle 18en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Ellende wag vir hulle wat towerbande maak vir almal se polse, en hoofbedekkings maak vir koppe van alle groottes, om so op lewens jag te maak. Sal julle op die lewens van my volk jag maak, maar julle eie lewens behou? 19Julle het my heiligheid aangetas by my volk, vir ‘n paar hande vol gars en ‘n paar stukkies brood, deur lewens te vernietig van mense wat nie moes sterf nie, en lewens te behou van mense wat nie moes bly leef nie, toe julle vir my volk wat na leuens luister, gelieg het.” 20Daarom, so sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek is teen julle towerbande waarmee julle daar in Jerusalem op lewens jag maak asof hulle voëls is. Ek sal dit van julle voorarms afskeur. Ek sal die lewens wat julle vang asof hulle voëls is, vrylaat. 21Ek sal julle hoofbedekkings afskeur en my volk red uit julle hand. Hulle sal nie meer as ‘n vangs in julle hand wees nie. Julle sal besef dat Ek die Here is. 22Omdat julle deur leuens die harte van regverdiges laat ineenkrimp, terwyl Ek hulle nie pyn wil aandoen nie, en omdat julle die hande van goddeloses sterk, sodat hulle hulle nie bekeer van hulle bose optrede en gevolglik bly leef nie – 23daarom: Valse visioene sal julle nie sien nie, en voorspellings sal julle nie meer maak nie. Ek sal my volk uit julle hand red. Julle sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”

Joh 14:23, 26;
23Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy ter harte neem wat Ek sê, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

26Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het.

Joh 15:26-27;
26“Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.

Joh 16:13;
13Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak.

Hand 17:11;
11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. 

Rom 8:9
9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie. 

Wenk

WENK: Vra die Here wat dit vandag van jou mag vra om soos Henog van ouds “met God te wandel”. Dan doen jy dit (Joh 12:26)26As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer..

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 21 – Troebel water – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 21 Die lewende God is n kommunikasie wese - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Praat God vandag nog met ons soos in Bybelse tye? Vir baie gelowiges is dit nie ’n uitgemaakte saak nie. Alhoewel ons seker sal saamstem dat Hy wel in die Bybelse tye gepraat het, glo baie Christene dat God om een of ander rede besluit het om dit nie meer vandag só te doen nie.

Gebed

Praat met God en laat Hom toe om ook met jou te praat…

Lees die Skrif

Lees Gen 1 en tel hoeveel keer daar staan: Toe het God gesê . In Gen 3 kry ’n mens die indruk dat God in die koelte van die vroeë aand met Adam en Eva wou kommunikeer. Hulle kruip egter weg omdat hulle teen Hom gerebelleer het – maar Hy roep na hulle. God is ’n kommunikerende wese – van die skepping af is dit duidelik. Hy kommunikeer ook met Kaïn, Abel, Noag, Abraham, Moses, die profete en in die laaste dae doen Hy dit deur sy Seun (Heb1:1-2). Ons is na sy beeld geskep met die vermoë om te kommunikeer – waarom sal Hy dan nou, strydig met sy aard, ophou om met sy mense te praat?

Gen 1

SKEPPING

11In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die •oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef,

3en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.
4God het gesien dat die lig goed was.
God het toe die lig en die donker
van mekaar geskei.
5God het die lig dag genoem
en die donker het Hy nag genoem.
En dit was aand en dit was oggend –
dag een.

6God het gesê: “Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen water en water.” 7God het die gewelf gemaak, en Hy het die water wat onder die gewelf was, geskei van die water wat bo die gewelf was. Dit het toe so gebeur. 8God het die gewelf hemel genoem.
En dit was aand en dit was oggend –
‘n tweede dag.

9God het gesê: “Laat die water wat onder die hemel is, op een plek bymekaarkom, sodat die droë grond sigbaar word.” Dit het toe so gebeur. 10God het die droë grond ‘land’ genoem en die versamelplek van die water het Hy ‘see’ genoem. God het gesien dat dit goed is.

11God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewasse wat saad gee, bome wat op die land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.” Dit het toe so gebeur. 12Die land het toe groen plante voortgebring, gewasse wat saad gee volgens elkeen se aard, en bome wat vrugte dra waarin hulle saad is, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.

13En dit was aand en dit was oggend –
‘n derde dag.

14God het gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om skeiding te maak tussen dag en nag. Hulle moet daar wees vir tekens en vir vaste tye, en vir dae en jare. 15Hulle moet daar wees as ligte aan die hemelgewelf om lig te gee op die aarde.” Dit het toe so gebeur.

16God het die twee groot ligte gemaak,
die groot lig om te heers oor die dag,
en die klein lig om te heers oor die nag,
en ook die sterre.

17God het hulle aan die hemelgewelf geplaas om lig te gee op die aarde, 18en om te heers oor die dag en die nag, en om skeiding te maak tussen die lig en die donker. God het gesien dat dit goed is.

19En dit was aand en dit was oggend –
‘n vierde dag.

20God het gesê: “Laat die water wemel met lewende wesens, en laat voëls oor die aarde vlieg langs die hemelgewelf.” 21God het volgens hulle aard die groot seediere geskep en al die lewende wesens wat rondbeweeg, waarvan die water wemel, en alle vlieënde voëls, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is. 22God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, word meer en vul die water in die seë; en laat die voëls meer word op die land.”

23En dit was aand en dit was oggend –
‘n vyfde dag.

24God het gesê: “Laat die land lewende wesens voortbring volgens elkeen se aard: mak diere, kruipende diere en wilde diere van die land, volgens elkeen se aard.” Dit het toe so gebeur.

25God het die wilde diere van die aarde
gemaak volgens elkeen se aard,
die mak diere volgens elkeen se aard,
en al die diere wat op die grond kruip
volgens elkeen se aard.
God het gesien dat dit goed is.

26God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”

27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

28God het hulle geseën; God het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, vermeerder, vul die aarde en onderwerp dit. Heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde rondbeweeg.”

29God het gesê: “Kyk, Ek gee vir julle al die gewasse wat saad dra, wat op die oppervlakte van die hele aarde is, en al die bome waaraan daar vrugte is, wat saad dra. Vir julle sal dit as voedsel dien. 30En vir al die diere van die aarde en vir al die voëls van die hemel en alles wat rondbeweeg op die aarde waarin lewensasem is, gee Ek al die groen gewasse as voedsel.” Dit het toe so gebeur.

31God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en kyk, dit was baie goed.

En dit was aand en dit was oggend –
die sesde dag.

Heb1:1-2
1In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun.
Hom het Hy aangestel
as erfgenaam van alle dinge,
en deur Hom het Hy
ook die wêreld geskep.

Skryf / Vul in

Lees 2 Tim 3:16-17 en skryf die 6 dinge neer waarvoor die Skrif nuttig is.

2 Tim 3:16-17
16Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, 17sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.


Dink na / Besin

Die Bybel is dus die belangrikste manier waardeur God met ons kommunikeer. Sy Woord is waar, maar hoekom is daar dan so baie verskillende interpretasies daarvan? Is Hy uitgelewer aan die manier waarop ons sy Woord interpreteer? Dink oor hierdie stelling

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Joh 17:17; Heb 6:18; 2 Pet 1:17-21; 1 Joh 1:5.

Joh 17:17;
17Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid.

Heb 6:18;
18Die doel daarvan was dat, deur hierdie twee onveranderlike dinge, waarvolgens dit vir God onmoontlik sou wees om te lieg, ons wat vrygekom het, ‘n kragtige bemoediging sou hê om stewig vas te hou aan die hoop wat voorlê. 

2 Pet 1:17-21;
17Nadat Hy van God die Vader eer en heerlikheid ontvang het, toe die luisterryke Majesteit die stem tot Hom laat kom het wat sê, “Hy is my Seun, my geliefde Seun, in wie Ek My verbly,” 18het ook ons daardie stem gehoor wat uit die hemel kom, terwyl ons saam met Hom op die heilige berg was. 19En daarom beskik ons oor die profetiese woord, wat nog vaster staan. Julle doen die regte ding as julle daarop fokus, soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek, en die môrester opgaan in julle harte. 20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

1 Joh 1:5
5Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Skryf / Vul in

Lees Jer 17:9-10. Wat sê God, volgens Jeremia, oor die mens se hart?

Jer 17:9-10
9Die hart is bedriegliker as alles;
dit is ongeneeslik.
Wie kan die hart verstaan?
10“Ek, die Here, deursoek harte
en toets niere,
om elkeen te vergeld
volgens sy optrede,
volgens die vrug van sy dade.”


Lees 2 Pet 1:20-21; 3:16c – Is die verkeerde interpretasie van die Skrif ’n moderne verskynsel? (Lees gerus ook Matt 22:29; Joh 5:39-40.)

2 Pet 1:20-21;
20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

2 Pet 3:16c
16soos in al sy briewe waarin hy oor hierdie sake praat. Daarin kom sekere moeilik verstaanbare dinge voor, wat onkundige en onstandvastige mense tot hulle eie ondergang verdraai – soos hulle ook met die ander geskrifte maak.

Matt 22:29
29Jesus het hulle egter geantwoord: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie, en ook nie die krag van God nie.

Joh 5:39-40
39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.


Nou moet jy die langste Psalm in die Bybel onder oë neem. Lees die volgende verse van Psalm 119 en kyk of jy kan agterkom watter gesindheid die skrywer teenoor God en sy Woord (Wet) openbaar. Verse: Psalm 119:1-4, 10-11, 31-32, 47-48, 54-57, 174-175.

Psalm 119:1-4, 10-11, 31-32, 47-48, 54-57, 174-175

1191Gelukkig is mense
wie se lewenspad onberispelik is
en wat die wet van die Here volg!
2Gelukkig is hulle
wat hou by sy bepalings,
wat Hom met hulle hele hart soek;
3wat ook nie onreg pleeg nie,
maar net sy paaie volg!
4U het self u opdragte gegee,
sodat mense dit noukeurig sal nakom.

10Met my hele hart soek ek U;
laat my tog nie afdwaal van u bevele nie.
11In my hart koester ek u woord,
sodat ek nie teen U sondig nie.

31Ek hou aan u bepalings vas;
Here, laat my nie beskaamd staan nie.
32Die pad van u bevele
volg ek geesdriftig,
want U verruim my insig.

47Ek vind vreugde in u bevele
wat ek liefhet;
48ek reik uit na u opdragte
wat ek liefhet;
ek dink na oor u voorskrifte.

54Maar u voorskrifte
was vir my liedere
in ‘n plek waar ek
‘n vreemdeling was.
55Ek het u Naam
in die nag onthou, Here,
en ek het u wet nagekom.
56Dit het deel geword van my –
dat ek by u opdragte hou.
57U, Here, is my deel,
ek het onderneem om u woorde
na te kom.

174Ek verlang na u verlossing, Here;
u wet is my vreugde.
175Hou my lewend
sodat ek U kan loof
en laat u beslissings my help.


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 119:14-16, 24, 71-72, 97, 103, 111-114,127-131, 162-165, 167, 172.

Ps 119:14-16, 24, 71-72, 97, 103, 111-114,127-131, 162-165, 167, 172

14Oor die pad van u bepalings
is ek verheug
soos oor enige rykdom.
15Oor u opdragte wil ek nadink;
ek wil op u paaie let.
16In u voorskrifte vind ek vreugde;
ek sal u woord nie vergeet nie.

24Nog steeds is u bepalings
my grootste vreugde;
hulle is my raadgewers.

71Dit is goed vir my
dat ek verneder was,
sodat ek u voorskrifte kon leer.
72Die onderrig uit u mond
is vir my beter as duisende
stukke goud en silwer.

97Hoe lief het ek u wet –
die hele dag dink ek daaroor na.

103Hoe strelend is u woord vir my verhemelte,
meer as heuning vir my mond.

111Ek het u bepalings as blywende
erfporsie ontvang;
ja, dit is die vreugde van my hart.
112Ek rig my hart daarop
om u voorskrifte uit te voer –
vir altyd, tot die einde toe.
113Dubbelhartige mense haat ek,
maar u wet het ek lief.
114My skuilplek en my skild is U;
op u woord vestig ek my hoop.

127Daarom het ek u bevele lief,
ja, meer as goud, as suiwer goud.
128Daarom volg ek alle opdragte
oor alles;
elke pad van bedrog haat ek.
129U bepalings is wonderlik;
daarom hou ek daarby.
130As u woorde oopgaan, gee dit lig;
dit gee insig aan onkundiges.
131Met ‘n oop mond hyg ek,
want ek hunker na u gebooie.

162Ek verheug my oor u woord,
soos iemand wat ‘n groot buit
gevind het.
163Ek haat en verafsku valsheid,
maar u wet het ek lief.
164Sewe keer per dag loof ek U
oor u regverdige beslissings.
165Groot vrede is daar vir hulle
wat u wet liefhet;
vir hulle is daar
geen struikelblokke nie.

167Ek kom u bepalings na;
ja, ek het dit baie lief.
168Ek kom u opdragte
en u bepalings na,
want al my paaie lê oop voor U.

172My tong besing u woord,
want al u gebooie is regverdig.

Nie net is ons ingesteldheid teenoor die Bybel uiters belangrik nie, maar die Here gee ook sy seën wanneer ons met die regte ingesteldheid deur sy Woord, met Hom omgaan. Sonder die regte beweegrede sal ’n mens nie die Here deur sy Woord hoor praat nie (Ps 119:9-11,92,118-120).

Ps 119:9-11,92,118-120

9Hoe sal ‘n jongmens sy lewenspad
suiwer hou?
Deur te hou by u woord.
10Met my hele hart soek ek U;
laat my tog nie afdwaal van u bevele nie.
11In my hart koester ek u woord,
sodat ek nie teen U sondig nie.

92As u wet nie my vreugde was nie,
sou ek in my ellende
vergaan het.

118U verwerp almal wat dwaal,
weg van u voorskrifte af;
want hulle bedrog is misleidend.
119Soos metaalskuim verwyder U
al die goddeloses van die aarde;
daarom het ek u bepalings lief.
120My lyf bewe omdat U
vrees inboesem;
ja, vir u beslissings is ek vol ontsag.


Ons moenie beoordelaars van die Woord wees nie – ons moet eerder met dieselfde liefde wat die digter van Psalm 119 vir God en sy Woord openbaar, voor God’s Woord buig en Hom gehoorsaam. Ware Woord-studie loop uit op aanbidding van God.

Skryf / Vul in

Lees Ps 1:1-2; 119:147-148.

Ps 1:1-2;
11Gelukkig is die mens
wat nie die raad
van goddeloses volg,
nie op die pad van sondaars
gaan staan
en nie in die byeenkoms
van spotters sit nie,
2maar wat vreugde vind
in die wet van die Here
en sy wet dag en nag
mymerend prewel.


Ps 119:147-148
147Voor die oggendskemer
roep ek al om hulp;
op u woorde wag ek.
148Met oop oë gaan ek
elke nagwaak in,
sodat ek oor u woord kan nadink

Hoe dikwels moet ons volgens hierdie Skrifgedeeltes met die Woord omgaan? Waarom?


Die Olimpiese atleet raak nie fiks deur dan en wan oordadig te oefen, of net ’n paar keer per week ’n paar oefeninge te doen nie. Nee, dit vra 4 jaar van getroue, toegewyde, gefokusde oefening. So moet ons die Bybel daagliks getrou lees en oordink met die verwagting en ingesteldheid om God se stem te hoor.

Josua het die onbenydenswaardige taak gehad om Moses se skoene vol te staan.
“Die Here het direk met Moses gepraat soos ’n man met sy vriend” (Eks 33:11).

Skryf / Vul in

Lees nou Jos 1:5-9

Jos 1:5-9
5Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. 6Wees dapper en sterk, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. 7Wees net baie dapper en sterk, sodat jy die hele wet wat Moses, my dienskneg, jou beveel het, nougeset uitvoer. Moenie links of regs daarvan afwyk nie, sodat jy sukses kan behaal oral waar jy gaan. 8Hierdie •boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie. Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal. 9Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.”

en kyk wat was die Here se belofte aan Josua?
Watter voorwaarde het Hy gestel vir die belofte?


Dit moet deel van ons lewe wees om God intiem deur sy Woord te leer ken.

Dink na / Besin

’n Laaste gedagte: God verlang meer om met ons te praat as wat ons begerig is om sy wil te ken. Dink ’n bietjie oor hierdie stelling
Daarom is ons verhouding met Hom vir God baie belangriker as dit wat ons vir Hom kan doen. Die Bybel is die basis vir hierdie verhouding (Hos 6:6; 11:8-9) – so leer ons Hom ken.

Hos 6:6;
6want Ek verwag troue liefde,
nie offers nie;
kennis van God,
eerder as •brandoffers.”

Hos 11:8-9
8“Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim?
Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel?
Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma,
jou maak soos Sebojim?
My hart is diep ontroer in My,
die deernis brand in My.
9Ek sal nie in my brandende toorn
optree nie;
Ek sal nie omdraai en Efraim
vernietig nie;
want Ek is God, nie ‘n mens nie –
die Heilige in jou midde;
Ek sal nie in woede kom nie.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Joh 15:3, 7, 15; 17:14, 17; 1 Joh 1:3; 3:1.

Joh 15:3, 7, 15;
3Julle is egter reeds skoon deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.

7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur.

15Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

Joh 17:14, 17;
14Ek het aan hulle u woorde gegee; maar die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

7Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid.

1 Joh 1:3; 3:1
3Ja, wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons ook aan julle, sodat ook julle aan ons verbonde kan wees. En ons verbondenheid is aan die Vader en aan sy Seun Jesus •Christus.

31Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie.

Gebed

Praat met die Here en vertel Hom van jou ervaring terwyl jy met hierdie dag se studie besig was. Vertel Hom van jou emosies, maar ook van jou begeertes.
Wees stil en ontvanklik – verlustig jou in sy teenwoordigheid en vra Hom om op ’n besondere manier met jou te praat.

Week 5 Dag 21 Die lewende God is n kommunikasie wese
Week 5 Dag 21 Die lewende God is n kommunikasie wese
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 76-81
Lees gerus ook 1 Sam 15:22-23; Jak 1:22-27; 1 Joh 5:3.

1 Sam 15:22-23;
22Daarop het Samuel geantwoord:
“Is daar vir die Here vreugde
in •brandoffers en •maaltydoffers,
soos in gehoorsaamheid
aan die stem van die Here?
Kyk, om gehoorsaam te wees
is beter as maaltydoffers,
om te luister
beter as die vet van ramme.
23Ja, opstandigheid
is soos die sonde van waarsêery,
en eiesinnigheid
soos die euwel van huisgode.
Omdat jy die woord
van die Here verwerp het,
het Hy jou as koning verwerp.”

Jak 1:22-27;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener. 26As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. 27Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.

1 Joh 5:3
3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 

Wenk

WENK: As jy ernstig is oor jou verhouding met God, doen dan moeite en maak (ekstra) tyd om in sy teenwoordigheid te verkeer en sy Woord te bestudeer.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za