Afkondigings 21 – 28 November 2021

Afkondigings

Ned. Geref. Kerk  Groot-Brakrivier

21 – 28 November 2021                                                                            

Vandag – Sondag 21 November 2021

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Sonia en Luigi Guerra en hulle dogtertjie Isabella Sofia Guerra wat vanoggend gedoop word.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Samuel 23 vers 1 tot 7.  Die tema van die prediking is: Weerkaatsers?
  • Spesiale offer vir Kankervereniging.

Jeug – Geen kategese vir die res van die jaar.  Ons wens al ons leerlinge en matrikulante sterkte toe met hulle eksamens.

Nuwe lidmate in ons gemeente

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.  

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube.  

Ons wil die lidmate wat getrou die video opnames bywoon, baie bedank.  Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.

Die opneem van die YouTube dienste vind elke Woensdag in die kerkgebou plaas.  Die opnames begin om 16:00 en ons vra u om u sitplek asb. teen 15:45 in te neem.

Die YouTube diens is net na 07:00 op die Sondagoggend beskikbaar deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Die Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 op YouTube uitgesaai word.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir November 2021 is beskikbaar in die voorportaal.  Die gidse is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 28 November 2021:

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Dr Jurie Vermeulen van Radio Feba

Spesiale Offer vir die Burger-Kersfonds

Huldeblykdiens – Dr Noël-Jean Creille

‘n Huldeblykdiens word eerskomende Woensdag oggend, 24 November 2021,

om 11h00 gehou by die kerk vir Dr Noël-Jean Creille.

Bloedskenking – 25 November 2021

NG Kerk Groot-Brakrivier kerksaal

Tyd:  15:00 – 19:00

Skakel vir Christo Smith (083 447 9891) indien u enige vrae het.

Die mikpunt is 60 pinte, by die vorige geleentheid is 55 pinte geskenk.

Dit sal wonderlik wees as die 60 pinte bereik kan word.

Kerssangdiens – 28 November 2021

As gevolg van die Covid-19 risiko’s verbonde aan ‘n sangdiens het die Bestuurspan besluit om nie die Kerssangdiens hierdie jaar te hou nie.

Health Black and White Outline Clipart - black-white-girl-stretching-clipart  - Classroom Clipart

Rek en strek oefeninge vir seniors 

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die 

kerksaal.  Nuwe lede is welkom.  

Kontakpersoon:  Piet Snyman (082 297 3476).

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 26 November 2021.  Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar.  Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Badisa – Hartenbos Bejaardesorgdiens:

Ons het asseblief enige vorm van gebak nodig vir ons opkomende basaar wat plaasvind op 18 Desember 2021 by die NG Kerk Hartenbos.  Kontak asb. vir Elize Zinserling (044 695 2386 / 044 695 1948) vir verdere navrae.

GETUIENISBEDIENING

Die bediening se kreatiewe projekte benodig deurlopende wol, afvallappies, naalde, garing, babaklere, ou porselein om mosaïek mee te doen asook “t-shirt” bolle vir truie en komberse.

Wolwedans sop en broodSoup sketch illustration Soup sketch illustration in black and white soup and bread stock illustrations

Die laaste kwartaal se besoekdatum is:  

24 November en 1 Desember 2021.

Ons wil almal bedank vir die deurlopende ondersteuning deur die jaar en wil vra dat ons volhou om die jaar suksesvol af te sluit.

Kerspakkie projek

Ons beplan om op 1 Desember vir elkeen weer ‘n Kerspakkie te gee nadat ons verlede jaar dit nie gedoen het nie.  Die plaaslike Pick ‘n Pay en Spar gaan gesamenlik ‘n derde van die projek finansier.  Ons is baie dankbaar teenoor hulle.  

Kontant bydraes sal verwelkom word.

Skakel asseblief vir Emile Hurter by 082 554 1979.

U kan sop en ander bydraes by die kerkkantoor aflewer tydens kantoorure.

Omgeebediening:

Ons gee steeds maandeliks 32 kruidenierswarepakkies uit aan behoeftige gesinne.  Hierby is daar ook instapgevalle wat ons op ‘n ad hoc basis in hulle behoeftes waar moontlik voorsien.

Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

As deel van Desember se pakkies wil ons iets spesiaals insit, 

soos koekies, koeldrank, jellies, lekkers, toiletware en 

klein geskenkies.

Indien u u weg oopsien om die Kersgety vir van die minder 

bevoorregtes in ons gemeenskap spesiaal te maak, sal u 

bydrae baie waardeer word.

U kan vir Corrie Pieters (082 327 9527) kontak vir verdere

inligting.

Sang en musiek talent

Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons 

erediens se video opnames.

Die verwagting is dat ons sal voortgaan met die YouTube

uitsendings en ons wil dit graag so realisties as moontlik

maak.

Ons vra enige persoon wat sy / haar Godgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadresnggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

 Rek Nr.  530 831 865 11

 Takkode 210314