Jeug ontwikkeling

Die intensie van hierdie aksie is die daarstel van ‘n leierskapskultuur waarbinne die leerder as ‘n toekomstige leier geïdentifiseer en deurlopend bemagtig/toegerus word. In ‘n sosiaal kapitaal-arm omgewing sou dit belangrik wees dat die inslag en ontwikkeling van die individu se identiteit, karakter en wêreldsiening op die Christelike geloof baseer is. Dit is belangrik om met bestaande geloofsinstansies, skole en gemeenskapsorganisasies saam te werk. Menslike hulpbronne, plaaslike infrastruktuur en fondse vanuit die gemeenskap behoort op ‘n vrywillige basis, tyd en volgens bevoegdhede, beskikbaar gestel en aangewend word..

Een jaar se ontwikkeling by 10 geïdentifiseerde leerders is gedurende 2019 gedoen en in 2020 is twee groepe begin, maar a.g.v. die pandemie is dit in Maart 2020 gestop en nog nie weer begin.