Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Sendelinge van Youth with a mission (Ywam) Mosselbaai

Baie dankie vir julle voorbidding tydens Fred en Paula se reis na Uganda en Nigeria – hulle is veilig terug en hiermee hul terugvoer vir julle inligting. Ons wag nou nog net om te hoor wat die vordering met Dries van Madagaskar se visum en sy terugkeer na Madagaskar na ‘n jaar se omswerwinge wat hy in SA moes deurbring. Laat ons nie ophou bid dat dit spoedig uitgesorteer sal wees.